Baie dankie!
|
Nee, geen jy kan met 'n plat kar tot op TB (so 3 ure& 289 km) ry en selfs daar visvang en 4X2 is oor goed. Twee van die kere dat ek daar was , was met 'n BMW en Audi sedan karre.
Tot by die Ugabhek is dit 'n sout pad waarop jy maklik 140 kan ry en die res is gruispad (so 100 km/u). Onthou net om links te hou by elke bult want kop-aan-kop botsings is grootste ongeluk-risiko op daai paaie. Geniet dit.
Baie dankie!
Herman Lourens
2011 Suzuki Jimny
- Goodyear AT/SA Tyres
- Thule Roofrack
2014 Jurgens BT547
4x4AG0202
Ek dink daaraan om van Terrace Bay na Windhoek 'n ander pad te vat as on heelpad terug te ry na Henties se kant toe.
Ek wil graag hoor of iemand dalk weet in watter kondisie die pad is daar deur Springbokwasser se kant. So van Terrace Bay af terug, links op C39,M126, D2612, C35 dan deur Omaruru terug na Windhoek.
Ken iemand dalk daai paaie daar? Enige advies sal waardeer word.
Herman Lourens
2011 Suzuki Jimny
- Goodyear AT/SA Tyres
- Thule Roofrack
2014 Jurgens BT547
4x4AG0202
Sopas terug van weerrens heerlike Terracebaai trip. In via Ugabhek en uit via Springbokwasser. Die paaie was in UITSTEKENDE toestand. Nie een slaggat in 5500 km nie. Geluk Namibia... dis mos nou dienslewering.
Is die "nuwe" Torra al klaar gebou?
Kripvreter
Eerder 'n Daaglikse Brood...
2002 Toyota Landcruiser VX
1993 Izuzu KB 260
Patience is the ability to idle your motor when you feel like stripping your gears
Bookmarks