Voer van Wide Diere





Results 1 to 20 of 20
  1. #1
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Grabouw
    Age
    62
    Posts
    1,506
    Thanked: 165

    Default Voer van Wide Diere

    Nou net op Quea gesien hoe 'n kompetisie deelnemer eiers aan muishonde gee.
    Ok Skiet my af oor die actual feite!!
    Punt is, ek is 'n ou wat die natuur probeer geniet en nie inmeng daarmee nie.Hoe kan mense diere in die natuur voer(dit is soos wat dit in my eenogigheid gelyk het?)en nogal inskryf vir ,n kompetisie daarvoor??
    Mike AG I will translate if you want.

  2. #2
    Join Date
    Jan 2010
    Location
    Pretoria-Oos
    Age
    35
    Posts
    831
    Thanked: 0

    Default

    Barnie, ek het gistraand ook daai clip gesien.
    Mense steur hulle net nie aan die impak wat hulle op die natuur het deur wilde diere te voer nie, solank hulle entertainment kry daaruit is dit fine met hulle.

    2001 Land Rover Defender TD5 110

  3. #3
    Join Date
    Nov 2010
    Location
    Pretoria
    Age
    41
    Posts
    6,947
    Thanked: 15

    Default

    Ek kon ook nie glo die kerel breek die reels en publiseer dit vir die wereld om te sien nie.

    Nou die vraag...is hy 'n idjit?

  4. #4
    Join Date
    Jan 2010
    Location
    Pretoria-Oos
    Age
    35
    Posts
    831
    Thanked: 0

    Default

    Ek dink SANParke moet 'n nuwe reel maak - as jy gevang word wilde diere voer, dan word JY vir die diere gevoer! Dink net hoe lekker gaan die klein leeuwelpies aan jou sagte liesvleisies smul!

    2001 Land Rover Defender TD5 110

  5. #5
    Join Date
    Aug 2010
    Location
    Delmas
    Age
    65
    Posts
    3,369
    Thanked: 34

    Default

    Dit laat my rooi sien as mense dit doen,veral as dit ape,bobbejane en muishonde is.Voels kan ek nog verskoon want hulle raak nie so n groot probleem nie.
    BlinkGat Products
    Manufacturing of Aluminium
    custom made Products
    Sarel 082 820 9413
    www.blinkgatproducts.com

  6. #6
    Join Date
    Nov 2010
    Location
    Pretoria
    Age
    41
    Posts
    6,947
    Thanked: 15

    Default

    Ergste van als is daar is duidelike borde wat jou mooi vertel dat hierdie diere 'probleem' diere word wat dan vernietig moet word.

    So duidelik gee hy niks om vir die diere nie.

  7. #7
    Join Date
    Apr 2009
    Location
    Nelspruit
    Age
    37
    Posts
    5,375
    Thanked: 4

    Default

    Ek het in die wildtuin 'n foto geneem waar 'n vrou langs die "Dont feed the animals" bordjie staan en 'n bosbok deur die draad voer. Ek wonder hoe voel SANParke oor die voer van die "mak" bokke binne in die kampe?

  8. #8
    Join Date
    Nov 2010
    Location
    Pretoria
    Age
    41
    Posts
    6,947
    Thanked: 15

    Default

    Quote Originally Posted by Die Skim View Post
    Ek het in die wildtuin 'n foto geneem waar 'n vrou langs die "Dont feed the animals" bordjie staan en 'n bosbok deur die draad voer. Ek wonder hoe voel SANParke oor die voer van die "mak" bokke binne in die kampe?
    Sit haar op Sanparke se wall of shame.
    AMAROK
    BLINKGAT ALU CANOPY
    BLINKGAT DRAWER SYSTEMS AND FRIDGE SLIDE
    DOUBLE BATTERY SYSTEM
    BLNKGAT OFFROAD TRAILER WITH RTT



  9. #9
    Join Date
    Apr 2009
    Location
    Nelspruit
    Age
    37
    Posts
    5,375
    Thanked: 4

    Default

    Quote Originally Posted by Fanatic View Post
    Sit haar op Sanparke se wall of shame.
    Ekt nie geweet daar is so iets nie? Ek moot dalk gaan kyk, dalk is ek ook op die wall! hehe!

  10. #10
    Join Date
    Nov 2010
    Location
    Pretoria
    Age
    41
    Posts
    6,947
    Thanked: 15

    Default

    Ek het so ruk terug 'n man ontmoet wie se jong seun deur 'n hiena gebyt is in die KNP.

    Blykbaar was daar 'n hiena by die kamp se grensdraad en die seuntjie, wie nog wankelrig op sy voete was, het aan die draad vasgehou om regop te bly. Sy vingers was natuurlik deur die draad.

    Die hiena het van die geleentheid gebruik gemaak en gehap.

    Nou ek is nie 'n dierekenner nie maar dit maak vir my sin dat die dier nie die kind wou byt nie maar hy was gewoond om gevoer te word deur die draad en hap toe na die hand.

    Een vinnige hap was genoeg om die kind se hand erg oop te kloof.
    AMAROK
    BLINKGAT ALU CANOPY
    BLINKGAT DRAWER SYSTEMS AND FRIDGE SLIDE
    DOUBLE BATTERY SYSTEM
    BLNKGAT OFFROAD TRAILER WITH RTT



  11. #11
    Join Date
    Nov 2010
    Location
    Pretoria
    Age
    41
    Posts
    6,947
    Thanked: 15

    Default

    Quote Originally Posted by Die Skim View Post
    Ekt nie geweet daar is so iets nie? Ek moot dalk gaan kyk, dalk is ek ook op die wall! hehe!
    Daar is baie foto's van mense wat hulself nie kan gedra nie...baie!
    AMAROK
    BLINKGAT ALU CANOPY
    BLINKGAT DRAWER SYSTEMS AND FRIDGE SLIDE
    DOUBLE BATTERY SYSTEM
    BLNKGAT OFFROAD TRAILER WITH RTT



  12. #12
    Join Date
    Apr 2009
    Location
    Nelspruit
    Age
    37
    Posts
    5,375
    Thanked: 4

    Default

    Die Hienas loop baie keer heen en weer langs die drade. Daar is defnitief al baie mense wat hulle gevoer het, mens kan dit aan hulle gedrag sien. Ek dink nie die Hiena sal op hom laat wag as hy 'n sappige klein seuntjie kan vang nie, hulle is wel aasdier maar ook opertunis.

  13. #13
    Join Date
    Nov 2010
    Location
    Pretoria
    Age
    41
    Posts
    6,947
    Thanked: 15

    Default

    Baie waar, maar die diere weet ook daar is 'n draad tussen hulle en die mense en ek dink nie die dier se bedoeling, in hierdie geval, was om die kind te vang nie.

    Hy wou h wat hy gedink het in die kind se hand was, nes al die ander kere wat mense hom gevoer het.
    AMAROK
    BLINKGAT ALU CANOPY
    BLINKGAT DRAWER SYSTEMS AND FRIDGE SLIDE
    DOUBLE BATTERY SYSTEM
    BLNKGAT OFFROAD TRAILER WITH RTT



  14. #14
    Join Date
    Apr 2009
    Location
    Nelspruit
    Age
    37
    Posts
    5,375
    Thanked: 4

    Default

    Quote Originally Posted by Fanatic View Post
    Baie waar, maar die diere weet ook daar is 'n draad tussen hulle en die mense en ek dink nie die dier se bedoeling, in hierdie geval, was om die kind te vang nie.
    Hy wou h wat hy gedink het in die kind se hand was, nes al die ander kere wat mense hom gevoer het.
    Ja, in daardie geval met die draad wat hy klaar ken sal hy nie aanval nie. Hy wou seker maarnet die stokkielekker uit die kind se hand gryp.

  15. #15
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Randpark Ridge Jhb.
    Age
    71
    Posts
    2,332
    Thanked: 2

    Default

    Mense wat gevang word wat diere voer verdien volgens my tronkstraf. Hulle besef nie wat hulle aan die diere en ook ander mense doen nie.
    Ons het in die tentkamp in Marakele hel gehad met die ape. Jy kon beswaarlik kosmaak, elke keer as jy omdraai gryp hulle iets, tot die yskas moes na elke gebruik omgedraai word met sy deur na die muur, of hulle pak hom uit.
    Dit terwyl die Franssprekende paartjie langsaan hulle rustig sit en vrugte voer.
    By Mabula Lodge waar ons tyddeel het is daar nou 'n verbod op die inbring van enige sitrus vrugte. Hoekom? Die mense het die diere(olifante) gevoer en nou het dit 'n gevaar geword. Hulle sal die chalet afbreek as hulle die reuk van sitrus kry.
    Dit is 'n ernstige euwel.
    Johan van Niekerk. I can't spell and my grammar sucks, so deal with it!
    2010 Jeep G/C 5.7 V V T Hemi Overland
    2007 Xplorerhttp://www.fuelly.com/dashboard/

  16. #16
    Join Date
    Jan 2009
    Location
    Pretoria
    Age
    35
    Posts
    9,416
    Thanked: 100

    Default

    Quote Originally Posted by SarelF View Post
    Dit laat my rooi sien as mense dit doen,veral as dit ape,bobbejane en muishonde is.Voels kan ek nog verskoon want hulle raak nie so n groot probleem nie.
    Dit laat my dink aan Central Kalahari Game Reserve waar die neushoringvoels so mak was by ons campsite. Hulle kom tot by jou. Ons het ook maar aangeneem hulle is gewoond aan mense wat hulle voer. Hulle het die volle 3 dae om ons tent in in die boom langs die tent gesit.
    Range Rover Big Body 5.0 V8 Supercharged
    Land Rover Defender 110 CSW Puma
    Land Rover Defender 100 PU V8
    Land Rover Freelander II SD4
    Jaguar XJS V12

  17. #17
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Grabouw
    Age
    62
    Posts
    1,506
    Thanked: 165

    Default

    Vir die wat al in Nosssop gekamp het sal weet van die frustrasie met die muishonde en die jakkalse.
    Wat ek net nie kan klein kry nie is hoekom die mense wat oortree se breine dan nou anders as ons s'n werk, of is ek nou in 'n dwaal.

  18. #18
    Join Date
    Jul 2010
    Location
    Johannesburg
    Age
    34
    Posts
    135
    Thanked: 1

    Default

    Johan,

    Ek dink mense wat diere voer se naam moet op 'n permanente verbanning lys gesit word en as 'n dier iemand sou aanval en of seer of doodmaak moet die mense verantwoordelik gehou word. Natuurlik as dit is 'n dier wat al voorheen gevoer is en sy vrees vir mense verloor het. Daardie mense moet dan vir of aanranding of strafbare manslag aangekla word. Aangesien hulle die direkte rede is vir die diere wat by mense kom kos soek.

    In kampe in KNP behoort 'n paar kameras langs die drade en in die kampe die oortreders te vang. Dan is daar ook bewyse vir later sou iets gebeur. As die mense weet wat die gewolge is/kan wees sal hulle hopelik ophou. Ongelukkig sal daar eers 'n voorbeeld moet wees van iemand wat gestraf word.
    Last edited by Tandor; 2011/11/03 at 08:56 AM.
    As jy nie iets met "Force" regkry nie, Gebruik jy nie genoeg "Force" nie.
    You never know what you need until you need it....


  19. #19
    Join Date
    Dec 2009
    Location
    Delmas
    Age
    60
    Posts
    11,447
    Thanked: 579

    Default

    Stem saam. Dit is 'n hengse probleem. Verlede jaar by Augrabies is daar oral borde op om te waarsku om nie die ape en bobejane te voer nie, Die een oggend het 3 dames opgepak en wat doen hulle? Gee al hul ongebruikte kos vir die Ape!!!! Die borde was in Engels en hulle het beslis nie Afrikaans gepraat nie. Dit maak my woedend.

    Apies mag dalk vreeslik oulik lyk, totdat hulle handuit ruk, dan is dit 'n probleem.

    Ek het ook al die hienas teen Satara se draad gesien, hulle loop en wag net vir die bene wat die toeriste oorgooi.

    Hoe gaan ons dit ooit stop.
    Elize

    en ry saam met SarelF in
    VW AMAROK MET BLINKGATCAMPER:
    My Platkar:- Peugeot 208

    Kyk gerus by www.blinkgatproducts.com
    Vir enige aluminium produkte,canopy's, campers kontak gerus
    Sarel 0828209413

  20. #20
    Join Date
    Nov 2006
    Location
    Stellenbosch
    Age
    64
    Posts
    3,678
    Thanked: 403

    Default

    Ek dink dis 'n kwessie van 'n diereliefhebber wat wil help.
    Jy kry dieselfde situasie by die verkeersligte in die stad en vandag se 1 teel aan na 5 more en 10 die volgende dag, omdat die mense nie luister nie.
    Ek self voel verskriklik sleg terwyl ek met oorvloedige kos sit in Nossob terwyl die eekhorings doodstil, sonder om te demand, vir my in die o sit en kyk.
    Die bewustheidsveldtog moet net meer uitgebrei word dmv meer kennisgewings en strenger maar steeds vriendelike optrede.
    If you live each day as if it was your last, someday you'll most certainly be right. SJ

Similar Threads

  1. Amarok owners are there any out there?
    By wad in forum Volkswagen
    Replies: 123
    Last Post: 2015/04/14, 11:59 AM
  2. New User: VWAmarok
    By Bergh in forum Introduce yourself
    Replies: 15
    Last Post: 2013/08/15, 09:00 PM
  3. Replies: 14
    Last Post: 2009/09/28, 04:23 PM
  4. Chobe-Moremi verslag
    By Tienie in forum Botswana
    Replies: 1
    Last Post: 2009/09/22, 10:59 AM
  5. Good point
    By Brollox in forum General 4x4 Discussion
    Replies: 0
    Last Post: 2007/01/30, 07:57 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •