Results 1 to 15 of 15
  1. #1
    Join Date
    Oct 2009
    Location
    Worcester
    Age
    62
    Posts
    4,625
    Thanked: 1349

    Default Afrikaans.... swak smaak, of gesonde demokrasie?

    Ope brief aan Gareth Cliff, na sy onlangse afkraak van Afrikaanse Kultuur. Vatso vir Afrikaans!

    http://m.news24.com/beeld/By/Nuus/Sw...Cliff-20111028

    Swak smaak? Dit dui op ’n gesonde demokrasie! - ’n Ope brief aan Gareth Cliff


    Beste Gareth Cliff,

    Jou opmerkings en vrae oor Afrikaanse mense se kultuur en musieksmaak in jou nuwe boek, Gareth Cliff on Everything(geluk daarmee), is diplomaties, tong-in-die-kies, lekker uitdagend en, les bes, verrassend. Ek wens ons kon meer gesprekke in Suid-Afrika op dié manier aan die gang kry, en hoop jy sal hierdie brief in dieselfde trant ervaar.

    Die laaste keer toe iemand vir my voorgeskryf het wat ek mag of behoort te luister, lees en dink, was dit besnorde, bebrilde kaalkop-omies in konserwatiewe swart pakke en lelike dasse – die smaak- en sede-polisie van die apartheidsera met hul streng gesigte en dreigende wysvingers: ministers, Publikasieraadslede, dominees en skoolhoofde...

    Juis vandaar die verrassing dat hul reïnkarnasie ’n byderwetse, skoongeskeerde Engelse radio- en TV-persoonlikheid met ’n vrolike haarstyl is.

    Jy vra in jou boek: “Wat het met die trotse Afrikaanssprekendes gebeur?” en “Wat het geword van die kultuur wat C.J. Langenhoven in sy poësie vir ons gegee het, Eugène Marais se bitsige skryfstukke en Koos du Plessis se ‘Kinders van die wind’?”

    Jy sal sekerlik erken dat jou effe skrapse navorsing (ek verstaan jy het by ’n enkele musiekwinkel ingeloer en na die CD’s op die rakke gekyk) nie noodwendig antwoorde hierop sal verskaf nie, en ek gebruik graag die geleentheid om jou op die hoogte te bring.

    Daardie kultuur waarna jy verwys, leef voort. As trotse Afrikaanssprekende verlustig ek my deesdae in die letterkunde van veelbekroonde wêreldklas-romansiers en -digters soos (om net ’n paar te noem) Marlene van Niekerk, Etienne van Heerden, Ingrid Winterbach, André P. Brink, Antjie Krog, Breyten Breytenbach en Loftus Marais (laasgenoemde, sover ek weet, nie familie van Eugène nie).

    Op die musiekfront gaan dit ook klopdisselboom. Ek vind my vreugde en trots in lewende legendes soos Anton Goosen, David Kramer, Laurika Rauch en Coenie de Villiers, terwyl fenomenale jonger talent soos Lize Beekman, Theuns Jordaan en Riku Lätti by die bestes internasionaal kan kers vashou. Doen jouself die guns en gaan ervaar een van Emo Adams se konserte, Gareth. Dié man se talent is massief, multidimensioneel en inspirerend. (Dan het ons nog nie eens gesels oor mense soos die baskitaarspeler Schalk Joubert, wat deur van die grootste wêreldsterre ingevlieg word vir konserte, en meesterlike kitaarspelers soos Anton l’Amour, Juan “Floors” Oosthuizen en Mauritz Lotz nie.)

    Net so terloops, die beste motorfietsontwerper in die wêreld, die hoof van BMW Motorrad in Noord-Amerika en die besturende direkteur van die planeet se grootste maaltydverskaffer aan lugrederye (in Switserland, nogal) praat Afrikaans, so ook die enigste buitelander op die direksie van Toyota. En jou navorsing sou dalk name soos Charlize Theron, Ernie Els en Pieter-Dirk Uys ook laat deurglip het. Maar nou maak ek my skuldig aan spogtery, wat glad nie die bedoeling is nie.

    Kom ons gesels oor jou eintlike punt: dat baie Afrikaanse musiek kommersieel, middelmatig en oppervlakkig is – volgens jou “ ’n klomp gemors”.

    Laat ek dadelik beken: Jy’s heeltemal reg (hoewel ek nie noodwendig saamstem met jou oordeel oor spesifieke kunstenaars nie). Maar nou moet jy dalk gaan sit en aan iets vashou, Gareth, want ek vermoed die volgende paar stellings kan dalk skok.

    Eerstens, daar’s baie Engelse musiek wat net sulke absolute twak is. Ek het Saterdag doelbewus en met groot verwagting na 5FM se treffersparade geluister. En tussen die vele juwele was daar ’n hele paar liedjies wat maar net so niksseggend, doef-doef en waardeloos was as die swakste in Afrikaans. Nie eens die taal van Shakespeare, Milton en Keats kon hulle red nie.

    Tweedens: Ons hoor en lees en sien hier ter plaatse net die beste uit die buiteland. Maar het jy geweet daar word in Europa, Brittanje en Amerika hope gemors gepleeg in die naam van kuns – in die letterkunde, musiek en vir die silwerdoek en kykkassie?

    Materiaal wat ons genadiglik nooit in Suid-Afrika onder oog of oor kry nie. Meer nog: dat dié vrye uitleef van kreatiwiteit daar (hou vas, Gareth) aangemoedig, gewaardeer en gevier word. Dat hulle (skande, ek weet) glo ’n land en ’n taal is gesond as daar verskeidenheid is, iets vir almal, dat elke burger die reg en die verantwoordelikheid het om vir homself te besluit. Dat die room tog maar eindelik na bo sal styg.

    Ek kan jou vertel van musiekklubs in Berlyn, van dorpsplein-konserte in Provence, van streeks-letterkunde op die Duitse platteland of van die hoopvolle skrywers en nis-uitgewers by die onlangse Bouchercon-misdaadfiksiekonferensie in St. Louis, waar ek eerstehands ervaar het dat gehalte (en veral die gebrek daaraan) niks met taal en kultuur te doene het nie – maar ook die swakste pogings op prys gestel word.

    Derdens: Dié soort taal- en smaak-snobisme is nie nuut nie, en dit het nog nooit gewerk nie. In die laat 1700’s het die Weense smaakpolisie vir Mozart probeer voorskryf dat Italiaans die enigste taal is wat gekultiveerd genoeg is vir opera. Dank Vader Wolfgang het hom daaraan afgevee, anders het ons nooit die intense genot van Die Towerfluit gehad nie.

    Toe die sede- en kultuurbewakers van apartheid my gewaarsku het teen rock se euwels, toe luister ek eers (selfs agteruit, maar ek sweer, ek kon nie die duiwel hoor nie). Toe hulle sê Mark Condor en Tarka en Ruiter in Swart, Rooi Jan en die Swart Luiperd is common, toe léés ek. Toe hulle sê André P. Brink se Kennis van die Aand is verban, het ek die boek met groot moeite bekom en met diepe genot verorber.

    Feit is, daar was die afgelope dekade ’n ontploffing van kreatiwiteit in ons land, Gareth. Musiek, boeke, flieks, beeldende kuns, verhoogstukke, in elkeen van ons tale. Jy sal byvoorbeeld verstom wees om te sien wat deesdae alles in die Soetste Taal gepubliseer (en vereer) word – van hogere letterkunde tot chicklit, wetenskapfiksie, liefdesromans, romanses, speur en spanning, jeug- en kinderboeke. Toegegee, nie alles is van gehalte nie, maar maak dit regtig saak?

    Hiermee dan, ter afsluiting, ’n pleidooi: Kom ons vier die feit dat daar ná soveel dekades van verdrukking, onderdrukking, verbanning en voorskrifte eindelik normalisering in die kunste in Suid-Afrika is, dat ons kreatiewe landskap al hoe meer begin lyk soos dié van ander gesonde demokrasieë. Kom ons ondersteun dié oplewing in elkeen van ons amptelike tale, ongeag die gehalte.

    En kom ons los die mense uit, dat hulle luister wat hulle wil.

    Met beste wense,
    Deon Meyer
    Last edited by Oppers; 2011/10/31 at 09:14 AM. Reason: Spasiëring!
    Work. It's a wealthy man's privilege, and a poor man' fate....

    André Opperman


    "Boerbok" - 98 Jeep XJ 4lit auto
    "Gloria" - 04 Ranger D/C 4lit auto

  2. #2
    Join Date
    Dec 2006
    Location
    Pretoria
    Age
    64
    Posts
    7,423
    Thanked: 878

    Default

    Ek hou nie van die ou se uitgerekte sarkasme nie .... Sê net die Engelsman moet F.........(maar self uit ge-edit) en kry klaar
    Sakkie Coetzee

    Some people say I have a "short temper"....I see it as swift and assertive reaction to Bull!

  3. #3
    Join Date
    Apr 2009
    Location
    Bellville
    Age
    66
    Posts
    11,581
    Thanked: 727

    Default

    Ek dink hy het baie moeite gedoen om dit op dieselfde manier as GC se skrywes te antwoord en hou daarvan, maar Sakkie se manier is eintlik hoe dit gedoen MOET word

    Moenie met ons Taal mors nie !!!

  4. #4
    Join Date
    Nov 2009
    Location
    Port Elizabeth
    Posts
    353
    Thanked: 15

    Default

    Oppers,

    Baie dankie dat jy die ruggraat het om neerhalende opmerkings oor Afrikaans en Afrikaners op die manier aan te spreek. Dit is opvallend dat 'n groot persentasie Afrikaners hulle rug draai op hulle afkoms en moedertaal.

    Ek kan nie onthou van enige"bekende persoonlikheid" in Afrikaanse geledere wat die spot dryf of neerhalende dinge te se het oor " Engelssprekendes " nie. Is dit dalk omdat ons respek het vir ander sienings en kulture?
    Garteh Cliff is 'n meester nabootser en kan ongelukkig nie oorspronklik wees in sy publieke optredes en kommentaaar nie--hy skoei duidelik sy optrede, aanmerkings en snedige aanmerkings op dit wat "Simon Cowell" van America idol faam voorstaan. Gareth Cliff = Casper de Vries die een Engelssprekend en die ander Afrikaans

  5. #5
    Join Date
    Oct 2009
    Location
    Worcester
    Age
    62
    Posts
    4,625
    Thanked: 1349

    Default

    Basson

    Jy sal seker verbaas wees om te hoor dat ons huistaal Engels is...

    Ek is Afrikaans, maar het 'Die Mal Ingelsman se Dogter' getrou - ouers van Zambië afkomstig, sy's in Durban gebore. My 10-jarige seun gaan Engels skool, en praat Afrikaans met 'n Engelse aksent. Die rede hieragter is eenvoudig dat hy iewers in die wye wêreld moet ingaan, en Engels is nou maar een maal die 'Global Village' se voertaal!

    Maar........ dit maak my nie minder TROTS AFRIKAANS nie! Ons bly in 'n oorwegend Afrikaanse gemeenskap, en my seun se pelle is oorwegend Afrikaans, ons vriende is oorwegend Afrikaans, al my personeel is Afrikaans.... So, ek is nie te erg bekommerd dat my seun sy wortels sal verloor nie.

    Die rede hoekom ek egter die artikel geplaas het is juis oor hierdie agterbakse aanval op Afrikaans wat nie geregverdig kan word nie!
    Work. It's a wealthy man's privilege, and a poor man' fate....

    André Opperman


    "Boerbok" - 98 Jeep XJ 4lit auto
    "Gloria" - 04 Ranger D/C 4lit auto

  6. #6
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Krugersdorp
    Age
    53
    Posts
    2,009
    Thanked: 154

    Default

    Quote Originally Posted by Sakkie View Post
    Ek hou nie van die ou se uitgerekte sarkasme nie .... Sê net die Engelsman moet F.........(maar self uit ge-edit) en kry klaar
    Ek stem saam Sakkie maar Deon Meyer is 'n top Afrikaanse skrywer en ek is seker as Gareth meer as een breinsel het sal hy die afleiding uit die bg brief self kan maak.
    Wie steur hom in elk geval aan Gareth Cliff, wat 'n aap.

  7. #7
    Join Date
    Nov 2009
    Location
    Centurion
    Age
    55
    Posts
    2,211
    Thanked: 1735

    Default

    a nee a, hoe kan julle nou nie vir ou Gariffie sy plekkie in die son toelaat nie. As mens hom tot by die son kon bring heoveel te beter nie, op die son se oppervlak is in teen deel hoeveel ek hom sy ou plekkie toewens.

    Garrie
    Defender 110 TD5 CSW 18P loving every moment driving it !!!!!
    Suzuki Jimny with custom made rack and drawers view here - Sold
    Stay away from negative people. They have a problem for every solution...

  8. #8
    Join Date
    Oct 2009
    Location
    Worcester
    Age
    62
    Posts
    4,625
    Thanked: 1349

    Default

    Miems, moet my nie verkeerd verstaan nie - Garreth het al 'n paar baie goeie stellings kwytgeraak - veral in kretiek op ons huidige soustrein-piesangrepubliek-regering.

    Maar, sy moer as hy dink hy kan ons Afrikaner-kultuur op dieselfde manier hanteer!
    Work. It's a wealthy man's privilege, and a poor man' fate....

    André Opperman


    "Boerbok" - 98 Jeep XJ 4lit auto
    "Gloria" - 04 Ranger D/C 4lit auto

  9. #9
    Join Date
    Jul 2010
    Location
    Sydney
    Posts
    986
    Thanked: 243

    Default

    Ek beskou Deon Meyer as een van die beste skrywers en 'n baie groot aanwins vir Afrikaanse letterkunde.

    Met hierdie brief aan GC het hy net weereens bewys presies hoekom hy so suksesvol is.
    2014 Mitsubishi Pajero Sport
    Sorted for camping away from the crowds.

  10. #10
    Join Date
    Aug 2011
    Location
    Dana Bay / Qatar
    Age
    51
    Posts
    873
    Thanked: 220

    Default

    Quote Originally Posted by granlor View Post
    Wie steur hom in elk geval aan Gareth Cliff, wat 'n aap.
    +100, geen respek of tyd vir die man nie. Hy het van terfore al geloof ook aangeval in die openbaar. Kan die ou nie maar ook net sy ry kry nie, is die mees oortuigende rede dat ek van radio stasies verander het vir die oggend program. En nou is die ander omroeper a.g.v sy dronke uitlatings ook van die lug af, nou is dit maar MP3's, niemand oordentlik om na te luister nie.
    2019 Ford Ranger
    2006 KTM 950 Adv

    All the great things are simple, and many can be expressed in a single word: freedom, justice, honor, duty, mercy, hope.
    Winston Churchill

  11. #11
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Roodepoort
    Age
    51
    Posts
    3,071
    Thanked: 1022

    Default Lank lewe die nuwe Suid Afrika!!

    Ek is mal oor Deon se boeke, en ek geniet ook Gareth op die radio. En alhoewel ek nog nie Gareth se boek gelees het nie, is dit fantasties dat die debat ge-open is. Want dit gee ons Afrikaners die fantastiese geleentheid om weer ons pragtige taal te waardeer vir wat dit is en sy goud te geniet. Die keer sonder dat ons ander moet afkraak om ons self te laat skitter. Ek sien uit na die blink toekoms van Afrikaans! Lank lewe Afrikaans!!!


    Alfa Romeo Stelvio - Bellissimo!
    Grand Cherokee 5.7L V8 (sold)
    Alfa Romeo MiTo Quadrifoglio Verde (sold but still near to me)
    JKU Rubicon Pentastar (sold )
    JKU CRD (sold)
    XJ 4liter (sold )

  12. #12
    Join Date
    Jan 2009
    Location
    Pretoria
    Age
    43
    Posts
    1,258
    Thanked: 76

    Default

    Quote Originally Posted by granlor View Post
    Wie steur hom in elk geval aan Gareth Cliff, wat 'n aap.
    +1
    Willem Louw
    Toyota Hilux D/C 3.0 D-4D 4x4, Full OME suspension, African Outback Alu-Top, Dual Battery, DIY Drawer System, National Luna 50L
    Conqueror Companion

  13. #13
    Join Date
    May 2009
    Location
    Hillcrest
    Age
    68
    Posts
    24,683
    Thanked: 21557

    Default

    Quote Originally Posted by Flip Marais View Post
    Ek beskou Deon Meyer as een van die beste skrywers en 'n baie groot aanwins vir Afrikaanse letterkunde.

    Met hierdie brief aan GC het hy net weereens bewys presies hoekom hy so suksesvol is.
    Deon Meyer is my favourite author - his books are translated into about 9 languages I think.

    I read the english versions.

    Try Blood Safari - stunning read.
    Cheers

    NAGOF

    HAM Callsign - ZS5KAD

    Freedom of speech is useless unless you allow people you don’t like to say things you don’t like………

    If you fly or drive to an anti-Fracking meeting, you have no business being there and you wont get my ear......

  14. #14
    Join Date
    Mar 2011
    Location
    Kenmare
    Age
    51
    Posts
    6,910
    Thanked: 48

    Default

    Wie is Garrif Cliff?

    Moenie antwoord nie want ek stel nie belang nie ...

  15. #15
    Join Date
    Jun 2010
    Location
    Pretoria
    Age
    48
    Posts
    213
    Thanked: 15

    Default

    hy is 'n platejogie wat afgedank is by Tuks fm en toe vir 702 gaan werk het , ddar het hy agter gekom dat hy is eintlik nie so slim tussen die grootmense nie nou werk hy maar vir 5fm , like hom NIKS!
    '96 Jeep XJ 4.0 "die blou monster" work in progress
    ex: 2000 Kia sportage 2.0
    ex: 2005 Ford Ranger D/C XLT 4.0 Auto

Similar Threads

  1. English or Afrikaans?
    By Wessie in forum General 4x4 Discussion
    Replies: 79
    Last Post: 2010/02/01, 08:58 PM
  2. Firefox in Afrikaans
    By Spike in forum General 4x4 Discussion
    Replies: 24
    Last Post: 2007/06/08, 06:25 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may edit your posts
  •