Companion troubles





Results 1 to 8 of 8
  1. #1
    Join Date
    Jan 2011
    Location
    Centurion
    Age
    47
    Posts
    104
    Thanked: 0

    Default Companion troubles

    G day Guys went camping on Monday.As I was tightening the jockey wheel clamp I manage to strip the nut on the jockey clamp.do no how that thing is supposed to be strong? had then to make a plan to get it standing with out the wheel needles to say the van was now standing on bricks Ala squatter style.

    on Friday had the same troubles getting it on the car.Drowe home and some how between Bela Bela and home the jockey wheel pole thingy that hold it while driving came loose and at 115 lost the jockey wheel on the high way luckily no cars involved
    now who is to pay for all this? the jockey wheel handle and nob is damaged with some scratches on the pole and wheels....the pole that hold the wheel is missing and then the jockey wheel mounting plate needs a new nut ...................other wise camped lekker even my new solar system from Renzo at bush power works like a bom.

  2. #2
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Centurion
    Age
    44
    Posts
    955
    Thanked: 7

    Default

    Hi there. I would imagine it all depends how old the Companion is?

  3. #3
    Join Date
    Jan 2011
    Location
    Centurion
    Age
    47
    Posts
    104
    Thanked: 0

    Default

    brand new got it in feb 4 time camping not more than 1500 km

  4. #4
    Join Date
    Apr 2011
    Location
    Villierdsdorp
    Age
    62
    Posts
    813
    Thanked: 2

    Default

    Warrantee should cover it. I'm thinking of buying one. Are you happy with yours otherwise?
    Groetnis
    Wynand.


    2013 Ford Ranger T6, 2.2, XL, 4x2

  5. #5
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Centurion
    Age
    44
    Posts
    955
    Thanked: 7

    Default

    Quote Originally Posted by Wynand View Post
    Warrantee should cover it. I'm thinking of buying one. Are you happy with yours otherwise?
    Warranty should yes. Where did you buy it, at Conqueror Midrand?

    Wynand, I am very happy with mine, got it in mid-September, used twice already, 3rd time coming up end of November.

  6. #6
    Join Date
    Oct 2011
    Location
    Kroonstad
    Age
    48
    Posts
    4
    Thanked: 0

    Default

    Hi Guys,

    Let me share my story with you. Also got mine Mid-September and find myself in a nightmare currently. My story is in written in Afrikaans due to correspondence and I shared it with the Weg Sleep forum last night. Look at how I have been treated. I am also pasting the link to the Weg Speel Forum below.

    http://www.wegsleep.co.za/se-jou-se/...-verkoop-diens

    Dags almal,
    Ek is redelik nuut tot hierdie forum besigheid so verskoon maar as ek sukkel. Dit is absolute frustrasie wat my gebring het tot by hierdie punt. Ek het in Augustus maand 'n lugskou bygewoon waar ek na die Conqueror produkte gekyk het en het my hart verloor op die Companion. Ek lees toe op verkeie forums oor die wa asook op hierdie forum. Daar was 'n paar kliente wat nie te gelukkig was met hulle ervarings met Mega Manufactures nie. Ek is nou ook een van daardie slagoffers. Ek kry toe 'n kwotasie by hulle handelaar op Welkom. Hy ruil my Wildernis waaintjie in op die Companion en na ek die kwotasie aanvaar het laat weet hy my dat hy die verkeerde pryslys gebruik het en die wa nou +/- R20 000 duurder is. Hy skakel toe die fabriek en laat weet my dat ek die ou "spec" kan kry teen 'n laer bedrag.
    Na al die negatiewe goed wat ek gelees het wou ek toe weet of daar nie aan van die foute gewerk is en die nuwe "spec" nie dan eerder die een is wat ek moet koop nie. Hy (die handelaar) wys toe aan my uit dat die enigste verskil die Nuwe stoof en stort gedeelte is. Om seker te maak e-pos ek toe vir Conqueror, Gerhard by name, wat hulle sogenaamde naverkoopsdiens bestuurder is die volgende:
    >
    "From: Francois Haarhoff
    Sent: Thursday, September 08, 2011 12:01 AM
    To: [email protected]
    Subject: Nuwe spek Companion

    Hi Gerhard,

    Ek het hierdie laas week begin onderhandel in Welkom om n Companion te koop en om n lang storie kort te maak is die verkeerde prys aan my kwoteer.
    Nadat ek my bestelling geplaas het, is dit aan my gekommunikeer en jy kan dink hoe groot my teleurstelling toe ek verneem dat die nuwe prys R20 000 duurder is. Die verkoopspersoon George was in n groot verleentheid en het sy bes gedoen om my te akkomodeer. Hy het met julle fabriek gepraat en hulle het die ou spek Companion voorgestel en ek het bevestig dat dit reg is met my. Maar ek het vannaand gelees op die internet van die probleme met die Companion en wil graag weet wat die verskil is tussen die ou en nuwe spek, voordat ek my wa in ontvangs neem. Is daar in die ou spek nog probleme? Wat is dit presies, behalwe die stofie en die stort stelsel wat verander is? Het julle dalk die drade dukker gemaak, ens?

    My Companion word Vrydag afgelewer in Welkom en ek wil graag weet wat die verskil is sodat ek nie nou die ou spek kies en miskien moes ek eerder die nuwe spek gekies het vir n paar rand meer, maar sonder probleme?
    Sal bly wees as jy miskien more kan atnwoord.
    Groete
    Francois Haarhoff
    >
    Gerhard se terugvoer:
    >
    From: Gerhard [mailto:[email protected]]
    Sent: 08 September 2011 07:47 AM
    To: 'Francois Haarhoff'
    Subject: RE: Nuwe spek Companion

    Goeie more Francois

    Ek sal begin deur te vra waar die probleem op die internet te lees is, ek sal dit graag wil opvolg. Ek weet nie waste probleme daar van gepraat word nie. Om jou vraag te antwoord is daar nie problem op die ou of die nuwe spec waarvan ons bewus is nie. Die karavaan in geheel is nog presies dieselfde, die bedrading is dieselfde sowel as die onderstel en die bakwerk. Al wat verander het is die stofie en die stort en krane, verder is dit 100% nog presies dieselfde karavaan. Die nuwe ietems is heelwat duurder en daarvoor die prysverskil. Die keuse bly by jou en die nuwe ietems is baie populer.
    Conqueror groete
    Gerhard Harmse
    Aftersales Service Manager
    >
    -----Original Message-----
    From: Francois Haarhoff
    Sent: 08 September 2011 08:46 AM
    To: 'Gerhard'
    Subject: RE: Nuwe spek Companion
    Hi Gerhard,
    Baie dankie vir jou spoedige reaksie. Ek gee vir jou die link na die web sites onder. Toe ek hierdie goed lees het ek gewonder of maak ek die regte besluit en sal jou terugvoer waardeer. Ek hou baie van die Companion en dink die uitleg is great. So ek kan nie wag om my wa te kry nie.
    http://www.4x4community.co.za/forum/...ad.php?t=67839
    http://www.wegsleep.co.za/se-jou-se/...ror_heidelberg
    Weereens dankie vir jou spoedige reaksie. Dit bendruk my al klaar.
    Groete
    >
    Ek aanvaar toe die antwoord en bevestig my bestelling en aflewering van die ou "spec" karavaan. R8000 is toe vir my baie as dit net n ander stofie en stort en krane is.
    Die 13de September neem ek toe die karafaan in besit en ons kamp sommer die eerste naweek om hom te toets. Terwyl ek die karafaan deur kyk sien ek dat my skokbrekers nie dieselfde lyk as die web tuiste se foto nie.
    Ek stuur toe die volgende e-pos aan Gerhard
    >
    Sent: Wednesday, September 21, 2011 4:08 PM
    To: 'Gerhard'
    Subject: RE: Nuwe spek Companion
    Hi Gerhard,
    Ek het my Companion gekry en is baie opgewonde. Daar is wel een probleem.
    Die skokbreker op my Companion is anders as die een op julle web site. So daar is 'n verskil. Ek ervaar ook die wieg beweging as ek hom sleep soos genoem op die internet blogs en vermoed dat dit die rede is hoekom julle die verandering gemaak het soos met die foto op julle web site. Is daar 'n moontlikheid dat julle dit dalk vir my kan ruil na die een soos op julle web site.
    >
    From: Gerhard [mailto:[email protected]]
    Sent: 27 September 2011 02:15 PM
    To: 'Francois Haarhoff'
    Subject: RE: Nuwe spek Companion
    Goeie dag Francois
    Jammer dat ek nou eers terugkom, ek was n paar dae uit die kantoor.
    Om jou vraag te antwoord, die skokbrekers is deel van die "R20000-00 upgrade" wat op die nuwe spec karavane aangebring is. Dit is nie verander a.g.v. enige probleme nie, dit is dood eenvoudig net n opgradering soos die stoof, krane ens. Voor die opgradering het ons Camil shocks teen R2500 per stel verkoop indien die klient dit verkies het. Indien n klient dit nou na die upgrade wil laat instaleer op n ou spec vra ons R1500 en gee die klient dus R1000 afslag vir die ou shocks. Die wieg beweging het ook niks met die skokbrekers uit te waai nie, dit kan wees dat die wielsporing nie reg is nie en dit kan jy by die verkopende agent of by die fabriek laat stel. Ek hoop jy vind dit so in orde.
    Conqueror groete
    Gerhard Harmse
    Aftersales Service Manager
    >
    Ek was ten tye van hierdie e-pos in die buiteland en het sodra ek terug was vir die handelaar gekontak en die saak met hom opgeneem en versoek dat ek die skokbrekers vervang wil h op die vervaardiger se koste aangesien ek gevoel het dat die transaksie op wanvoorstelling gebasseer was. Indien ek geweet het dat daar ander veranderinge was, soos byvoorbeeld die skokbrekers, ek die verskil in prys kon regverdig en ook die voordele van die opgradering, sou ek heel waarskeinlik die nuwe "spec" karavaan gekoop het. Dit is tog die rede dat 'n mens 'n nuwe karavaan koop, is om die voordeel van die nuuste en beste wil h.
    Nadat ek niks verneem het van die handelaar nie, het ek hom geskakel op die 24ste en die volgende skriftelik bevestig.
    >
    From: Francois Haarhoff [mailto:[email protected]]
    Sent: 24 October 2011 03:07 PM
    To: [email protected]
    Subject: FW: Nuwe spek Companion
    Hi George,
    Ek bevestig ons gesprek, dat jy besig is om te onderhandel met Mega Manufacturers, maar hulle my nog steeds 'n koste gaan vra vir die verandering. Ek bevestig ook net dat ek voorheen aan jou gestel het, dat ek verwag dat hulle dit kosteloos sal doen aangesien hulle wanvoorstelling gepleeg het om vir my uitdruklik te s dat daar geen verskil in die onderstel tussen die nuwe en ou spek is nie, sien hieronder in die mail ontvang van Gerhard. Ek gee hulle dus 'n week van vandag se datum en indien hulle nie vir my 'n antwoord het na my bevrediging nie, sal ek die saak aanhandig maak by die omboetsman en my beroep op die verbruikers beskermings wet.
    Ek wil ook net op rekord plaas dat ek nie die wielsporing teorie glo wat Gerhard voor hou nie. Sien hierdie link http://www.4x4community.co.za/forum/...ad.php?t=71954.
    " 21-01-11, 09:23 AM
    Jacquesman Jacquesman is offline
    Member
    Join Date: Feb 2008
    Location: Parys
    Age: 36
    Posts: 61
    Default
    Hi Alta, sorry for only replying now about the shocks. I found that with the standard shocks, the caravan tend to rock from side to side (not fishtailing, but rocking). After I fitted the Camils, the rocking motion stopped completely and I gained about 20mm of ground clearance.
    >
    Ek ontvang toe die volgende e-pos terug.
    >
    On 28 Oct 2011, at 1:39 PM, "Offroad Outdoor 4X4" <[email protected]>
    wrote:

    HI FRANSCOIS
    HIER IS DIE MAIL WAT EK VAN HULLE AF GEKRY HET. DIT LYK MY ONS GAAN NIE WEN NIE.
    IS JY BEREID OM DIE HEFTE TE BETAAL EN ONS DAN DIE ANDER HELFTE?
    DINK DIT SAL DAN SO R750 WEES VAN JOU KANT AF. EK SAL HULLE WEL DAN INSIT VIR JOU.
    LAAT WEET MY WAT JY DAAVAN DINK.
    GROETE
    GEORGE
    -----Original Message-----
    From: Gerhard [mailto:[email protected]ueror.co.za]
    Sent: 28 October 2011 11:45 AM
    To: [email protected]
    Subject: FW: Nuwe spek Companion
    Middag George
    Aangeheg is my laaste gesprek met Francois.
    Groete
    Gerhard Harmse
    Aftersales Service Manager
    >
    Onderaan was die mail van Gerhard soos hierbo waar hy my na die handelaar verwys om die wielsporing te stel. Ek moet hier melding maak dat die handelaar en spesifiek George my baie ondersteun het en ek enige tyd met hulle weer sal besigheid doen. (baie dankie George)
    >
    -----Original Message-----
    From: Francois Haarhoff
    Sent: 28 October 2011 02:21 PM
    To: Offroad Outdoor 4X4
    Subject: Re: Nuwe spek Companion
    Hi George,
    Dankie vir jou terugvoer. Dit is nie aanvaarbaar vir my nie en ek sal die saak met korrespondensie Maandag by die motor industrie omboetsman aangee.
    Ek voel dat indien Gerhard vir my die regte inligting gegee het tov al die veranderinge ek n ander besluit sou geneem het. Dit is wanvoorstelling en ek gaan dit nie net daar laat nie. Hy hoef nie sy mail weer aan te heg nie ek het dit die eerste keer gelees en dit is hoekom ek dit met jou opgeneem
    Sonder benadeling van regte.
    Groete
    Francois Haarhoff
    >
    As 'n laaste poging, soos aanbeveel deur die omboetsman, stuur ek toe hierdie e-pos om amptelik Mega Manufacturers se finale antwoord te kry.
    >
    From: Francois Haarhoff
    Sent: Monday, October 31, 2011 1:49 PM
    To: Gerhard
    Cc: [email protected]; [email protected]
    Subject: FW: Nuwe spek Companion
    Geagte Gerhard,
    SONDER BENADELING VAN REGTE
    Vind aangeheg die korrespondensie wat verwissel het. Ek weet nie of jy al die korrespondensie gesien het nie en daarom stuur ek dit weer aan jou. As laaste stap wil ek dit aan jou stel dat ek nie gelukkig is met die antwoord wat ek ontvang het nie en is nie bereid om te betaal vir die Camil skokbrekers nie. My verwagting is dat julle as vervaardigers die koste moet dra van die skokbrekers aangesien jy as die verteenwoordiger van die vervaardiger my onder die indruk gebring het dat daar geen verskil is tussen die ou en nuwe spek Companion is nie, behalwe die items soos genoem in jou mail onder. Sien jou eie woorde hieronder. Ek stel voor dat jy julle posisie in heroorweging sal neem en ek sal dit waardeer indien jy my julle finale antwoord kan gee t.o.v my versoek. Ek het soos jy kan sien nie tevredenheid gevind by die handelaar nie en is dus terug by jou, as laaste step voor ek verdere aksies neem.
    >
    -----Original Message-----
    From: Gerhard [mailto:[email protected]]
    Sent: 31 October 2011 02:36 PM
    To: 'Francois Haarhoff'
    Cc: [email protected]; [email protected]
    Subject: RE: Nuwe spek Companion
    Goeie middag Francois
    Ek het alles weer gelees en ek noem dit weer dat die Camil shocks deel van n opgradeering is soos ek alreeds aan jou verduidelik het. Die foto's op ons web blad is van die nuwe spec Companion met die opgegradeerde ietems op soos wat ek ook al verduidelik het, so niemand het vir jou n wanvoorstelling gegee nie. Dit is deel van n karavaan wat heelwat meer kos as die een wat jy gekoop het om dit opgegradeer is en as jy daar tipe skokbrekers wil he moet jy daarvoor betaal soos wat almal gedoen het wat die nuwe spec wa gekoop het, dit is tog mos net logies.
    Dit is ook seker jou reg om te glo wat jy wil maar ek werk elke dag met hierdie karavane en ek weet waste verskil die wielsporing doen aan die wieg aksie. Ek weet ook dat as die sleep voertuig se haak te hoog of te laag is kan die wa begin wieg, as die wa verkeerd gelaai is kan dit ook n probleem wees. Dit is jou reg om dit ook nie te glo nie maar dit is oor en oor bewysde feite.
    Ek verduidelik weer: die een karavaan se krane, gas stowe, skokbrekers ens.
    Is duurder as die ander een sin, daarom noem hulle dit n opgradering.
    Laastens wil ek net noem dat die dreigemente ons glad nie aanstaan nie en as dit jou laaste oplossing is is jy welkom daartoe. Ons het nog altyd ons kliente tevrede gehou deur goeie diens wanneer daar n regmatige probleem was.

    Conqueror groete
    Gerhard Harmse
    Aftersales Service Manager
    >
    Gerhard,
    SONDER BENADELING VAN REGTE.
    Lyk my jy kan ook nie lekker lees nie. Jy het uitdruklik in jou e-pos aan my voor ek ontvangs van die karavaan geneem het genoem dat "Al wat verander het is die stofie en die stort en krane, verder is dit 100% nog presies dieselfde karavaan". Dit klink nie vir my of jy vir my ges het dat die skokbrekers ook verander het en deel is van die opgradering nie. Dit lyk vir my soos wanvoorstelling.
    Ek geniet glad nie jou houding nie en jy is verseker nie 'n goeie verteenwoordiging van jou maatskappy nie. Baie dankie vir die hartlike diens wat ek as 'n nuwe Conqueror klient ontvang.
    Groete
    Francois Haarhoff
    >
    Ten slotte, ek het gepoog om so veel moontlike inligting te kry voor ek my finale besluit gemaak het om die wa te koop. Op inligting van die vervaardiger het ek besluit om nie nuwe "spec" te koop nie aangesien ek nie die bedrag kon regverdig vir net die stoof, krane en stort nie. Ek haal aan; "Die karavaan in geheel is nog presies dieselfde, die bedrading is dieselfde sowel as die onderstel en die bakwerk. Al wat verander het is die stofie en die stort en krane, verder is dit 100% nog presies dieselfde karavaan (Gerhard se woorde)."
    Ek voel bedrieg en sonder 'n opsie as om hierdie saak by die omboetsman aan te gee of selfs verder te neem. Ek wil nie eers meer die Conqueror Companion h nie. Die naverkoop diens is presies soos die talle web forum gesprekke dit uit maak en my fout was dat ek dit nie noodwendig geglo het nie en gehoop het dat dit nie die waarheid is nie.
    Ek dink nie dit is hoe 'n mens probleme met klante oplos nie. Wat is R1500 (verkoop prys van die skokbrekers) nou teen die prys wat hierdie produkte kos. Party mense sal seker s, hoekom neem ek nie maar die aanbod aan van R750 nie, maar dit is die beginsel wat vir my nou tel. Jammer ek was my wasgoed in die publiek. Ek moet ander moontlike verbruikers waarsku van wat hulle te wagte kan wees indien hulle sake met die Naverkoopsdiens bestuurder doen. Al stem jy nie saam met my nie, dink jy dit is hoe iemand wat in 'n besigheid aangestel is om klante tevrede te hou met klante moet werk? Hoe sal jy voel in my situasie as dit die tipe antwoorde is wat jy kry? Lees gerus die mooi stories wat hulle op die forums skryf en meet dit op teen die trant van die e-posse wat ek ontvang het.
    Wees versigtig.
    Van nog 'n ontevrede Conqueror Companion klant.

  7. #7
    Join Date
    Jan 2011
    Location
    Centurion
    Age
    47
    Posts
    104
    Thanked: 0

    Default

    g day all seems like Midrand will sort it out.
    will pick it up tomorrow and will then let you all know.I all ways travel with full water tanks and do not have stability problems when towing.
    Jip got it at Midrand otherwise very happy .Haarhof hoop jy kom reg dit is n lekker wa .

  8. #8
    Join Date
    Jan 2011
    Location
    Centurion
    Age
    47
    Posts
    104
    Thanked: 0

    Default

    jip all fixed and well .haarhof enige nuus?

Similar Threads

  1. Conqueror Companion: Dream becomes nightmare
    By Alta in forum Camping, Fridges, Accessories
    Replies: 117
    Last Post: 2012/10/21, 09:54 PM
  2. Conqueror Conquest trailer to Companion van?
    By piri in forum Camping, Fridges, Accessories
    Replies: 2
    Last Post: 2011/10/03, 08:52 AM
  3. Conqueror Companion werk uiteindelik soos 'n droom!
    By Alta in forum Camping, Fridges, Accessories
    Replies: 17
    Last Post: 2011/03/24, 07:18 AM
  4. Conqueror Companion: Uitstekende diens van Zambesi Safari Equipment
    By Alta in forum Camping, Fridges, Accessories
    Replies: 1
    Last Post: 2010/08/16, 12:40 PM
  5. Conqueror companion
    By vkastehg in forum Camping, Fridges, Accessories
    Replies: 15
    Last Post: 2010/02/18, 04:33 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •