Ford se tweede langste thread. - Page 6





Page 6 of 91 FirstFirst 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 31 56 ... LastLast
Results 101 to 120 of 1814
  1. #101
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Mossel Bay
    Age
    51
    Posts
    986
    Thanked: 99

    Default

    Dankien DVR vir al die inligting,ek waardeer dit...wens net ek was meganies aangelę.
    2017 Hilux 2.4 SRX D/C 4x4 2012 Cross Polo [mamma s'n]

    http://travel.webshots.com/album/558867451ncpSPZ

  2. #102
    Join Date
    May 2011
    Location
    Pretoria
    Age
    45
    Posts
    19
    Thanked: 0

    Default

    Oom Dirk, jy mag maar Dankie vir al die informasie.

    Ek het 'n vraag en hoop om die regte antwoord te kry. My Ford se enjin loop ongelyk op 1450 - 1500 rev/min. Enige idee hoekom?

  3. #103
    Join Date
    May 2011
    Location
    Pretoria
    Age
    45
    Posts
    19
    Thanked: 0

    Default

    Skuus, my bakkie is 'n 2006 2.5 Ranger.

  4. #104
    Join Date
    Dec 2009
    Location
    Benoni
    Age
    60
    Posts
    2,805
    Thanked: 250

    Default

    OOM ek gaan jou eers gou antwoord en dan later as ek my vingers genoeg geoefen het ,sal ek aangaan met my storie. Dit is nou weer toeval !! nee wag daar is nie so ding nie , alles het 'n rede of gebeur met 'n doel !!! of kom ek se dit beter dit is nou die tweede geval wat ek hierdie laaste twee weke mee tedoen gekry het.
    Nou sie die saak staan so !!! 'n mis kan net veroorsaak word deur as ek dit nou nie verkeerd het nie deur 4 goed. 'n Lekkende valve !! drippende injector !!! kompresie verlies( ringe) !!! en verlies aan pomp druk.
    Kyk daar kan nou baie ander goed ook wees !! maar hoe se iemand vir my die naweek en dit was vir my nogal 'n mooi spreekwoord !! moet nie jou paspoort laar stamp voor jy nie 'n visa het nie. Wat ek daardeur wil se !! moet nie te gou bekomerd word nie , dit is 90% van die tyd injector en die ander 10% 'n valve , en in die selfde asem net verkeerde valve settings. Maar praat maar as jy nog raad soek.

  5. #105
    Join Date
    May 2011
    Location
    Pretoria
    Age
    45
    Posts
    19
    Thanked: 0

    Default

    Baie Dankie vir die raad Oom Dirk.

    Ek het my bakkie se injectors en pomptyd so 2maande terug laat doen, so ek dink dis uit die weg geruim. Ek sal die valves sommer een middag na werk gou stel en kyk wat hy maak. Dis regtig snaaks wat die masjien doen, want ek sal nie se hy mis nie. Die enjin begin net skud op daai rpm's. My brandstof verbruik het ook nie verbeter na die injectors gedoen is en pomp gestel is nie, alhoewel hy beter trek. So sorteer mens hulle seker maar uit.

    Wanneer die finansies dit toelaat sal ek graag een van daardie air intakes by Oom wil kom koop en natuurlik ook die paar modifikasies wil aanbring wat die pypwerk aanbetref.

    Nog een vraag. My bakkie se glowplugs kom net aan vir maksimum 4sekondes. Is dit normaal, want ek sien julle praat van 8 tot 12 sekondes?

  6. #106
    Join Date
    Dec 2009
    Location
    Benoni
    Age
    60
    Posts
    2,805
    Thanked: 250

    Default

    As die glowplugs se liggie net 4 sek aanbly en hy pla nie om te start nie !! is daar niks fout nie. Onthou die liggie gaan wel dood maar die glow hou nie op nie !!! totdat die engin 60 grade bereik . Ek behandel hierdie onderwerp redelik deeglik op 'n ander post van my.

  7. #107
    Join Date
    Mar 2007
    Location
    Witbank
    Age
    48
    Posts
    322
    Thanked: 1

    Default

    NIe so bietjie terugvoer
    Het weer volgemaak nadat die Injectors gedoen is en timing gestel is.
    Ek het bietjie beter branstof verbruik, kry nou 8.2km/l en soos altyd daai 7.3 - 7.6 Range nie. so dis goed.
    Maar nou sien ek as ek op n gelykpad so teen 120km/h ry daar nie juis meer veel krag oor is nie, dis teen 3250rpm's. Gooi die pomp te min Diesel? en as dit so is, waar stel ek dit?
    Ford Ranger 2.5td 4x4 XLT
    KB250 swb 4x2
    Ford Figo 1.4tdci
    VW Transporter 2.5TDI 4MOTION


    Bundutoe





  8. #108
    Join Date
    Jul 2011
    Location
    Thabazimbi
    Age
    38
    Posts
    125
    Thanked: 0

    Default

    Quote Originally Posted by bundutoe View Post
    NIe so bietjie terugvoer
    Het weer volgemaak nadat die Injectors gedoen is en timing gestel is.
    Ek het bietjie beter branstof verbruik, kry nou 8.2km/l en soos altyd daai 7.3 - 7.6 Range nie. so dis goed.
    Maar nou sien ek as ek op n gelykpad so teen 120km/h ry daar nie juis meer veel krag oor is nie, dis teen 3250rpm's. Gooi die pomp te min Diesel? en as dit so is, waar stel ek dit?
    Hi bundutoe.

    Om die pomp te stel is maaklik.Maar as jy nie weet wat jy doen nie gaan jou bakkie te swaar op diesel wees en hy gaan te warm hardloop ook want jy maak jou brandstof mengsel te ruik.So jou EGTs gaan hoog hardloop.

    Begin deur jou boost op te stel.Dit werk ook wonders?So dra jou boost op is kan ons kyk om jou dieselpomp bietjie oop te stel.
    2012 Ford Ranger Hi Rider 2.2
    Lives a journey, do it in a RANGER

  9. #109
    Join Date
    Jul 2011
    Location
    Thabazimbi
    Age
    38
    Posts
    125
    Thanked: 0

    Default Dieselpomp uitgesort

    Middag oom Dirk,

    Ekt toe daai probleem van my gekry van my dieselpomp wat rond geneuk het.Was binne by die vein bompie.Its wat die druk moes reguleer het wat vervang is.R300 se partjie!Glo n probleum op die ou moddelle se pompe.Sit n nuwer model sin in wat sterker is.Nou trek hy weer soos n trein.Ekt ook agter gekom.As ek die dieselpomp te oop stel is hy baie swaarder op brandstof en hy trek swakker.Trial and error.Met my tyd wat ek ook so 2mm geadvance het sien ek dat my brandstof beter is op 3050 rpm as 2950rpm waar ek onderskuidelik 120 en 130 km/h hardloop
    2012 Ford Ranger Hi Rider 2.2
    Lives a journey, do it in a RANGER

  10. #110
    Join Date
    Dec 2009
    Location
    Benoni
    Age
    60
    Posts
    2,805
    Thanked: 250

    Default

    Nou sien julle nou hier !! die manne was net nou die dag saam met my op die Ford bushmechanics naweek gewees , nou weet hulle al klaar meer as ek.
    Goed dit het my nou 'n hele dag gevat !!! om oor my gatvolgeid (ek hoop die spelling is reg , en ek wonder of die woord bestaan in die woordeboek ) te kom. Want ek het vir julle die mooiste storie geskruif , en toe dit by die post kom toe druk ek in my onkunde iets verkeerd en woeps weg is alles , en weet julle ek het die hele aand met die twee vingers daaraan getik.

  11. #111
    Join Date
    Dec 2009
    Location
    Benoni
    Age
    60
    Posts
    2,805
    Thanked: 250

    Default

    Goed sien julle nou ek doen hom so in paaiemente , en ek hoop net ek onthou alles van gister. As ons nou klaar is met die aircleaner , en dit behels natuurlik om die minste te se 'n positiewe lug vloei , op snorkel , of die beste 'n heel ander sisteem.
    Raait volgende is nou die turbo wat in die ry staan , en ons gaan ook die turbo in twee dele doen op verskillende plekke by name die inlet en exhaust kant , maar verseker gaan jy dit alles in een doen want ek dink nie jy wil die turbo twee keer afhaal nie. En net om julle gehue so bietjie te verfris !! dit alles gaan oor om die bakkie te OPTIMISE is dit nie waar nie. So ons moet elke stukkie van die koek doen of so veel as moontlik ,om op die ou end dit die moeitewerd te maak. Goed terug na die turbo !! aan die intake kant kan jy net die pype binne polish ! en om vadersnaam moet net nie daar krap waar die impeller loop nie. As dit nou gedoen is gaan ek nou net nog een ding vertel voor ek weer post , goed ons gaan nou die boost so bietjie opjaag !!! ja meneer jy het reg gehoor , en ja ek weet die fabriek het die ding daar so gestel op 0.7 bar maar hoekom lees jy dan die thread. Ek wil he jy moet hom so raps opjaag en jy gaan sukkel om by 1bar uit te kom met 'n standaard turbo. Daar is drie maniere om dit te doen , eerstens om die shaft net te kink die tweede manier is om thread op die actuator shaft te sny dat hy verstelbaar is , en laastens wat ek voorstel , sit net so 2mm washer tussen die actuator bracket en die turbo housing in en dit behoort die trick te doen met die boost.

  12. #112
    Join Date
    Dec 2009
    Location
    Benoni
    Age
    60
    Posts
    2,805
    Thanked: 250

    Default

    Raait kom ons los nou eers die turbo tot ons weer by hom kom aan die exhaust kant.
    Goed as al die pype en draaie nou tot by die intercooler en verder nou mooi glad is , kom ons nou by die meer komplekse dinge. Onthou nou net weereens dat alles wat ons gedoen het tot dusver redelik self gedoen kan word en niks aan jou bakkie se lewe kan doen nie. En hou nou ook in gedagte dat ons het nou streng gesproke meer lug by die intake !!! ons het die boost so raps opgejaag !! die intercooler is groter , en ons gaan meer koue lug in die cyliderhead kry.
    Dit is nou egter net hier waar die paw paw die fan strike !! man en ek het die beste spreekwoord in 'n alng tyd vandag gehoor : moet nie jou paspoort laat stamp voordat jy 'n visa het nie , en dit is nou amper wat ek nou gedoen het. Voor ek by die timing en dieselpomp kom moet ek net seker die intake manifold eers doen. Nou sien daai kort pypie net voor die intake !! die ding se wand is so dik en hy is so grof binne dit is nie eers waar nie. Maak die ding glad en match hom met die intake , wat dit meen !! waar hulle aanmekaar kom moet daar nie 'n step wees nie. Jy hoef glad nie bang te wees om mal te gaan met die goed binne nie !!PASOP egter net by die ports tussen die intake en cylindehead want daai goed moet weer eens gemach word as jy die cylinder head later miskien gaan doen. Jy kan daai ding maar so glad maak soos 'n baba se boud.

  13. #113
    Join Date
    Apr 2012
    Location
    Bothaville
    Age
    37
    Posts
    5
    Thanked: 0

    Default 2 micron diesel filter opsit

    Oom Dirk
    Ek het `n 2006 Ford Ranger 2.5 TD DC, ek wil graar `n 2 micron diesel filter tussen die diesel pomp en bestaande diesel filter insit. Gaan dit nodig wees om `n elektroniese diesel "lift" pompie ook in te sit sodat die inspuiter pomp nie kan cavitate nie? want hy sal nou deur `n 2micron filter moet suig. Die filter wat ek wil gebruik is `n Caterpillar filter en is relatief oorbodig vir die applikasie.

    En as mens `n elektriese lift pomp gebruik hoeveel liter per min moet hy kan voorsien sodat hy nie te veel diesel vir die inspuiter pomp voorsien nie, of sal dit nie `n verskil maak nie?

  14. #114
    Join Date
    Apr 2012
    Location
    Bothaville
    Age
    37
    Posts
    5
    Thanked: 0

    Default

    Ek wil graag die injectors ook laat doen, iets waarvoor ek moet uitkyk ens?

  15. #115
    Join Date
    Dec 2009
    Location
    Benoni
    Age
    60
    Posts
    2,805
    Thanked: 250

    Default

    Man ek het nou eers jou vrae drie keer deur gelees !! en toe eers beluit wat ek jou gaan antwoord. As jy elke dag met redelike vuil diesel te doen het , sal ek se gaan aan met jou plan , anders voel ek jy gaan hom wurg. Jy kan hom nie te veel voer nie want die diesel pomp sal net soveel toelaat om deur tye gaan. Natuurlik net volume en nie druk nie , as jy verstaan wat ek bedoel. Jy sien die geringste wat die dieselpomp 'n weerstand gaan optel , gaan jou bakkie reageer soos 'n vuil diesel filter en of siffie. Soos ek in die begin gese het !! en ek wil nie jou idee heeltemal afskiet nie , maar is dit regtig nodig ?? want die bakkies is redelik bekend daarvoor dat hulle nie alergies is vir vuil diesel nie. Kyk as jy jou filter redelik gereeld ruil , en op die regte manier , sal eintlik die enigste ding wees wat deurgaan na die dieselpomp toe !! die fyn haarjies wees wat aan die buite kant van die filter sit as hulle hom maak , en dit is ook gewoonlik die goed wat die siffie verstop bo op die dieselpomp. Natuurlik hoe swakker die gehalte van die diesel filter hoe erger die probleem.

  16. #116
    Join Date
    Dec 2009
    Location
    Benoni
    Age
    60
    Posts
    2,805
    Thanked: 250

    Default

    Jammer man net toe ek klaar gepost het toe sien ek daar is nog 'n vraag. Die ding wat seker die meeste pla deesdae is al die crap injector tips wat van China en die plekke af kom. Hulle hou nie eers 30 000km nie , inteendeel ek het nou met 'n geval gehad dat die man die goed 3 keer moes ruil in 50 000km en die een diesel plek was meer skelm as die ander. Waar baie ouens ook hoe se die engelsman "shortcuts " vat is met die copper en s/steel waster wat onder die injector tip ingaan op die head. Die goedkoop weergawes van die goed beteken niks nie, en veral die heel onderste een !!! speel 'n groot rol op die leeftyd van die tips.

  17. #117
    Join Date
    Aug 2010
    Location
    Rustenburg
    Age
    35
    Posts
    479
    Thanked: 3

    Default

    Oom DVR, baie dankie vir oom se insette.
    Dit is vir my altyd lekker om terug tekom na die thread en elke keer iets nuuts teleer.

    Oom is defnitief nie seinig met oom se kennis nie.

    Mooi dag.
    2.5 Drifter

  18. #118
    Join Date
    Apr 2012
    Location
    Bothaville
    Age
    37
    Posts
    5
    Thanked: 0

    Default

    Oom Dirk
    baie dankie vir oom se insette, waardeer dit, ek koop al my onderdele by Ford, ek glo net in egte onderdele. Ek is maar bekend daarvoor om snaakse dinge te doen.

  19. #119
    Join Date
    Dec 2009
    Location
    Benoni
    Age
    60
    Posts
    2,805
    Thanked: 250

    Default

    Man as 'n mens se planne opraak en jy doen nie snaakes goed in hierdie lewe nie, dan moet dit maar seker baie boring wees.

  20. #120
    Join Date
    Apr 2012
    Location
    Bothaville
    Age
    37
    Posts
    5
    Thanked: 0

    Default

    Oom Dirk
    net `n dom vraag ek sien dat elke injector `n plastiek kleur ringetjie op het, by my is cyl 1, 2, 3 rooi en 4 is wit dit stem ooreen met die ringe op die pomp. was iemand by die fabriek gesuip toe hulle dit opgesit het?
    As die ringe net die posisie van die injectors gemerk het hoekom dan die wat die selfde is?

Page 6 of 91 FirstFirst 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 31 56 ... LastLast

Similar Threads

  1. Ford "FACTORY" Suspension upgrade on Everest
    By Randy in forum Ford & Mazda
    Replies: 10
    Last Post: 2012/10/29, 02:50 PM
  2. Trip Report - Ford Weekend
    By DouglasN in forum Ford & Mazda
    Replies: 11
    Last Post: 2011/10/24, 11:48 AM
  3. Ford & Mazda All-new Ford Ranger (T6) - Price Revealed!!!
    By Megagustodon in forum Ford & Mazda
    Replies: 25
    Last Post: 2011/10/01, 04:07 PM
  4. Review of New Ford Everest
    By waremuller in forum Ford & Mazda
    Replies: 29
    Last Post: 2011/02/28, 10:52 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •