Ford se tweede langste thread. - Page 2





Page 2 of 91 FirstFirst 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 27 52 ... LastLast
Results 21 to 40 of 1814
  1. #21
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Oppierotse
    Age
    57
    Posts
    1,791
    Thanked: 284

    Default

    Dirk as ek net mag byvoeg vir die ouens op jou baie ingeligte post.Die glow relay sit langs die battery en partykeer raak sy kontak punt binne in vuil.Moenie die skroefie onder die relay los maak nie,maar vat n skerp voorwerp en druk hom tussen die dop en binneste gedeelte totdat die dop af kom.Vat n naal vyltie of fyn skuur papier en maak die kontak punt skoon en hy sal weer werk.Baie goedkoper as n nuwe een.Op die linkerkant se fender sit 2 relays.Die een naaste aan die windscreen is die starter relay.Hy kan ook vuil word en sal dan nie werk nie.n Skoon maak soos bo genoem en alles is weer reg.As daar ouens is wat wil weet hoe om n relay te toets moet hulle maar laat weet,want dit is baie maklik.O ja, hierdie is op die 2.5.
    98 Hilux 2.8D D/C 4x4

  2. #22
    Join Date
    Jun 2010
    Location
    Pretoria
    Age
    44
    Posts
    210
    Thanked: 15

    Default

    Hi DVR . Ek ruk miskien nou die dam onder die eend uit maar het jy miskien so 'n paar tips vir die manne met die 4.0 v6? ek glo die manne met die 2.5 diesels het ook die probleem met die tempramentele fuel gauge, myne ly aan personality disorder hy is party dae sommer net mislik , en lieg iets verskrikliks!
    '96 Jeep XJ 4.0 "die blou monster" work in progress
    ex: 2000 Kia sportage 2.0
    ex: 2005 Ford Ranger D/C XLT 4.0 Auto

  3. #23
    Join Date
    Jul 2010
    Location
    Port Elizabeth
    Age
    44
    Posts
    5,028
    Thanked: 57

    Default

    Quote Originally Posted by johan76 View Post
    Hi DVR . Ek ruk miskien nou die dam onder die eend uit maar het jy miskien so 'n paar tips vir die manne met die 4.0 v6? ek glo die manne met die 2.5 diesels het ook die probleem met die tempramentele fuel gauge, myne ly aan personality disorder hy is party dae sommer net mislik , en lieg iets verskrikliks!
    Slegte Earth dalk?? Lyk my dit is die norm met die elektronika. Maar kom ons lees wat se Dirk
    '98 Nissan Patrol 4.2d GU Y61
    “Donkie”
    Life is a journey, not a destination!!
    Try slowing down once in a while
    and soak up your surroundings.
    You might just surprise yourself.

  4. #24
    Join Date
    Dec 2009
    Location
    Benoni
    Age
    60
    Posts
    2,805
    Thanked: 250

    Default

    Kom ons begin eers by die E-boek , man ek laaik die idee maar julle slik computer boffins sal dit moet doen(want sien ek is tegnologies gestremd as dit kom by die goed ) maar ek sal verseker in 'n partnership gaan.WIEL dankie man dit is 'n waardevolle punte wat jy daar opgebring het , en ek het nogal gehoop daar is ander manne wat ook aan die thread gaan deelneem , want sien ek weet nie baie van die bakkies nie , so enige insette is welkom.
    As dit kom by die 4 L !!! julle manne wil he hierdie moet die langste thread word , maar ja ek sal julle ook 'n paar goed gee. Maar eers moet julle maar onder mekaar uitbaklei wie is eerste : 2.5 die 3l of die 4l en as ons so aanhou is daar netnou 'n Ford Focus of 'n Mazda 3 ook.

  5. #25
    Join Date
    Dec 2009
    Location
    Benoni
    Age
    60
    Posts
    2,805
    Thanked: 250

    Default

    Wiel ek het nou eers die laaste stuk van jou post mooi gelees !! vertel on pel hoe toets jy daai relay's ek is seker baie manne wil wees. (kan ek jou 'n groot guns vra ?? om tog nie so langdradering soos daai DVR ou te wees nie )

  6. #26
    Join Date
    Apr 2011
    Location
    Villierdsdorp
    Age
    62
    Posts
    813
    Thanked: 2

    Default

    Langdradig is nie so erg nie. dit lees lekker. Sit die hele tyd en glimlag vir jou skryfstyl. Doet so voort. Ek is seker die manne kry nie net goeie raad nie, maar geniet dit ook baie.
    Groetnis
    Wynand.


    2013 Ford Ranger T6, 2.2, XL, 4x2

  7. #27
    Join Date
    Dec 2009
    Location
    Benoni
    Age
    60
    Posts
    2,805
    Thanked: 250

    Default

    Ek het so pa self besluit !! ek het belowe dit gaan 3l wees so dit is hoe dit gaan wees. Man vanaand gaan ek sulke interesante goed behandel dat ek skoon opgewonde is !! ek koop sommer 'n 3L . Ok man ek sal nou ophou [email protected] praat en tot die punt kom. Raai wat doen jy as die alarm sommer mal gaan en net wanneer hy wil. Maak seker die deur skakelaar (switch) en of die bonnet sin is skoon en maak mooi kontak alle bakkie het nie die laasgenoemde nie.
    As die central locking nie die passesiers kant wil oopsluit nie en of geen response vanaf key fob. Ja hier kom dit !! maak die glovebox oop en ontkoppel die geel plug op die module wat sit aan die linkerkant effens aan die bokant vir so 15 sek.
    Airbag lig op cluster gaan ontydig aan : (gewoonlik te hoe weerstand op die geel plugs onder die sitplekke. BAIE BELANGRIK !!!!!! onhou die veiligheids aspekte as dit kom by die werk aan lug sakke nl battery moet ontkoppel word en geen aktiwiteite op die sisteeme voor 2 min verstryk het nie.
    Spring uit eerste rat uit as teen 'n afdraande gery word : modifikasie geskikbaar op die sogenaamde interne spring op die vurk wat 1e rat bedien.
    Ag nee man die man met sy E-boek storie het nou iets in my kop geplant ! ek gaan nou niks verder skryf sonder betaling nie. Ek gaan vanand julle eers 'n grap vertel , hulle het die probleem gekry hoekom so baie TOYOTA's rol , dit is glo die moer wat die stuur vashou.

  8. #28
    Join Date
    Jun 2010
    Location
    Pretoria
    Age
    44
    Posts
    210
    Thanked: 15

    Default

    '96 Jeep XJ 4.0 "die blou monster" work in progress
    ex: 2000 Kia sportage 2.0
    ex: 2005 Ford Ranger D/C XLT 4.0 Auto

  9. #29
    Join Date
    Dec 2009
    Location
    Benoni
    Age
    60
    Posts
    2,805
    Thanked: 250

    Default

    Hierdie post kom van WIEL af , en ek dink hy hoort ook hier !! Dit is hoe jy 'n viscous fan kan toets.
    Alan there is three ways that I know.Firstly, when you start the engine in the morning, rev it up to about 2000 to 2500rpm and listen if you can hear the fan blowing.You should hear it above the engine noise.It will stop after a few seconds as the sensor picks up that the radiator is cold.If yours does it then it is fine.Secondly you must get the engine to normal opperating temp.Take a peace of cardboard the size of the radiator and slide it down between the radiator and the aircon condensor to block off the air flow.Rev it up to 2000rpm and after a while the fan should kick in as the radiator is getting warmer.You will hear when it is blowing. The other way is dangerous if you dont know what youre doing so please be carefull or dont do it!!!Get the engine to normal opperating temp.Switch it off.Wrap a cloth around your hand or use a thick leather glove.Hold the fan blade securely in your hand on the left side of the radiator(remember there is only one left).Get someone to start the engine.The fan blade will firstly have no resistance, but as the engine gets warmer it will start to give little jurks in your hand.Thats telling you that it wants to engage and it is working.The 2.5 Ranger with aircon on on a hot summer day with speeds above 140km/h had a tendency to run a bit warm.Either switch aircon off or drive slower.Ford had a conversion with a bigger radiator cowl and a more aggresive fan blade,but that was only fitted on request.
    __________________

  10. #30
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Oppierotse
    Age
    57
    Posts
    1,791
    Thanked: 284

    Default

    Quote Originally Posted by DVR View Post
    Wiel ek het nou eers die laaste stuk van jou post mooi gelees !! vertel on pel hoe toets jy daai relay's ek is seker baie manne wil wees. (kan ek jou 'n groot guns vra ?? om tog nie so langdradering soos daai DVR ou te wees nie )
    Dirk ek kan nie langdradig wees nie ,want ek tik so 60 sekondes per woord(een vinger) en beperk alles wat ek wil se tot n minimum.
    Vanaand gaan ek vir eers rus ,want ek het al klaar n 1/2 uur lank getik aan die viscous post.Ek sal in die naweek iets oor n relay kwyt raak.En ook oor n multimeter.
    En more verdedig my ou span weer die beker!!!Mag die beste span wen.
    98 Hilux 2.8D D/C 4x4

  11. #31
    Join Date
    Jan 2009
    Location
    brits
    Age
    55
    Posts
    20
    Thanked: 0

    Default

    DVR
    Jy het die airbag lig wat flikker te vinnig behandel,wat moet ek doen om die irriterende liggie weg te kry?
    Baie dankie vir jou en Wiel se lesings,dit is lekker om meer te kan doen as net filters ruil.

  12. #32
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Oppierotse
    Age
    57
    Posts
    1,791
    Thanked: 284

    Default

    Stoffel onder elke voorsitplek is n geel plug.Die konneksies binne in raak vuil en dan bied dit n hoe weerstand.Diskonnekteer die battery vir 2 min. en dan kan jy daai twee plugs skoon maak met Contact cleaner of iets soort gelyks.Buig ook die male terminals met n langbek tangetjie sodat hulle effens dwars is om sodoende stuiwer in die female terminal in te gaan.n Ander manier is om die drade so 5cm vanaf die plug aan albei kante skoon te maak en dan n "bridge" draad daar vas te soldeer, maw. jy bypass die connector alhoewel hy nog op sy plek is.Net op geleide persone mag aan airbags werk, so ek aanvaar geen verantwoordelikheid sou daar n fout kom nie.
    98 Hilux 2.8D D/C 4x4

  13. #33
    Join Date
    Jan 2009
    Location
    brits
    Age
    55
    Posts
    20
    Thanked: 0

    Default

    Baie dankie Wiel.Ek gaan dit beslis probeer.Moenie ophou met julle wenke nie.

  14. #34
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Cape Town
    Age
    72
    Posts
    350
    Thanked: 0

    Default

    As always Dirk, only the very best from you! Thank you so much!
    David Wolmarans

    Ford Ranger 2.5 4 x 4 DC turbo diesel, bog standard (Have now fitted a Burnco front bumper, looking for a snorkel)

  15. #35
    Join Date
    Mar 2010
    Location
    Portchefstroom
    Age
    35
    Posts
    182
    Thanked: 8

    Default

    Hierdie oom kan darm maar 'n bakkie !!!!!!!

  16. #36
    Join Date
    Dec 2009
    Location
    Benoni
    Age
    60
    Posts
    2,805
    Thanked: 250

    Default

    Ok !! ek het seker nou genoeg geloaf vir een naweek !! hoe se die ingelsman back to work. Ons is nog steeds op die 3L common rail turbo diesel intercooler , magtig maar die ding het omtrend 'n pedigree.
    By so 80km/h kry die bakkie so speed wobble (die stealers of die slim ouens noem dit !! 'n castershake) 'n probleem wat sy kop uitgesteek het net toe hulle groter bande op die bakkie gesit het. 'n paar aspekte wat die oorsaak kan wees. 1. Wiel balansering 2. Die fatsoen form van die band (baie keer los 'n nuwe stel bande die probleem op , veral as jy die bakkie tweedans koop en jy ken nie die geskiedenis van die bakkie nie.3. Die wielsporing stelling en die caster gewoonlik as daar nie genoeg positiewe caster is nie , dit is die skuins voorentoe le van die wiel as julle verstaan wat ek bedoel. Wanneer al die bogenoemde in orde is , en die probleem is nog steeds daar, kan die volgende gedoen word : verhoog die preload op die idler arm. Dit is 'n verandering wat ons aanbring waarvan die stealers nog nie gehoor het nie , en sort gewoonlik 90 % van die so called death wobble uit.

    As jy die cluch intrap en daar kom 'n groot geraas uit die ratkas area uit , en is op sy ergste so halfpad deur die intrap aksie. Dit word gewoonlik veroorsaak deur die duelmass flywheel wat sy viskose vloeistof verloor het , moet ongelukkig vervang word en so ver ek weet is daar nie 'n pirate beskikbaar nie ( 'n peperduur uitstappie )

    Maak so elke nou en dan , veral die manne wat die bakkie vir meer as 'n status simboolop die pavement gebruik , dat jou engin mountings vas is. Veral waar die boude in die aluminium ingeskroef word , so druppel locktite sal die trick doen. En om vadersnaam net 'n druppel , en maak seker die graad is reg . En moet nie alles glo wat die verkoopsman jou vertel nie , want wat 3/4 van hulle weet van locktite weet ek van rekenaar regmaak. As ek julle nog 'n trick kan leer wat ons in rally gebruik het , en dit werk soos 'n bom !! sit silikon so aan die thread en sommer aan die kop waar dit vasdraai. Vanself kom dit nooit los nie, maar maak baie maklik los, en strip nooit die threads nie. Ek gaan nou eers die een post, voor ek hom weer uitvee !! want ek moet nog iemand kry wat my die copy ! past storie mooi kan wys , want my eerste poging het ek die ding so gecopy en ek weet nie waarheen ek hom gepast het nie , want ek kry hom nie. So as iemand 'n verkeerte past kry stuur hom maar terug na my toe (lol)

  17. #37
    Join Date
    Oct 2006
    Location
    CAPE TOWN ,SOUTH AFRICA
    Age
    70
    Posts
    14,090
    Thanked: 570

    Default

    Whats a gloplug...nothing is mentioned in my manual.
    ORA
    -------------------------
    Ian

  18. #38
    Join Date
    Dec 2009
    Location
    Benoni
    Age
    60
    Posts
    2,805
    Thanked: 250

    Default

    Ek sit nou skoon in lag vir myself : 'n gloplug is daai ding wat by jou naaltjie uitkruip as dit volmaan is dan blaf hy vir jou ba#@#$%@s.

  19. #39
    Join Date
    Apr 2011
    Location
    Villierdsdorp
    Age
    62
    Posts
    813
    Thanked: 2

    Default

    Quote Originally Posted by OFFROAD ADDICT View Post
    Whats a gloplug...nothing is mentioned in my manual.
    You MUST be joking...........
    Groetnis
    Wynand.


    2013 Ford Ranger T6, 2.2, XL, 4x2

  20. #40
    Join Date
    Oct 2006
    Location
    CAPE TOWN ,SOUTH AFRICA
    Age
    70
    Posts
    14,090
    Thanked: 570

    Default

    Quote Originally Posted by Wynand View Post
    You MUST be joking...........


    Hey Thys i need some help here please,
    ORA
    -------------------------
    Ian

Page 2 of 91 FirstFirst 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 27 52 ... LastLast

Similar Threads

  1. Ford "FACTORY" Suspension upgrade on Everest
    By Randy in forum Ford & Mazda
    Replies: 10
    Last Post: 2012/10/29, 02:50 PM
  2. Trip Report - Ford Weekend
    By DouglasN in forum Ford & Mazda
    Replies: 11
    Last Post: 2011/10/24, 11:48 AM
  3. Ford & Mazda All-new Ford Ranger (T6) - Price Revealed!!!
    By Megagustodon in forum Ford & Mazda
    Replies: 25
    Last Post: 2011/10/01, 04:07 PM
  4. Review of New Ford Everest
    By waremuller in forum Ford & Mazda
    Replies: 29
    Last Post: 2011/02/28, 10:52 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •