NamibiŽ - 50 Doendinge





Page 1 of 3 1 2 3 LastLast
Results 1 to 20 of 52
  1. #1
    Join Date
    Aug 2007
    Location
    Pretoria
    Age
    63
    Posts
    4,157
    Thanked: 35

    Default NamibiŽ - 50 Doendinge

    50 Doendinge in NamibiŽ

    1. Etosha
    Wat kan nog oor Etosha, ďdie Groot Wit PlekĒ, gesÍ word? Dit is NamibiŽ se grootste toerisme-trekpleister en word in dieselfde asem genoem as die Kruger-wildtuin of die Serengeti. Etosha is ín bekende bestemming: Hier kry jy groot getalle wild, talle bedreigde spesies, die grootste versameling swartrenosters ter wÍreld, en die Groot Vyf.
    Wat kan ek sien: Die lekker van Etosha is dat jy die wild maklik kan sien omdat talle van die park se watergate in die oopte is. Boonop is daar watergate by elk van die park se drie ruskampe, dus kan jy gaan wild kyk met die spreekwoordelike bier in die hand. Twyfel jy steeds? Afrika se grootste olifante, duisende pienk flaminke in die reŽnseisoen, 340 voŽlspesies, wildkyk snags by verligte watergate...
    Hoe kom ek daar: Jy kan dit nie mis nie. Vat die B1 uit Tsumeb.
    Waarmee: ín Gewone motor
    Waar bly ek: In een van die drie ruskampe in die park (Okaukuejo, Namutoni of Halali). As jy nie daar regkom nie Ė dit raak nogal besig in die vakansies Ė boek in by een van die talle private lodges net buite die park.
    Kontak: Namibia Wildlife Resorts (NWR) by 092 64 61 285 7000

    2. Visrivier-canyon
    Die Visrivier-canyon is 1800 miljoen jaar oud, 160 km lank, 27 km breed en 500 m diep Ė indrukwekkend. Maar om diť natuurwonder van bo te bekyk is nog meer indrukwekkend. Naas die Grand Canyon in Amerika is die ďVisĒ die grootste canyon ter wÍreld, maar dit maak nie eintlik saak nie. Hierdie is een van die wÍreld se mooiste uitsigpunte Ė jy kan maar moeite maak om te gaan kyk. En weer gaan kyk.
    Wat kan ek sien: Hobas is die bekendste uitkykpunt en ook die begin van die Visrivier-staproete. Gaan kyk op die beste tyd van die dag, vroegoggend of laatmiddag. Probeer ook die ander uitkykpunte verder suid.
    Hoe kom ek daar: Vat die C12 uit GrŁnau en draai sowat 50 km verder af op die C37. Van Ai-Ais af vat jy die C10 en draai noord op die C37.
    Waarmee: Selfs jou 1982 Golf behoort dit te maak.
    Kontak: Suidelike Toerismeforum by 092 64 63 221 266/211. sien omdat talle van die park se watergate in die oopte is. Boonop is daar watergate by elk van die park se drie ruskampe, dus kan jy gaan wild kyk met die spreekwoordelike bier in die hand.

    3. Kaokoland
    Moet mense aangemoedig word om na hierdie noordwestelike uithoekie van NamibiŽ te gaan? Kaokoland het helaas ín trofee geword vir diť wat dikwels nie genoeg respek het vir hierdie afgesonderde streek se natuurlewe en mense nie.
    Dit is onmoontlik om in ín paragraaf of selfs drie ín prent te skets van hoe diť plek lyk. ín Besoek aan Kaokoland verg deeglike beplanning, want die toerismegeriewe is skraps en brandstof skaars. Maar dis een van die onvergeetlikste plekke in Suider-Afrika.
    Wat kan ek sien en ervaar: Ry na die Epupa-waterval in die Kunenerivier, jy met ín 4x2-voertuig bereik Ė trouens selfs gewone motors daag daar op. Jy kamp langs die rivier en dis ín heerlike plek om vir ín dag of drie te verken. Jy kan ook redelik maklik uitkom by van die kampeerplekke hoŽr op teen die rivier, soos die boomryke Kunene River Lodge naby Ruacana Ė een van die lekkerste kampeerplekke in NamibiŽ.
    Die res van die westelike Kaokoveld is ernstige viertrekwÍreld, een van daardie plekke waarheen jy noodrantsoene, ekstra water en brandstof, ín tweede en selfs derde spaarband en spaaronderdele moet saamneem. Dit is die blyplek van die woestyn-aangepaste olifante en ander wild soos swartrenosters, koedoes en gemsbokke. Bowenal kry jy van NambiŽ Ė nee, Afrika Ė se mooiste landskappe hier. Maar beheer oor die gebied sal verskerp moet word, want daar lÍ reeds te veel motorspore op plekke waar geen voertuig behoort te kom nie. En die Himba-kinders wat ook nou langs die pad begin staan en roep vir ďsweetsĒ is eintlik tragies. Kaokoland en sy mense verdien dit nie.


    4. LŁderitz
    Die meeste mense beskou LŁderitz as Swakopmund se arm nefie. En hulle is nie ver verkeerd oor diť afgesonderde Duitse koloniale oorblyfsel aan die windverwaaide kus van die Namib-woestyn nie. Maar moenie afgeskrik word deur stories dat die wind die verf van motors kan afwaai nie. Krap ín bietjie dieper en ontdek LŁdertz se eie bekoring: die besonderse argitektuur, pragtige Namibtonele en die oorblyfsels van diamantkoors in die woestyn om die dorp. Buite LŁderitz kraai die woestyn koning. Dinge lyk nog baie soos die Portugese ontdekkingsreisiger Bartholomeus Dias dit in 1488 aangetref het. Met sy flotilla van drie skepe het hy hier, in die baai wat hy Agra Pequena genoem het, ingevaar. Die dorp is ín enklave in die Sperrgebiet Ė 26 000 km≤ van baie sand en ín bietjie diamante. Diamante is in 1908 op die spoorlyn oos van die dorp ontdek, en LŁderitz het kort daarna uit sy nate begin bars (al was dit net kortstondig).
    Wat kan ek sien en doen: LŁderitz se amper boomlose strate is stampvol Duitse argitektuur Ė ín mengsel van die Jugendstil (Art Nouveau) en Duits Imperialistiese style, sÍ die slim mense. Argitektoniese hoogtepunte is die Goerke Huis, Felsenkirche (Kerk op die Rotse), die ou spoorwegstasie, en die Alstadt (die historiese dorpskern). Ry uit na Diaspunt en sy replika van die kruis wat Dias daar staangemaak het en Sturmvogelbucht, ín ou walvisstasie. Daar is ook stalletjies, winkels en restaurante op die LŁderitz-waterfront. Of gaan grawe vir sandrose by Agatestrand, gaan op ín seiljagvaart en sien dalk net dolfyne. Kamp op Shark Island (daar is die laaste tyd ín paar voorvalle van diefstal daar aangemeld) of huur sommer die vuurtoring vir die nag daar.
    Hoe kom ek daar? Dis 334 km op die B4-teerpad van Keetmanshoop af. Of jy kan van die Noordoewer-grenspos met die C13 oor Rosh Pinah na Aus ry, waar dit by die B4 aansluit.
    Kontak: LŁderitz se inligtingsburo by 092 64 63 202 719.

    5. Twyfelfontein & kie
    Goed, Khorixas self is miskien nie ín besoek werd nie (daar is wel baie drankwinkels en jy kan brandstof ingooi), maar ům die dorp is daar ín handvol besonderse plekke: die Versteende Woud, Twyfelfontein se rotsgravures, die Orrelpype en die Gebrande Berg. Hoe twyfelagtig die fontein ookal was of is, Twyfelfontein is een van wÍreld se voorste plekke vir rotsgravures. Die onbekende kunstenaars het hulle kunswerke glo reeds 6 000 jaar gelede op die versteende sandduine van die gebied aangebring. Plaaslike gidse neem toeriste rond. Dra goeie stapskoene en onthou jou waterbottel.
    Wat kan ek sien: Twyfelfontein se 2 500 rotstekeninge is een van die grootste versamelings rotskuns in Afrika. Daar is selfs tekeninge van seeleeus en pikkewyne (Twyfelfontein is sowat 100 km van die see af). Suidoos van Twyfelfontein is ín 12 km lange vulkaniese rif. Aan die voet daarvan is die Verbrande Berg waar vulkaniese aktiwiteite 200 miljoen jaar gelede die landskap verband het. Omtrent niks groei in die verlate landskap nie. Net ín kort stappie verder is ín interessante dolerietformasie, die Orrelpype. Diť pype, met ín hoogte van 3 m tot 5 m, is gevorm toe die lawa destyds afgekoel en versplinter het. Jy was nie in die Khorixas-omgewing as jy nie ook die Versteende Woud besoek het nie. Diť vyftig versteende bome is 250 miljoen jaar gelede deur vloedwater na hulle finale rusplek gebring.
    Hoe kom ek daar? Die C39 wes uit Khorixas sal jou tot by al die plekke vat.Volg net die borde.

    6. Swakopmund
    Diť kusdorp met sy troukoek-argitektuur, goeie kos, oorvloedige drank, gemanikuurde grasperke, beddings kannas en Kaffeehaus-kultuur verdien ín behoorlike besoek. Daar is enigiets van ín slangpark en akwarium tot ín museum en leerlooiery waar jy egte koedoeleer-velskoene kan koop. Dis ook die plek waar jy weer jou matriek-Duits kan afstof, want Swakop is eintlik meer Duitsland as NamibiŽ. Terloops, die woord Swakop het glo sy oorsprong by die Nama-term vir ín liggaamsfunksie, tsoa xoub (in Afrikaanse bestaan die woord uit drie letters...). Die Namas het glo diť naam gegee na aanleiding van die bruin kleur van die see as die rivier afgekom het.
    Wat kan ek doen en sien? Verken die dorp te voet Ė die ou Spoorwegstasie, Woermann-huis, die Kaiserliches Bezirksgericht, Hohenzollern-huis, die lighuis en Villa Wille. Druk jou neus plat teen die glastonnel in die akwarium en kom tot teenaan die haaie en ander bewoners van die Atlantiese Oseaan. In die Kristall Galerie is nog van NamibiŽ se wÍreldrekords: ín kwartskristal van 14 ton! (Goed, ons weet jy wil nie eintlik in die kristal kyk nie). Swakop bemark hom ook deesdae as NamibiŽ se avontuurhoofstad. Oral is advertensies vir sandplankry, woestynritte op 4x4-motorfietse, tandemvalskermspring en bootritte. Dit alles kan jy doen net ín kilometer of wat buite die dorp.
    Terwyl jy daar is: Ry na die Nasionale Weskus- rekreasiegebied, ín stuk kuslyn 200 km lank en 25 km breed wat noordwaarts van Swakopmund af strek tot by die Ugabrivier. Dis eintlik deel van die Skedelkuspark, maar die parkmense laat goedgunstiglik vissermanne toe om daar vis te vang.
    Kontak: Namib-i in Swakop by 092 64 64 404 827; [email protected]; www.namibi.org.na.

    7. Ďn Dagrit van Windhoek af
    Dink ín mens aan NamibiŽ, doem uitgestrekte paaie oor oop vlaktes voor jou op. ín Welkome afwisseling is die talle bergpasse wat weswaarts van Windhoek af deur die Khomas Hochland sny na die vlaktes van die Namibwoestyn. En hulle is almal ín gemaklike dagrit van Windhoek af. Party van hulle is taamlik steil, dus is dit beter om hulle maar van oos na wes te ry Ė van bo na onder. Die noordelike Bosuapas op die C28 is die kortste (maar beslis nie die vinnigste nie) roete van Windhoek na Swakopmund. Dit is een van NamibiŽ se steilste passe met ín gradiŽnt van 1:5 Ė vir elke 5 m wat jy ry, daal jy 1 m. Dit is beslis nie geskik vir sleepwaentjies nie. Op die C26 tussen Windhoek en Walvisbaai is die Gamsbergpas (1:9). Diť pas kyk uit oor die Gamsberge, NamibiŽ se eie ďTafelberg.Ē Op die skilderagtige Us-pas-roete (1:10) volg die D1982 die kortste roete tussen Windhoek en Walvisbaai. Die pas is nie so steil soos die Bosuapas nie, maar die pad is meestal in ín swak toestand, veral nŠ reŽn. Volg die C26 uit Windhoek, en nŠ 38 km draai jy af op die D1982 waar dit sÍ ďWalvisbaai via Us-pasĒ. Nog ín lekker steile, Spreetshoogte (1:4,5 - 6), word beskou as een van die mooiste passe in NamibiŽ met sy pragtige uitsig oor die Namib. Sleepwaentjies en woonwaens word nie toegelaat nie. Neem die C24 of C26 uit Windhoek en draai af op onderskeidelik die D1261 en D1265. Die Remhoogtepas (1:10) op die C24 tussen Windhoek en Solitaire kronkel deur ín uitsonderlike berglandskap en selfs woonwaens kan gemaklik hier uitgesleep word. Van die ander passe wat jy kan aandurf, is die Kupferbergpas (1:12) op die C26 net buite Windhoek, die Kuisebpas (1:9) op die C14 tussen Walvisbaai en Solitaire, en die Gaubpas op dieselfde roete.

    8. Groet die grotman
    Moeg van al die sonskyn in NamibiŽ? Besoek een van die meer as 100 aangetekende grotte in die land. Die toeganklikste een is Arnhem, ook die land se langste. Vat ín koue swem Met ín seetemperatuur van 14 -15 įC in die somer en 13-14 įC in die winter, is LŁderitz nou nie juis die volgende Margate nie. By Swakopmond is die gemiddelde seetemperatuur darem ín soel 16-17 įC in die somer en 14-15įC in die winter.


    9. Sonopkoms
    NamibiŽ is bekend vir skouspelagtige rooi sonsondergange met akasia-bome in die voorgrond. Maar staan 'n slag vroeŽr op en aanskou 'n rooi sonopkoms! Gaan stap dan ook sommer 'n ent met die kamera.


    10. Water in die woestyn
    Digby die ingang na die Namib Naukluft- park is die Sesriem-canyon. Diť diep skeur is ongeveer 1 km lank en 35 m diep. Dit is so genoem omdat ses osrieme nodig was om ín emmer tot op die watervlak te laat sak.

    11. Klap ín toon
    Vergeet ín slag of wat van meganiese vervoer en verken NamibiŽ met dapper en stapper. As jy klaar ďdie VisĒ onder die knie gekry het, probeer die Namib Naukluft-, Ugabrivier-, Soetdoring- en Waterberg-staproete.

    12. Sien die woestyn op sy beste
    ín Bewaringsgebied wat groter is as Switserland, neem jy nie gou in ín dag in nie. Oor die jare is verskillende bewaringsgebiede saamgevoeg om die Namib Naukluft-park te vorm. Diť park bied iets vir elke smaak.

    13. Raak stil in die woestyn
    Dis beslis nie so groot soos die Visrivier-canyon nie, maar die Kuiseb-canyon is steeds ín hoogs interessante plek om die mikroklimaat van die Namib te bekyk. Verstom jou aan die unieke plantegroei.

    14. So dis hoe hulle dit maak!
    Bierliefhebbers kan op Ďn begeleide toer deur die Windhoek-brouery gaan en eerstehands ervaar hoe NambiŽ se amberkleurige nektar gebrou word.

    15. Roei eerder as swem
    Hoewel een ongelukkige lid van die groep dae lank ín toilet-emmer met hom moet saamroei, bly ín kano-avontuur op die Oranjerivier een van die lekkerste dinge met klere aan.

    16. Nie sommer net ín appeltert
    Sy Apfelstrudel het hom die titel Jamie Oliver van die woestyn besorg, en Moose MacGregor van Solitaire sweer dis die beste ter wÍreld.

    17. Duwisib-kasteel, MaltahŲhe
    Baron Kaptein Hansheinrich von Wolf was ín soort Sol Kerzner van sy tyd. Hy het net met rťgte klippe gebou. DŪt besef jy wanneer jy deur die Duwisib-kasteel, 70 km suidwes van MaltahŲhe, stap. Die slim mense sÍ dis gebou in die neo-romantiese styl met Gotiese en Renaissance-elemente. Maar dis veral die stories oor die eienaars van die kasteel wat besoekers fassineer. Hansheinrich (uit die Duitse adelstand) en sy Amerikaanse vrou, Jayta, het in 1907 besluit om hulle permanent op die grens van die Namibwoestyn te vestig. Boorgate is aangelÍ en marmerwerkers uit ItaliŽ en skrynwerkers uit Duitsland, Swede en BelgiŽ is ingespan om die woning met sy 22 vertrekke te voltooi. In 1916 is Hans-Heinrich in die Eerste WÍreldoorlog dood, en Jayhta het nooit weer na Duwisib teruggekeer nie.
    Wat kan ek sien: Kyk na die skilderye, porselein, dakskilderye, binnehof en jakarandabome. Die indrukwekkendste is die feite dat iemand die wil en deursettingsvermoŽ gehad het om ín kasteel hŪťr te bou.
    Hoe kom ek daar: Van Helmeringhausen ry jy noord op die C14 vir 62 km en draai noordwes op die D831. Ry vir nog 27 km, en draai dan wes op die D826. Ry vir nog 15 km tot by die kasteel (daar is net een).
    Waarmee: ín Gewone motor

    18. Ruacana- en Epupa
    NŠ goeie reŽn is diť waterval ín skouspel. As dit nie reŽn nie, wel, dan is dit net nat klippe. Eens op ín tyd was die Ruacana-waterval ín natuurwonder, maar die kraantjie is toegedraai toe Angola sy Calueque-dam 20 km stroomop en NamPower sy hidroŽlektriese-aanleg 1 km bokant die waterval (85 m) gebou het. In ín goeie reŽnjaar is die valle tot 700 m wyd en een van diť watervalle op die vasteland.
    Hoe kom ek daar? Om die waterval te besoek, moet jy Namibiese grondgebied verlaat. Vyftien kilometer wes van Ruacana draai jy noord asof jy die grens tussen Angola en NamibiŽ wil oorsteek, en dan hoop jy daar is genoeg water. Probeer op Ruacana uitvind wanneer die waterval loop Ė dit hang af van wanneer die kragsentrale krag opwek.
    Waarmee: Dis teerpad tot by die valle. Om by Epupa-waterval, 150 km stroom-af van Ruacana, uit te kom is partykeer ín bietjie van ín geneuk, maar dit is beslis die moeite werd.
    Wat kan ek sien: Dis ín kuierplek waar jy gerus ín paar dae kan vertoef. Hier in die hart van die Kaokoland, vertak die Kunenerivier in ín reeks kleiner strome wat oor ín paar dosyn valle stort. Die hoogste val, een van 37 m, is algemeen bekend as die Epupa-val. Stap rond met die voetpaadjie (pasop vir slange in die somer!) en bekyk die valle uit verskillende hoeke. Die kremetarte wat tussen die rotse groei, is veral pragtig.
    Hoe kom ek daar: Neem die D3700 van Opuwo (14) af. Dan is daar ook nog die rowwe 4x4-roete van 93 km tussen Swartbooisdrift en Epupa. Dit kan meer as ín dag neem om diť stuk pad langs die Kunene af te lÍ.
    Waarmee: Die valle is bereikbaar met ín 2x4 met hoŽ grondvryhoogte.

    19. Welwitchia
    NamibiŽ het talle botaniese eienaardighede. Die vreemdste hiervan is waarskynlik die Welwitschia mirabilis. Diť plant kom nÍrens anders ter wÍreld as op die noordelike vlaktes van die Namib-woestyn voor nie. Die welwitschia het nťt twee blare, wat aan weerskante van die stam plat op die aarde groei. Dit lyk dikwels of daar meer is, maar dit is omdat die blare oor jare heen deur wind en weer verinneweer word. Om in die ongenaakbare woestyntoestande te oorleef slurp die welwitschia die vog in die oggendmis op. Diť wonderplant kan vir tot 2 000 jaar leef (daar word gereken een van die plante op die vlakte is reeds 1 500 jaar oud). Gín wonder die plant word soms ook die tweeblaarkanniedood genoem nie.
    Hoe sien ek dit: Die Welwitschia-roete is ín 145 km-lange roete wat op Swakopmund begin en eindig. Jy sien ook die bekende ďMaanlandskapĒ. As jy eerder te voet wil gaan kyk, kan jy kies tussen die Rock Sculpture-roete of Tinkas Nature Walk.
    Waarmee: Gewone voertuie.
    Kontak: Kry ín permit by NWR in Windhoek of Swakopmund.

    20. Himbas
    Die okerrooi Ovahimbas in die noorde van NamibiŽ is meer as net ín goeie fotogeleentheid, dis ín volk met trotse tradisies. Sů word die voortande van jong mans as deel van hulle inisiasie getrek. As jy dus 16 jaar oud, manlik en ongetroud is, hou jou mond toe as jy hier rondreis. ín Besoek aan ín tradisionele Himba-kraal is ín besonderse kulturele ervaring, maar kry verkieslik ín gids as tussenganger. Wees ín besoeker en gas wanneer jy ín Himba-kraal besoek, nie ín toeris wat die mense net wil aangaap en fotoís neem nie. Gesels, vra uit, stel belang. Maar onderhandel eers voor jy sommer net begin fotoís neem. Ongelukkig word die tradisionele bestaanswyse van die Himbas bedreig deur planne vir ín hidroŽlektriese skema en dam in die Kunenerivier. Himba-leiers is bekommerd dat dit hulle leefwyse onherroeplik sal verander. Party Himba-leiers het sů sterk hieroor gevoel dat hulle met tradisionele klere en al Europese stede besoek het om hulle teenkanting teen die projek te toon. Die dam is voorlopig op die langebaan geplaas.
    Kontak: Jaco Burger, ín boerseun van Kamanjab, is ín ingelyfde Himba ťn hy bied toere aan. Bel vir Debbie by 092 64 67 330 032.

    21. Raak avontuurlustig Ė ry, gly en vlieg
    Moenie dink ín papwiel op ín tweespoorpaadjie is die meeste opwinding wat jy in NamibiŽ kan ervaar nie. NamibiŽ word al meer bekend as ín mekka vir avontuursport. Hier is ín paar dinge om te doen: Rotsklim. Die Spitzkoppe, die sogenaamde Matterhorn van Afrika, naby Usakos is moontlik die land se beste rotsklimplek. Diť kruin (1 728 m) is glo vir die eerste keer suksesvol uitgeklim in 1946. Sedertdien het meer as 440 mense al die spits bereik. Probeer die ďmaklikeĒ roete na die kruin of die vyf ander minder maklikes Ė maar net as jy ín ervare klimmer is. Spitzkoppe is ook een van die heel beste plekke om die goue uur tydens sonsopkoms en -ondergang te beleef. Geen wonder dat dit een van die mees gefotografeerde berge in NamibiŽ is nie. Vierwielmotorfietse. Die duinegebied tussen Swakopmund en Walvisbaai is ín gewilde bestemming vir vierwielmotorfietse. Die talle private operateurs in die gebied sal jou touwys maak en op ín begeleide toer neem. As jy jou eie quad bring, bly binne die afgebakende gebiede. Vierwielmotorfietse se reputasie hier is nie baie goed nie. Sandplankry. ín Plank, ín afdraande en sand is gelyk aan ure se plesier. Diť tydverdryf se tradisionele tuiste Ė die Loftus van sandplankry Ė is die berugte Duin 7 buite Walvisbaai. Daar kan sandplankryers lÍend, sittend of staande ín snelheid van tot 80 km/h haal. Kanovaart. Die riviere op NamibiŽ se suid- en noordgrens, die Oranje en Kunene, is waar jy jou balans in ín kano kan beproef. Die Oranjerivier is die rustigste een van die twee. Die Kunene vloei vinniger, maar naby die Ruacana- en Epupa-waterval is dit heel rustig. As jy ín bietjie avontuur soek, is daar die Ondorusso- en Enyandi-versnellings. Lugballon. ín Ballonvlug is ín unieke vliegervaring. As die ankertoue eers losgemaak is, sweef jy geruisloos oor die landskap. Doen dit teen sonop oor Sossusvlei (45) Ė die uitsig sal die wind uit jou seile haal.
    Kontak: Namib Sky Adventure Safaris by 092 64 63 293 233 vir die lugballonne, en Swakopmond- toerisme by 092 64 64 404 827 of Walvisbaai-toerisme 092 64 64 209 170 vir die vierwielmotorfietse en sandplanke.



    22. Ameib Ranch
    Diť klip lyk soos ín olifantkop, daai klompie soos ín Hererovrou en haar kinders, en die rondes of Dawid dit in sy slingervel kon gebruik het. Diť versameling klipkuns, op Ameib Ranch aan die voet van die Erongoberg naby Usakos, bestaan uit rotsformasies en gestapelde klippe. In die handel en wandel is dit sommer bekend as die Bullís Party (33) (een van die formasies herhinner aan beeste wat in ín sirkel staan en skinder).
    Wat kan ek sien en doen: Besoekers kom van heinde en ver om hulle te vergaap aan die natuurlike rotskuns. Teen sononder is diť versameling klippe werklik iets besonders. Verkyk jou aan die klipkuns op een van die vele ďstaproetesĒ tussen die klippe deur. Terwyl jy daar isÖ Gaan kyk na die raaiselagtige wit olifant wat eeue gelede in die bekende Phillips-grot geverf is.
    Hoe kom ek daar: Op Usakos vat jy die D1935, verby die hospitaal, en draai 12 km verder af op die D1937. Van hier is dit nog sowat 16 km tot by Ameib Ranch.
    Waarmee: ín Gewone motor.
    Kontak: Bel 092 64 64 530 803/ 902; e-pos na [email protected]

    23. FeŽtjiedans Ė Kringe in die sand
    Brittanje het dalk onverklaarde sirkels en patrone in hulle koringlande, maar NamibiŽ het duisende kaal kolle in die veld. Die slim mense krap al vir jare kop oor wat diť verskynsel veroorsaak. Is dit radio-aktiewe bestraling, meteoriete, VVVís, dansende voorvadergeeste, of dalk die feŽtjies? In die volksmond word dit sommer feŽtjiesirkels genoem. Elke sirkel het ín deursnee van tussen 5 en 8 m. Op die rante groei die gras welig maar in die sirkel, niks.
    Wetenskaplike studies die afgelope 30 jaar kon nog weinig lig werp op diť verskynsel. Volgens oorlewering ontstaan die sirkels as feŽtjies dans. As jy glo met volmaan nege keer om ín sirkel hardloop, kan jy hulle hoor lag en gesels. Onthou net om kloksgewys om te gaan, want as jy anti-kloksgewys dans word jy dalk een van hulle...
    Waar sien ek dit: Daar is veral baie in die westelike deel van Kaokoland.

    24. Sossusvlei
    Sossusvlei is waarskynlik een van die wÍreld se beste plekke om by fotoís te neem. Party mense glo ook jy was nog nie in die Namib as jy nie by Sossusvlei tussen die duine gewandel het nie.
    Wat kan ek sien (en afneem): As jy hou van sand, sal jy in jou element wees. Hier kan jy van die wÍreld se hoogste duine (tot 300 m) bekyk en beklouter. Hulle lyk op hulle beste met sonsopkoms.
    Sossusvlei is die bekendste vlei in die omgewing, maar die !Naravlei, omring deur !Naraplante, is ook ín besoek werd.
    Dooievlei is bekend vir sy glinsterende wit oppervlakte en dooie, verdraaide kameeldoringbome wat na raming sowat 500 jaar gelede deur die duine omring is.
    Hoe kom ek daar: ín Goeie (hoewel ʼn effens duurderige opsie) wegspringplek is om te kamp by Sesriem. Die kampterrein is goed toegerus. Onthou net jou grondseil Ė daar is nie grasperke in die Namib nie (maar wel stilte en helder sterre saans). Van Sesriem tot by Sossusvlei is dit sowat 60 km. Eers ry jy verby Duin Elim net binne die reservaat, sowat 5 km van Sesriem se kampplek. Die eerste stop is die beroemde Ė en mees gefotografeerde Ė Duin 45 (dit word so genoem omdat dit 45 km van Sesriem is). Die wat meer avontuurlustig is, kan hom klim en die uitsig van bo af bewonder.
    Waarmee: Aan die einde van die 60 km van Sesriem af, is parkeerplek vir gewone voertuie. Net viertrekvoertuie kan die laaste 4 km tot by Sossusvlei doen. Jy kan ook 2 km na Versteektevlei stap, of 3 km na Dooievlei.



    25. Windhoek
    Windhoek is nie net ín plek om voorade aan te koop voor jy die wildernis takel nie (of om op pad terug gou ín gekerfde kameel vir skoonma te koop nie). Hier is talle museums en as jy in argitektuur belangstel kan jy jou ure lank verkyk aan die koloniale Duitse geboue.
    Wat kan ek sien? Enkele van die argitektoniese hoogtepunte is die Gibeon-meteorietuitstalling in die Post St Mall (die hart van die inkopiedistrik), die Kaiserliche Realschule (die plek van die eerste Duitse laerskool ), die Alte Feste (oorblyfsels van die oudste gebou in Windhoek, wat nou deel is van die Nasionale Museum van NamibiŽ), die Christuskirche (Windhoek se bekendste landmerk in Gotiese en Art-Nouveau styl in sandsteen op ín verkeersirkel), en die Tintenpalast (nee, dis nie Kuifie se paleis nie, dis die parlementsgebou). As dŪt jou nie opgewonde maak nie, wat van die Turnhalle (dit het begin as ín gimnasium en het later ín belangrike rol gespeel in NamibiŽ se onafhanklikwordingsproses), of die Nasionale Kunsgallery. In jou omswerwinge sal jy ook interessante straat- en plekname opmerk: Augustino Neto-park, Robert Mugabe-laan, Nelson Mandela-rylaan en Fidel Castro-straat.
    Hou ook ín oog oop vir twee vreemde standbeelde: ín monument ter ere aan olifantjagters uit die steentydperk (so 5 000 jaar gelede) in Zoo Park, en die Koedoe-standbeeld ter ere aan die duisende koedoes wat gevrek het in die 1896 rinderpes-epidemie. Suid van die stad is die Helde-akker waar hulde gebring word aan diegene wat met hul lewe geboet het in die stryd teen kolonialisme. Dis ín politieke monument, maar jy moet toegangsgeld betaal. Dit is seker waarom daar nie veel besoekers is nie.
    Kontak: Windhoek se toerismekantoor by 092 64 61 290 2092 / 290 2401; e-pos [email protected]; web: www.windhoekcc.org.na

    26. Vanzylspas
    Van Zylspas in Kaokoland staan bekend as een van die strafste passe in Suider-Afrika. Dit is jammer, want dit lok die verkeerde soort ryers na hierdie brose deel van NamibiŽ Ė mense wat besluit hulle gŠŠn hierdie roete ďopĒ ry, in weerwil van ín duidelike reŽl om dit nie te doen nie. (Ja, daai dik ou in die wit Land Cruiser met die Hopefield-nommerplaat, ons weet van jou.) Dit Ūs ín tawwe pas, daarvan getuig die skraapmerke van ewenaars, oliepanne, ratkaste en sleepstange op die klipbanke en rotse. Maar die natuur maak op daarvoor. Klim uit by die uitkykpunt bo-op die pas en kyk uit oor die Marienfluss onder jou. Maar as jy lus is vir speel, gaan doen dit iewers in ín steengroef naby jou huis.
    Waar kom diť pas vandaan: Diť pas van meer as 10 km lank is vernoem na Ben van Zyl, ín regeringsamptenaar in Kaokoland wat die pas in die jare sestig gebou het om sy inspeksieroetes te verkort. ďEk het besluit om hierdie paaie te koppel, sodat ín mens met inspeksies ín sirkelroete kon ry,Ē het Van Zyl in Februarie 2001 in Die Burger vertel. ďToe het ek begin loop met ín beespaadjie oor die berge wat hulle (die Himbas) vir my gewys het. Ek het halfpad gekom in die berge, toe het ek gesien dit lyk goed, ek is seker ons kan ín pad hier maak.Ē Met ín gewone 3-ton Chevrolet-vragmotor en ín trekker met ín sleepwa is Van Zyl en sy span berge toe. ďEintlik het ons nie paaie gebou nie. Ons het hulle gekap,Ē het Van Zyl vertel. ďEn as die pad eers gekap is, het ons hom gery.Ē Dit het hom en sy span vier maande geneem om die pas te maak. Aanvanklik was die paadjie baie smal. Tydens die Bosoorlog is dit hier en daar breŽr gemaak vir militÍre voertuie. Van Zyl onthou sy eerste opry met die pas so: ďMy een assistent het saamgery. Toe ons die steilte begin vat, toe sien ek hy sit vorentoe geleun hier langs my met sy hande styf teen die voorruit gedruk. So het hy die heelpad gesit. Toe ons bo kom, sÍ hy: ĎMeneer, die pad is darem steil! As ek nie so hard gestoot het nie, sou ons nooit hier bo gekom het nieí.Ē
    Hoe kom ek daar: Raadpleeg ín goeie kaart.
    Waarmee: Beslis 4x4. As jy ín trekker het, nog beter.

    27. Kamp in Ďn vulkaan
    Hoeveel mense kan sÍ hulle het al in Ďn krater geslaap? Tussen Mariental en Keetmanshoop lÍ die Brukkaros- vulkaniese krater met Ďn deursnee van 2 km. Stap van die parkeerplek af met Ďn paardjie na die suidelike rand. Dit neem ongeveer Ďn halfuur. Slaan enige plek in die vulkaan kamp op.



    28. Hou die hemele dop
    Om die een of ander rede val baie goed uit die lug op NamibiŽ. Sekerlik die grootste is die Hoba-meteoriet wat ín jagter in 1920 op ín plaas buite Grootfontein ontdek het.

    29. Vingeralleen
    Vandat Mukarob se Vingerklip, ook bekend as die Vinger van God, in 1988 omgekantel het, het die Kalk-kegel die titel oorgeneem as NamibiŽ se bekendste Vingerklip.

    30. Kyk tussen jou voete
    ín Paar honderd verskillende soorte ligeenplante vorm ín lagie op die woestyn langs die mistige Namibiese kusstrook. ín Paar van die spesies wat in NamibiŽ groei, is uniek.

    31. Gaan terug in tyd
    Jy sal nie sommer ín toeris in ín begraafplaas betrap nie, maar maak ín uitsondering in Okahandja, waar heelwat bekendes soos Samuel Maharero, Jonker Afrikaner, Clemens Kapuuo en Hosea Kutako begrawe is.

    32. Gholfbane waar jy kyk
    Henties het een op die sand in ín rivierloop, Gary Player het Swakopmund sín ontwerp (dŠŠr is darem gras), en Windhoek het ín 18 putjie-savannebaan.

    33. Soet, soeter, sjokolade
    Soettande můťt die Springer-sjokoladefabriek in Windhoek besoek. Dis is ewe bekend vir die lekker sjokolade as die kroeg daar vol eksotiese likeurs.

    34. Dankie, Leon
    Danksy Leon Schuster se Ag man, dis lekker innie army weet baie van ons van Otavi. So 2 km noord van Otavi is die Khorab-gedenkteken wat opgerig is ter herdenking aan die Duitse troepe wat hulle tydens die Eerste WÍreldoorlog hier aan die Suid-Afrikaanse magte oorgegee het.

    35. Kokerboomwoud - tussen Windhoek en Noordoewer
    As jy op daardie lang skof tussen Noordoewer en Windhoek wil oornag, gaan slaap ín slag by die bekende kokerboomwoud. Diť 300 kokerbome is so 13 km noordoos van Keetmans op die plaas Gariganus. (Die kokerboom is inderwaarheid nie ín boom nie, maar ín aalwyn. Diť aalwyn kan tot agt meter hoog en 300 jaar oud word.)
    Wat kan ek sien: Onthou, dis nie ín woud in dieselfde sin as Rooikappie se geil groen bos nie Ė dis ín klompie kokerbome op ín klipperige koppie. As jy laatmiddag hier aankom, gaan stap ín draai in die woud, en moenie jou kamera vergeet nie, want diť besonderse aalwyne maak interessante fotoís.
    Waar bly ek: Hier is ín gerieflike kampplek met al die basiese geriewe. Daar is ook eienaardige selfsorgeenhede in die vorm van igloeís. ín Entjie verder noord, aan die linkerkant van die B1-grootpad, is daar ín kleiner kokerboomwoud Ė diť een kan jy gratis besoek en die kampgeriewe hier is maar (baie) basies.
    Hoe kom ek daar: Die kokerboomwoud is net ín paar kilometer buite Keetmans op die C17. Volg net die groot aanwysingsborde.
    Terwyl jy daar isÖ ín Entjie verder aan is die Reuse se Speelgrond Ė duisende langwerpige rotse wat lyk of ín paar halfgeskoolde reuse iets probeer bou het maar nŠ ín rukkie tou opgegooi het.
    Dit kwalifiseer net-net as ín toeriste-aantreklikheid omdat dit toevallig naby die kokerboomwoud is. En nog ín ent verder langs die C17 is die Mesousorus-fossielkamp (54) waar jy kan sien hoe die streek se bewoners ín paar miljoen jaar gelede gelyk het.



    36. Waterberg-platopark
    Die Waterberg-plato oos van Otjiwarongo troon bo die omliggende landskap uit. Die park met sy steil kranse, baksteenrooi-rotsformasies en welige groen plantegroei skep ín soort eilandvesting vir wild.
    Wat kan ek sien: Baie van die land se bedreigde spesies is na die klein Waterbergplato-park in die hoogtes verplaas om hulle te beskerm teen stropers en ander roofdiere. Die 200 voŽlspesies is een van die groot aantrekkingskragte. Jy kan die park net besigtig op een van die georganiseerde wildkyk-ritte. Jy kan ook ín begeleide of onbegeleide staproete doen.
    Hoe kom ek daar: Die park is 60 km oos van Otjiwarongo en 300 km noord van Windhoek.
    Waarmee: Enige voertuig
    Kontak: NWR by 092 64 61 285 7000

    37. Ai-Ais en Ongongo
    Ai-Ais (in Nama beteken dit glo vrek warm) is sů deel van Suid-Afrikansers se kollektiewe geheue soos Maltabela-pap, Haas Das en Mannetjies Roux. Voor goedkoop pakkettoere na die Ooste en eilande in die Indiese Oseaan was Ai-Ais diť plek om by uit te hang. En dis ín ware vasbyter. Dit is twee keer (in 1979 en 2000) deur vloede in die Visrivier verwoes en ernstig beskadig in 1989. Maar diť warmwaterbron aan die suidelike punt van die Visrivier-canyon herrys elke keer. Hopelik styg dit ook uit bo die klagtes oor swak diens wat ons die laaste tyd ontvang.
    Wat kan ek verwag? Die water van tot 60įC wat uit die fonteine borrel is glo goed vir rumatieklyers en mense met senuweeprobleme. Jy kan kom lafenis soek in die talle baddens, borrelbaddens en ín buite-swembad. Daar is kamppeerplek, selfsorghuisies, tennisbane, ín winkel, vulstasie, poskantoor, en natuurlik baddens.
    Hoe kom ek daar: Daar is twee maniere. Draai af met die D316 sowat 37 km nŠ Noordoewer. Of vat die C10 30 km suid van GrŁnau.
    Kontak: Bespreek deur NWR by 092 64 61 285 7000.

    38. Kaap Kruis
    Hoe lank jy by die robkolonie by Kaap Kruis vertoef gaan baie afhang van die windrigting en jou reuksin. Toiletgeriewe vir die meer as 80 000 robbe is maar beperk...
    Diť robkolonie is een van die grootstes aan die weskus van Afrika: broeityd (van November tot Desember) is hier ongeveer 250 000 robbe. Maar tussen die stank en klank lÍ hier ín stukkie geskiedenis ook. Die Portugese ontdekkingsvaarder, Diego C„o, die eerste EuropeŽr om voet aan wal te sit in NamibiŽ, het in 1486 ín kruis van 2 m hoog hier opgerig, om sy koning te vereer. Die oorspronklike kruis het vir 400 jaar hier gestaan tot ín Duitse matroos in 1893 dit goedgedink het om dit saam met hom huis toe te vat. ín Replika is later opgerig.
    Wat kan ek sien: Uiteraard baie robbe. Kyk van agter ín lae klipmuur hoe die robbe in die son op die rotse bak, paar, kleintjies kry en hulle liggaamfunksies vrye teuels gee. Wees op die uitkyk vir jakkalse en hiŽnas wat maar altyd rondsnuffel vir ín happie sappige jong robvleis.
    Hoe kom ek daar: Dis sowat ín uur se ry noord van Swakopmund op die C34.
    Kontak: Namib-i op Swakop by 092 6464 404 827/ 403 129. E-pos: [email protected]. Web: www.namibi.org.na

    39. Bogenfels
    Almal ken die Bogenfels Ė onthou jy nog daardie foto in jou laerskool-aardrykskundeboek? Maar diť foto gee jou nie ín behoorlike idee van hoe groot diť rotsboog is nie. (Iemand het glo met ín ligte vliegtuig onderdeur gevlieg.)
    Jy het ín 4x4 en ín permit nodig om die Bogenfels, suid van LŁderitz, te bereik, maar dis beslis die moeite werd.
    Wat kan ek sien? Die gebied is baie winderig en die rotsboog van 55 m is dikwels in die oggendmis gehul. Die beste tyd om dit te sien is smiddae as die mis gelig het. Maak ook ín draai by die Bogenfels-spookdorp en die grot by die boog self.
    Hoe? Jy kan nie op jy eie in die Sperrgebiet infoeter nie. Bespreek deur ín toeroperateur.


    40. Kolmanskop
    Dis oorbekend. Wie het nog nie ín foto gesien van Kolmanskop se woestynmurasies en verlate huise vol sand nie? Maar diť spookdorp buite LŁderitz (wat glo genoem is na ín transportryer wie se ossewa in die sand vasgeval het) het nŠ meer as ín eeu steeds die vermoŽ om mense te roer. Die laaste siel het Kolmanskop in 1957 verlaat en diť eens florerende dorp aan die genade van die duine oorgelaat.
    Wat kan ek sien? VroeŽr het diamantkoors mense na Kolmanskop gelok; vandag stroom toeriste hierheen om die geskiedenis te herleef. Diamante het die woenstynlandskap omgetower in ín elegante dorpie, kompleet met ín casino, teater, bakkery en sodawateraanleg. Wat oorgebly het hiervan, maak fotograwe rasend van opgewondenheid. Die beste fotoís neem jy met sonsopkoms.
    Hoe kom ek daar? Die dorp is sowat 8 km buite LŁderitz op die Keetmanshooppad. As jy wil fotoís neem sonder om op ín begeleide toer te gaan, het jy ín permit nodig.
    Kontak? LŁderitz se inligtingsburo by 092 646 320 2532.
    Terwyl jy daar is? Die spookspoor van hordes welvaartsoekers loop ook tot by die diamantnedersetting Elizabethbaai (vroeŽr bekend as Elisabethbucht), 30 km suid van Kolmanskop af. Pomona is ook nog ín spookdorp in die omgewing.

    41. Otjikoto en Guinas
    Die plaaslike inwoners het geglo die meer is getoor, maar net ongewone visse en wapentuig uit die Eerste WÍreldoorlog sal jou begroet as jy in die Otjikoto-meer sou duik. In 1915 het die vlugtende Duitse weermag wapens en ammunisie in die meer gegooi om te keer dat dit in die hande van Suid-Afrikaanse magte beland.
    Talle kanonne, masjiengewere en honderde wavragte ammunisie glo daarin beland. Baie van die wapentuig is uitgeduik, gerestoureer en tans in die Tsumeb-museum te sien. Moenie ín uitgestrekte plaat water verwag nie. Otjikoto beteken ďdiep gatĒ en dis eintlik presies wat dit is: ín watergat van 100 x150 m wat sowat 55 m diep is. Suidwes van Otjikoto is die geologies soortgelyke Guinas-meer. Dit is twee keer so diep soos die Otjikoto-meer en word vir besproeiing gebruik. (Otjikoto en die nabygeleŽ Guinasmeer is die enigste natuurlike mere in NamibiŽ.)
    Hoe kom ek daar? Otjikoto is langs die B1 net buite Tsumeb.
    Waarmee? ín Gewone motor.

    42. Woestynperde
    Selfs ín klip sukkel om hier te oorleef, maar die woestyngebied tussen Aus en LŁderitz is die tuiste van die wÍreld se enigste woestynperde Ė die sogenaamde wilde perde van die Namib. Diť trop van tussen 100 en 150 perde oorleef al sowat 100 jaar in die geharde woestynwÍreld. Daar is talle teorieŽ oor hulle herkoms. Party mense glo hulle is die afstammelinge van kapt. Hansheinrich von Wolf van die Duwisib-kasteel se stoetperde; ander glo hulle is die nalatenskap van Duitse perde uit die Eerste WÍreldoorlog. Nůg ín teorie is dat Nama-stroperbendes hulle noord oor die Oranjerivier gebring; of dat hulle afstam van perde wat skipbreuk gely het en op pad van Europa na AustraliŽ hier afgelaai is. Diť perde is uitstekend aangepas by die woestyntoestande Ė hulle sweet min en hoef net een keer elke drie dae (72 uur) water te drink.
    Waar is die perde: Wees op die uitkyk vir die perde sowat 10 km wes van Aus op die B4 na LŁderitz. Of draai 20 km wes van Aus af by die bordjie wat sÍ ďFeral HorsesĒ. Volg die spore vir 1,5 km na die Garub-pan waar daar ín skuiling is om die perde by ín watergat dop te hou. Terwyl jy daar is: Ongeveer 4 km oos van Aus is die oorblyfsels van ín kamp waar meer as 1 500 Duitse soldate van 1915 tot 1919 aangehou is. Dis ín verdrietige stukkie vlakte op die blouste van dae.

    43. Visrivier-canyon vir dapper en stapper
    Die ďVisĒ bly seker een van diť staproetes wat enige voetslaner wat sy sout werd is, agter die blad moet hÍ. Diť 90 km wat jy oor vyf dae aflÍ, strek deur Ďn oerlandskap van rotse en stilte, en dis verreweg die gewildste staproete in NamibiŽ. Een van Suider-Afrika se voorste lodges naby die canyon bied ook staproetes vir mesne wat nie op die ďVis ď kon plek kry nie of Ďn korter roete verkies (van twee tot vyf dae).
    Kontak? Bespreek deur NWR by 092 64 61 285 7000.

    44. Skedelkus
    Die wÍreld se grootste skeepsbegraafplaas Ė dis hoe die Skedelkus al beskryf is. Hy het sy naam en reputasie te danke aan die stuk kuslyn wat al dekades lank die finale rusplek van ongelukkige skepe en matrose is. VroeŽ Portugese seevaarders het diť stuk kus Ė nůg meer gepas Ė Areias do Inferno oftewel ďsand van die helĒ genoem. Die Skedelkuspark beslaan bykans 2 miljoen hektaar Ė van die Ugabrivier in die suide tot die Kunenerivier by die Angolese grens. Dis 20 000 km2 van sand, duine, gruis en verlatenheid Ė ín plek waar jy beslis nie gestrand wil raak nie.
    Wat kan ek sien? Die meeste mense gooi ín wye draai om die Skedelkus Ė maar hengelaars laat hulle natuurlik nie afskrik deur ín paar duine en gruwelverhale van skipbreukelinge nie. Eintlik maak die ongerepte woestynwildernis die besoek werd.
    Waar bly ek? Die stuk tussen die Ugabmond en die Hoanibrivier kan besoek word, maar jy het ín permit nodig. Die enigste verblyf in diť deel is by Terracebaai (37), ín voormalige diamantmyn, en Torrabaai (3 se kampeerterrein, wat slegs van 1 Desember tot 31 Januarie oop is.
    Hoe kom ek daar? Die ďoopĒ gedeelte kan bereik word met die C34-soutpad van Swakopmund af, ůf die C39, ín grondpad tussen Khorixas (24) en Torrabaai.
    Motorfietse word nie toegelaat nie. Noord van die Hoarusibrivier is toegang streng verbode, buiten beperkte vliegsafariís van Wilderness Safaris Namibia. Bel hulle by 092 64 61 274 500.
    Kontak? Die besoek- en verblyfvoorwaardes hier is nogal ingewikkeld; gesels daarom voor jou vertrek met NWR.

    45. Walvisbaai
    Die kuspad van 35 km tussen Swakopmund en sy argitektonies oninspirerende buurman, Walvisbaai, is op ín stil dag een van die verruklike kusroetes wat daar is: geel duine aan die een kant, die Atlantiese Oseaan aan die ander kant.
    Goed, Walvisbaai se argitektuur is nie juis opwindend nie, maar buite die dorpsgrense raak dinge interessant.
    Walvisbaai se drie vleilande Ė die strandmeer, soutwerke en, ja, die rioolaanleg Ė is een van die belangrikste vleigebiede vir kusvoŽls in Suider-Afrika. Tot 150 000 voŽls doen elke jaar hier aan.
    Wat kan ek sien: Walvisbaai se strandmeer is ín gewilde speelplek vir voŽls, robbe en dolfyne. Hier kan jy die uitbundige geraas van die robbe hoor en sien hoe duisende flaminke rondpik. Vir ín nůg lekkerder ervaring, huur ín kajak en roei sommer saam met die dolfyne op die vleiland. Verskeie toeroperateurs bied besigtigingstoere en kajakritte aan. Terwyl jy daar is: Sowat 50 km suid van Walvisbaai is ín bestemming waarvoor jy genoeg film moet saamneem. Sandwich-hawe, ook bekend as Sandvishawe, se strandmeer is gewild onder hengelaars, voŽlkundiges en natuurliefhebbers. Volgens ín plaaslike legende het ín skatskip meer as 200 jaar gelede naby die hawe gestrand. Wat diť skip besonders maak, is dat dit glo volgelaai was met goud, edelstene en ivoor vir ín Indiese prins. Die skatte het nooit die Indiese prins bereik nie en is glo vandag nog iewers onder die sand begrawe. Die skat was glo destyds al 6 miljoen pond werd.
    Waarmee: ín 4x4 en ín permit.
    Kontak: Bel 092 64 64 209 170 of besoek www.walvisbay.com.na

    46. Omaruru
    Dink aan NamibiŽ en jy dink onwillekeurig aan bier. Verkeerd: Hoewel dit nog effens voortydig is vir ín Namibiese wynroete, bied die Kristall Kellerei by Omaruru ín lekker afwisseling. Hier kweek Helmut Kluge die afgelope twaalf jaar 4 ha se rooi en wit druiwe Ė onder besproeiing Ė vir ín ruby cabernet, cabernet sauvignon, colombard en grappa (saam met turksvye vir ín turksvy-schnapps). Nie sleg vir ín voormalige veeboer wat homself uit boeke leer wynmaak het nie.
    Wat kan ek proe? Helmut het ook ín wildekruie-schnapps. Sedert Junie verlede jaar stook hy ook sy eie Ė en NamibiŽ se enigste Ė brandewyn in die kelder se ou Duitse stookketel. Sy volgende plan is om met die produksie van tequila te begin.
    Hoe kom ek daar? Volg die aanwysingsborde uit Omaruru se hoofstraat.
    Kontak? 092 64 064 570 083; [email protected]

    Ook in die dorre suide, op die oostelike rand van die Naukluftberge, het Bacchus ín vastrapplekkie gekry.
    Die eienaar van die plaas Neuras, Allan Walkden-Davis, het 1 ha se rooiwynstokke wat jaarliks omtrent ín duisend bottels Neuras- rooi versnit en rosť lewer. Met ín jaarlikse reŽnval van tussen 100 mm en 150 mm klink dit onmoontlik, maar daar is darem vyf fonteine vir ekstra voggies.
    Hoe kom ek daar? Die plaas is sowat 40 km suid van BŁllsport (op die C14 tussen MaltahŲhe en Solitaire). Besoeke slegs per afspraak.
    Kontak? Bel 092 64 63 293 417

    As wyn jou mond laat suurtrek, wat van ín drankie by ín goeie ou ďCuca-shopĒ soos die No Wally Letís Support Bar?
    In Owamboland kan jy jou dors gaan les by letterlik duisende klein kroegies met name soos Love Station, Clinic Happy Bar, Club Jet Style, Keep Trying No.1, Seven Seas Up and Down en We Push and Pull.
    Diť kroeŽ en nagklubs Ė algemeen bekend as Cuca-shops Ė is ín bekende gesig in die noorde van NamibiŽ.

    47. Kameelritte
    As jy nog altyd gedroom het oor tonele uit Lawrence of Arabia, is hierdie ritte nťt die ding vir jou.
    Kameeltoere deur die Namib van tot vier dae lank word aangebied. Die oranjerooi duine, die Kuisebrivier en ín skitterblink sterrehemel sal jou betower. Pak net die nodige vir die tog, want alles moet deur die kamele gedra word. Jy moet self jou kameel op- en afsaal, roskam en voer. As jy bang is vir kamele, kan jy ín perd opsaal en vir nege dae in die saal sit terwyl jy die sowat 400 km van Windhoek af deur die Namib Naukluft-park tot in Swakopmund aflÍ. Jy slaap darem nie in die saal nie.
    Kontak: Bel 092 64 61 250 764 en bespreek ín Avis-kameel of Budget-perd.

    48. Proe die land
    NamibiŽ is nie die bestemming vir vegetariŽrs nie. Maar as jy van vleis hou, kan jy hier weglÍ aan die gebruiklike lipleklekker bees- en skaapvleis tot die meer eksotiese soorte soos sebra, eland, krokodil, gemsbok en vlakvark. Baie van die vleisgeregte word steeds op eg Duitse manier gemaak. Probeer gerus die groot verskeidenheid wors: Bratwurst, Bierwurst (nee, daar is nie bier in nie), Jagdwurst, Kšse Griller (met emmenthalerkaas) en Schinkenwurst. Ander Duitste staatmakers is Eisbein met Sauerkraut asook Kassler. Vir die soettand is daar die Duitse Konditoreien Ė eintlik maar net ín koekwinkel met ín Duitse tannie agter die toonbank Ė waar jy jou dik kan eet aan suikerbomme soos Apfelstrudel, Sachertorte (ín ryk sjokoladekoek met appelkooskonfyt) en Schwartzwšlder Kirschtorte (swartwoudkoek). Vir ín versnapering tussenin kan jy BrŲtchen Ė toebroodjies in die Duitse styl Ė of Bauernbrot en Katenbrot probeer. As jy soek na iets meer eksoties as bier, sjokolade en vleis, probeer die twee gesogte inheemse fungi, die omajowa (die Herero-naam vir die groot vlesige sampioene wat aan die voet van miershope verskyn kort nŠ die eerste reŽn in Februarie) en die ontwykende Kalahari-truffel uit die sanderige oostelike dele van die land. Dis ook bekend as nabba (die Nama-naam) of die Kalahari sandaartappel of -knol. Nog nie versadig nie? Probeer die oesters wat in Swakopmund en LŁderitz se onbesoedelde waters gekweek word. ”f perlemoen uit LŁderitz.

    49. Henties
    NamibiŽ is visvangwÍreld Ė met die klem op vang. Die Benguelastroom bring kabeljou, steenbras, galjoen en koperhaaie tot teenaan die kus, waar honderde hengelaars vir hulle staan en wag. Veral die talle gate net noord van Swakopmund is uithaler-viswÍreld, sowel as die meer afgelŽ plekke verder noord teen die kus. Hentiesbaai is die plek waarheen duisende Suid-Afrikaners Ė meestal mans Ė elke jaar ín pelgrimstog onderneem om tydelik op te hou skeer en hulle oor net een ding te bekommer: hoeveel vis gaan hulle uittrek. As jy nog nie daar was nie Ė hier is ín paar vinnige feite: die beste plek vir galjoen is net noord van die Omaruru-rivier se mond of 35 km voor Henties by Wlotzkasbaken. Of as jy daai ontwykende kabeljou of galjoen wil haak, moet jy gaan gooi by Myl 14 of Myl 108, Winston-wrak of Blare.
    As jy kabeljou en steenbras soek is Horingbaai nie ín horing idee nie en as jy in al drie die bogenoemde visse op een plek soek, is Jakkalsputz die plek. Reg, ons weet dat die helfte van die mense wat tot hier gelees het al klaar in hulle brandwyn gesnork het en gesÍ het dat die mense by Weg nie ín idee het wat by Henties aangaan nie. Soveel visvangplekke, soveel menings. Die feit is, jy kan jou aas by enige plek rondom Henties in die see gooi en jy het ín skaflike kans om ín blinklyf te haak.
    Onthou ook: Suid-Afrikaanse besoekers begin ín slegte naam op Henties kry omdat hulle glo ry waar hulle wil en op die strand mors. Ander sÍ weer dis ewe veel die NamibiŽrs se skuld. Stel ín voorbeeld.
    Kontak: Hentiesbaai-toerisme (092 64 64 501 143)

    50. Dis nie sommer net vir ry
    Vat dit kalm NamibiŽ se grondpaaie is dikwels in Ďn beter toestand as Suid-Afrika se teerpaaie. Die spoedperk daarop is 100 km/h, maar die aanbevole en veilige spoed is 60 Ė 80 km/h.
    Dra jou liksens Hou jou bestuurderslisensie altyd by jou.
    Trek af, Meneer. Padblokkades word dikwels buite die groter dorpe gehou, maar die amptenare is heel professioneel Ė jy hoef nie daardie Midnight Express gevoel te kry nie. Hou net al jou dokumente reg.
    Gooi hom vol. Daarís lang stukke pad tussen die meeste vulstasies. Beplan jou reis met brandstof in gedagte en maak vol as jy kan.
    Pssst. Blaas jou bande effens af op grondpaaie. Ďn Noodwiel... nee wag, Ďn goeie noodwiel is onontbeerlik. Kry trouens sommer Ďn sesde wiel vir jou wa Ė dis Ďn puik belegging.
    Los die Uno eerder tuis. Maak seker jou voertuig is geskik vir die terrein wat jy aandurf Ė vra die plaaslike mense.
    Vat windpompsjerrie. Hulle noem hierdie plek nie verniet die Dorsland nie Ė sorg dat jy altyd Ďn kannietjie water byderhand het.
    SÍ waar jy is. Los Ďn reisprogram by vriende of jou hotel sodat mense weet Ė al is dit min of meer Ė waar jy is.
    Pasop vir ogies. Wilde diere steek graag paaie oor, veral snags. Daai twee blink ogies voor in die pad is dalk iets groters as Ďn springhaas.
    Dra Ďn noodhulpkassie. Ekít jou mos gesÍ dis nie Ďn springhaas nie!
    Kry Ďn kaart. As jy Ďn ordentlike kaart het, behoort jy die beskawing weer te kan opspoor na Ďn verdwaalslag. Die paaie is goed gemerk.

    PS - Ek gee graag erkenning aan 'n onbekende persoon wat die 50 dinge uitgedink het. Kan ongelukkig glad nie onthou waar ek dit gekry het nie, maar dit het ons al baie gehelp met Namibiese trips
    Last edited by Spook; 2012/02/04 at 12:54 PM.
    "If you don't care where you are, you ain't lost"

  2. The Following 3 Users Say Thank You to Spook For This Useful Post:


  3. #2
    Join Date
    Aug 2009
    Location
    East London
    Age
    66
    Posts
    4,392
    Thanked: 2524

    Default

    Tina, 'n wonderlike stukkie werk. Baie dankie. Ek wonder of enigiemand die energie het om hierdie tesis in Engels te vertaal vir ons oorseese lede? Hulle sal die meeste baat. (Verskoon my tweede taal).

    Stan.
    Last edited by Stan Weakley; 2011/08/19 at 06:46 PM. Reason: Spelling

  4. #3
    Join Date
    Aug 2007
    Location
    Pretoria
    Age
    63
    Posts
    4,157
    Thanked: 35

    Default

    Stan, I would love it if somebody could translate, but not me. My English is just not up to standard. I just wish I could remember who the author was.

    PS - jou tweede taal is beter as myne.
    "If you don't care where you are, you ain't lost"

  5. #4
    Join Date
    Aug 2010
    Location
    Delmas
    Age
    65
    Posts
    3,369
    Thanked: 34

    Default

    Hoe laat jy my darem nou lus kry vir vakansie in Namibie.
    BlinkGat Products
    Manufacturing of Aluminium
    custom made Products
    Sarel 082 820 9413
    www.blinkgatproducts.com

  6. #5
    Join Date
    Dec 2008
    Location
    Bellville
    Age
    50
    Posts
    12,920
    Thanked: 1770

    Default

    dankie - ek het gou dit ge-kopieer en gesave. sal dit weer lees voor ons volgende trippie ...

  7. #6
    Join Date
    Mar 2011
    Location
    Walker Bay
    Age
    75
    Posts
    8,989
    Thanked: 963

    Default

    Very useful - thanks for posting.

    Did they forget Namibian biltong?

  8. #7
    Join Date
    Aug 2007
    Location
    Pretoria
    Age
    63
    Posts
    4,157
    Thanked: 35

    Default

    Mistral, who ever is/was the author probably don't like biltong. My guess!!!
    "If you don't care where you are, you ain't lost"

  9. #8
    Join Date
    Dec 2009
    Location
    Delmas
    Age
    60
    Posts
    11,447
    Thanked: 579

    Default

    Spook, wat 'n wonderlike artikel oor Namibie. Dit kan gerus as 'n sticky geplaas word.

    As ek so dit lees besef ek daar is nog soveel dinge wat ek wil doen in Namibie. Gaan dit uitdruk en mooi stadig lees en aantekeninge maak.

    Dankie dat jy dit met ons gedeel het.

    Wonderlik!!!
    Elize

    en ry saam met SarelF in
    VW AMAROK MET BLINKGATCAMPER:
    My Platkar:- Peugeot 208

    Kyk gerus by www.blinkgatproducts.com
    Vir enige aluminium produkte,canopy's, campers kontak gerus
    Sarel 0828209413

  10. #9
    Join Date
    Oct 2011
    Location
    Randfontein
    Age
    51
    Posts
    51
    Thanked: 0

    Default

    Ek is so bly iemand het die geduld gehad om al die inligting te tik en te plaas.


    DANKIE

  11. #10
    Join Date
    Oct 2010
    Location
    Centurion
    Age
    35
    Posts
    5,688
    Thanked: 38

    Default

    Wow dit is 'n fantastiese stuk die!!

    Discovery 3 V8 SE
    Self designed Rock and Tree Sliders.
    Next: Project Bashplate
    1981 Series 3 S R6 88" Allmost Perfectly Restored

  12. #11
    Join Date
    Aug 2010
    Location
    Wydsbeen
    Age
    72
    Posts
    1,548
    Thanked: 0

    Default

    Spook,

    Jou gedeelte oor die Kaokoveld en die Himbas is baie treffend en verskriklik waar.

    Iets sal definitief gedoen moet word maar die "grapevine" wil dit hÍ dat stappe reeds op pad is.
    Die Kaokoveld van nou is 'n stuk vertrapte aarde teen die een wat ons van kindsbeen geken het en dit is werklik 'n skande.

    Ek sÍ niks want ek word baie gou as eenogig aangeval.

  13. #12
    Join Date
    Nov 2006
    Location
    Stellenbosch
    Age
    64
    Posts
    3,678
    Thanked: 403

    Default

    Ek dink hierdie stuk is aangehaal uit 'n Weg tydskrif.
    If you live each day as if it was your last, someday you'll most certainly be right. SJ

  14. #13
    Join Date
    Aug 2007
    Location
    Pretoria
    Age
    63
    Posts
    4,157
    Thanked: 35

    Default

    Damdan, as dit so is, sal ek dit waardeer as jy vir my die uitgawe of die outeur se naam kan kry. Ek vir graag erkenning gee aan wie dit toekom.
    "If you don't care where you are, you ain't lost"

  15. #14
    Join Date
    Aug 2010
    Location
    Wydsbeen
    Age
    72
    Posts
    1,548
    Thanked: 0

    Default

    Spook,

    Ter aanvuling:

    Oom Ben van Zyl was die Bantoekommissaris op 'n plek genaamd OHOPOHO wat nou bekend is as OPUWA en hy was in beheer van die hele Kaokoveld se bantoe-aangeleenthede.

    PS; SovÍr ek kan onthou was Ohopoho se voertuigregistrasie OIL (praat onder korreksie)
    Last edited by galius; 2011/11/22 at 02:38 PM. Reason: PS

  16. #15
    Join Date
    Aug 2007
    Location
    Pretoria
    Age
    63
    Posts
    4,157
    Thanked: 35

    Default

    Galius, ek dink amper die Oom Ben van Zyl is ook nie te lank gelede oorlede. Ek het in die Republikein daarvan gelees.

    PS - is hierdie Van Zyl nie ook die bouer van Van Zyls Pas nie?
    "If you don't care where you are, you ain't lost"

  17. #16
    Join Date
    Aug 2010
    Location
    Wydsbeen
    Age
    72
    Posts
    1,548
    Thanked: 0

    Default

    Quote Originally Posted by Spook View Post
    Galius, ek dink amper die Oom Ben van Zyl is ook nie te lank gelede oorlede. Ek het in die Republikein daarvan gelees.

    PS - is hierdie Van Zyl nie ook die bouer van Van Zyls Pas nie?
    Dit is dieselfde persoon. Ek het net sy sg "Posbeskrywing" gegee.

    Daar was daardie tyd nie juis rybare paaie nie en meeste padjies was maar beesspore. Vir Oom Ben om aan die Fluss se kant te kom moes hy daar by Otjihaa omsukkel. Mense vergeet dat 4x4''s iets snaaks was.

    Van die toe Ohopoho moes jy met 'n tweespoor pad tot in Kamanjab sukkel en daarvandaan na Outjo met 'n swak grondpad.

    Die volgende suidelike bantoekommissaris was op Welwitschia (nou Khorixas).

  18. #17
    Join Date
    Aug 2010
    Location
    Wydsbeen
    Age
    72
    Posts
    1,548
    Thanked: 0

    Default

    Spook,

    By die waterwonders kan jy natuurlik die "Dragon's Breath" byvoeg maar dit is definitief nie vir alledaagse kampers om by te kom nie.

    Moeder Natuur het dit goed weggesteek daar naby Grootfontein.

    En dan voeg jy die verhaal van die Omatako's by. Dit is daardie 2 pramkoppies links van die Okahandja/ Otjiwarongo pad.

    Volgens die ou Herero-verhaal wat ons ken moes 'n vrou wat nie kon kinders baar nie, soos 'n 8 syfer om en deur die koppe stap waarna sy dan gereinig sou wees en swanger kon word.
    Last edited by galius; 2011/11/22 at 05:17 PM. Reason: ps

  19. #18
    Join Date
    Jul 2009
    Location
    Nelspruit
    Age
    65
    Posts
    432
    Thanked: 1

    Default

    Galius,

    "'n plek genaamd OHOPOHO wat nou bekend is as OPUWA" - jy wil ons nie dalk vertel waar hierdie ou naam vandaan kom nie . . . . (Ek is seker dat die moderators dit sal toelaat ter wille van volledigheid.)

  20. #19
    Join Date
    Aug 2010
    Location
    Wydsbeen
    Age
    72
    Posts
    1,548
    Thanked: 0

    Default

    Quote Originally Posted by Mopani View Post
    Galius,

    "'n plek genaamd OHOPOHO wat nou bekend is as OPUWA" - jy wil ons nie dalk vertel waar hierdie ou naam vandaan kom nie . . . . (Ek is seker dat die moderators dit sal toelaat ter wille van volledigheid.)
    Ons het as kinders die plekkie leer ken as Ohopoho. Die naam het iets te doen gehad met water en 'n boorgat. Iewers na Oom Ben van Zyl (of tydens) is die naam verander na Opuwa.

    Ek het nou op google gekyk en daar is 'n lang verduideliking van die geskiedenis en name.

    Google: New notes on Kaoko: the northern Kunene region.
    Maak seker jy kry die link: http//Books.google.co.za/books Link wil nie copy nie

    Daar is baie interessante feite en onuitspreekbare name.
    Last edited by galius; 2011/11/23 at 12:49 PM. Reason: ps

  21. #20
    Join Date
    Mar 2010
    Location
    Hermanus
    Age
    65
    Posts
    186
    Thanked: 0

    Default

    Hi Spook

    Waar kruip doending nommer nege weg?

    *Patrol 4.8 GRX - nog soos sy van haar ma afkom...
    *Jurgens Explorer + 3m x 3m Howling Moon dome tent
    *Garmin GPSMap 60CSx<!-- Signature --> <!-- Message body ''"" -->

Page 1 of 3 1 2 3 LastLast

Similar Threads

  1. NamibiŽ se robbeoes...die waarheid
    By TugabR in forum Environmental & Conservation
    Replies: 4
    Last Post: 2011/05/09, 01:55 PM
  2. NamibiŽ of Dakar
    By galius in forum Namibia
    Replies: 71
    Last Post: 2011/03/15, 08:29 AM
  3. Flooding in Namibie
    By Madota in forum Namibia
    Replies: 15
    Last Post: 2011/02/14, 09:07 AM
  4. Paaie gesluit in die suide van Namibie
    By Spook in forum Namibia
    Replies: 3
    Last Post: 2010/01/15, 12:25 PM
  5. Banddruk vir Namibie paaie
    By PDL in forum Namibia
    Replies: 9
    Last Post: 2008/12/02, 02:49 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •