|
Wat is die situasie met vleis na Namibie vanaf SA.Ek sien op die forum daar is probleme met vleis in Botswana
Namibie se vleis staan nie n duim terug vir SA sn nie......ek koop altyd daar en gaan nou Aug. en Sept weer so maak, ondersteun hulle maar, dis ons mense :-)
Cheers<br>Chris
Land Cruiser GX 4.5 alias "Obelix"
Land Cruiser VX 4.2 alias "Kubu"
Gents on our Easter trip to Namib I packed JUST ENOUGH meat for the first two days .... "daar is mos vleis in Namibie .."
Dag een tot by Ais-Ais ....
Dag twee langpad om tot Luderitz. Te laat by Aus, so kon nie hier vleis koop nie. Op die Sondag maar by die SPAR in Luderitz vleis gekoop.
en so het ons maar al op die grond paaie gery .... na Luderitz het ons vir 8 dae nie weer n dorp gesien nie, ook nie n slaghuis nie !! Moes uiteindelik n kort draai ry om by Helmeringhauzen vleis te koop - hul laaste twee pakke.
So JA, Namibie HET vleis, selfs goedkoper as in SA. MAAR, dan moet mens jou roete so beplan dat jy by n slaghuis uitkom !
PS - "taai skaapvleis" in Luderitz is sagter as die beste graad lambs vleis hier in die Kaap.![]()
Baie dankie vir die inligting en almal se raad
Om vleis Man toe te vat is soos om 'n Jeep States toe te wil vat !!!![]()
Bring eerder vleis uit! Reël net vir 'n permit as jy meer as 25kg/p uitbring ... en koop hulle vars melk ... soos roomys!
Kom nou net terug vanaf Namibië.
Geen vrae oor vleis by Ariamsvlei gehad nie.
Baie spyt ek het nie my eie vleis saamgeneem nie. Afhangende van jou roete is vleis nie altyd so volop as wat jy dink nie!
Op Karasburg het die Spar se koelkamer nie gewerk nie en moes toe gevriesde tjops by slaghuis koop wat so taai was dat ons dit maar vir die jakkalse gevoer het.
Kon net redelike goeie vleis op die groot dorpe kry. (Luderitz, Swakop, Outjiwarongo). Mariental wat eintlik vleis wereld is, was ons tweede laaste stop op pad terug.
Daar is darem niks lekkerder as 'n Karoo skaap tjoppie nie!
Bogenoemde was maar my persoonlike ondervinding.
Dit is nie vir almal so eenvoudig nie. Ons wil vir 'n maand deur Namibia, Zambia en Botswana toer met relatief klein vrieskas(Waeco) in Augustus. Die enigste manier is om jou vleis voor die tyd goed te vries en baie fyn te beplan. Ja jy kan vleis koop in Okahandja en Katimo ens, maar dan moet jy hom nog vasgevries kry voor jy oor die grens gaan en dit is problematies. Vir ons is voor die tyd vleis pak die antwoord. Kan iemand vir my asb sê of hulle vrieskaste deursoek is op die Noordoewer grenspos? Dit gaan blykbaar oor die slenkdalkoors probleem. Enige indikasie wanneer dit opgehef kan word?
Ons het voorheen ons vleis by die staatsveearts laat sertifiseer as skoon. Word dit aanvaar op die grens?
Guy's must also just remember there are also meat movement restrictions in Namibia itself at the moment. You can take meat up north but can not bring it back down acros the vet lines. There is a write up on this in another post.
Walter aka "Meerkat"
slightly modded 02' 105 series 1FZ-FE
https://www.facebook.com/kepanamibia/
My heart beats to an African Bush drum...
vra altyd die "locals" waar die beste vleis is. Ons is verkeie kere na die OK verwys en was elke keer heel tevrede met die gehalte
Die vleis wat ons by die SPAR in Luderitz gekoop het was LEKKER !! (moes meer gekoop het)
Beste vleis gedurende ons 35 dae trip deur Namibië was by "X-treme Butchery" in Usakos. Goedkoper as groothandel in RSA. GPS S22.00257 E15.58542
Bookmarks