Invoer van 300 Tdi





Results 1 to 2 of 2
  1. #1
    Join Date
    Sep 2009
    Location
    Paarl
    Age
    31
    Posts
    30
    Thanked: 0

    Exclamation Invoer van 300 Tdi

    Ek wil 'n 300Tdi vanaf die VK invoer. Ek het Charles Bennison 4x4 (advertertensie uit Land Rover Owners International) per e-pos gekontak en dit lyk of ek alles kan kry wat ek nodig het. Masjien, ratkas, driving shafts, seat box, vloerplate, tunnel cover ens. Volgens hom het die masjien so 90 000km gedoen. Koste vir die uitstappie is 1500 pond en die vervoer sal in die omgewing van 200 pond wees. Ek weet net nie hoe veilig is dit om die masjien te koop sonder dat ek dit voor die tyd gesien het nie en 'n ander ding wat my pla is die invoerbelasting. Iemand wat ek ken het al so masjien ingevoer.

    Die masjien sal in my 1989 Land Rover One Ten ingesit word, tans loop hy nog met sy oorspronklike masjien en ratkas wat ek so 13000km terug oorgedoen het. Hierdie masjiene staan bekend as die Falcon of 19J, dit was die voorganger van die 200Tdi.

    Ek sal nie graag 'n ander ombouing wil doen nie, want dit verminder 'n voertuig se waarde drasties en daar is altyd ander onvoorsiene komplikasies.

    Enige raad of kommentaar is welkom. Sal graag wil hoor wat julle daarvan dink.

    Dankie

  2. #2
    Join Date
    Sep 2010
    Location
    Roodekrans
    Age
    37
    Posts
    613
    Thanked: 5

    Default

    Ingeteken op hierdie Thread.

    Ek wil self n nuwer masjien vir n 110 kry, en kyk op die oomblik maar n bietjie rond en speel met idees.

    Will graar n diesel he, maar hulle is maar duur hier rond.

    Hoop jy kry terugvoering.
    EX: Mitsu Man

    Gerhard de Lange



    2014 Isuzu KB 250 DC 4x4
    2013 Isuzu KB 300 Club
    2003 Defender TD5 with everything.(My 4x4)
    2005 Hyundai Getz
    1962 Land Rover Series 11A 109 Inch (My project)
    1962 Land Rover Series 11A 89 Inch (My other project)

Similar Threads

  1. Etosha: Waar die leeus Afrikaans verstaan.
    By Kaptein Jack in forum The 4x4 Pub
    Replies: 15
    Last Post: 2011/12/28, 02:12 PM
  2. Defender Temperature issues 300 Tdi
    By cbe in forum Land Rover
    Replies: 4
    Last Post: 2010/06/11, 11:12 PM
  3. Sourcing a special 300 TDi head in Addis Ababa?
    By ezzzzzzz in forum Land Rover
    Replies: 3
    Last Post: 2009/12/10, 09:26 PM
  4. Replies: 14
    Last Post: 2009/09/28, 04:23 PM
  5. Good point
    By Brollox in forum General 4x4 Discussion
    Replies: 0
    Last Post: 2007/01/30, 07:57 PM

Tags for this Thread

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •