Botswana - 4 dag trip to Kubu en terug Junie 2011





Results 1 to 11 of 11
  1. #1
    Join Date
    May 2010
    Location
    Pretoria
    Age
    59
    Posts
    114
    Thanked: 14

    Default Botswana - 4 dag trip to Kubu en terug Junie 2011

    Die onderstaande is 'n opsomming van ons kort reis deur Botswana deur Khama Rhino, Kubu en Nata gedurende Junie 2011



    Voorbereiding:

    Nadat ek in September 2010 die “Bird Sanctuary” naby Nata Lodge besoek het, het ek besluit dat ek en my vrou een dag ‘n nag op die Makgadkgadi panne moet gaan slaap.

    ’n Goeie vriend het ongeveer 3 weke voordat die reis in Junie 2011 sou plaasvind my van hulle beplande reis, onder andere na Kubu-eiland, vertel. Ek het onmiddellik die kans aangegryp, maar onmiddellik het die eerste groot probleem opgedaag in die wese van my vrou wat niks wil weet van kampering nie.

    Die gebruik van ’n bossleepwa was nie ’n opsie nie en ek moes die grondtent alternatief as die enigste werkbare opsie maak werk. Die keuse het interesante gesprekke en redenasies tot gevolg gehad maar dit is ’n storie vir ’n ander dag.

    Die groot uitdaging wat ek moet adresseer is om die lewe so gerieflik as moontlik te maak sonder om my voertuig te oorlaai en dus die lewe baie moeilik vir jouself te maak. Gelukkig kon ek op die ervaring van my vriende steun en die beste raad wat ek kon ontvang was om die absolute minimum saam te neem.

    Die besluit is gemaak en nou moet ek myself toerus. Verskeie besoeke aan buitelug winkels het my voor die sobere feit gebring dat om myself toe te rus, ’n aardige bedrag sou kon kos wat my begroting nie sou toelaat nie. Die situasie word vererger met die feit dat die reis en kampering ’n proeflopie sou wees om te toets of my wederhelf hiervan sou hou. Indien dit ’n mislukking blyk te wees, kon dit ’n baie duur eksperiment wees.

    Wat staan my te doen?

    Gelukkig het ek vriende wat bereid is om toerusting vir my te leen. Een vriend het sy ‘Quick Erect” tent vir my geleen, Die opslaan en afslaan van die tent was ’n plesier en baie vinnig. As ’n mens elke dag tent moet opslaan en afslaan was dit beslis ’n voordeel. ’n Verdere voordeel was die spasie wat dit bied (2.4 x 2.4 x 2 meter). ‘n 3 x 3 x 2 meter tent sou beter gewees het soos wat my vriende gehad het. Sou nooit kon dink dat 60cm so groot impak kon inhou nie..

    Met ’n toets pak van die Pajero het ek agtergekom dat die spasie agter-in genoegsaam sou wees as ek sou “inprop” Dit was nie vir my aanvaarbaar nie en het besef dat ’n dakrak nodig sou wees. Weer eens kon die opsie baie duur word. ’n Ander vriend het sy dakrak toe vir my geleen en gelukkig het die Pajero spore op die dak wat die montering relatief baie maklik gemaak het.

    Ongelukkig kan ‘n mens net soveel leen en was dit onvermydelik dat sekere inkopies gedoen moes word:


    • Opblaasmatrasse, Slaapsakke en Slaapsak liners
    • ’n Tas wat die eetgerei, borde, bekers, koffiemaker en basiese speserye bevat. Die messe, vurke, lepels en teelepels is in ’n oprol sak. Die konfigurasie het baie goed gewerk en dit is iets wat almal ernstig kan oorweeg.
    • ’n Cobb is ook aangeskaf en ’n toetslopie by die huis het baie goeie resultate gelewer. Met 20/20 na-die-feit visie was dit nie eintlik nodig nie, maar dit is baie lekker om ‘n handige ietsie te koop omrede dit nice is......
    • ’n Paar ander ietsies en datsies het die prentjie voltooi.


    Gelukkig het ek alreeds ’n Engel yskas gehad asook ’n battery pak.

    Woensdag 15 Junie is die Pajero gepak en reg vir die vroeg vertrek op Donderdag 16 Junie.

    Die Rit

    Ons vetrek om 05h00 vanaf ons huis in Lynnwoodrif, Pretoria met die nodige padkos en koffie en ontmoet die res van die geselskap by die Petroport op die N1 noord van Pretoria. Almal is in positiewe gees in die afwagting van die reis.

    Ons ry tot op Mookgophong (Naboomspruit) om die motorfietsryers te ontmoet wat die reis met hulle motorfietse sou onderneem. Ek was maar bekommerd as gevolg ons vooropgestelde idees oor motorfietsryers, maar die groep het my persepsie totaal verander en ons het hulle as ’n baie bedaarde en goed gemanierde groep ervaar. Lodi dankie dat jy my oë oopgemaak het.

    Vanaf Mookgophong ry ons ongveer 35 km noord nadat ’n broodnodige ontbyt by die Wimpy genuttig is, en draai links op die Sterkrivier afdraai (S24 18 52.3 E28 55 30.8) en ry tot op Marken. Die pad is regtig iets besonders as gevolg van die Waterberge se natuurskoon.En vanaf Marken na die grenspos by Groblersbrug / Martin’s Dift (S22 59 53.4 E27 56 31.0). Die elektroniese prosedure aan die Suid Afrikaanse kant was baie vinnig en effektief en binne 15 minute is ons op die brug bo-oor die Limpopo rivier.

    Die Botswana kant was heelwat stadiger as gevolg van die versekering en ander voertuig kostes. Die proses het langer as ’n uur geneem maar uiteindelik kon ons Botswana binnegaan. By Kwa-Nokeng kon ons die voertuigtenks volmaak teen 70% van die SA brandstof pryse. P7.30 vir diesel – 500ppm ongelukkig.

    Ons is oppad na Khama Rhino Trust Santuary (S20 53 28.9 E25 49 23.5) vir ‘n eerste nag se kampering. Ons stop op Palapye om vleis te koop en wat ’n aangename verassing hou dit vir ons in. Die mense is so vriendelik en behulpsaam en ons koop baie lekker fillet teen ongeveer P50 per kg.

    Ons kom so 16h00 by KRST aan en P216 later vir 2 persone kon ons kamp opslaan. Die tekort aan ervaring vir die opslaan van die kamp wys aan die relatiewe lang tyd nodig om kamp op te slaan,

    Les 1 – Oefen om kamp volledig op te slaan by die huis sodat jy weet in watter volgorde om die opslaan te doen veral as jy nuwe toerusting het.

    Die aand word ’n gestopte fillet oor die kole gebraai en word opgedis met vars slaai. ‘n Koningsmaal in die bosse. Die kampgeriewe by KRST is baie ruim maar die ablusie blokke is baie donker in die aand. Neem maar ’n goeie lig saam. Dit is egter skoon.

    Die volgende oggend word almal in die kampterrein wakker gemaak met ’n luide “Morning has broken”. Gelukkig is net die een liedjie gespeel, maar ek sou verkies om wakker gemaak te word met bosveldgeluide. Die morekoffie is gou reg en vroulief kry haar koffie in die bed wat baie help om my aandele prys te verhoog.

    Les 2 – My nuwe opblaasmatras lek. Dit sou nogal voordelig gewees het om dit te getoets het by die huis deur daarop te slaap.

    Na ’n handige ontbyt pak ons op en vetrek via Letlhakane na Kubu Island (S20 53 28.9 E25 49 23.5). By Letlhakane draai ons noord en die eerste gedeelte van die pad is nuut geteer, maar so 40 km voor Kubu Eiland is daar padwerke en moet ons die regte smal grondpad vind. Daar is geen aanwysingbordjies nie. Gelukkig het Johannes die pad geken.

    Eers ry ons so tussen die digte mopaniebome en dan sien ons dit – die oop ruimtes van die Tshane pan is voor ons en is ons soos stout seuns wat eers ’n bietjie wintie moet wees. Later stop ons op die panne en beleef stilte en “niks” . Die panne is net ’n belewenis.

    Ons ry aan tot by die Vetenerary Fence (S20 58 37.2 E25 37 10.6) waarna on die laaste deel van die tog aanpak na Kubu (Seekoei in Tswana). Die eiland word ook beskryf as “An Island without an Ocean” en dit is ‘n raak beskrywing..

    Hier sien ons weer ons motorfietsvriende en hulle het dit gemaak na vele “valslae”. Ons kon hier ook vir hulle die vars water gee wat ons vir hulle saamgery het. Hier kon ek vir die eerste maal sien hoe luuks my Pajero gelaai is in vergelyking met hulle as gevolg van hulle uiters beperkte pakspasie. ’n Interessante gesprek oor “luuks” word gevoer – vir hulle was ’n koue coke baie luuks. Dit laat ’n mens dink.

    Terug by ons ervaring, die kamp word weer opgeslaan en die lesse van die vorige aand is ter harte geneem en die opslaanproses is baie gladder in vergelyking met KRST. Later gaan stap ons oor die eiland en met ongelooflike sonsondergang is daar baie fotogeleenthede. Die belewenis op die panne met volmaan moet beleef word, want woorde kan nie die ervaring weergee nie. Die koste was P125 per persoon.

    ’n Suur noot ongelukkig is die mense met sekere bekende Four-by-Four met ‘n bekende bossleepwa in tou wat besluit het die paadjies verby die kampering areas is jaagplek en dus die kampeerders met ’n mod vol stof gelaat het. Ai mense, dink voordat julle doen.

    Op ’n negatiewe noot moet gemeld word dat die geriewe (as beperkte longdrops geriewe genoem kan word) baie beperk is en dat die kamp areas oorbevolk was. Getalle beperkings sal ingestel moet word. My wederhelf ly ’n bietjie aan bomskok agv die “geriewe” maar gelukkig is die ondersteuningstrukture in plek en sy besef dat as jy sekere plekke wil sien moet daar opofferings gemaak word.

    Die volgende oggend word daar donker opgestaan, koffie gedrink voordat ons die sonsopkoms oor die plat- en verlatenheid van die panne gaan beleef. Dit is moeilik om te verduidelik dat stilte en verlatenheid soveel bekoring kan inhou. Woorde ontbreek weer eens.

    Na ’n vinnige maar vullende ontbyt (nog ’n les – minimum moeite) pak ons kamp op met ’n geoliede effektiwiteit. Die plan is om middagete by Chapman’s Boabab (S20 29 23.6 E25 14 58.1) te nuttig en dan terug te keer na KRST. Nou ja, ons het die boom gekry na ure se pad oopkap omrede ons nie kans gesien het dat sekelbosse hulle dorings gebruik om die verf van ons voertuie af te haal nie. Ons was ook op ’n sekere tyd onseker van ons posisie ( let wel – ons het nie verdwaal nie) en het ook ’n bietjie tyd geneem om seker van ons posisie te maak.

    Die boom is baie besonders en is blykbaar 25 meter in omtrek en is die grootste in Botswana.

    Dit was nou te laat om terug te keer na KRST en na ’n vinnige kajuitberaad is besluit dat ons noord sou gaan na Gweta en vandaar na Nata Lodge waar ons hopelik ’n kamer sou kry. Na 3 dae van baie ure agter die stuur is ons “gatvol”en ’n bietjie bederf sou in orde wees. By ons aankoms by Nata Lodge word ons meegedeel dat die kamers vol is dat slegs kampering beskikbaar is by die Nata Lodge Camping (S20 13 30.5 E26 16 08.5). Die prys was slegs P62 per persoon. Die geriewe by Nata is baie goed en vroulief was weer gelukkig na haar skok van die vorige dag by Kubu. “What a bargain”

    ’n Vroeë aand in die bed was aan die orde van die dag.

    Die volgende oggend word die kamp rustig opgeslaan en is daar besluit om ’n ontbyt by die lodge te nuttig, waarna ons die lang pad huis toe sou aandurf. Die Veterenary poste tussen Nata en Francistown was baie streng en alle rou vleis is afgevat. Gelukkig was ons vleis reeds gebraai. Interessant hulle was nie bekommerd oor melk, kaas, en ander suiwelprodukte nie.

    Die grensposprosedures was seepglad en gou-gou was ons op pad terug op SA paaie. Ons besluit om die ‘gewone” pad terug te ry oor Lephahale (Ellisras) en Vaalwater en Modimolle (Nylstroom). Dit was ’n groot fout omrede vir 40km voor Modimolle en Vaalwater daar padwerke is en die pad baie nou is en eintlik gevaarlik in die nag is, soos ons dit ervaar het. Weer eens sou ’n beter opsie gewees om die pad oor Naboomspruit te ry, alhoewel dit langer is, sou dit vinniger gewees het.

    Sondagaand 19 Junie kom ons net na 21h00 by die huis aan na ’n rit van 1900 km en 4 dae. Wat ’n besonderse ervaring........


    Vroulief...Wat is die volgende reis?

    Click image for larger version. 

Name:	DPP_4294.jpg 
Views:	297 
Size:	125.5 KB 
ID:	101412Click image for larger version. 

Name:	DPP_4294.jpg 
Views:	297 
Size:	125.5 KB 
ID:	101412

    Click image for larger version. 

Name:	DPP_4290.jpg 
Views:	229 
Size:	55.3 KB 
ID:	101413

    Click image for larger version. 

Name:	DPP_4298.jpg 
Views:	234 
Size:	58.6 KB 
ID:	101414

    Click image for larger version. 

Name:	DPP_4300.jpg 
Views:	269 
Size:	99.0 KB 
ID:	101415

    Click image for larger version. 

Name:	DPP_4302.jpg 
Views:	260 
Size:	126.8 KB 
ID:	101416

    Click image for larger version. 

Name:	DPP_4305.jpg 
Views:	219 
Size:	20.1 KB 
ID:	101417

    Click image for larger version. 

Name:	DPP_4307.jpg 
Views:	268 
Size:	112.3 KB 
ID:	101418
    Roelof

    2017 Pajero Exceed LWB DiD

  2. #2
    Join Date
    Aug 2010
    Location
    Krugersdorp
    Age
    53
    Posts
    1,896
    Thanked: 3

    Default

    Nice, thanks for the report, can't wait to get there, June 28th.
    Last edited by JohanJvV; 2011/06/23 at 04:20 PM.
    VW AMAROK V6
    Land Rover Defender Td5

    Land Rover Discovery 4 V8 HSE (Swambo)

  3. #3
    Join Date
    Jan 2010
    Location
    Pretoria-Oos
    Age
    37
    Posts
    833
    Thanked: 0

    Default

    Haha, ons was ook die 16de se oggend by Khama en is ook wakkergemaak met Morning Has Broken, dit was 'n baie surrealistiese ervaring - mens weet nie of jy moet kwaad wees en of jy moet lag nie.

    Ek dink dit was daardie groot konvooi voertuie - 8 of so wat dit gespeel het

    Bietjie raad: gebruik volgende keer Stockpoort of Platjan grensposte - BAIE stiller, 12 minute beide kante (in totaal) gevat. Het net die P40 road tax betaal, dis al.
    Dit was baie stil by altwee, by Stockpoort was ons net agter 'n groep jagters - wat uitstap toe ons instap en by Platjan was ons die enigste mense.
    Dis teerpad tot by Stockpoort en goeie grondpad aan die ander kant tot by Mahalapye en Palapye
    Last edited by ProtZkroG; 2011/06/23 at 04:10 PM.

    2001 Land Rover Defender TD5 110

  4. #4
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Krugersdorp
    Age
    49
    Posts
    1,945
    Thanked: 117

    Default

    Nog 11 slapies dan's ek ook daar. Roelof watter slaghuis by Palapye het jy die fillet gekoop. Is die Vet fence voor Kubu 'n probleem met vleis ens?

    KUBU 4X4 TRAILER RENTAL
    083 631 6995
    [email protected]
    www.kubu4x4.co.za
    Click here for the latest updates in the Commercial Section
    Jannie Engelbrecht a.k.a. Granlor

  5. #5
    Join Date
    Apr 2009
    Location
    Nelspruit
    Age
    39
    Posts
    5,348
    Thanked: 5

    Default

    Sjoe dit klink lekker! Dankie vir die report! Kani wag om vir SWANBO daarna toe te sleep nie!
    Pat

    Hilux 3.0 D4D 4x4

  6. #6
    Join Date
    May 2010
    Location
    Pretoria
    Age
    59
    Posts
    114
    Thanked: 14

    Default

    Granlor - Ek moet nou mooi verduidelik - By die verkeerslig waar die SPAR is draai jy regs en dan is die Butchery in die gebou aan jou linkerkant. Moenie dat die uiterlike jou afskrik nie. Ek het ongelukkig nie die naam nie.

    Koop net Fillet - hulle Rumpsteaks kan dalk taai wees.....
    Roelof

    2017 Pajero Exceed LWB DiD

  7. #7
    Join Date
    May 2010
    Location
    Pretoria
    Age
    59
    Posts
    114
    Thanked: 14

    Default

    Granlor - Die VET fence het geen probleme gegee - die hel is net oopgemaak en ons het deurgery..
    Roelof

    2017 Pajero Exceed LWB DiD

  8. #8
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Krugersdorp
    Age
    49
    Posts
    1,945
    Thanked: 117

    Default

    Quote Originally Posted by Roelof05 View Post
    Granlor - Ek moet nou mooi verduidelik - By die verkeerslig waar die SPAR is draai jy regs en dan is die Butchery in die gebou aan jou linkerkant. Moenie dat die uiterlike jou afskrik nie. Ek het ongelukkig nie die naam nie.
    Koop net Fillet - hulle Rumpsteaks kan dalk taai wees.....
    Thx Roelof

    KUBU 4X4 TRAILER RENTAL
    083 631 6995
    [email protected]
    www.kubu4x4.co.za
    Click here for the latest updates in the Commercial Section
    Jannie Engelbrecht a.k.a. Granlor

  9. #9
    Join Date
    Aug 2010
    Location
    Krugersdorp
    Age
    53
    Posts
    1,896
    Thanked: 3

    Default

    Great, Fillet dan, hoe lyk die lam
    VW AMAROK V6
    Land Rover Defender Td5

    Land Rover Discovery 4 V8 HSE (Swambo)

  10. #10
    Join Date
    Apr 2008
    Location
    Pretoria
    Age
    52
    Posts
    174
    Thanked: 0

    Default

    More

    Enige raad van waar Platjan en Stockpoort grenspos. Hoe ver vanaf Groblersbrug grenspos? Watter pad vanaf PTA om daar uit te kom?

    Quote Originally Posted by ProtZkroG View Post
    Haha, ons was ook die 16de se oggend by Khama en is ook wakkergemaak met Morning Has Broken, dit was 'n baie surrealistiese ervaring - mens weet nie of jy moet kwaad wees en of jy moet lag nie.

    Ek dink dit was daardie groot konvooi voertuie - 8 of so wat dit gespeel het

    Bietjie raad: gebruik volgende keer Stockpoort of Platjan grensposte - BAIE stiller, 12 minute beide kante (in totaal) gevat. Het net die P40 road tax betaal, dis al.
    Dit was baie stil by altwee, by Stockpoort was ons net agter 'n groep jagters - wat uitstap toe ons instap en by Platjan was ons die enigste mense.
    Dis teerpad tot by Stockpoort en goeie grondpad aan die ander kant tot by Mahalapye en Palapye
    Cobus
    94 Pajero 3.0 V6
    95 Colt Rodeo 3.0 V6
    VW Beetle - 1968 tish


  11. #11
    Join Date
    Apr 2008
    Location
    Pretoria
    Age
    52
    Posts
    174
    Thanked: 0

    Default

    How to get here
    Directions from Gauteng
    Either find and then follow the Limpopo River until you see the modern and tourist-friendly Platjan border crossing (pictured above) or.....
    Head north on the N1 to PIETERSBURG, which is about 3hrs drive north of Johannesburg. At the entrance to Pietersburg, follow the sign to DENDRON, a left turn. Follow these signs all the way around Pietersburg and remain on the 521 heading due north through Dendron and Vivo to ALLDAYS.
    Alldays is about 150km north of Pietersburg and is the last town you will be able to buy petrol or diesel (on either side of the border!). It also has a very basic general food store, a good farm supplier and a good butcher. At the entrance to ALLDAYS you will come to a T-Junction. At this T-Junction, turn right then almost immediately turn left onto the R 572. Do NOT miss this turn or else you will be headed for Pont Drift.
    Follow the main road (R572) out of town. About 3 km out, there is a sand road turn to the right to DARDENELLAN. The road is an easy drive and about 35km from the right turn to the PLATJAN Border post. From Alldays onwards you may see game next to and even in the road, so be on the lookout as you are now in the "real" bushveld.
    After crossing the border, it is sand road all the way. Turn right at the first T-Junction and stay on the road for approx. 30km until you see the REDSHIELD sign on your right. If you see the Talana sign, you've gone too far.
    Please drive safely on the sand roads as both domestic and wild animals use it too.




    Cobus
    94 Pajero 3.0 V6
    95 Colt Rodeo 3.0 V6
    VW Beetle - 1968 tish


Similar Threads

  1. Replies: 40
    Last Post: 2014/11/07, 09:49 AM
  2. Botswana May-June 2010 trip advice
    By muzungu in forum Botswana
    Replies: 15
    Last Post: 2011/03/18, 03:44 PM
  3. Suggestions for planning a trip to Botswana
    By garrow in forum Botswana
    Replies: 9
    Last Post: 2010/10/30, 04:40 PM
  4. Botswana 2009 Trip report
    By Uys in forum Botswana
    Replies: 47
    Last Post: 2009/06/29, 08:26 AM
  5. Botswana and Zambia two week trip Summery
    By TiaanS in forum Botswana
    Replies: 7
    Last Post: 2008/01/28, 10:25 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •