Friends of the rail - Nou nie so lekker nie





Results 1 to 8 of 8
  1. #1
    Join Date
    Feb 2011
    Location
    Pretoria Oos - Garsfontein
    Age
    43
    Posts
    2,973
    Thanked: 142

    Thumbs down Friends of the rail - Nou nie so lekker nie

    Ons familie het vandag op die Friend of the rail trip gegaan van PTA - Hermanstad tot by Cullinan en weer terug. Klink fantasties. R175 pp, 3 ure rit tot in Cullinan, kuier daar vir 'n rukkie, sien die plek, ry weer terug vir 2 ure, bring net jou eie pieknik mandjie of vleisie, hulle steek vure aan...

    Ok so ons moet 8:30 vertrek en is toe so 10minute laat - geen probleem - Ons het net lekker begin spoed optel toe stop die trein, gooi 'n klomp suipende rokers af wat nie wil ophou rook in 'n nie-rokers area nie. So toe word alles nou nog verder uitgestel. Op die ou einde het 'n 3 ure rit in 'n 4,5 ure rit verander, maar dis ok want die kleintjies het dit geniet. O ek moet net byvoeg dat die trein nou nie tot in Cullinan kon ry nie want die "Sleepers" onder die spore is net buite Cullinan gesteel. Toe "ferry" die trein mense ons met busse van Rayton af tot in Cullinan. Wat ook ok was wan't die kleintjies was ook nog nie op so LAAAANNNNNG bus nie.

    Nou ja, kom in Cullinan en probeer toe braai plek kry. Dit vat toe so uur voordat ons ook 'n kans kry want die vure moes maar self aangesteek word en daar was so 10 - 12 braai plekke vir ommenby 400 mense...

    Ek het darem my tjoppies in gekry voor ons weer moes gaan - die trein/busse ry weer 3 uur. So kon nie eens behoorlik na die besienswaardighede in die dorpie kyk nie - en ons het mos nou eintlik daarvoor gekom. Maar nou ja die kleintjies het die klein treintjie baie geniet.

    Op die busse en dit lyk of meeste mense darem die keer sit plek het (dit was snaaks want ek moes staan toe ons gearriveer het maar toe ons vertrek was daar BAIE meer sit plekke). Nou toe is ons terug trein toe. Almal het sover 'n lekker dag gehad veral sommige (lees - nie iemand wat ek ken nie) oupas en oumas wat die dag gate uitgeniet het saam met hulle klein kinders en oom Charles Glass, Richleu en mnr. Walker... Die een oom kon skaars op die bus klim. Hy het so agter oor begin tuimel en amper sy vriend desmoers geval. Hy is toe uiteindelik op die bus gehelp deur wat gelyk het soos sy vrou, sy dogter, sy vrou se suster, Broer, klein kinders en die SA vroue federasie.

    Klim toe nou op die trein en maak reg vir die jongetjies om te gaan slaap want hulle is dood moeg. Arme goedtjies se koppies het al op die busse begin knik. Ek het regtig na die laaste rit uitgesien want dit gaan mos nou rustig wees met die kinders wat slaap en ek kan mos nou ook uiteindelik ontspan of te wel verder ontspan, rustig wees. Ag weet jy, ek moes ook maar net geweet het. Die ou wat amper van die bus afgeval het sou 'n "bad omen" wees.

    Omtrent 10km uit Rayton uit besluit Jan-snot-skiet hy gaan rook. Hy gaan sommer tussen die trein karre staan en gou 'n trek vang. Hier moet ek net byvoeg, ek weet nie of hy dronk was of nie MAAR ek vermoed sterk hy was want die vriende was versekerd besope. Die trein het 'n lang slap draai gevat en in die draai het mense begin skree dat die dom do-nn-er van die trein af geneuk het. En hy het toe wragtig dit gedoen. Die trein het gestop. het agter uit beweeg tot by hom en gestop. Gelukkig het hy nie onder die wiele geval nie, net op sy kop en teen die wal af. Vir my het dit gelyk of hy net 'n sny aan sy kop het en dat sy oe uit sy kop uit wou kom (van skok).

    Dit was 'n 2 ure wag vir die ambulans. Hulle kon nie 'n helikopter in bring nie want daar was teveel krag drade. Die paaie was ook redelik onbekend so dit het lank gevat. Intussen het onse kinders wakker geword. Nou ja, die klomp is toe nou redelik wakker en onse mamma's en pappa's was nie. Ek sal maar net se die apies was gelooi en die varkies uitgetrap.

    Ons het eers 8 uur vanaand by die huis gekom. Wat nou eintlik 'n lekker familie dag moes wees is toe nou versuur met ander onbedagsame mense.

    Ek verstaan nie hoekom mense so ongeskik moet raak op 'n trein vol kinders en ander oordentlike mense nie. Om teen 9 uur op 'n sondag oggend gesuip te wees is nie 'n prestasie nie dis 'n vernedering. En nie net is jy 'n vernedering nie maar jy stel mense om jou ook te leur.

    En die klomp van Friends of the rail moes ook van beter geweet het. Hulle moes hulle trein karre beter beplan het sodat die mense veilig was as hulle wil rook. En as hulle gesuip raak mag hulle nie op die trein kom nie. Maar op die ou einde vat hulle maar 'n kans en verkoop drank op die trein om die mense nog meer te rook vir geld.
    2015 Isuzu KB250 D/C 4x4 LE - Mine / 2009 Suzuki Grand Vitara 3.2l V6 Auto - Hers



  2. #2
    Join Date
    Dec 2007
    Location
    Harties
    Age
    36
    Posts
    5,435
    Thanked: 2

    Default

    sien... julle kon 'n rustige 4x4 trail gaan doen het.. en daar sou BAIE minder issues gewees het!!!.. sou goedkooper wees ook...
    I like anything with 4 or more wheels...

  3. #3
    Join Date
    Mar 2011
    Location
    Kenmare
    Age
    46
    Posts
    6,917
    Thanked: 46

    Default

    Teinritte en vandag is net eenvoudig n gemors. Sjoe dis regtig n teleurstellende ondervinding wat jy gehad het, mag ek ook so iets deel.

    Toe ek nog skool gehou het, treinrit na Witrivier - Drywer was laat oppad terug, hy moes by Waterval boven teen sekere tyd gewees het, nou moes hy tyd opmaak en dog toe dis reg om die trein tot 100km/h te druk, kinders val uit hulle banke om die draaie, mense word siek en gooi op. Ons raak erg die moord in omdat hy met mense se lewens mors. Trein stop in Waterval Boven, een ouer spring uit en gaan donner die drywer nes hy sy voetjies uit die kajuit sit, sink na drank en toe kom die polisie, Hy kla die ouer aan vir aanranding, ouer saam weg in van. Ons terug huistoe die tyd na die voorval teen 10km/h, ander drywer was seker bang. Maar ja toe nooit weer op n trein nie, en dis juis iets wat ek geniet het van my Army oppas dae.

    Sal maar Blou trein kaartjies moet kry.

  4. #4
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Centurion
    Age
    42
    Posts
    12,341
    Thanked: 1111

    Default

    Yip!!! Ek het oo al daai toets gedop - wel SWAMBO het eintlik. Kaartjies gekoop, opgeklim en gery tot op Eerste Fabrieken (in die middel van Mamolodi)! Toe kan ons nie verder nie want Transnet werk aan die spoor!! 3 Ure later kom daar toe twee busse aan vir R1500 mense, dis toe wat ek die eerste Taxi terug na my kar toe vat en huis toe gaan!
    Everything is a hammer.
    Unless it is a screw driver.

    Then it it a chisel.

  5. #5
    Join Date
    Jan 2010
    Location
    Almelo, Overijssel
    Age
    52
    Posts
    2,067
    Thanked: 232

    Default

    Daai sleepers is al meer as n jaar terug gesteel. Ek het baie jare terug die selde rit meegemaak en ek en die kinders het dit baie geniet. Ons wou dit laasjaar weer doen, maar kon om een of ander rede nie die naweek maak nie. Maandag daarna lees ek toe in die Beeld dat die trein ontspoor het a.g.v. die sleepers wat gesteel is. Dis baie jammer want ek sal graag die mense wil ondersteu wat die restourasies doen. Jammer oor die dronklappe.

  6. #6
    Join Date
    Mar 2010
    Location
    Kempton Park
    Age
    53
    Posts
    1,187
    Thanked: 159

    Default

    We also did the trip on Mothers day to Cullinan. What a disaster. The trip there took 5 hours! Had lunch at the station 1 1/2 hours and then had to come back home, so we could not walk in the town. No time. The trip back was equally as bad. 4 1/2 hours. We were kept informed that there were rail works, faulty signals, waiting for someone to come and operate the signals etc, so not the fault of Freinds of the rail, but in my opinion the money spent was not worth it. Very dissapointing day
    Edwin
    Defender '99 TD5 Pick Up
    Rock sliders, Spare wheel carrier, Roof Rack, Aluminium canopy, Tentco RTT, Tentco Awning, 280Ah Dual batteries, 3 x Sliding Drawers, Water tank, Hot Shower, Kitchen

  7. #7
    Join Date
    May 2011
    Location
    Sterkrivier
    Age
    43
    Posts
    275
    Thanked: 3

    Default

    Was die ambulans 'n 4x4 of die thread maar net off topic?

    HILUX

  8. #8
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Pretoria
    Age
    43
    Posts
    1,494
    Thanked: 6

    Default

    Was so 7 jaar terug op 'n valenteins uitstappie na Cullinan toe met hulle, was AWESOME gewees, het net begin beplan aan nog een, maar neeee nie meer nie.

Similar Threads

  1. Road to Hell ??
    By LeonHilux in forum Northern Cape
    Replies: 13
    Last Post: 2013/04/03, 08:28 PM
  2. Etosha: Waar die leeus Afrikaans verstaan.
    By Kaptein Jack in forum The 4x4 Pub
    Replies: 15
    Last Post: 2011/12/28, 02:12 PM
  3. Gatvol vir 'n gekerm en gekla!
    By Uys in forum The 4x4 Pub
    Replies: 82
    Last Post: 2011/12/01, 04:19 PM
  4. December 2011 Nam advise
    By MSR in forum Namibia
    Replies: 54
    Last Post: 2011/05/14, 09:15 AM
  5. Replies: 82
    Last Post: 2010/04/14, 12:41 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •