welkom Gerhardus!
|
Introduce yourselfNameGerhardus BerghFamily detailsMarried with no children.Vehicle detailsVW Amarok 2.0 Bitdi 4motion D/cVehicle ModsBF Goodrich AT 265/70R17Which tyres do you use/prefer?
VPS
Tonneau Cover
Rhino Lining
Rear Park Distance Control
Smash & Grab Tint all roundBF Goodrich AT 265/70R17Experience / TripsI have travelled through North and South Namibia, Botswana, Mozambique up to Pomene, Okovango Delta ext.What do you wish to gain from the forum?Good source of advise.What are your fields of expertise?Medicine.Other Interests?Anything related to Nature.Previous 4x4's?Mitsubishi Triton 3.2 Did 4x4 D/c
welkom Gerhardus!
TOYOTA PRADO 1998 V6,3.4l
TOYOTA HILUX 2003 2.7
SWAMBO: MAZDA 2 2008
Welkom !
Pos bietjie van daai Amarok pics op 'n 4x4 Trail ! Hoe vergelyk hy met jou Triton wat jy gehad het ?
Welkom, to the best forum![]()
Ryno Black
Amarok V6
ooo - an amarok owner...
How is it?
Ons sal maar moet sien RynoBaie het al probeer, maar niemand kon nog die oupa van alle 4x4's van sy troon af kry nie
![]()
![]()
Moet se het geen teleurstellings gehad met die Triton nie, buiten petrol verbruik en die fittings in die binneruim bv elektriese venster kontroles waarvan die silver verf geneig is om vinnig af te werk met gebruik en ook die silver radio van die 2.5 Did. Die Amarok is verseker in n ander klas i.t.v. elke opsig maar is allermins n nuwer voertiog.
Mense is baie emotioneel oor hulle bakkies en dit is verstaanbaar want dit is so n groot belegging, ek kan egter bevestig dat sonder enige twyfel sal geeneen wat in die Amarok belangstel teleurgesteld wees nie. Daar is n paar vrae rondom die Amarok wat ek graag sal wil beantwoord. My Triton het n SAC chip gehad en dus 500 Nm ontwikkel, maar die Turbo traagheid was altyd steeds daar alhoewel dit beter was, die Amarok hoef egter glad nie van 0 - 140 terug te staan nie en sy gebrek aan Turbo traagheid is n plesier.
Daar word genoem dat die voertuig maklik stall maar ek het geen ervaring daarvan nie. Die Triton het hom wel getroef vannaf 140 opwaards maar my opinie is gebasseer op n nie standaard Triton. Ek beplan weer n roete deur Botswana en Namibie en sal dan kan terugvoer gee oor sy off road vermoens, ek het huidig nog net graderin 3-4 roetes aangepak.
Iets wat wel n aansienlikke verskil maak is sy voorste elektroniese diff lock en die feit dat sy agterste diff lock veel minder gly toelaat voordat hy volkome lock as die van die Triton. n Kantste trappie is egter nie n opsie nie agv die feit dat sy chassis ingesink is in die body en die body dus gelyk met die kant van die chassis is i.v.m. bv. die Hilux waar die chassis laer as die body hang wat plek toelaat vir n trappie.
I.v.m die wel bespreekte grondvryhoogte, ek het gemeet dat die standaard Hilux 38 cm hoog staan van die grond af agter sy voorwiel tot by sy chassis en 34 cm hoog tot by sy trappie, die Amarok staan 34 cm hoog van die grond af agter sy voorwiel tot by sy chassis dus n 4 cm verskil, maar die Hilux se standaard bande gee hom n 2.6 cm hoogte voordeel dus met dieselfde bande sal die Amarok 36.6 cm hoog wees, slegs 1,4 cm laer as die Hilux, dan moet ook in ag geneem word dat die Amarok se kruis stawe van die chassis aansienlik minder onder die chassis uithang met tot 2 cm minder en dus sal die laagste komponente met dieselfde bande hoer wees op die Amarok as die van die Hilux.
Ek weet van twee Hilux bakkies waar die transfer case seergekry het (een van n familie lid) en een V6 waar die uitlaat pyp beskadig is omdat hierdie komponente uiters laag hang onder die voertuie. Die grondvryhoogte voor onder die bashplate was well net 205 mm, maar die bashplate self is 44 mm dik en dus sal mens met vervanging van die bashplate 245 mm he onder die bashplate met die standaard bande en n lekker 271 mm met dieselfde bande as die Hilux.
Baie mense kla oor sy verbysteek vermoens maar as die rat verhoudings in ag geneem word moet die Amarok in 4de wees waar die Hilux in 5de is, in die nuutste Bakkie en Truck tydskrif is dit duidelik getoets dat selfs teen die D4D Extra Cab Hilux wat wesenlik ligter is as die Amarok versnel hy vinniger van 80 - 120 as die Hilux en is hy vinniger op die 1/4 mile, dus in terme van huidige bakkies is sy krag baie kompeteerend en dit is wel ook my ervaring.
As jy meer as dit will he wag vir die nuwe voertiue wat kom, maar hoeveel krag is dan eintlik genoeg?? Daar moet ook in ag geneem word met vergelykings dat die Amarok n wesenlikke groter voor oppervlak het as enigge ander bakkie tans op die mark. Ek het self nog nie gesleep nie maar wel gepraat met iemand wat reeds n boot met sy Amarok gesleep het en hy was baie tevrede in vergelyking met sy vorigge voertuig wat ook n drieliter diesel was, hy was ook baie tevrede met die Hill Start Assist wat hy se baie nuttig was.
Ek wil net stel dat ek glad nie die Hilux afskiet nie sy inligting en die feit dat my familie een besit maak hom net maklikker vergelykbaar. Daar word ook genoem dat die Amarok se spaarwiel reguit le agter die bak en nie opwaards soos op die Hilux nie, die rede hiervoor is dat dit steeds nie sy vertrek hoek benadeel nie omdat die bumper verder uitsteek en indien die vertrek hoek wel oorskry word sal die band die agterste chroom buffer beskerm omdat die band eerste getref word. Vier probleme wat die Amarok well het is dat die gaping tussen die klap en die bak well effens te groot is, die uitlaat sisteem wat voor die agter as eindig maak dit moelik om n "air crane" te gebruik, die tekort aan stuurwiel kontroles en die tekort aan n skuif venster agter.
Die Hilux het verskeie laste in sy bak (bestaan uit vyf panele) waar die van die Amarok byna geen het. Ek wonder ook waarom die Hilux nie deur Euro Ncap getoets is soos meeste ander voertuie nie waar net die Triton en die Hilux 4 sterre het, die ster wat beide verloor is in terme van voetganger veiligheid maar as jy voor n bakkie staan gaan jy ongelukkig tweede kom. Die Triton het n verskriklikke sagte klap agter wat baie maklik induik as jy enigge plek buiten die handvatsels druk maar die Amarok se klap is die dikste in sy klas. Die Triton was ook wesenlik meer onstabiel op grondpaaie as die Amarok waar die ESP werklik n wonderwerk is.
Baie mense bevraagteken die betroubaarheid van die Amarok se masjien maar ek will net noem dat die Amarok teen laer kompressie funksioneer as bv die Hilux as gevolg van sy twee turbos, n mens moet ook in ag neem dat die meeste moderne bakkies se turbo's "variable vane" turbos is wat baie maklikker blokeer as gevolg van sy ingewikkelde ontwerp as die twee "static vane" turbos van die Amarok. Die Amarok se aste is gegradeer om meer gewig te kan dra as die van die Hilux en sy kantelings hoeke is veel beter as gevolg van sy lae centre of gravity.
Hy het ook n langer roes waarborg as die Hilux en sy cabin is baie meer stof dig. Vir die wat will weet die BF Goodrich 265/70R17 bande pas well op die standaard Amarok en sy petrol verbruik voor die bande was 7,2 L/ 100 km as ek met die cruise control 105 Km/h ry. Ek beveel die park distance control baie sterk aan sowel as die mud flaps wat nie standaard is nie. Die Amarok se intercooler is ook verder terug in die bumper as die van die Hilux om dit teen klippe te beskerm en sy waarborg dek ten volle die masjien selfs al loop jy hom sy lewe lank met 500 ppm diesel.
Die ekstra hoogte in die bak is ook n groot plesier aangesien my vrieskas (Camp master 110L) nou heerlik onder die Tonneau cover pas. Sy sitplekke is uiters gerief en hopelik sal ek meer terugvoer kan gee na my 6480 km toer later in April. Ek het ook opgelet dat die tweede handse Amarok voertuie amper sonder uitsondering dieselfde kos of duurder is as nuwe Amaroks wat goed lyk vir sy herverkoops waarde. Ek hoop hierdie inligting help en ek sal graag enigge vrae beantwoord waar ek kan oor die Amarok of produkte soos VPS.
Ek wil net se dat al die huidige bakkies uiters goeie kopies is en ek dink nie enigge voertuig vandag sal sy eienaar teleurstel nie, elke voertuig het sy tekortkomings en deur voortyds daarvan te weet voorkom mens teleurstellings. Dankie aan al die boodskappe en geniet julle voertuie vir dit waarvoor hulle gemaak is.
Last edited by Dirk; 2011/04/27 at 11:14 AM.
Ek is ook n nuwe Amarok eienaar. Daarby saam is dit my eerste Dubbel Kajuit Bakkie, het tot nou toe nog n paar luikrug karretjies en twee sedans gery.
2012 VW Amarok
120KW BITDI 4Motion
Silver, Custom "AMAROK" branding in black
17" Wheels (by choice)
Bergh, dankie vir die gedetaileerde Amarok verduidliking dit was baie interesant.
Baie welkom, en dit is mos nou hoe n introduction moet lyk. Well done!!
Dents are like scratches but with better stories attached
Baie geluk Bergh!
2016 Mitsubishi Triton Exceed
Previous 2014 AutoAmarock
Baie welkom Bergh en ek is seker jy sal jou Amarok aanhou geniet soos ek myne geniet. die naysayers sal egter binnekort op jou toeslaan.![]()
BlinkGat Products
Manufacturing of Aluminium
custom made Products
Sarel 082 820 9413
www.blinkgatproducts.com
Welkom hier en enjoy.
Bookmarks