Weskus/Richtersveld/Kgalagadi





Results 1 to 20 of 20
  1. #1
    Join Date
    Nov 2010
    Location
    Pretoria
    Age
    41
    Posts
    6,947
    Thanked: 15

    Default Weskus/Richtersveld/Kgalagadi

    Dags!

    Eks 'n nuwe lid en baie beindruk met die 4x4 gemeenskap!

    Ek het 21 dae verlof vanaf 27 Januarie 2011 so tyd is nie 'n faktor nie.

    Die twee van ons (my nooi en ek) beplan 'n uitstappie as volg:
    Pretoria/Kleinsee ("Skeepswrak roete)/Port Nolloth/Alexanderbaai en van daar af oos deur die Richtersveld. Daarna deur Namibie of SA na Kgalagadi om dit ook te verken.

    Ek hou al sedert 1994 amper elke jaar vakansie in Mosambiek en het die plek nou plat getoer en genoeg vis gevang. Opsoek na iets nuut.

    Advies asseblief:

    1. Is iemand hier vertroud met die toestand van die pad vanaf Alexanderbaai na die Richtersveld?

    2. Is ek waansinning om sonder 'n groep die pad asook die Richtersveld aan te durf? Ek ry 'n Ford Ranger 2.5 TD DC 4X4 en sleep 'n medium groote 4x4 waentjie.

    3. Kan iemand raad gee of ek eerder deur SA na Kgalagadi moet ry of is die pad deur Namibie aan te beveel?

    4. Enige ander advies soos "Moenie gaan nie jy's mal" sal oorweeg word.

    Dankie!

    P.S.: EK vat meer as genoeg water en brandstof saam.

  2. #2
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Jeffreysbay
    Age
    66
    Posts
    518
    Thanked: 21

    Default

    Met soveel tyd sal ek die Weskus Eco Trail insluit.Begin by Koekenaap na die Olifants rivier,Soutrivier,Groenrivier Spoegrivier dis al langs die kuslyn op ,jy ry 2 spoor paaie net agter die duine,n belewenis !Spoegrivier,Hondeklip baai,Koingnaas,Kleinsee en dan Port Nolloth--Rightersveld.Jy kan dit alleen doen maar wees net voorbereid ,Ek en my vrou het dit met n 21 jaar oue Sycro Camper gedoen,Righterveld ingesluit en geen problemo.Julle sal regtig nie spyt wees as julle die Weskus Eco Trail insluit by julle planne nie,ek kry sommer weer lus !!!<br />
    Geniet dit !

    As jy vertroud is met die sleepwa sleep in sand sal die duk sand op die Weskus Eco Trail nie n probleem wees nie maar tog n challange ;-)
    Last edited by SkipSkop; 2010/11/30 at 10:40 PM.

  3. #3
    Join Date
    Aug 2009
    Location
    Somerset West when not in Jhb
    Age
    58
    Posts
    1,336
    Thanked: 110

    Default

    Fanatic,

    My tone krul sommer van jaloesie. Klink na 'n lekker trip. Ek sou beslis op pad Richtersveld toe, eers vier dae of so op die Namakwa Eko-roete spandeer het. Jy kan ry van Pella, Goodhouse, Grootmelkboom, Kamgab, Eksteensfontein en dan Richterveld Nasionale Park of Port Nolloth/Alexanderbaai en dan RNP en die res van jou roete. Die Namakwa eko-roete kan seker alleen gedoen word, maar as jy daar in die moeilikheid kom kan dit 'n paar dae wees voor jy mense sien. Soek gerus na die roete-verslae, veral Granlor s'n oor die Namakwa Eko-roete.

    Solank jy uit die poeierstof langs die Oranjerivier tussen De Hoop en Richtersberg bly, is jou risiko baia min vir vassit in die park. Die pad tussen Port Nolloth en Alexanderbaai is geteer of het jy 'n ander pad in gedagte?

    Geniet dit!!!

    Die foto hieronder is geneem op die Namakwa Eko Roete by Grootmelkboom - so twee maande gelede.
    Attached Images Attached Images  

    Hilux 3.0 D4D "Goldilocks" - Rigged for overlanding
    ORRA Callsign: X130
    Passionate about alternative energy

  4. #4
    Join Date
    Nov 2010
    Location
    Pretoria
    Age
    41
    Posts
    6,947
    Thanked: 15

    Default

    Dankie SkipSkop.

    Dis nou vir jou 'n idee! Was van plan om Namibie in te sluit in ons toer maar ek dink dit het sopas verander. Jy sien, praat met die mense wat weet!

  5. #5
    Join Date
    Nov 2010
    Location
    Pretoria
    Age
    41
    Posts
    6,947
    Thanked: 15

    Default

    Dankie Subok.

    Ek moet s jou foto is oortuigend!

    Ek is nie bekommerd oor die pad tussen Alexander and Port Nolloth nie maar eerder die pad vanaf Alexander na die Richtersveld al langs die oranjerivier in 'n oostelike rigting.

    Ek neem aan selfoon ontvangs is 'n probleem op die Namakwa Eko-roete?

    Sal nou Granlor se roete verslag lees.

    Dankie vir die advies.

  6. #6
    Join Date
    Aug 2009
    Location
    Somerset West when not in Jhb
    Age
    58
    Posts
    1,336
    Thanked: 110

    Default

    Die pad tussen Alexanderbaai en Sendelingsdrift is 'n wye grondpad, maar plek-plek sinkplaat van die mynboulorries se gebruik. Jy ry verby Helskloof uitgangshek waar daar 'n bemande beheerpunt is en dan na Sendelingsdrift.

    As ek sommer nog raad kan gee - 3-4 nagte in die park is genoeg om alles te sien. Bespreek by De Hoop (lekkerste kamp) en jy kan vandaar af alles verken met daguitstappies as jy nie lus is vir kamp opslaan elke dag nie. Maak beslis 'n draai by Kokerboomskloof - dis baie mooi.

    Vat maar klomp skaduweegoed saam en service die aircon en die yskas - dit gaan warm wees! Die mense verkoop nie ys daar nie (ook nie brandhout nie).

    Brandstof is net beskikbaar by Sendelinsgdrift, Alexanderbaai, en Steinkopf aan die SA kant. Jy kan by Vioolsdrif oor die grens gaan vir brandstof.

    As jy Garmin gebruik kan ek vir jou 'n Mapsource file stuur met landmerke en roetes aan die SA kant van die park. Granlor het ook die Namibie kant gedoen en sal ook vir jou dalk kaarte en roetes kan stuur.

    Ja - selfoon ontvangs is 'n probleem as jy afsak rivier toe.

    Groete
    Last edited by Subok; 2010/12/01 at 07:49 AM. Reason: Vergeet van die vraag oor selfoonontvangs

    Hilux 3.0 D4D "Goldilocks" - Rigged for overlanding
    ORRA Callsign: X130
    Passionate about alternative energy

  7. #7
    Join Date
    Aug 2007
    Location
    Pretoria
    Age
    63
    Posts
    4,177
    Thanked: 53

    Default

    Fanatic, aangesien daar reeds 'n lusmaker is, hier is 'n foto van die regte Grootmelkboom. Dis waar ons sommer in die rivier gebad het. G'n siel in sig.

    Attached Images Attached Images  
    "If you don't care where you are, you ain't lost"

  8. #8
    Join Date
    Nov 2010
    Location
    Pretoria
    Age
    41
    Posts
    6,947
    Thanked: 15

    Default

    Dankie dis presies wat ek wou weet, spesifiek hoe lank om ongeveer te bly.

    Ek het gelukkig 'n National Luna en 'n groot Coleman Extreme vir kos en ys.

    Garmin Mapsource sal waardeer word!

    Thanks vir die advies ek behulpsaamheid!

  9. #9
    Join Date
    Nov 2010
    Location
    Pretoria
    Age
    41
    Posts
    6,947
    Thanked: 15

    Default

    Spook dit lyk fantasties. Thanks vir die pic, nou konsentreer ek nog minder op my werk!

  10. #10
    Join Date
    Aug 2009
    Location
    Somerset West when not in Jhb
    Age
    58
    Posts
    1,336
    Thanked: 110

    Default

    Quote Originally Posted by Spook View Post
    Fanatic, aangesien daar reeds 'n lusmaker is, hier is 'n foto van die regte Grootmelkboom. Dis waar ons sommer in die rivier gebad het. G'n siel in sig.
    Spook - my foto is so 500m wes van die boom geneem. Ons het voor middagete daar aangekom van Kamgab af en onder die boom gaan laagle totdat die son ons toegelaat het om verder rivieraf op die oewer te gaan kamp opslaan. Hou nou asseblief op met die fotos!

    Hilux 3.0 D4D "Goldilocks" - Rigged for overlanding
    ORRA Callsign: X130
    Passionate about alternative energy

  11. #11
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Krugersdorp
    Age
    47
    Posts
    1,927
    Thanked: 104

    Default

    Die twee van ons (my nooi en ek) beplan 'n uitstappie as volg:
    Pretoria/Kleinsee ("Skeepswrak roete)/Port Nolloth/Alexanderbaai en van daar af oos deur die Richtersveld. Daarna deur Namibie of SA na Kgalagadi om dit ook te verken.
    Hi Fanatic, as jy alleen tyd saam jou nooi soek gaan jy defenitief na die regte plek op die regte tyd

    Maar om jou vrae te beantwoord die pad soos vroer genoem tussen Alex en Sendelingsdrif is mooi met net hier en daar sinkplaat. Jou hele roete kan jy alleen doen. Wees maar net versigtig en moenie dom dinge aanvang nie en jy en jou metgesel sal die vakansie van 'n leeftyd h. Die een ding wat moet reg wees op jou voertuig is jou bande want die wreld is maar klipperig op plekke maar verder behoort julle nie probleme te h nie.

    KUBU 4X4 TRAILER RENTAL
    083 631 6995
    [email protected]
    www.kubu4x4.co.za
    Click here for the latest updates in the Commercial Section
    Jannie Engelbrecht a.k.a. Granlor

  12. #12
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Kuilsrivier
    Age
    52
    Posts
    120
    Thanked: 8

    Default

    Jy kan vir Willem Grobbelaar bel op 0721895853. Hy sal jou kan help met inligting rondom waar jy kan ry en watter roetes. Hy het omtrent 30 aar in Alexanderbaai gebly en die laaste paar jaar toergroepe deur die richtersveld geneem. Hy sal jou ook kan help inligting rondom ander paaie in die Noord-Kaap en Weskus.
    GROBBI 2003 Jeep Grand Cherokee 2.7 CRD(HIS)2014 Mahindra Scorpio 2.2 MHawk (HIS Work horse)

  13. #13
    Join Date
    Aug 2009
    Location
    Somerset West when not in Jhb
    Age
    58
    Posts
    1,336
    Thanked: 110

    Default

    Hi Fanatic,

    Stuur asb vir my 'n privaatpos met jou e-pos adres. My Mapsource file is groter as die forum se minimum en ek kon dit nie aanheg hier nie. Dit het die roetes en waypoints wat ons gebruik het vir ons Richtersveld trip en Namakwa eko-roete. Dis nou as jy 'n redelike moderne Garmin produk gebruik met die Mapsource program.

    Kyk ook gerus op die SANParke se forum - daar is letterlik honderde bladsye inligting oor die Richtersveld, Kgalagadi ens. Kyk gerus uit vir Weskusklong se threads - hy ken ook die area baie goed.
    http://www.sanparks.org/forums/viewf...e2bb805cbabc43

    Geniet die beplanning.

    Hilux 3.0 D4D "Goldilocks" - Rigged for overlanding
    ORRA Callsign: X130
    Passionate about alternative energy

  14. #14
    Join Date
    Nov 2010
    Location
    Pretoria
    Age
    41
    Posts
    6,947
    Thanked: 15

    Default

    Dankie Subok, Granlor, Lightie.

    Ek sien al so uit na die trip dat ek in die aande sit en tinker met al my toerustig soos 'n klein seuntjie!

    Ons het besluit om Skipskop se roete ook in te sluit so ons begin onder by Koekenaap.

    Is dit nie bietjie warm vir "alleen wees" nie Granlor? Harde werk in daai hitte. Mag dalk 'n neusbloei veroorsaak maar ek sal my bes gee...

    Subok jy kan hierdie e-pos adres gebruik: [email protected]

    Wat is julle manne se planne vir die Des/Jan?

    Thanks julle!
    AMAROK
    BLINKGAT ALU CANOPY
    BLINKGAT DRAWER SYSTEMS AND FRIDGE SLIDE
    DOUBLE BATTERY SYSTEM
    BLNKGAT OFFROAD TRAILER WITH RTT



  15. #15
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Jeffreysbay
    Age
    66
    Posts
    518
    Thanked: 21

    Default

    Warm in die dag ja,maar anders as in Moz moet jy n warm baaitjie saamvat vir daai kou aandluggie wat meeste gepaard gaan met n koue mistigheid van die namiddag af !

  16. #16
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Krugersdorp
    Age
    47
    Posts
    1,927
    Thanked: 104

    Default

    Transkei visvang, nog net 'n week!!

    KUBU 4X4 TRAILER RENTAL
    083 631 6995
    [email protected]
    www.kubu4x4.co.za
    Click here for the latest updates in the Commercial Section
    Jannie Engelbrecht a.k.a. Granlor

  17. #17
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Kuilsrivier
    Age
    52
    Posts
    120
    Thanked: 8

    Default

    As jy by Koekenaap se bottelstoor aangaan en jou stock kry kan jy by my Ou Toppie sommer al die info kry waarlangs jy kan ry tot by Alexanderbaai. Hy ken al die paaie. Goeie idee en jy sal nie spyt wees jy het die weskus vanaf Koekenaap ook gedoen.
    GROBBI 2003 Jeep Grand Cherokee 2.7 CRD(HIS)2014 Mahindra Scorpio 2.2 MHawk (HIS Work horse)

  18. #18
    Join Date
    Nov 2010
    Location
    Pretoria
    Age
    41
    Posts
    6,947
    Thanked: 15

    Default

    Lightie ek sal met graagte 'n geselsie met jou oukrel gaan aanknoop in Koekenaap.

    E-mail gerus sy naam en nommer na [email protected].
    AMAROK
    BLINKGAT ALU CANOPY
    BLINKGAT DRAWER SYSTEMS AND FRIDGE SLIDE
    DOUBLE BATTERY SYSTEM
    BLNKGAT OFFROAD TRAILER WITH RTT



  19. #19
    Join Date
    Nov 2010
    Location
    Pretoria
    Age
    41
    Posts
    6,947
    Thanked: 15

    Default

    Granlor die Transkei visvang klink na 'n wenner.

    Vang julle vanaf die rotse of 'n boot?
    AMAROK
    BLINKGAT ALU CANOPY
    BLINKGAT DRAWER SYSTEMS AND FRIDGE SLIDE
    DOUBLE BATTERY SYSTEM
    BLNKGAT OFFROAD TRAILER WITH RTT



  20. #20
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Krugersdorp
    Age
    47
    Posts
    1,927
    Thanked: 104

    Default

    Strand, ek hoop die vis loop mooi die jaar!

    KUBU 4X4 TRAILER RENTAL
    083 631 6995
    [email protected]
    www.kubu4x4.co.za
    Click here for the latest updates in the Commercial Section
    Jannie Engelbrecht a.k.a. Granlor

Tags for this Thread

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •