Dags!

Eks 'n nuwe lid en baie beindruk met die 4x4 gemeenskap!

Ek het 21 dae verlof vanaf 27 Januarie 2011 so tyd is nie 'n faktor nie.

Die twee van ons (my nooi en ek) beplan 'n uitstappie as volg:
Pretoria/Kleinsee ("Skeepswrak roete)/Port Nolloth/Alexanderbaai en van daar af oos deur die Richtersveld. Daarna deur Namibie of SA na Kgalagadi om dit ook te verken.

Ek hou al sedert 1994 amper elke jaar vakansie in Mosambiek en het die plek nou plat getoer en genoeg vis gevang. Opsoek na iets nuut.

Advies asseblief:

1. Is iemand hier vertroud met die toestand van die pad vanaf Alexanderbaai na die Richtersveld?

2. Is ek waansinning om sonder 'n groep die pad asook die Richtersveld aan te durf? Ek ry 'n Ford Ranger 2.5 TD DC 4X4 en sleep 'n medium groote 4x4 waentjie.

3. Kan iemand raad gee of ek eerder deur SA na Kgalagadi moet ry of is die pad deur Namibie aan te beveel?

4. Enige ander advies soos "Moenie gaan nie jy's mal" sal oorweeg word.

Dankie!

P.S.: EK vat meer as genoeg water en brandstof saam.