Rear bumper gadget





Results 1 to 17 of 17
  1. #1
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Swakopmund
    Age
    58
    Posts
    870
    Thanked: 1

    Default Rear bumper gadget

    Het al 'n paar keer gesien dat agter op die bumper van bakkies 'n net of rubber
    ding tot op die grond hang om klippe te keer.

    My vorige keer 'n Namibia het ek omtrent my sleepwa ge"sandblast"

    Gaan volgende jaar weer en sleep die keer my Xplorer. Mammie sal my moer
    as dieselfde met die karavaan gebeur as met die sleepwa.

    Koop 'n mens die goed erens of is almal maar brousels wat die ouens by die
    huis aanmekaarslaan ?

  2. #2
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Benoni
    Age
    44
    Posts
    1,035
    Thanked: 0

    Default

    Rico, ek sal ook smaak om te weet.

    Die probleem is ook dat die"tailgate" net so gemoer word met sand en klippies
    as hulle terug slaan. Die gewone mudflaps dien geen doel nie...

    My Hilux het lelike skade opgedoen op die tailgate en my NUWE OME shocks
    en op die voorkant van die fenders.

    Al die geel is af op die OME's en dit net van Nam.
    '94 Hilux 4x4 3.0 D/Cab. KZTE Eng.
    2007 Fortuner 4x4 4L V6 AT

  3. #3
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Pretoria
    Age
    46
    Posts
    2,788
    Thanked: 3

    Default

    O nee Hilton

    As die geel van jou shocks af is kan jy hulle maar weggooi, dan is hulle net so goed soos 'n Gabriel of Armstrong.

    Dis hoekom ek ook so "[email protected]&rin" was toe die panelbeaters my mooi rooi Procomp shocks swart geverf het. (PS ek het die Procomps rooi laat maak om by die bakkie te pas )

    Rico

    Toe ek nog 'n jong laaitie was en ons altyd Sodwana toe gegaan het het my oom sy eie rubber "mudflaps" gemaak met stukke rubber wat op die grond geleep het, Hy het dit sommer aan sy Safari se towbar vasgemaak om the keer dat sand en klippe nie die karavaan bestadig nie. Die enigste probleem met sulke land goed is dat jy dit tydelik moet opbind as jy reverse anders ry jy oor dit.

  4. #4
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Paarl
    Age
    58
    Posts
    1,673
    Thanked: 1

    Default

    Wat ek ook algesien is , is 'raam wat jy oortrek met skadunet en onder die disselboom vasmaak. Dit keer dat die klippe, ens opspat teen die sleepwat. Of dit werk weet ek nie.
    Johann Bredell

  5. #5
    Join Date
    Oct 2006
    Location
    Redland Bay - Queensland
    Age
    63
    Posts
    655
    Thanked: 2

    Default

    Hilton, soos Ben sÍ kan jy jou eie maak. Jy kan dalk by die boere ko-operasies kyk maar ek twyfel. Ek het al 'n paar of wat gemaak van conveyor belting, nie die wat staal versterking in het nie en so 4 tot 5mm dik is. Word in die voedsel bedryf gebruik. In elk geval, jy moet jou bestaande flappe afhaal en dit eksta lank maak maar half onder die kajuit invou voor jy dit laat afhang sodat jy dit nie kan afry as jy soos Ben terugstoot nie. (Ek dag 'Ota's kan nie terug nie - gaan net voorentoe!) Dit moet swaar genoeg wees sodat die wind dit nie te veel kan terug stoot nie. Ek hou nogal van die skadunet idee, net die raam idee moet ek aan werk. Miskien gewiggies onderaan vasmaak.
    Johan

  6. #6
    Join Date
    Oct 2006
    Location
    Roodepoort
    Age
    61
    Posts
    291
    Thanked: 15

    Default

    My idee - en dit gebeur selde. Ek het al op die Landy 90's gesien. Die flappe hang verder agtertoe - gelyk met die bak se kant. Kan 'n mens nie met square tubing 'n balk maak waaraan die twee flappe dan hang nie. Dit kan dan met een of ander manier geheg word (net wanneer jy dit nodig het) aan die onderkant van die bumper. So as jy dan terugry kan jy dit nie maklik vastrap nie.

    Groetnis,
    Tinus

  7. #7
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Marina da Gama, Cape Town
    Age
    47
    Posts
    1,467
    Thanked: 0

    Default

    My trailer het 'n eye-bolt op elk van die voorste 2 hoeke. Die vorige eienaar het 'n kontrapsie met rek en skadunet gehad wat hy aan die 2 eye-bolts en aan die agterkant van sy Prado vasgeclip het. Maak net seker dat dit genoeg kan mee gee as jy draai. Ek dink haasrek sal werk, het 'n redelike dik ene gesien by SA Rubber.


    2005 Jeep Grand Cherokee 3.0
    "The grey shoe". EFS Suspension | JK rims coming soon...
    2000 Jeep Cherokee 4.0 Sport
    Rubicon Express 3.5" Superflex Lift Kit | Rancho RS99009 / RS 99116 shocks | Custom Hack'nTap SYE + Double Cardan Driveshaft | RE Quick Disconnects | Unichip (164kW) | 31" Kumho KL71

  8. #8
    Join Date
    Nov 2006
    Location
    Perth, Australia
    Age
    43
    Posts
    1,608
    Thanked: 241

    Default

    n Vinnige en goedkoop manie om een self te maak.

    Gaan na jou naaste matte winkel en koop die dikste industriele mat wat jy kan kry. Die idee is dat die mat nie maklik kan buig van die wind drukking as jy ry nie. Brand met n soldeer yster 5mm gaatjies in die mat en hang dit met cable ties van die tow bar af. Die cable ties is goedkoop genoeg om sommer af teknip as jy dit wil weg bere vir n volgende keer. Pak jou voertuig klaar met al die bagasie en sit die mat laaste vas. Laat hom so 50 - 100 mm van die grond af hang.

    Die lekkerte is dat jy by jou matte plek die kleur kan kies waarvan jy hou. Vir die eerste afstand wat jy afle op die teer, sal die mat nog baie mooi lyk, maar sodra jy grondpad slaan raak hy net een stof bol. Spuit met tuinslang af.

    As die mat nie swaar genoeg is nie....... hang 3 of 4 visvang sinkers onder aan.

    Hoop dit help.
    No more Jeeps for me for a while.
    2009 Ford Ranger PK 3.0

  9. #9
    Join Date
    Oct 2006
    Location
    Redland Bay - Queensland
    Age
    63
    Posts
    655
    Thanked: 2

    Default

    Jis JD dit is 'n goeie plan. As hy te maklik opwaai kan 'n ou selfs 2 opmekaar vasmaak vir gewig en stewigheid. Ek het in AustraliŽ gesien hulle het treilers met 'n "bulbar". Net voor die treiler se 'body' bokant die disselboom word 'n lang paal vasgemaak dwars waarvan hulle seile hang en onder die treiler vasmaak sodat klippe nie teen die teiler vasslaan nie. Die probleem egter is as jy skerp draai kan dit jou voertuig beskadig.

  10. #10
    Join Date
    Nov 2006
    Location
    Perth, Australia
    Age
    43
    Posts
    1,608
    Thanked: 241

    Default

    Quote Originally Posted by Jengel View Post
    sodat klippe nie teen die teiler vasslaan nie.
    Die probleem is egter nie so seer die beskadiging van die trailer nie, alhoewel dit ook n faktor is, maar die klippe spring teen die trailer vas en dan weer terug na die voertuig toe. Soos wat Hilton (tophilux) gese het. Ek het n vriend wat met n opel corsa (1500km op die klok) vanaf Somerset Wes na sy pa se plaas in Papkuil Kimberly gery het. Om daar te kom moes hy 170km grondpad ry. Die trailer wat hy het, het iemand met mat beplak aan die voorkant. Dit het amper soos n trampoline mat gewerk vir die klippe wat na agter skiet. Hy moes sy hele agterkant van sy kar oor spuit.
    No more Jeeps for me for a while.
    2009 Ford Ranger PK 3.0

  11. #11
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Pretoria
    Age
    46
    Posts
    2,788
    Thanked: 3

    Default

    Wat van skadunet wat jy aan die een kant aan jou toubaar vasmaak en die anderkant aan dit trailer? Amper soos wat jengel gesÍ het. Miskien met rekke of iets onder die trailer sodat jy nog steeds kan draai maar dat dit wel al die klippe na onder reflekteer. Toe komaan julle handige ouens, maak so iets dat ons kan sien of dit sal werk.

  12. #12
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Kempton Park
    Age
    53
    Posts
    13,875
    Thanked: 1006

    Default

    O julle klomp klipkoppe

    Op jou towbar se plaat bout jy n squaretube vas en dan skuif jy twee ander kleiner tubes in met splitpins en aan die ander kant bout jy rubber fellings vas wat tot op die grond hang. As jy dan wil offroad trek jy die penne uit en sit die flaps in jou bakkie!
    Training: 4x4, bushmechanics, recovery, defensive, 4x4 trucks
    Supply and manufacture: Recovery gear, Custom 4x4 installations and manufacturing, 4x4 equipment
    Angel Construction
    Turnkey Construction solutions [Indoor shooting ranges, safe rooms, shops and shopfitting, Rainwater harvesting, Solar]
    IP CCTV, electric Fencing, Automation, Gates, Stainless steel Fabrication
    You name it, we can probably build or manufacture it.

    [email protected]
    +27824453301

  13. #13
    Join Date
    Nov 2006
    Location
    Pretoria
    Age
    50
    Posts
    149
    Thanked: 9

    Default

    Quote Originally Posted by charlatan View Post
    My trailer het 'n eye-bolt op elk van die voorste 2 hoeke. Die vorige eienaar het 'n kontrapsie met rek en skadunet gehad wat hy aan die 2 eye-bolts en aan die agterkant van sy Prado vasgeclip het. Maak net seker dat dit genoeg kan mee gee as jy draai. Ek dink haasrek sal werk, het 'n redelike dik ene gesien by SA Rubber.
    Ek het amper so iets vir my laat maak om mooi tussen die Condor en die Imagine Trailvan te pas. Dit werk so:

    Op die kante van die A-raam van die Imagine het ek 'guiding rail' (dieselfde strips wat aan karavane vasgeheg word waaran rally tente vaskom) laat aanbring.

    Ek het toe 2 skadunet stukke laat maak wat netjies vasgestik is aan die canvas voering wat in die guiding rail inskuif. Aan die buitekant van elk van die skadunet stukke wat 'n gewone voering het, is 'n lang stuk bungy cord deurgeryg wat dan ook hak aan die 2 eyebolts aan die Imagine. Die bungy cord clip dan maklik met carbiners vas aan die 2 recovery-eyes aan die buite kante van die Condor onder die bumper. Dit lyk netjies en span lekker styf, al word daar gedraai. En die koste van die custom-made skadunette en bungy cords: R165.

    Die guiding rails is aangebring deur die ouens van Imagine as deel van ander fitments wat ek gedoen het so ek is nie seker wat dit alleen gekos het nie. Kon nie veel meer as R100 gewees het nie.
    Last edited by Fritzie; 2006/12/21 at 11:03 AM.

  14. #14
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Pretoria
    Age
    46
    Posts
    2,788
    Thanked: 3

    Default

    Show us some pictures please

  15. #15
    Join Date
    Nov 2006
    Location
    Pretoria
    Age
    50
    Posts
    149
    Thanked: 9

    Default

    Quote Originally Posted by benhur View Post
    Show us some pictures please
    Hi Bennie

    Ek is amper oppad met vakansie (sonder die Imagine). As ek terug is op 1 Jan 2007 sal ek die Imagine hak, fotos neem en dit probeer download of 'n link na foto webwerf te plaas.

    Groete en 'n geseende feesttyd!

  16. #16
    Join Date
    Nov 2006
    Location
    Pretoria
    Age
    50
    Posts
    149
    Thanked: 9

    Default

    Hier is die link soos beloof met 'n paar fotos. Ek hoop dit werk:

    http://www.flickr.com/photos/3320663...7594454617345/

    Ek wil egter nog 'n modifikasie aan die net doen aangesien die canvas voering effens uitskuif indien daar skerp gedraai word: ek wil nog 2 eyebolts laat aanbring aan die Imagine neffens die guiding rails asook eyerings aan die skadunet wat dan met nog twee carbiners verbind word sodat die voering nie kan skuif nie.

    Ek het nog nie my prakseersel op die grondpaaie beproef nie maar ek sal laat weet na Mei welke dit geslaag is: gaan vir 'n 40 dae trip Namibie toe...

  17. #17
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Adelaide
    Age
    43
    Posts
    2,706
    Thanked: 23

    Default

    Lyk nogal of daai patent kan werk. Wil reeds iets op my waentjie probeer. Ek het 'n gewone Campmaster wa wat ek by Makro gekoop het, wil egter die deksel en so paar ander areas versterk en 'n tent opsit. Die stofnet is net die regte ding om opskiet klippe te keer.

    2012 Jeep WK2 Limited CRD
    2" Murchison Lift
    265/65R18 Dick Cepek Trail Country
    TJM sidesteps
    Uneek4x4 Recovery points

Similar Threads

  1. Traction Control saam met meer as 1 diff lock
    By Samaya in forum General 4x4 Discussion
    Replies: 2
    Last Post: 2011/10/14, 09:47 AM
  2. Defender Rear bumper: Step Wanted
    By Trevor_Mathews in forum Land Rover
    Replies: 8
    Last Post: 2011/06/17, 08:52 PM
  3. Rear replacement bumper - Pajero Gen 3.
    By AndrewR in forum Vehicle & Technical Chat - General
    Replies: 6
    Last Post: 2009/11/22, 11:13 AM
  4. Changa Bumper
    By Changa Bulanga in forum Jeep
    Replies: 28
    Last Post: 2009/05/05, 10:09 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •