Paindane - nare nasmaak





Results 1 to 8 of 8
  1. #1
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    WELLINGTON
    Age
    57
    Posts
    948
    Thanked: 39

    Thumbs down Paindane - nare nasmaak

    Ek wil nou weer hier 'n kind op die naam noem:....
    'n Wonderlike tyd saam met vriende in Paindane is onlangs vir ons versuur deur erg onsmaaklike behandeling wat ons as groep gekry het van die eienares (by name Lee Booysen) van hierdie lieflike ontspanningsplek.
    Ons het as drie families saam bespreek, saam daar aangekom en min of meer alles saam gedoen. Ons kon gemaklik oor en weer kuier want daar was 'n bestaande klein voetpaadjie wat ons drie blyplekkies verbind het. Niemand het aan ons gese dat ons nie hierdie paadjie mag gebruik nie, en aangesien die personeel ook die paadjie gebruik het, het ons niks daarmee verkeerd gesien nie. (Die paadjie is duidelik sigbaar op Google Earth en is ongeveer 20 meter lank. In teenstelling met die groot wye sagtesandstrate van die oord. As ons nie die paadjie kon gebruik nie, sou ons 'n ompad van 300 meter deur die sagte sand moes stap! Ons het elke aand saam ge-eet. Hoewel ons oor en weer gekuier het, het ons probeer om nie skade aan die bosse langs die paadjie aan te rig nie en nie die sand te veel te versteur nie - Die sand was vasgepak met halwe kokosneutdoppe - werk nogals goed..)
    Twee dae voor ons vertrek - toe was ons al 'n week daar - was daar skielik 'n doringtak in die pad en het die daaropvolgende behandeling van ons as groep het veel te wense oorgelaat. Daar is op ons geskree, (ja deur die eienaar se vrou), ons is van onredelikheid bekuldig, ons is van onsenstiwiteit beskuldig, en dit alles omdat ons protesteer het daarteen om soos beeste met doringtakke toegepak te word! Sonder dat enigiemand die situasie met ons kom bespreek het...
    Teen die tyd dat iemand wel kom praat het was dinge al klaar omgekrap gewees. Die bestuurders (Johan en Suria), het die sakie nogal mooi hanteer inisieel, maar ongelukkig het die eienares toe ook haar vingers kom insteek. Dit het nie goed afgegaan nie.
    Ek wil nou nie die hele ou sak patats hier oopgooi nie, want daar was nog ander dinge wat gepla het ook; en ek het 'n brief aan die plek gerig. Ek wag nou al 'n week op 'n antwoord, en 'n verskoning.
    Ek wil net hierdie een ding hier se: Hierdie ondervinding wat ons gehad het, was so onaangenaam dat ons as groep besluit het dat Paindane Resort ons nie weer sal sien nie. (Tussen ons drie gesinne het ons tussen R25000-R40 000 daar bestee vir die nege dae wat ons daar gebly het!) )Swak diens en ongeskikte, arrogante eienaars moet sien en hoor en voel, dat sulke dinge nie geduld sal word nie, en ek het die vermoe om hulle swak diens aan betalende, ordentlike, redelike GASTE, aan die groot klok te hang, en almal wat wil hoor, daarvan te vertel.
    Ek doen dus 'n beroep op almal wat dit oorweeg om Paindane te besoek om dit te heroorweeg en eerder een van die ander oorde in die omgewing te gebruik. Kanselleer; en ondersteun eerder Guinjata Bay of een van die ander plekke daar - Jay's of Pleasure Bay....Swak diens moenie beloon word met verdere besprekings nie...
    Indien nodig sal ek hierdie ook vertaal in Engels, en sal ek my brief aan Paindane ook plaas op die forum en elders.
    John van Dyk
    Land Cruiser VX 4.7l V8 1999
    Mercedes Benz E 200K 2005 ma se ryding...niks meer besem nie!
    Kia Sportage 2007 2.0 CRDI -seun se ryding
    Kia Sportage 2012 2.0i AT - seun se ryding
    Noname Boswa
    Honda CRV 2005 -2.0i VTEC seun se ryding...verkoop

  2. #2
    Join Date
    Aug 2008
    Location
    Secunda
    Age
    62
    Posts
    912
    Thanked: 23

    Default

    Nogal ver gery vir swak diens! Ek ondersteun jou mening en sou graag hulle kant wil hoor. Ek is oor 12 dae in daai gebied en sal besluit of ek daar gaan bly.
    Laas wat ek daar was was daar 'n hengel kompetiesie wat grotliks uit gewaai het en met baie mense was dit lekker daar.
    Hou ons op hoogte asb.
    Nico

  3. #3
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Polokwane
    Age
    37
    Posts
    264
    Thanked: 0

    Default

    Funny how small issues can get out of hand while on holiday.

    I was unhappy with a few things at Guinjata but kept it to myself trying to keep a holiday mood. When we checked out I was handed a form to fill in with suggestions, so I listed my complaints with my e mail adress. NOTHING, no response, but I get mails to tell me about specials

    If I my add, the best place and treatment I ever got in Moz was Pomene Lodge. We were treated like hotel guests even though we were camping. Nice.

    There are so many places to go in Moz, I don't support or go to places leaving a bad taste.

  4. #4
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Pretoria
    Age
    64
    Posts
    2,001
    Thanked: 272

    Default

    Ek is baie jammer om dit te hoor van Paindane. Ons was al 3 keer daar en het dit baie geniet. Het nog geen probleme gehad nie en die bietjie wat ons met die oord se mense gepraat het was hulle heel vriendelik. Die eienaar, Afrikaanse man, het ietwat bombasties voorgekom maar dit het niks met ons te make gehad nie, of dit nog dieselfde mense is weet ek nie, ons was laas daar na die brand kort nadat die nuwe restaurant onder oopgemaak was. 'n Ander plek net verder suid is Island Rock Resort wat ook heel oulik lyk. Die mense daar is/was egter familie van die op Paindane. Guinjata Baai is te kommersieel na ons smaak.

  5. #5
    Join Date
    Nov 2006
    Location
    Bloemfontein
    Age
    55
    Posts
    1,776
    Thanked: 163

    Default

    Wat 'n jammerte dat die swak diens wat mens somtyds in Suid Afrika kry, ook nou na ons buurlande oorwaai!?

    Dankie John dat jy ons gewaarsku het!


    Bostoe

  6. #6
    Join Date
    Oct 2006
    Location
    Melkbosstrand
    Posts
    779
    Thanked: 541

    Default

    Not good, but would be great to hear the resort's point of view on this as well...

  7. #7
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Stellenbosch
    Age
    50
    Posts
    226
    Thanked: 2

    Default

    dankie vir die info, sal dit in gedagte hou
    Toyota Prado 4.0l Petrol
    OME Suspension
    B'rakhah Ingonyama Offroad Camper

    Previously2002 Disco TD5

  8. #8
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    WELLINGTON
    Age
    57
    Posts
    948
    Thanked: 39

    Default

    Quote Originally Posted by Kola View Post
    Not good, but would be great to hear the resort's point of view on this as well...
    Yes I would have preferred some response from them as well, but they seem set on ignoring my letters. I don't like to involve myself in one-sided issues like this. I will however, just a soon as I have transferred info from my old laptop to this new machine, also publish the letter I wrote to them to give a more detailed picture of the issues in this case. I don't think I am over reacting or exagerating anything. It just boils down to bad service and bad marketting...and I think I can help them there don't you think

    Really there is very little wrong with Paindane, and I agree that Guinjata is quite commercialised...I merely mentioned them by name as they are in the same area...
    John van Dyk
    Land Cruiser VX 4.7l V8 1999
    Mercedes Benz E 200K 2005 ma se ryding...niks meer besem nie!
    Kia Sportage 2007 2.0 CRDI -seun se ryding
    Kia Sportage 2012 2.0i AT - seun se ryding
    Noname Boswa
    Honda CRV 2005 -2.0i VTEC seun se ryding...verkoop

Similar Threads

  1. Letaba - Giriyondo - Chidenguele(EN1) - Paindane
    By Topless in forum Mozambique
    Replies: 5
    Last Post: 2010/06/02, 08:20 PM
  2. Paindane trip report
    By RUSSELL in forum Mozambique
    Replies: 14
    Last Post: 2010/04/14, 03:48 PM
  3. Giriyondo to Paindane via Xai Xai - Sept 2009
    By mccabe in forum Mozambique
    Replies: 1
    Last Post: 2009/07/20, 11:12 AM
  4. Paindane hengel
    By DFNDR-GP in forum Fishing
    Replies: 2
    Last Post: 2009/02/06, 06:52 PM
  5. CPT to Paindane distance/route required....
    By Vee6 in forum 4x4 Trails / Routes / Clubs
    Replies: 7
    Last Post: 2008/03/31, 04:04 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •