Alternatiewe roetes na kruger wildtuin?





Results 1 to 6 of 6
  1. #1
    Join Date
    Apr 2010
    Location
    Pretoria
    Age
    32
    Posts
    62
    Thanked: 0

    Talking Alternatiewe roetes na kruger wildtuin?

    Ek ry volgende week Kruger wildtuin en wil graag 'n alternatiewe roete ry, enige voorstelle?

  2. #2
    Join Date
    Jan 2010
    Location
    Standerton
    Age
    38
    Posts
    61
    Thanked: 0

    Default

    Dit hang af hoe julle die wildtuin wil ry. Wil jy van noord na suid of suid na noord. Wil jy net die noorde, sentrale dele of die suide toer?
    Ek sien jy is van Pretoria so jy het `n afstand om te ry. Om by die noorde uit te kom kan jy met die N1 tot Louis trichard(Makhado) as jy by Punda Maria wil ingaan of tot in Mussina as jy by Pafuri wil ingaan. Die sentrale gedeeltes of Satara kan jy by Phalaborwa hek of Orpen hek ingaan. N1 tot in Pholokwane en dan van daar af Tzaneen en dan Phalaborwa. Die suide kan jy vanaf Komatipoort(Krokodil brug), Malelane(Malelane), Witrivier(Numbi) en Hazyview(Phabeni, Kruger hek) ingaan.
    As jy net wil ry om daar te kom en glad nie `n "scenic route" wil vat nie klim op die N4 en ry tot een van die plekke.
    Ek weet nie waar julle gaan bly nie of wat julle als beplan nie maar my voorstel sal wees Pretoriuskop of Satara. Numbi hek is 7km van Pretoriuskop. daar is `n 4x4 roete ook wat net `n klein hoeveelheid voertuie mag gebruik per dag. Satara het ook `n 4x4 roete. Roetes is baie stil en het baie om na te kyk. Diere is ook nie geneig om so verskrik te wees as langs die hoofroetes nie.
    As jy `n baie mooi roete wil ry kan jy op die N4 klim, ry tot by Belfast en draai af op die R540 rigting Dulstroom. Dulstroom is `n mooi plekkie om te stop. Volgende dorp is Lydenburg, Net so mooi met baie geskiedenis. Van Lydenburg het jy 2 keuses nl Suid of Sentraal. Sentraal kan jy ry na Ohrigstad, Hoedspruit. Van Hoedspruit kan jy lings draai Phalaborwa toe of regs Klaserie toe en dan by Orpen hek ingaan(Moenie verby Bosveld Slaghuis ry nie, lekkerste biltong in SA net so paar km buite hoedspruit). Die ander roete vanaf Lydenburg kan jy Sabie-Hazyview ry(Onthou net om by Patena's te stop vir die beste pannekoek) of Sabie-Witrivier of oppad Sabie toe kan jy afdraai Nelspruit toe.

    Lekker ry.

    Gaan groot of gaan huis toe...

  3. #3
    Join Date
    Nov 2009
    Location
    Centurion
    Age
    50
    Posts
    2,194
    Thanked: 684

    Default

    Quote Originally Posted by Wendell View Post
    ,As jy `n baie mooi roete wil ry kan jy op die N4 klim, ry tot by Belfast en draai af op die R540 rigting Dulstroom. Dulstroom is `n mooi plekkie om te stop. Volgende dorp is Lydenburg, Net so mooi met baie geskiedenis. Die ander roete vanaf Lydenburg kan jy Sabie-Hazyview ry(Onthou net om by Patena's te stop vir die beste pannekoek).

    Lekker ry.
    Dis die pad wat ons altyd ry, dis lekker as daar kinders in die kar is want ons tel die dorpe af. Van Belfast na Dullstorrm dan Lydenburg, Sabie en Hazyview is die dorpe lekker naby aan mekaar en voel dit vir die kinders of die pad vinnger verby gaan, Die Long Tom pas is beautifull, en ek hou van die op en afdraandes en draaie dit hou die bestuurder ook besig(ratte ruil, wiele draai ens) en is nie so boring soos om op 'n reguit pad net te sit en stuurwiel vashou nie. Stop by die Long Tom, rek bene en neem 'n paar foto's

    Garrie
    Defender 110 TD5 CSW 18P loving every moment driving it !!!!!
    Suzuki Jimny with custom made rack and drawers view here - Sold
    Stay away from negative people. They have a problem for every solution...

  4. #4
    Join Date
    Jul 2010
    Location
    sannieshof
    Age
    48
    Posts
    47
    Thanked: 0

    Default

    Hoe lyk die pad van nelspruit, bosbokrant na orpen? Kan iemand dalk meer inligting gee asb? Is dit beter as die lydenburg pad?

  5. #5
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Standerton
    Age
    56
    Posts
    200
    Thanked: 2

    Default

    Hallo Jakes1.
    ek het einde Januarie my karavaan gesleep kruger toe en by orpen ingegaan. my roete was soos volg.
    Standerton - Bethal - Middelburg en op n4 tot by belfast.
    Belfast - dullstroom - lydenburg - pelgrims rust graskop. en oorslaap
    Graskop deur kowynspas na bosbok rant en deur na orpen.

    geen probleem met daardie paaie nie en op daardie tyd het dit vreeslik baie daar gereen. jy moet net nie van lydenburg vrby origstad en echo groote ry nie want na origstad is die paaie baie sleg.

    ek hoop dit help
    bye

    Koekies Koekemoer Stdton MP
    2004 Kia Sorento 3.5 V6 A/T
    '98 Colt Rodeo DC 4x4 V6 ;tnt branches;cooper STT'sastek Unichip;
    Suzuki LTZ 400 '05
    Craig 27Mhz SSB;
    Kirisun VHF
    ORRA ( B61 )
    ZS6CK

  6. #6
    Join Date
    Feb 2010
    Location
    Kriel
    Age
    53
    Posts
    6
    Thanked: 0

    Default

    Hi jakes1,

    Het karavaan gesleep vanaf Shingwedzi na Phalaborwa Bosbokrand Graskop Sabie in Julie.

    Die pad oppervlak is nie sleg nie, daar was padwerke (Ry Stop) tussen Phalaborwa en Mica. In Boskbokrand is daar beeste en bokke wat selfmoordneiginings toon deur voor voertuie in te loop en heelwat onpadwaardige voertuie..

    Stadig en versigtig dan kan Jy dit maak deur Bosbokrand

Similar Threads

  1. Ghosts and Magic in the Kruger National Park
    By Mister4 in forum General 4x4 Discussion
    Replies: 9
    Last Post: 2015/05/11, 04:15 PM
  2. Kruger to Moz entry points
    By outop in forum Mozambique
    Replies: 1
    Last Post: 2010/06/30, 03:44 AM
  3. Lebombo Mountian 4x4 trail Kruger Park
    By CMCG in forum Mpumalanga
    Replies: 5
    Last Post: 2010/06/10, 05:13 PM
  4. South Kruger to Sodwana Bay route advice
    By Ericarole in forum General 4x4 Discussion
    Replies: 9
    Last Post: 2010/03/05, 02:21 PM
  5. Limpopo / Kruger Transfrontier Park
    By Welman in forum Mozambique
    Replies: 7
    Last Post: 2008/05/15, 11:07 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •