goeie more almal
ek soek tog raad asb,ek het my 2001 lr defender hardtop verkoop en vir my 'n 2002 lr defender 7/seater Td5 met 131000km gekoop.die enjin was nie baie skoon nie(baie stof)en ek het besluit om die enjin te was met prepsol.prepsol opgespuit,laat staan vir 15 min en enjin behoorlik met water afgespuit.na omtrent 'n uur het ek die landy aangesluit om te start en te ry.ek sien toe dat die olie lig en CDL lig bly brand.kyk toe die olie en CDL en alls was reg en toe ek wegtrek om te ry toe sien ek dat my speedometer ook nie meer werk nie tel ook nie kilometers op nie,soos wat ek toe ry met die landy het die olie lig en CDL lig begin verdof,maar speedometer werk nie.fuses is nagegaan en almal is reg.die volgende dag toe ek wegtrek om te ry(reverse)toe werk die speedometer,toe ek vorentoe ry begin hy werk,maar toe ek begin spoed optel by 20 km/h toe dood hy weer.die olie en CDL ligte brand so te se glad nie meer nie maar speedometer is nog dood.
is daar iemand wat die probleem al gehad het.ek ken die lr en vorige eienaar baie goed,lr het nog nooit die probleem of enige ander probleme gehad nie.vorige eienaar het die enjin nooit gewas nie omdat hy bang was hy spuit hom dalk dood.nou ja toe spuit ek hom nou te nat.
Bookmarks