JJLB, nou wat leer jy uit die les uit, moet nooit jou LR weer was nie jy weet hoe is daardie dierasie hulle hou van vuil wees.
|
goeie more almal
ek soek tog raad asb,ek het my 2001 lr defender hardtop verkoop en vir my 'n 2002 lr defender 7/seater Td5 met 131000km gekoop.die enjin was nie baie skoon nie(baie stof)en ek het besluit om die enjin te was met prepsol.prepsol opgespuit,laat staan vir 15 min en enjin behoorlik met water afgespuit.na omtrent 'n uur het ek die landy aangesluit om te start en te ry.ek sien toe dat die olie lig en CDL lig bly brand.kyk toe die olie en CDL en alls was reg en toe ek wegtrek om te ry toe sien ek dat my speedometer ook nie meer werk nie tel ook nie kilometers op nie,soos wat ek toe ry met die landy het die olie lig en CDL lig begin verdof,maar speedometer werk nie.fuses is nagegaan en almal is reg.die volgende dag toe ek wegtrek om te ry(reverse)toe werk die speedometer,toe ek vorentoe ry begin hy werk,maar toe ek begin spoed optel by 20 km/h toe dood hy weer.die olie en CDL ligte brand so te se glad nie meer nie maar speedometer is nog dood.
is daar iemand wat die probleem al gehad het.ek ken die lr en vorige eienaar baie goed,lr het nog nooit die probleem of enige ander probleme gehad nie.vorige eienaar het die enjin nooit gewas nie omdat hy bang was hy spuit hom dalk dood.nou ja toe spuit ek hom nou te nat.
JJLB, nou wat leer jy uit die les uit, moet nooit jou LR weer was nie jy weet hoe is daardie dierasie hulle hou van vuil wees.
2005 Ford Ranger 4.0 SuperCab
Ek vermoed een of ander ietsie het nat geword. My Toyota Camry se rev counter is vol streke na enjin was, volgende dag weer reg.
Ek sou los vir 'n wyle tot hy behoorlik droog is. Teen more nog snaaks is, sou ek begin worry
Sold Land Rover 110 Tdi Hard top.
Crank driven compressor http://www.4x4community.co.za/forum/...ad.php?t=42059
Sold: 2000 Discovery2 V8 Auto
Current: 2005 Subaru Outback 3.0R: Mommy wagon, strapped to a rocket. What a car!
Orra call sign B226
Miskien tyd om haar bietjie te nurse met die haardroėr of begin krap onder die kap en al die elektriese plugs uitplug en spuit met Electroclean. Hoop jy kom reg.
Last edited by dumbluck; 2010/05/21 at 03:05 PM.
Adriaan
@dusty_cruizer
2022 Land Cruiser 79 V8
2021 Ford Everest Limited 4x4
ex 2014 & 2017 Ford Ranger 3.2 Wildtrak
trek elke plug wat jy kan bykom af en spuit met Q20.
het al gehoor van ouens wat hul enjins met 50:50 diesel / parrafien mengsel was en net laat dripdry.
ek het ongelukkig nie plek om so te mors nie.
Land Rovers never die, they simply become organ donors!
Dankie vir almal se raad,ek het alle plugs wat ek kon bykom skoon gemaak,sal Maandag met hom ry om te kyk of speedometer reg is
Bookmarks