Noord Kaap trip report





Results 1 to 6 of 6
  1. #1
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Wuxi, China
    Age
    57
    Posts
    3,321
    Thanked: 2

    Default Noord Kaap trip report

    Na aanleiding van my onlangse versoek op die forum waarin ek vir idees vir kampplekke in die Upington omgewing gevra het, het ek 'n fantastiese trip gehad en gee hier die trip report, soos dit in ons klub nuusbrief verskyn het. Nogmaals dankie vir almal se insette:


    Soms, baie selde, is dit die onbeplande reise wat op die ingewing van die oomblik gedoen word, wat die beste herinneringe agterlaat.
    My onlangse reis deur die Noord Kaap was so ene. Ek moes vir werk Upington toe en dit het so uitgewerk dat ek die langnaweek van 24-27 April in die Noorde sou wees. Ek het my Discovery gepak met werks- en kampklere en reeds die vorige Saterdag die pad gevat. By die BP Truckstop by Trawal is daar volgemaak en die petroljoggie was verbaas om te hoor ek reis stoksielalleen. Terloops, die Truckstop l in n ander brandstofsone as Klawer, wat minder as 10km verder is en diesel is aansienlik goedkoper daar. Dit was reeds laatmiddag en ek het by Vanrhynsdorp se karavaanpark ingedraai vir die nag. Na n geworstel met die grondtent, wat ek nog leer ken nadat ek my daktant vir eers laat rus, kon ek uiteindelik ontspan met n koue groene in die hand. Die kamp is tipies n oornagkamp vir reisigers na en van die noorde en het vinnig volgeloop soos manne met groot karavane wat nie kans gesien het vir die laaste 300km Kaap toe nie, ingesleep gekom het. n Stowwerige Hilux het verle plek gesoek en met die tweede groene wat nou begin inskop het ek vriendelik aangebied dat hulle langs my staan. Dit was vriendelike mense van die Kaap, wat op pad terug was na n week in die suide van Namibia. Hulle was redelik uitgehonger vir geselskap en ons het toe maar saam vuur gemaak, gebraai en tot laataand gekuier met kampstories.
    Na n onverwagse koue nag het ek vroeg opgestaan, die tent in sy sak geworstel en teen 09:00 die pad gevat, bestemming Kakamas, waar ek by my dogter Zelda sou oornag, sodat ek Maandagoggend daarvandaan Upington toe kon ry. Op die ingewing van die oomblik het ek besluit om nie die vervelige pad oor Calvinia en Brandvlei te vat nie, maar eerder oor Springbok en Pofadder te ry. Kakamas toe was daar minder as 10km verskil in tussen die twee roetes en dit sou goed wees om weer die pad tussen Spring bok en Pofadder te ry, wat ek n hele paar jare laas gedoen het. Die Landy was lus vir loop en die pad het voor ons ontvou. Die Noord Kaap het hierdie jaar goeie ren gehad en die veld was in n pragtige toestand, met geel gras wat heuphoogte gestaan het. Die grassade het teen die kant van die pad gel en ek het speels so na as moontlik aan die kant gery om in my truspieeltjie te sien hou die grassade wolke agter my maak. Ek het ongeveer 14:00 in Kakamas aangekom, net betyds vir n braai en lekker hereniging met Zelda, wat ek n maand laas gesien het.
    Maandagoggend vroeg is ek Upington toe en dis eintlik hier waar die storie begin. In my vorige reisverslag van die Tankwa Karoo het ek melding gemaak van die feit dat ek oor die langnaweek in die Noord Kaap sou wees en diegene wat in die omgewing sou wees uitgenooi om met my kontak te maak sodat ek n trippie kan beplan. Ek het nie juis verwag dat daar enige reaksie sou wees nie, en was verras toe Francois Conradie my kontak en s hy en sy ouers, Danie en Johanna, wil kom saam ry. Hulle het al n paar uitstappies saam met my gedoen en ek kon eintlik nie vir beter geselskap gevra het nie. Francois is n skeepsingenieur wat selde aan land is en ook n Land Rover entoesias met n Defender 110 Td5. Ons het afgespreek dat ek iets sou rel vir die naweek en dat hulle reeds Donderdag uit die Kaap sou ry en my Vrydag in die Keimoes-omgewing sou ontmoet, vanwaar ons die vlaktes sou invaar, steeds onbepland. Ek wou graag na die Kgalagadi Nasionale Park gaan, maar dit was vol bespreek en ek het op die 4x4community forum vir voorstelle gevra. Nogal goeie wenke gekry, maar ek was reeds by meeste van die plekke wat voorgestel is en van die ander was net-net te ver vir wat ek in gedagte gehad het. Teen Woensdag het ek nog nie regtig naweekbestemmings gehad nie en na n dwaal deur my T4A kaart besluit om vir Daberas te kontak. Dit is n bekende 4x4 roete en plaas wat wes van die Augrabies Nasionale Park gele is en direk aan die Park grens. Die nuwe eienaar, Kobus van Coppenhagen, was baie vriendelik en alhoewel n groep reeds die roete en kamp vir die naweek bespreek het, het hy my verseker dat hy sou plan maak. Hy het my later die dag gekontak met die nuus dat hy met sy buurman gerel het dat ons op n private plek teenaan die Oranjerivier, oorkant Namibia, kon kamp. Dit het goed geklink en ons was uitgesorteer vir drie nagte. Ek moes Dinsdagaand darem in die omgewing van Upington wees sodat ek Woensdagoggend weer kon inval en die keuse het op Kuthula Lodge geval, sowat 35 km van Upington op die Olifantshoekpad. Ons was reg vir die naweek.
    Ek het Vrydagmiddag in die pad geval te midde van n Upington vol sokkerplesiermakers wat 50 dae tot die World Cup gevier het. Die Landy was vol en die yskas het genoeg vleis en vloeibare verversings gehad vir die naweek. Ek het intussen met Francois-hulle afgespreek om mekaar by Augrabies-valle te ontmoet. Toe ek daar aankom, was hulle nog besig met n rit deur die park, maar n rustigheid het oor my gedaal. Ons het gaan fotos neem van die valle en alhoewel ek al n paar keer vantevore daar was, bly dit steeds n indrukwekkende gesig om die massas water in die rotsgang te sien afstort. Intussen het Kobus laat weet dat hy op pad is, maar in Upington erg vertraag is deur die sokkerskares, en dat ons maar solank plaas toe moet ry. Daberas is sowat 50km anderkant Augrabies en die goeie grondpad het al langs die park se heining geloop. Ons eerste gewaarwording van die plaas was die hoeveelheid rooskwarts klippe wat oral gel het. Die grondpad het nou dun en sanderig geword en ons het die plaasopstal genader, net om van agter ingehaal te word deur Hanneke, Kobus se vrou. Ons is gasvry ontvang en Hanneke het verduidelik dat Kobus laat sou wees, maar dat ons die keuse het om vir hom te wag en dan rivier toe te ry, of sy kon ons na hulle kampeerplek in die berge neem. Die laaste opsie was die gunsteling, want ons was nou lus vir kampopslaan om die naweek te begin. Hanneke het haar dorpskar gaan haal, n Discovery soortgelyk aan myne, en ons oor dik sandpaadjies en rotsgange diep die berge ingeneem. Die kampeerplek was ongelooflik, netjiese ablusiegeriewe, n rietafdak en selfs n klein swembadjie. Die braaiplekke was selfs uit rooskwartsklippe gebou. Ons het n tipiese rooi Kalahari sonondergloed tegemoetgegaan met n sundowner. Kobus het hom by ons aangesluit en allerhande stories oor die plaas en omgewing vertel. Hy het afgespreek om ons die volgende oggend na ontbyt te kry, waarna hy ons na die rivier sou neem.
    Vrydagnag was onverwags koud en ons het vroeg opgestaan en kamp opgeslaan. Terwyl ons vir Kobus gewag het, het ons in die veld rondom die kamp gestap en met behulp van Danie se boeke heelwat spore gedentifiseer. Gemsbokke, springbokke, jakkalse en ook n kleinerige katsoort, moontlik luiperd. Kobus het teen 10:00 opgedaag en ons op n onvergeetlike rit deur die plaas geneem. Hy is n myn van inligting oor veral klippe en geologiese gesteentes en het kort-kort gestop om te verduidelik hoe sekere klippe gevorm is. Ons is deur nou ganges, dro rivierlope en sandvlaktes en mit klipperige tweespoorpaadjies tot bo-op twee uitkykpunte vanwaar die uitsig oor die platorand, Oranjerivier, klipkoppies en savannavlaktes gestrek het. Die omgewing het sterk herinner aan die Richtersveld, hier was net heelwat meer plantegroei. Ons is hierna na die buurplaas waar ons n keuse gehad het van kamp bo-op n duin wat oor die rivier uittroon, of in n dro rivierloop teenaan die rivier. Ons het teenaan die rivier gekies en kamp opgeslaan agter die beskutting van n paar bosse. Die rivier het baie hoog geloop, maar daar was reeds tekens dat dit gesak het. Ons het hier begin rustig raak en sou die volgende twee dae verwyl met volkyk, visvang en vuurmaak. Danie se volboek het uitgekom en alhoewel ek nie regtig n volkyker is nie, het die entoesiasme waarmee nuwe spesies gesoek is, gou aansteeklik geword. Ons sou uiteindelik 12 spesies hier identifiseer, waaronder witkruisarende en visarende wat kort-kort hulle roep laat hoor het.
    Die weer was lekker warm en die yskaste het die batterye swaar laat leef. Ons was dus redelik lus vir ry toe Kobus Sondagoggend weer by ons opdaag vir n verdere besigtigingsrit, hierdie keer na sandduine op die plaas. Ons is weer op n geologiese toer tot ons aangetree het by die duine. Die tekstuur van die sand was baie fyn en het herinner aan die Arabiese woestyn, waar ek n jaar of wat gelede heelwat tyd deurgebring het. Dit was tyd vir bande afblaas en Kobus het gewaarsku dat hy beide sy Cruiser se difflocks moet gebruik om teen die eerste duin uit te ry. Ons is darem gerusgestel dat daar n ontsnaproete was, maar vir die twee Land Rovers was dit nie eens n opsie nie en ons is met gemak daardeur. Ons het hierna verder in die duine gespeel voordat dit tyd was om terug te keer na ons laaste aand langs die rivier, waar daar (weer onsuksesvol) visgevang is, gebad is, en heerlik langs die kampvuur onder n amper volmaan gekuier is.
    Ons het Maandag n lang dag op die pad voor ons gehad en het vroeg aan die gang gekom. By Kobus-hulle aangekom, het hy ons vir oulaas op n uitstappie geneem, hierdie keer om rooskwartsmyne te wys, waar ons ook toestemming gekry het om van die klippe op te tel. Ten spyte van sy uitgebreide kennis oor geologie was daar geen twyfel oor hoe Kobus oor mynbou gevoel het nie, en sy liefde vir die natuur en behoefte om sy kennis oor te dra, sal my lank bybly. Ek het lanklaas sulke gasvryheid en vriendelikheid ervaar en ons was spyt dat dit tyd geword het om weer die pad te vat. Hiervandaan was dit met die Blouputsbrug oor die Oranjerivier, verby Vredesvallei tot in die Riemvasmaakgebied. Ek was al n paar keer vantevore hier, maar Francois-hulle was verras oor die onverwagse ruwe bergomgewing. By die warmwaterbronne is daar eers gestop en ek en Francois het die kans aangegryp om stof af te was en te ontspan in die warm water. Hierdie is een van my gunsteling plekke (as daar nie ander groepe mense is nie). Van Riemvasmaak is ons Kakamas toe om brandstof in te gooi. Dit was nie regtig nodig nie, maar my Discovery het weer nou en dan n ruk gegee, n probleem wat ek ook tydens die onlangse Tankwa Karoo uitstappie ervaar het en wat uitgesorteer is, sonder dat n oortuigende verklaring gekry is. Francois het n teorie gehad dat dit moontlik n breatherpyp op die brandstoftenk was wat verstop was en ek het volgemaak om die teorie te toets, met gemengde welslae.
    Ons is deur Upington na Kuthula Lodge op die Olifantshoekpad, sowat 35km noordoos van Upington. Hierdie is n juweel wat ek in die toekoms weer sal gebruik as ek in Upington moet bly. Daar is net vyf kampeerplekke, maar elkeen het sy eie ablusies, afdak en grasperk, diep tussen die rooi duine van die Kalahari, wat hierdie tyd van die jaar skaars sigbaar is onder die digte, lang gras. Na kampopslaan was dit Landy tyd en ek ons het my werkswinkelhandleiding geraadpleeg oor die geblokte breather teorie. Die pyp het definitief n knak ingehad en ons het probeer om n klampie om te draai om dit te probeer oopdruk. Francois se Landy het self n pyp gehad wat aandag nodig gehad het en daar was heelwat tyd onder die Landys gespandeer. Dit is die wonder van Land Rover jy moet betrokke by jou kar raak, probleme identifiseer en dit eintlik herontwerp. Die uiteinde van my breather probleem was dat ek sonder petroldop Kaap toe gery het, sonder enige probleme. Die sondaarpyp is intussen vervang.
    Dinsdagoggend was ons al weer lus vir ry en hierdie keer het die rooi Kalahariduine gewag. Dit is hier waar die Eco Challenge se uitdunne n jaar of wat gelede plaasgevind het, maar ons kon nie regtig uitdagings vir die Landys kry nie;-) By die kamp is daar vir oulaas ontspan, met die wete dat n wonderlike paar dae verby is. Ek moes die volgende dag weer Upington toe om my werk te hervat, terwyl Francois-hulle die lang tog Kaap toe gevat het.
    Hierdie was ongetwyfeld een van my hoogtepunt reise en die feit dat dit nie juis beplan was nie en ons dus nie veel verwag het nie, het dit spesiaal gemaak. Daar was baie hoogtepunte, die vriendskapsbande wat gesmee is, die onverwagse mooi, bergagtige natuurskoon van Daberas en sy gasvrye mense, en die Kalahari bedek met gras. Ek kom weer.
    My totale ritafstand was net oor die 2,500km met brandstofverbruik wat gewissel het van meer as 11km/l tot net onder 9km/l danksy die 4x4 ryery en lang tye wat my kar moes staan en luier om die yskas se battery te laai.
    camelman
    '04 Discovery II Td5 GS (using 2SO)
    '95 Discovery I V8i Auto (Now sadly sold, with fond memories)
    Yesterday is history, tomorrow is mystery, today is a gift, that's why its called "present".

  2. #2
    Join Date
    May 2007
    Location
    Daar by die gat,in die NK
    Posts
    4,901
    Thanked: 57

    Default

    Baie lekker trip report, ek wens meer mense wil die Noordkaap besoek, en self sien hoe mooi dit is!!!

    Is tog net jammer dat jy jou kamera vergeet het
    No one ever ruined their eyesight by looking at the BRIGHT side!!
    Ford Ranger 4l 4x4
    Nissan Patrol 4.8
    Nissan King Cab (aka Navara )
    Everybody is a genius. But if you judge a fish by its ability to climb a tree, it will live its whole life believing that it is stupid.
    Albert Einstein

    Whoooopa 3 The Goat strike back


    https://www.youtube.com/watch?v=uqw5...ature=youtu.be

    Another teazer.....
    https://www.youtube.com/watch?v=51KljMSXOnI




  3. #3
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Wuxi, China
    Age
    57
    Posts
    3,321
    Thanked: 2

    Default

    Quote Originally Posted by Frans Reichert View Post
    Is tog net jammer dat jy jou kamera vergeet het
    Nee, hy was saam, weet net nie hoe mens so 'n klomp fotos op een plek post nieSal gou more probeer.
    camelman
    '04 Discovery II Td5 GS (using 2SO)
    '95 Discovery I V8i Auto (Now sadly sold, with fond memories)
    Yesterday is history, tomorrow is mystery, today is a gift, that's why its called "present".

  4. #4
    Join Date
    Aug 2008
    Location
    Kleinmond
    Age
    66
    Posts
    1,855
    Thanked: 99

    Default

    Goeie trip report baie dankie. Kontak nommers en GPS punte?

    Ten minste gaan ons fotos sien en nie hoor van pap kamera batterye nie.

  5. #5
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Wuxi, China
    Age
    57
    Posts
    3,321
    Thanked: 2

    Default

    Quote Originally Posted by theunsb View Post
    Ten minste gaan ons fotos sien en nie hoor van pap kamera batterye nie.
    OK, ek kry die boodskap Kom ons kyk of dit werk.
    Attached Thumbnails Attached Thumbnails Click image for larger version. 

Name:	P1080236.jpg 
Views:	304 
Size:	103.8 KB 
ID:	58776   Click image for larger version. 

Name:	P1080273.jpg 
Views:	246 
Size:	88.3 KB 
ID:	58777   Click image for larger version. 

Name:	P1080274.jpg 
Views:	246 
Size:	157.9 KB 
ID:	58778   Click image for larger version. 

Name:	P1080281.jpg 
Views:	269 
Size:	132.4 KB 
ID:	58779   Click image for larger version. 

Name:	P1080299.jpg 
Views:	254 
Size:	117.2 KB 
ID:	58780   Click image for larger version. 

Name:	P1080325.jpg 
Views:	243 
Size:	114.9 KB 
ID:	58781   Click image for larger version. 

Name:	P1080328.jpg 
Views:	262 
Size:	134.5 KB 
ID:	58782  
    camelman
    '04 Discovery II Td5 GS (using 2SO)
    '95 Discovery I V8i Auto (Now sadly sold, with fond memories)
    Yesterday is history, tomorrow is mystery, today is a gift, that's why its called "present".

  6. #6
    Join Date
    Sep 2010
    Location
    Durbanville
    Age
    57
    Posts
    5
    Thanked: 0

    Default

    Klink na n baie lekker trippie, en ek hou van die fotos.

Similar Threads

  1. Trip report - Namibia Dec 09-Jan 10
    By GreenDisco in forum Namibia
    Replies: 19
    Last Post: 2014/01/06, 03:53 PM
  2. Botswana - Zambia Trip Report - July 2009
    By Paolo Candotti in forum Zambia
    Replies: 14
    Last Post: 2011/08/03, 02:40 PM
  3. Replies: 7
    Last Post: 2010/01/17, 07:45 PM
  4. Namibia/Northern Cape trip report
    By camelman in forum Namibia
    Replies: 1
    Last Post: 2009/06/18, 03:48 PM
  5. Trip Report: First trip to Namibia
    By chris-2 in forum Namibia
    Replies: 36
    Last Post: 2008/11/11, 02:03 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •