Vier broers wat arm grootgeword het, het verder gaan studeer en het almal
suksesvolle
professionele loopbane gehad.
Hul bejaarde moeder wat hulle alleen grootgemaak het, het ver van hulle
gewoon en hulle
het selde by haar gekom. Een Kersfees eet die broers saam en elkeen vertel
trots van die
duur geskenk wat hy vir hulle bejaarde moeder gegee het.

Die eerste s: "Ek het vir Ma 'n groot en weelderige huis laat bou."

Die tweede s: "Ek het 'n tuisteater van $100,000 vir haar laat insit."

Die derde spog: "Ek het gesorg dat my Mercedes-agent 'n nuwe SL600 vir
haar aflewer."

Die vierde antwoord: "Julle weet mos hoe baie Ma daarvan hou om die Bybel
te lees, maar
dat sy nou byna heeltemal blind geword het en nie meer self kanlees nie?
Ek het by 'n unieke
troeteldierwinkel 'n papegaai ontdek wat die hele Bybel uit sy kop ken!
Dit het 20 leraars 12
jaar geneem om hom alles te leer. Ter betaling moes ek belowe om vir die
volgende 20 jaar
jaarliks $100,000 aan die kerk te gee, maar dit was die moeite werd.
Nou kansy net 'n Skrifgedeelte noem, en die papegaai sal dit vir haar
voordra."

Die ander broers was bendruk.

N Kersfees stuur die tannie toe haar dankiebriewe. Sy skryf :
"Dawie, dankie vir die huis wat jy laat bou het. Maar dit is eintlik
heeltemal te groot. Ek kan
net een kamer gebruik, maar ek moet alles skoon hou en ek is doodmoeg."

"Martin, ek is te oud om te reis, en my kruideniersware word afgelewer.
Ek kan die Mercedes
dus nie regtig vir enigiets gebruik nie. Maar dankie vir die gedagte."

"Leon, jy het vir my die fantastiese tuisteater gegee wat plek het vir 50
mense, maar my vriende is
ongelukkig al almal dood of in ouetehuise. Ek hoor boonop maar sleg en
sien amper niks nie.
Dankie nietemin vir jou geskenk."

"Liewe Werner, jy was die enigste seun wat mooi oor my behoeftes gedink
het voor jy jou geskenk
gegee het. Baie dankie. Die hoender was absoluut heerlik."


__________________________________________________ _________