Hallou aan almal
Ek en my broer beoog al lank om te gaan visvang in Angola.
Ons sal graag uit en uit vir groot Kabeljoue wil gaan want dit is maar wat ons hier by ons rond vang en dit is ons begeerte on elkeen n Kwagga van die kant af te vang en as dit n sandstrand kan wees sal dit hemel wees.[net n foto en n soen op sy lippe sal genoeg wees vir ons,ek belowe niks met kerrie sal saamgaan nie[{kerrie vis is nogal gewild in ons huis}]
Nou die vraag wat ek wil vra is soos volg:
Watter maande is die beste tyd om hierdie kabeljoue te vang en waar sal die beste plek wees om hulle te gaan soek.
Vriende van ons het nou al in Augustus gegaan met groot sukses maar dan lees ek ook weer op die internet dat November tot April weer die beste tyd is wat so half en half vir my sin maak.
Vir ons albei[ons werk saam ]sal November ,Desember en Januarie die beste tyd wees om n breuk by die werk te vat ,so ek sal graag wil hoor wat julle manne te se het .
Ai en dan is daar nog daai GT s en 7 kg Elwe en Tarpon en .... en ......
Laat maar asb weet wat julle dink.
Alle andwoorde sal baie gewaardeer word
Groete
Johan