Hey AJ
Ek het die selfde probleem gehad. Ek moes gisteraand die starter afhaal en "service" Die starter bestaan uit 'n motor(groot ronde silinder) en 'n solinoid(kleiner silinder aan die kant). die solinoid is soos 'n switch. die kontakte word vuil van water. As jy kans sien haal die starter af skroef die solinoid los en was met petrol en spuit met Q20. Die petrol moet binne in gaan bv in 'n bak sodat hy onder die petrol is. Hy behoort weer reg te wees na dese.
Groete
Bookmarks