Results 1 to 9 of 9
  1. #1
    Join Date
    Oct 2009
    Location
    Worcester
    Age
    59
    Posts
    4,668
    Thanked: 1339

    Default Trip Report: Namibia

    So twee jaar gelede vat ek mos die eerste keer die Ingelsman se Dogter Namibië toe – maar net hier onder in die Suidweste – sodat ons vinnig kan ontsnap terug Republiek toe as die woestyn vir haar te veel raak! Maar ek moes van beter geweet het – as jy eers ‘n slag die woestyn in jou tone gevoel het….

    So besluit ons mos om in Rudi se September-skoolvakansie bietjie weer die kant toe te woel – en die Ingelsman beur net Caprivi en Vic Falls se kant toe. Maar ek’s nog nie gereed om vir Oom Bob te gaan ondersteun nie en oorreed haar dat ons eers by die ander valle (Epupa en Ruacana) moet gaan draai. Ek het ook nog ‘n slegte ervaring by Etosha gehad met ‘n vorige besoek en wou nog ook hierdie duiwel ook gaan besweer.

    Beplanning en afloop is nooit dieselfde nie, maar kortliks die hoogtepunte:

    Ons is via Karasburg, oor Grünau, Klein Karas en Zeeheim op tot by Tsauchab River Camp, in die bo-loop van die Tsauchab-rivier (wat uiteindelik doodloop in Sossusvlei) aan die voet van die Tsarisberge. Pragtige privaat staanplekke heeltemal buite sig of hoorafstand van ander mense. Ons kampplek (Bustard Camp) het ‘n badkamer in die middel van ‘n reuse Wildevy-boom ingebou gehad – met warm water, spoeltoilet en stort. Daar is die interssantste metaalwerk-kuns, asook ‘n yskoue swembad by die ontvangs-area - beslis ‘n besoek werd!

    Click image for larger version. 

Name:	10.jpg 
Views:	205 
Size:	243.6 KB 
ID:	45208

    Van hier is ons met agterpaaie langs deur die Kupferberg-pas, tot in Windhoek waar ek nood-gedwonge uit banggatgeit‘n jagmes gekoop het…. Vra my as jul tyd het!

    Na ons die aand by familie op ‘n plaas naby Outjo oornag het, is ons op, veronderstel om via Kamanjab te ry Ruacana toe. Maar lekker sing en gesinspret in die bakkie (en die afwesigheid van ‘n GPS!) maak toe dat ons voor Etosha se hek te staan kom. Maar watwou, ons is mos met vakansie en ons besluit om deur Etosha te ry – ons het mos tyd!

    So gemaak, en ons vat dit rustig deur die park van Anderson-hek af, sien pragtige diere-lewe, gooi ‘n draai op die panne self, draai links bo by Namutoni, en gaan bo by die nuwe King Ngale-hek uit, iewers tussen Oshivello en Ondangwa – ons het mos tyd!

    Die stuk van Ondangwa, via Oshakati tot in Ruacana vat egter baie tyd, deels omdat dit ver is, en deels omdat ons onsself vergaap aan “Soweto-by-the-border” – Kuka-shops met die snaakste name staan skouer aan skouer, en die spoedbeperkings telkemale net 60km/h.

    Teen sononder skuif ons deur Ruacana en daar lê nog sowat 70km se 4x4-grondpad voor. Behalwe van ‘n scary oomblik op die rugkant van die “Witbult” (haastigheid, sleepwa en donker werk nie saam nie!) kom ons ongedeerd teen omtrent 8:30 nm by Kunene River Lodge. Wat ‘n Oase – dit voel of jy iewers in die Natalse kus staan met al die piesangbome en die welige groen bome!

    Click image for larger version. 

Name:	23a.jpg 
Views:	165 
Size:	187.6 KB 
ID:	45209

    Hier staan ons vir 4 aande, en werk hard aan ons ‘tan’ en Rudi se swemtegniek in die swembad. Maar ons ry darem een dag uit en besoek eers die Ruacana Valle (kurkdroog omdat hulle nie oor naweke water uitlaat by die hidro-elektriese skema nie) en daarna die Epupa Valle – omtrent 150km stroom-af in die Kunene.

    Die Epupa Valle self bly pragtig, maar die area net bokant die valle is vuil en onveilig, en terwyl die privaat-kampe uitstekend vertoon, is die plaaslike gemeenskap besig om die res te omskep in net nog ‘n ‘squatter camp’.– baie hartseer!

    Click image for larger version. 

Name:	25g.jpg 
Views:	134 
Size:	135.4 KB 
ID:	45210

    Behalwe van die onnutsige blou-ape by Kunene River lodge, is die voël-lewe besonders en dit is regtig ‘n besoek werd – al is dit net om ‘n slag lekker te kan ontspan en rustig te word.

    Van hier is ons via Epembe terug, oor Opuwo, kortpad Kamanjab toe. By die bek-en-klouseer kontrole-punt is ons yskaste deursoek, maar ons het dit voorsien en het geen vleis gehad nie. Soos ons dit het konfiskeer hulle nie net jou vleis nie, maar lê ook swaar boetes op!

    Weer laat my padkaart-werk ons in die steek en ry ons omtrent 60km draai op pad Etosha toe. Maar die aand spandeer ons in Okaukuejo by die watergat en sien pragtige diere (van 4 kameelperde wat gelyktydig water drink, tot ‘n renoster-koei en piepklein kalfie!). Na ontbyt in die restaurant ry ons eers ‘n draai deur die park, waartydens ons sien hoe ‘n leeu-wyfie ‘n groep Jakkalse beroof van ‘n vars vangs (bok was nog nie eers dood nie), en hoe sy en twee ander wyfies baklei oor die prooi! Fantasties, maar ek is erg die josie in oor ek my groot kamera tuis vergeet het!

    Laat-oggend is ons uit en na ‘n lekker middag-ete in Outjo, is ons Khorixas toe, verby die Vingerklip. Die ding lyk ook asof die erosie hom nie nog ‘n honderd jaar gaan laat staan nie. Besoek dit gerus voor hy soos die ander een aarde toe kom…

    Click image for larger version. 

Name:	30b.jpg 
Views:	141 
Size:	54.5 KB 
ID:	45211

    In Khorixas was ons bespreek by Igowati, maar toe ons sien dis op ‘n grasperk voor in die dorps-hotel se tuin, kry ons dadelik weer koers – dis mos nou nie kampeer in die natuur nie! Net buite die dorp is NWR se kamp – Khorixas Rest Camp - oud en ietwat vervalle, maar heerlik “buite” en rustig.


    Na ons gehoor het van Grootberg-pas is ons al die pad terug Kamanjab toe, vanwaar ons oor die pas af is Palmwag toe. Dis pragtig, en daar is ‘n asaemrowende uitsig van bo van die plato-rand af – beslis ‘n besoek werd!

    Click image for larger version. 

Name:	32a.jpg 
Views:	174 
Size:	104.9 KB 
ID:	45212


    Hierna is ons terug na die Versteende Woud naby Khorixas. (Pasop vir die paar skurke wat hulle eie “versteende woude” adverteer in die omgewing – gaan na die offisiële een toe. Die gidse is vriendelik en ken hulle storie). Hier kan jy ook sommer na die Welwitchia plante kyk.

    Hiervandaan is ons langs die Brandberge af tot ons uiteindelik onder by Ameib naby Usakos gaan afpak het – ‘n laaang dag!

    Ameib Ranch is nog ‘n plek wat beslis ‘n besoek werd is – ten minste twee aande. Daar is volop wild, ons het Koedoes, kameelperde, springbokke, vlakvarke, en Zonkies gesien (kruising tussen Zebras en Donkies – rêrig!). Die kampplek is skoon met netjiese geriewe en ‘n lekker swembad. Teen sononder moet jy egter by Bulls Party wees – hier is REUSE rotse wat ‘n whiskey sommer lekker laat val!

    Click image for larger version. 

Name:	Namibia 2007 100.jpg 
Views:	141 
Size:	94.5 KB 
ID:	45213

    Hiervan is ons weer via Okahandja (waar jy moet gaan kibbel vir die beste prys op aandenkings), oor Windhoek, af tot by Mariental River Chalets. Dis nou ‘n ‘misnomer’ – dis niks anders as ‘n vakansie-huisie in die dorp nie - nie ‘n tweede blik werd nie....

    Hiervan is ons oor Keetmanshoop (‘n dorp wat ek elke keer sweer ek gaan nie weer na toe nie!) via roete 608 na Klein Karas. As jul die kans kry, gaan ry dit. Dis een van die mooiste paaie in Namibië. By Hobas se uitkykpunt oor die Visrivier Canyon het ons weer gepiekniek voor ons weer die pad gevat het Noordoewer toe, waar ons vir twee aande sou staan by Abiqua. Dis ook beslis ‘n besoek werd. Dis ‘n pragtige kampplek, en hier het ons ‘n hele dag op kano’s in die rivier deurgebring – heerlik!

    Ons Nam trip was op ‘n einde, maar net om die onttrekkingsimptome so bietjie te versag het ons een aand in ‘n duikershuisie by Noup (naby Koingnaas) gaan oornag. Wat ‘n pragtige plek om ‘n heerlike vakansie te gaan afsluit!
    Work. It's a wealthy man's privilege, and a poor man' fate....

    André Opperman


    "Boerbok" - 98 Jeep XJ 4lit auto
    "Gloria" - 04 Ranger D/C 4lit auto

  2. #2
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Pretoria
    Age
    82
    Posts
    617
    Thanked: 33

    Default

    Dankie vir 'n bakgat verslag. As alles volgens plan verloop wil ons ook graag volgende jaar die noorde bietjie gaan bekyk. Dws as daar nog plek in Nam gaan wees!
    2012 Freelander 2 SD4 SE
    Offtrax Outplay




  3. #3
    Join Date
    Apr 2008
    Location
    Kuils River
    Age
    58
    Posts
    1,587
    Thanked: 53

    Default Greattt!!

    Oppers

    Dis sulke trip reports wat ons elke jaar teruglok Namibia toe! Gelukkig is ons dinge al in plek vir Junie:
    Eliseneim Gasteplaas buite Windhoek; Camp Setenghi by Outjo, dan Kunene toe (Koos Verwey se kampplek), en dan Kaokoland! Een van ons groep sal sorg vir die trip report.
    Francois Johnson





    (swambo: Christel)

    Our rides
    • 2010 Isuzu KB300LX DTeq 4x4 D/C
    • Metalian Maxi Trailer, Maxine

  4. #4
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Pretoria
    Age
    82
    Posts
    617
    Thanked: 33

    Default Sleepwa.

    Wat se sleepwa het julle daar? Is dit self gebou of wat?
    2012 Freelander 2 SD4 SE
    Offtrax Outplay




  5. #5
    Join Date
    Oct 2009
    Location
    Worcester
    Age
    59
    Posts
    4,668
    Thanked: 1339

    Default

    Gert, ja, laat ek weer eers verduidelik. Ek is die afgelope 11 jaar in 'n rolstoel nadat ek in 'n ongeluk van my tepels af ondertoe verlam is. So stuk of 6 jr gelede het ek en my oorlede skoonpa self die sleepwa gebou, want ek het iets gesoek waarin ek kan slaap, maar wat ook relatief klein toevlou en alles veilig kan toesluit as jy iewers nie naby die sleepwa is nie (inkopies, uitkykplekke, ens). Die sleepwa is sedertdien al wyd en syd gesleep en ons geniet dit erg! My seun is ook nou 8jr oud en net die regte ouderdom om die kamp-ding lekker te kan geniet. Soos jy op van die foto's sal sien slaap hy in sy eie tentjie - maak nie saak waar ons kamp nie - en hy's mal daaroor.

    Ek's nog baie nuut op die forum-ding. Ek wens ek het geweet hoe om meer foto's te plaas sonder om die ding te oorlaai. Miskien is daar iemand wat my kan sê hoe om 'n "album" te laai?

    André (Oppers)
    Work. It's a wealthy man's privilege, and a poor man' fate....

    André Opperman


    "Boerbok" - 98 Jeep XJ 4lit auto
    "Gloria" - 04 Ranger D/C 4lit auto

  6. #6
    Join Date
    Oct 2009
    Location
    Worcester
    Age
    59
    Posts
    4,668
    Thanked: 1339

    Talking Namibia Trip: Some more photo's

    Going through the Tsauchab River.
    Click image for larger version. 

Name:	9.jpg 
Views:	126 
Size:	165.1 KB 
ID:	45307

    Bustard Camp from a distance.
    Click image for larger version. 

Name:	11.jpg 
Views:	124 
Size:	147.8 KB 
ID:	45308

    Lovely gravel road on the way from Grunau to Klein Karas.
    Click image for larger version. 

Name:	6.jpg 
Views:	121 
Size:	93.3 KB 
ID:	45309

    Springbokkies with Etosha Pan in the back.
    Click image for larger version. 

Name:	21f.jpg 
Views:	106 
Size:	66.8 KB 
ID:	45310

    The view on the pan itself - you can see tomorrow coming....
    Click image for larger version. 

Name:	21h.jpg 
Views:	118 
Size:	44.8 KB 
ID:	45311

    Ruacana Falls - dry!
    Click image for larger version. 

Name:	25a.jpg 
Views:	118 
Size:	96.9 KB 
ID:	45312

    Epupa Falls from the koppie.
    Click image for larger version. 

Name:	25e.jpg 
Views:	106 
Size:	143.6 KB 
ID:	45313

    Working on my tan.... and relaxing!
    Click image for larger version. 

Name:	26d.jpg 
Views:	109 
Size:	67.1 KB 
ID:	45314

    The dack over the river at Kunene River Lodge - beautiful!
    Click image for larger version. 

Name:	26f.jpg 
Views:	111 
Size:	136.8 KB 
ID:	45315

    Have you ever seen 4 giraffe drinking at the same time....?
    Click image for larger version. 

Name:	27h.jpg 
Views:	112 
Size:	77.3 KB 
ID:	45316

    3 Lionesses fighting over a small springbokkie!
    Click image for larger version. 

Name:	29k.jpg 
Views:	120 
Size:	51.6 KB 
ID:	45317
    Work. It's a wealthy man's privilege, and a poor man' fate....

    André Opperman


    "Boerbok" - 98 Jeep XJ 4lit auto
    "Gloria" - 04 Ranger D/C 4lit auto

  7. #7
    Join Date
    Oct 2009
    Location
    Worcester
    Age
    59
    Posts
    4,668
    Thanked: 1339

    Cool Namibia Trip: Nog fot's (#2)

    Vingerklip naby Khorixas - kyk mooi Rudi waai sy arms langs die voet van die klip.
    Click image for larger version. 

Name:	P1030748.jpg 
Views:	107 
Size:	34.6 KB 
ID:	45318

    Duidelik 'n versteende boomstomp.
    Click image for larger version. 

Name:	P1030786.jpg 
Views:	135 
Size:	190.0 KB 
ID:	45319

    Ameib kampplek - pragtig skoon en heerlik!
    Click image for larger version. 

Name:	P1030802.jpg 
Views:	94 
Size:	152.1 KB 
ID:	45320

    Sononder by Elephant Rock (Bull's Party - Ameib).
    Click image for larger version. 

Name:	P1030835.jpg 
Views:	101 
Size:	35.3 KB 
ID:	45321

    Uitkykpunt by Visrivier Canyon.
    Click image for larger version. 

Name:	P1030886.jpg 
Views:	108 
Size:	117.5 KB 
ID:	45322

    Middag-ete op die rand van die Visrivier canyon.
    Click image for larger version. 

Name:	P1030891.jpg 
Views:	108 
Size:	88.0 KB 
ID:	45323

    Donderwolke steek op op pad terug van die canyon.
    Click image for larger version. 

Name:	P1030906.jpg 
Views:	124 
Size:	90.4 KB 
ID:	45325

    Pragtige kampplek by Abiqua (Noordoewer).
    Click image for larger version. 

Name:	P1030965.jpg 
Views:	99 
Size:	160.0 KB 
ID:	45327
    Click image for larger version. 

Name:	P1030970.jpg 
Views:	109 
Size:	98.5 KB 
ID:	45328

    Ek en die Ingelsman (Swambo) op die Oranje.
    Click image for larger version. 

Name:	P1030921.jpg 
Views:	122 
Size:	76.0 KB 
ID:	45329

    Abiqua - 'n pragtige plek om 'n Namibiese vakansie af te eindig.
    Click image for larger version. 

Name:	P1030953.jpg 
Views:	115 
Size:	95.4 KB 
ID:	45330
    Work. It's a wealthy man's privilege, and a poor man' fate....

    André Opperman


    "Boerbok" - 98 Jeep XJ 4lit auto
    "Gloria" - 04 Ranger D/C 4lit auto

  8. #8
    Join Date
    Jul 2007
    Location
    Roodepoort
    Age
    49
    Posts
    390
    Thanked: 7

    Default

    Nou is ek sommer lus om my tasse te pak en te ry
    Bakgat report en fotos oppers
    2005 Isuzu KB300 D/C Auto
    2014 Isuzu Kb300 4x4

  9. #9
    Join Date
    Nov 2006
    Location
    Bloemfontein
    Age
    56
    Posts
    1,933
    Thanked: 339

    Default

    Yes Oppers - ek en my gesin was in April in Namibië en jy maak my sommer weer vreeslik lus vir die Noorde!

    Ek hou van jou "attitude" - teespoed mag nie mens se spoed breek nie!

    Bostoe

Similar Threads

  1. Botswana - Zambia Trip Report - July 2009
    By Paolo Candotti in forum Zambia
    Replies: 14
    Last Post: 2011/08/03, 02:40 PM
  2. H2F's English Trip Report
    By Uys in forum Namibia
    Replies: 5
    Last Post: 2009/01/27, 02:41 PM
  3. H2F's Namibia Trip Report
    By Uys in forum Namibia
    Replies: 22
    Last Post: 2009/01/12, 09:40 PM
  4. Trip Report: First trip to Namibia
    By chris-2 in forum Namibia
    Replies: 36
    Last Post: 2008/11/11, 02:03 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •