OK so na alles, kom ek maak gou 'n lysie.
Met die intrek het ek die septic tank laat uitpomp. Hy het uitgeloop en ek het die ou in die dorp gekry wat dit doen. Hy het uitgekom en bevestig die tenk is drasties verwaarloos, en hy moes dubbel pomp.
Rekening: R2,000
Totaal: R2,000
Toe werk die tenk so bietjie en alles is mooi, en na 2 weke en 'n dag, ruik ons funny reuke van die tenk se kant af. Ek loop soontoe, tenk loop oor. Ek bel die ou, hy is volgeboek, so hy se my wat ek moet doen. In die reen staan ek toe maar met my goedkoopste klere, gryp 'n graaf en begin die tenk oopgrawe. Ek kry die outlet (dis een van daardie swart dome septic tenks, 1,000l volume) en daar loop niks uit nie. Ek lig die deksel, sien niks, en toe moes ek plan maak. Ek vat 'n 5l emmer en poprivet hom aan 'n besemstok vas. Daarmee begin ek emmer vir emmer, 5l vir 5l, die stront uit die tenk uithaal. Ek haal so klomp emmers uit tot my rug nie meer kan nie, dan grawe ek weer gat. Dan skep ek, dan grawe ek. So vat dit my 3 ure, maar daarna is die tenk leeg en die gat gegrawe. Ek kan die pype mooi sien en ek sien die volgende issue.
Daar is geen french drain gegrawe wat ek kan sien nie. Ek begin trek aan die 50mm pyp wat as afvoer dien en sien iets beweeg daar doer in die bosse. Gryswater loop net so tussen die bosse in. Dis nie noodwendig 'n probleem nie, maar dit moet reggemaak word. Bel die septic tenk ou, en hy kwoteer R30,000. Ja nee, die water moet maar bietjie nog loop. Dis nie baie nie en stink nie as dit werk nie. Niemand kom ook daar nie so dis fine vir nou, ek sal later 'n spannetjie inkry en my eie french drain bou.
Probleem is, die pype is verstop wat die water moet afvoer. Ek druk hier en trek daar, en niks werk nie. Ek verloor my humeur, figure in my kop dat "die ding werk anyway nie, ek kan hom nie meer opfoeter nie", gryp die saag en saag die pype so naby aan die tenk af as wat ek kan, terwyl ek nog bietjie pyp het om mee te werk. Daar sien ek die manne wat laas daar gewerk het, het 'n staal barrel nipple gebruik om die septic tenk met die afvoer te las. Die pyp is geheel en al toe-geroes. Roes so dik aangepak ek kry dit nie uit nie. Sny nog verder terug en sny die stuk af.
Gaan stort.
Klim in die bakkie.
Ry 20km na die dorp wat ek ken, koop 'n nuwe PVC las en ry terug. PVC weld die las aan die tenk se outlet vas en clamp die dik 50mm pyp bo-oor die las vas met 'n SS pipe clamp. Nou loop hy weer. 2 dae se werk, maar dis gedoen.
En dit was net die septic tenk. Hierna was dit issues met die dak, die elektries, die boorgat, pompe, aircons, ens. ens. ens. Ons grassnyer het ook overheat en die weed eater het vinnig vinnig opgegee. So dit alles sal ek nog vertel, daar's nog BAIE stories
Bookmarks