2001 Hardbody D/C 4x4 geen diff lock





Results 1 to 2 of 2
  1. #1
    Join Date
    Jul 2009
    Location
    Bellville
    Age
    33
    Posts
    457
    Thanked: 11

    Default 2001 Hardbody D/C 4x4 geen diff lock

    Ek het laasweek 'n goeie winskoop opgetel, SE model, spotless, bakkie het maar 52000km op vir R82000. Die vorige eienaar het net getoer met die bakkie en is nog standaard met sy stewige nudgebar en running boards.

    Die 3.0 V6 is nogal dors. Ek wil 'n freeflow opsit en het met Koos Swanepoel Developments gepraat, hulle se ek kyk na 1 tot 1.5 km/l by as ek 'n chip insit. Kan iemand miskien vir my 'n idee gee of dit akkuraat is? Wie kan ek bel oor 'n long range fuel tank, wil einde van die jaar Namibie toe gaan en kort 'n boietjie meer range.

    Ek wil ook weet wat dit min of meer vir my gaan kos om 'n difflock in te sit, as iemand my miskien kan verwys na die regte plek om mee te gesels sal dit gaaf wees.

    Op 'n ander punt. 'n Vriend van my versprei goed met die naam Navtech (nie seker van die spelling nie). R250 vir 'n liter en jy gooi blykbaar 4ml per liter brandstof by. Hy het hier so vinnig verduidelik wat dit doen maar ek het noe eintlik geluister nie. Hy se hy kry oor 'n 100km op 'n tenk by op sy 1998 Isuzu 2.8 TD D/C. Die goed is ook vir petrol voertuie. Het dit vinnig ge-google maar kry niks nie. Het iemand al daarvan gehoor of dit gebruik? Soek graag julle inset op so 'n produk.

    Dankie

  2. #2
    Join Date
    Jan 2009
    Location
    Triomf, Johannesburg
    Age
    34
    Posts
    54
    Thanked: 0

    Default

    Hi Dumbluck,

    Jis nou daai is die winskoop van die jaar!

    Too bad jy's in die Kaap, anders kon jy met Herman(a.k.a Engel) gepraat het oor kit vir jou Hardbody.

    Wat jy wel kan doen is, kom loer in by www.nissan4x4.co.za, dan PM jy ons Webmaster Andre De Goede (a.k.a TheSani), hy sal jou kan uithelp, asook Ian (a.k.a Offroad Addict), hulle sal jou in die regte rigting kan stuur met jou lorrie.

    Oor daai Navtech goed... Het nie 'n idea, so ek kan ongelukkig niks daaroor noem of raad gee.

    Maar geluk en kom loer in by ons op die Nissan Forum.

    Groetnis

    Nico
    Nico James Nell a.k.a Pilot Of Note
    2000 Hardbody 3,0i V6 D/C SE a.k.a CASPER
    Winch Plate Nudge Bar
    Hella 500 Spots
    5mm Bashplate
    Camil Coilover Shocks (Front & Rear)
    Replacement Rear Bumper


    Lid van die Nissan 4x4 Owners Klub



Similar Threads

  1. Diff Lock Problem
    By bakiboy in forum Ford & Mazda
    Replies: 18
    Last Post: 2015/05/20, 01:06 PM
  2. Females
    By 4x4 in forum General 4x4 Discussion
    Replies: 146
    Last Post: 2013/09/04, 03:30 PM
  3. Diff Lock not working on Colt 2.8 TDI 4x4
    By Blackie in forum Mitsubishi
    Replies: 15
    Last Post: 2007/12/03, 08:07 AM

Tags for this Thread

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •