Results 1 to 3 of 3
  1. #1
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    WELLINGTON
    Age
    62
    Posts
    1,142
    Thanked: 147

    Default OU Voortrekker Pas - Louvain

    Met al die storms en swaar reën van die laaste tyd in die Wes en Suid-Kaap, soek ek inligting oor die toestand van die Ou Voortrekkerpas by Louvain Gasteplaas Tussen George en Avontuur. Ek dink daar kan dalk nou 'n paar plekke wees wat miskien onrybaar moeilik gemaak is met verspoelinge ens...
    My seun het sopas vir hom 'n Pajero aangeskaf en jeuk om die voertuig te gaan "toets". Ek het gereken 'n Graad 2-3 trail sal goeie 'n beginpunt wees....
    Inligting sal waardeer word.
    Ons kyk na die langnaweek in September...of daar rondom...
    John van Dyk
    Land Cruiser VX 4.7l V8 1999
    Mercedes Benz E 200K - nou seun se vrou se ryding
    Mercedes - Benz GLC 250 -2017
    Noname Boswa - binnekort in die mark - Augustus
    VW California 2.0TDi 2017

  2. #2
    Join Date
    Oct 2023
    Location
    Johannesburg
    Posts
    194
    Thanked: 135

    Default Re: OU Voortrekker Pas - Louvain

    Ek was laas maand daar.
    Vanaf louvain kan jy op ry na die berg toe wat vir jou n fantastiese 360° uitsig gee.

    Na die berg is die pas veronderstel om aan te gaan.
    In die begin lyk dit doenbaar met n paar rotserige dele, maar so 4km vanaf die berg is daar erosie wat dwars oor die pad loop.
    Gate van meer as 1m diep en maklik 60cm breed.
    Tensy jy met tank tracks ry gaan jy nie daar oorkom nie...
    Ons het toe die pas verder uitge-hike vir 18km, dis n pragtige omgewing.

    Die berg uitsig is nogsteeds fantasties!
    Attached Thumbnails Attached Thumbnails Click image for larger version. 

Name:	20240615_103437.jpg 
Views:	31 
Size:	166.8 KB 
ID:	728068   Click image for larger version. 

Name:	20240615_101053.jpg 
Views:	32 
Size:	270.1 KB 
ID:	728069  

  3. #3
    Join Date
    Oct 2023
    Location
    Johannesburg
    Posts
    194
    Thanked: 135

    Default Re: OU Voortrekker Pas - Louvain

    Jy kan ook die prince alfred's pass gaan uitry, en kamanassie road is uitstekend

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may edit your posts
  •