Nog net so 250km gery, maar sover is die Nissan nammies.
Ek het nog nie voorheen n diesel laat chip of re-map nie, net vir n ruk met een van die plug en play chips op die vorige Navara gery (na n ruk uitgehaal - bakkie in limp mode gegaan as hy hard werk teen duine uit).
Die plug en play chip het soort van onmiddelik n klomp krag beskikbaar gemaak (raak net aan die pedaal en die perde wil uit die blokke skop).
Benson se re-map is totaal anders.
Die bakkie ry natuurlik en voel baie meer "normaal". As jy liggies trap trek hy liggies, en hoe meer jy trap, hoe sterker trek hy - baie egalig en "linear".
Krag is van lae RPM af meer, maar nie so dat jy bang is jy gaan hom stukkend ry nie. Ook, in bv 6e rat teen lae spoed (en bv 1800 RPM) kan jy trap en net versnel (wat nie goed is nie) , maar daar is nog daai meer natuurlike karakter en gevoel dat jy moet afgaan na 5e (wat reg is).
Teen lae RPM en met min throttle input in lae ratte (bv in verkeer) was daar soms n ligte vibrasie van die engine se kant af - dit is heel weg en hy loop seepglad.
Kon met eerste afskakel van die engine dadelik hoor die EGR is ge-de-aktiveer. Baie nice.
Soos ek bo beskryf klink dit dalk of die wa nie lekker trek nie, maar as jy die lepel dieper trap tel die Datsun sy rok op, en jy is vinnig by baie stoute spoed. Engine seepglad regdeur die rev range, en dit is nou die eerste "standaard" ryding wat ek het wat regtig TREK tot by maks RPM - nogal iets om te voel.
Branstof tot nou lyk na so 5% ligter, maar ek dink dit sal dalk nog beter kan raak (die wind waai die rook uit die snelweg uit hier in die Kaap). (ek kan doen met besparing - tussen die suspensie se lig en AT tyres was hy meer as 10% swaarder op sous as standaard).
Dankie Benson.
Ek was maar bekommerd om te laat verander aan hom, maar die veranderinge is subtiel - laat mens dink n grootmens het aan jou kar gewerk. Mens hoef nie die ekstra krag te gebruik wanneer jy dit nie nodig het nie, en kan dan net die lekker gladde karakter van die engine geniet.
(Ek wil nie agter sy rug van hom skinder nie, maar hy is een van die min mense wat so werk dat jy na die tyd nie kan sien iemand het gewerk nie - alles vas en op hul plek. En ja, ek het na die tyd "gecheck").

Bookmarks