Results 1 to 2 of 2
  1. #1
    Join Date
    Mar 2008
    Location
    Pretoria
    Age
    42
    Posts
    143
    Thanked: 16

    Default SsangYong in 2009 Dakar

    Ek het verlede week die "2009 Barcelona Auto Show" bygewoon. Aangesien ek 'n SsangYong-"fan" is, het ek eerstens SsangYong se uitstalling gaan opsoek (nie eens die Bugatti Veyron kon my aandag aftrek nie!!!). SsangYong het, soos altyd, nie teleurgestel nie...

    Interessante modelle wat ek gesien het sluit in die nuwe Ssangyong C200 Aero, asook "offroad"-weergawes van die Kyron en Actyon. Ek het altyd gedink die Kyron/Actyon is maar 'n bietjie lig in die broek as dit by hardebaard 4x4-dinge kom, maar hierdie twee modelle het gelyk asof niks hulle kan keer nie! Hulle het opgradeerde suspensie en 235/85 16-duim bande (wat wondere doen vir grondvryhoogte), asook ekstra beskerming vir die onderstel gehad. My kamera is ongelukkig die vorige dag gesteel, so ek het nie foto's nie Weet iemand of hierdie modelle ook in SA beskikbaar is?

    Die interessantse was egter 'n Kyron tydrenmotor wat aan die 2009 Dakar deelgeneem het. 'n Bietjie navorsing op die web het baie interessante feite rondom hierdie motor aan die lig gebring. Die Kyron is bestuur deur Isidre Esteve Pujol van Spanje en dit het vanjaar 'n 81ste plek in die Dakar behaal. 81ste klink nie baie goed nie, maar soos ek verstaan is dit 'n prestasie om bloot net die Dakar klaar te maak. Wat egter die merkwaardigste is, is dat Isidre Esteve Pujol reeds in 2007 verlam is na 'n motorfietsongeluk in 'n Spaanse tydren. Noem my nou maar ‘n twee meter lange, 120 kg, “softie”, maar ek het ‘n knop in my keel gekry toe ek dit gelees het... Pujol is voorbeeld van vasberadenheid en “guts”, voorwaar ongelooflik!! Dis stories soos hierdie wat ‘n ou net weer laat besef dat jy baie het om voor dankbaar te wees en dat niks onmoontlik is nie. Gaan lees gerus by http://www.team-bhp.com/forum/motor-...spiration.html .
    Attached Thumbnails Attached Thumbnails Click image for larger version. 

Name:	madrid08ssangyong04.jpg 
Views:	153 
Size:	90.4 KB 
ID:	34562   Click image for larger version. 

Name:	isi27ae2912.jpeg 
Views:	180 
Size:	69.1 KB 
ID:	34563   Click image for larger version. 

Name:	isi-sangyongeb1.jpg 
Views:	152 
Size:	166.8 KB 
ID:	34564  

  2. #2
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    SPRINGBOK
    Age
    65
    Posts
    61
    Thanked: 1

    Default

    Hallo daar,
    Ek hou ook van Ssangyong. Het al 3- Mussos gehad en het verlede jaar Aug vir my 'n
    Kyron 200xdi outo gekoop.Geniet hom baie.

    Groetnis Paul Nel.Springbok,Namakwaland

Similar Threads

  1. Toyota to drive in DAKAR 2012
    By CoenraadB in forum The 4x4 Pub
    Replies: 6
    Last Post: 2011/10/07, 08:29 AM
  2. Amazing Dakar Photos
    By Dirk in forum Cameras & Photography
    Replies: 13
    Last Post: 2010/01/31, 08:43 PM
  3. Dakar 2009
    By 4ePajero in forum General 4x4 Discussion
    Replies: 145
    Last Post: 2009/01/20, 12:52 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may edit your posts
  •