Results 1 to 7 of 7

Thread: Preserved Lemon

  1. #1
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Gaborone, Botswana
    Age
    58
    Posts
    5,626
    Thanked: 1852

    Default Preserved Lemon

    Dit is nou lekker !

    Gisteraand 'n nuwe batch gebottel. Ek los dit so 4 weke buite en dan gaan dit yskas toe.

    Vanmiddag toe ek kyk toe sien ek hulle het begin ferment. Bonus. Die vorige batches het nie.

    ------

    Twee kg suurlemoen en 200g sout. 10% sout.



    Nou wag ons 'n maand.

    Attached Thumbnails Attached Thumbnails Click image for larger version. 

Name:	Suurlemoen01.jpg 
Views:	442 
Size:	156.9 KB 
ID:	633106   Click image for larger version. 

Name:	Suurlemoen02.jpg 
Views:	438 
Size:	104.4 KB 
ID:	633107  
    Kobus

  2. The Following 5 Users Say Thank You to KobusDJ For This Useful Post:


  3. #2
    Join Date
    Dec 2007
    Location
    Nkomasi
    Age
    64
    Posts
    1,105
    Thanked: 495

    Default Re: Preserved Lemon

    Ek ken dit as piekel suurlemoen. Baie lekker.

  4. #3
    Join Date
    Dec 2010
    Location
    Saudi / Limpopo
    Age
    53
    Posts
    14
    Thanked: 18

    Default Re: Preserved Lemon

    Kobus,

    Vertel bietjie meer asseblief.

    Gebruik jy gewone water?
    Waarvoor kan mens dit gebruik?
    Kan mens dit netso eet uit die bottel uit?
    As jy sÍ jy los dit buite, bedoel jy buite die yskas of letterlik buite die huis (in die son) om te ferment?
    Bly dit dan heeltyd in die yskas na die 4 weke, of kan mens dit op die spens rak bÍre?
    Moet dit dan nog 'n maand in die yskas bly voor mens dit kan gebruik?

    Ek en my dogters is mal oor suurlemoen eet, met sout op gesprinkel. Ons hou kompetisies met wie kan die meeste eet sonder om 'n gesig te trek.
    Carl

    2014 Toyota Sequoia 5.7L Limited Edition 4x4 - Mine.
    2017 Pajero 3.5 - SWAMBO

  5. #4
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Gaborone, Botswana
    Age
    58
    Posts
    5,626
    Thanked: 1852

    Default Re: Preserved Lemon

    Carl, die regte naam is Moroccan Preserved Lemons.

    Een van die letterlik duisende resepte op die internet: https://tasteofmaroc.com/how-to-make-preserved-lemons/

    Hulle sny die suurlemoen in kwarte - maar nie heelemal deur. Dan stop hulle 'n hoeveelheyd sout in. Pak dit in 'n glasbottel (jar) en vul op met suurlemoensap - niks water.

    Nadat ek deur al die resepte is, het ek besluit ek hou nie van die groot stukke (kwarte) nie. Ek wil ook die sout/surlemoen verhouding beter verstaan. Dit is hoe ek op die skywe sny en 10% sout per gewig uitgekom het. Dit werk vir my.

    -----

    Hier is wat ek doen:

    Sny suurlemoene in skywe. Ek haal die pitte uit. Weeg suurlemoene. Weeg jou 10% sout af. In my geval was dit 2kg suurlemoen en 200g sout. Ek gebruik growwe seesout. Meng deurmekaar en laat so halfuur staan sodat die sout kan oplos en die sap uit die suurlemoen kan trek. Maak die bottels vol. Jy kan maar bietjie vasdruk om meer in te kry. Maak vol met die sap. Ek het so 4 ekstra suurlemoene se sap uitgedruk om dit mooi vol sap te kry.

    Los dit buite die yskas op die spensrak in die donker. Dop/skud die bottel eenmaal 'n dag om sodat die boonstes kan nat bly met sout sap. Anders muf dit. As jy sien dit ferment draai die prop ook dan net effe los en weer vas (burp). My eerste paar batches het nie ferment nie, maar dit het steeds lekker uitgekom. Laat dit 'n maand so aangaan. Dan gaan dit yskas toe en jy kan dit begin geniet. Ek sal dit nou nie langer op die spensrak los nie. Muf is maar 'n probleem.

    -----

    Ek eet omtrent elke aand 'n skyf of twee saam met my kos. Die skil is deuskynend soos glas en dit is die lekkerste. Vis, hoender, bees, vark... alles kry 'n stukkie saam met elke hap. Die aartappelskyfies word in die sap gedip. Wanneer jy roerbraai groente maak, snipper so paar skywe in die mensel in.

    My kiewe trek saam as ek net daaraan dink.

    Kyk hoe lekker !

    .
    Attached Images Attached Images  
    Last edited by KobusDJ; 2021/10/18 at 05:03 PM.
    Kobus

  6. The Following 7 Users Say Thank You to KobusDJ For This Useful Post:


  7. #5
    Join Date
    Dec 2010
    Location
    Saudi / Limpopo
    Age
    53
    Posts
    14
    Thanked: 18

    Default Re: Preserved Lemon

    Dankie Kobus. Ek waardeer die inligting.

    Ek gaan dit beslis probeer soos jy dit maak. Dit lyk lekker en ek wonder of ek 'n maand sal kan wag om te proe...
    Carl

    2014 Toyota Sequoia 5.7L Limited Edition 4x4 - Mine.
    2017 Pajero 3.5 - SWAMBO

  8. #6
    Join Date
    Nov 2013
    Location
    Alberton
    Age
    61
    Posts
    1,083
    Thanked: 2372

    Default Re: Preserved Lemon

    Also going to make it. I often cook Moroccan in my tagine, love it. Have been short on the Lemons though.

  9. #7
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Gaborone, Botswana
    Age
    58
    Posts
    5,626
    Thanked: 1852

    Default Re: Preserved Lemon

    4 Weke in die spens en nog 'n paar in die yskas.

    Die sap het ge-gel.

    Die bottel lÍ op sy.


    .
    Attached Images Attached Images  
    Kobus

  10. The Following 3 Users Say Thank You to KobusDJ For This Useful Post:


Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •