Results 1 to 12 of 12
  1. #1
    Join Date
    Mar 2020
    Location
    Potchefstroom
    Posts
    16
    Thanked: 21

    Default Navigasie versus weegbrűe

    More almal, voordat die titel verkeerd gelees word, dis soos belastingontwyking (prysenswaardig) versus belastingontduiking (strafbaar) - my behoefte is in beide gevalle in lyn met eersgenoemde.

    Net ter agtergrond, my maniere op die pad is oor die algemeen baie mooi, my lisensies is op datum en in die laaste dekade net een keer ‘n 72 in ‘n 60 sone boete gekry.

    Dit ten spyt, het ek ernstige fobies om met enige funksionaris van wetstoepassing (spietkop, polisie, weermag, magistraat, …) te doene te hę en is dit vir my ‘n saak van eer om hulle eerder te probeer mis ry as raak (in die spreekwoordelike sin natuurlik)

    Ek het lekker gesels in ‘n ander thread oor ‘n lorrie wat ek gekoop het en het gehoop om paar insette oor ander kwaal waaroor ek nou loop en dink te kry: dit lyk my meeste reguiterige lang roetes deur die land het minstens een weegbrug op hulle. Dis vir my ‘n probleem, want sover ek verstaan moet lorries, selfs kleintjies, daar gaan tou staan. Ek weet daar is hier en daar spietkops met persoonlikheid ook, maar daar is min dinge in die lewe so naar as een van hulle jou stop en op ‘n clipboard beginne notas maak nog voordat hulle ‘n woord gespreek het. Ek sal eerder vooraf wil beplan en om hierdie tipe situasie wil ry as dit moontlik en sinvol is.

    Op die oomblik is dit die weegbrug net voor Potgietersrus waar die N11 die R101 sny wat my kop seer maak, daar is te veel bergagtigheid in die omgewing vir alternatiewe wat nie heeltemal van koers af is nie. Ek het ken nog nie Natal se agterpaaie goed nie, maar ek het die lys van weegbrűe op die forum gekry en gesien daar is sommer ‘n hele klomp in Natal ook. En oos transvaal as ek wil skuins op sny het sommer nog meer.

    Wanneer mens 800km het om in ‘n dag te ry is daar nie tyd om met grondpaadjies te tjommel nie, mens wil ry.

    Hoe maak die lorrie mense op die forum? Vat julle maar die weegbrűe?

  2. #2
    Join Date
    May 2012
    Location
    Tussen die Bolandse berge
    Age
    58
    Posts
    781
    Thanked: 299

    Default Re: Navigasie versus weegbrűe

    Dit is seker n noodsaaklikheid maar kan nogal tydrowend wees.

    Op.my gewone roete gaan ek daagliks verby 2 .
    Ek word gewoonlik so een keer n week "afgetrek"
    Het my al n aflewering of twee gekos as my tyd beperk is in die namiddag en ek n drie kwart uur in die tou moet spandeer.

    My groot frustrasie is WAAROM hulle soveel vragmotors op n slag moet afkeer?

    Ek het dit al aangemeld want dit is gevaarlik..By die Rawsonville weegbrug het dit al direk bygedra tot n noodlottige ongeluk waar n vriend van my se drywer sy lewe verloor het agv so n opeenhoping by die afdraai.

    By die weegbrug net voor Joostenberg vlakte vat dit n ewigheid om in die Stellenbosch pad te kom(waar die weegbrug gelee is) en het ook al heelwat ongelukke plaasgevind agv bestuurders wat ongeduldig raak.

    By die weegbrug op die N7 net na De Noon trek hulle soms soveel vragmotors op n slag af dat die linkerkanste Baan vd snelweg gedeeltelik versper is.

    Ek weet nie of elke skof verkeersbeampte n sekere kwota voertuie moet afkeer nie maar soms kry ek die idee hulle sit en "rus" in die voertuig en spring dan skielik uit om die volgende 20 vragmotors af te keer en dan weer verder te rus...en dan word die proses herhaal..
    Nico Thiart

  3. #3
    Join Date
    May 2012
    Location
    Tussen die Bolandse berge
    Age
    58
    Posts
    781
    Thanked: 299

    Default Re: Navigasie versus weegbrűe

    Terwyl ek nou in elk geval nie kan slaap nie .. nog een van my frustrasies is wanneer hulle jou leeg aftrek .
    Ek loop meestal leeg terug Worcester toe en word dan soms met die gevreesde armswaai weegbrug toe beduie..nog n halfuur uit my dag...
    Nico Thiart

  4. #4
    Join Date
    May 2012
    Location
    Tussen die Bolandse berge
    Age
    58
    Posts
    781
    Thanked: 299

    Default Re: Navigasie versus weegbrűe

    Dit is darem nie n kwessie dat jy MOET aandoen by die weegbrug nie...net as n verkeersbeampte (hulle sit/staan gewoonlik so n entjie voor die weegbrug langs die pad..of n paar dapperes staan sommer in die pad ) jou aanwys om dit te doen.

    Maar dit weet jy as bestuurder glo ek.

    So dit is maar n dobbelspel met hoeveel tyd jy gaan verloor .. my daaglikse roete is so 150km so met goeie beplanning het ek darem nie onlangs n aflewering gemis nie.

    Maak tog net seker jy oorskry nie die maksimum gewig wat jy mag vervoer nie EN dat jou asverspreiding reg is
    As jou asverspreiding verkeerd is mag jy jou vrag skuif mits jy nog binne die gewigsperk vir jou voertuig is..maar jy gaan nog steeds beboet word
    As jy meer as 5 % oorlaai is gaan jy nerens en sal jy moet reel dat iemand die oortollige gewig kom laai.
    Met jou 800 km roete is daar n baie groot kans dat jy erens afgetrek gaan word .
    Nico Thiart

  5. #5
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Hillrise, Kempton Park
    Age
    67
    Posts
    2,502
    Thanked: 2389

    Default Re: Navigasie versus weegbrűe

    Ek het 'n 'Love/Hate' verhouding met weegbrue. Hulle doen goeie werk maar bly altyd 'n frustrasie. Ons het 'n 5t hangskaal om vragte te weeg wat twyfelagtig is en word dus gewoonlik 'te lig bevind'.

    Het so 'n paar maande gelede 'n situasie by die N3 (S) weegbrug naby Heidelberg gehad. Ons ry gereeld met barriers na Tanda Tau op die N3 (moreoggend weer) en die een spesifieke Saterdagoggend word my trok afgetrek met 'n vooras wat te swaar is. Al die ander aste is baie binne perke. Ons kan 28t laai en ons vrag is eweredig versprei en weeg 25t, maar die vooras is oorlaai. Dit nadat ons gereeld weeksdae met soortgelyke vragte deurry sonder probleme.

    Hoe die vrag ookal geskuif word die vooras bly hoog. Ons trok het 'n kraan. Uiteindelik kry my drywer 'n kontrakteur daar naby wat een barrier (2.2t) oorlaai en skielik is alles reg. Geen boete maar R1000 vir die kontrakteur.

    Lang korrespondensie met die kontrolleur (een van ons kerk se mense) die volgende week. Hy gaan deur die weegrekords van die Saterdag en kan ook nie antwoord gee nie. Het op 'n volgende keer weer oor die skaal gegaan met 'n foto van die vrag en vragmotor en vir hom gestuur vir rekord indien so iets weer gebeur.

    Ek glo die Saterdag was dit kollekteerdag en ons was nie bereid om by te dra nie.
    Johan Maree
    Isuzu 300 d-tec
    MB Gwagen G350 Bluetec
    Nissan NP300 2.4 4x4
    Conqueror UEV-25

  6. #6
    Join Date
    May 2012
    Location
    Tussen die Bolandse berge
    Age
    58
    Posts
    781
    Thanked: 299

    Default Re: Navigasie versus weegbrűe

    Johan hier in die Weskaap gee hulle jou ook geleentheid om vrag reg te skuif ...maar beboet jou nog steeds vir die oorspronklike oorlaai van n as .
    Ek het n 5 ton vragmotor maar kan net 4 7 ton laai.
    So n jaar terug was ek so n halfton oorlaai op die agter as en kon dit regstel..maar is nog steeds R1000 beboet...lyk my daar is dubbele standaarde tussen die provinsies
    Nico Thiart

  7. #7
    Join Date
    Mar 2020
    Location
    Potchefstroom
    Posts
    16
    Thanked: 21

    Default Re: Navigasie versus weegbrűe

    Sal maar die pad van Warmbad af Roedtan oor na Pietersburg bekyk, lyk na die beste opsie.

    Dis juis die asmassas wat my so effens bekommer. As ek die TLB op het, is ek nog so halwe ton of wat onder gewig, maar ek vermoed die agteras gaan dalk bietjie oor die 7500kg wat 1113’s voor gelisensieer is wees. Wel ver onder die toelaatbare 9 ton vir ‘n dubbelwiel as.

    1113’s het uitgekom met 825x20’s waarvan ‘n algemene vragindeks 131 is, wat beteken die tyres kan 7.8 ton hanteer. Die agteras self is baie sterk. Ek het 900x20’s op myne met vragindeks van 137 - oor die 9 ton vir die as. Ek is nie bekommerd oor veiligheid nie, maar ek wil wel nie geweeg word en te “lig” bevind word nie.
    Last edited by pseudonaam; 2021/09/16 at 01:24 PM.

  8. #8
    Join Date
    May 2016
    Location
    East London
    Age
    69
    Posts
    3,002
    Thanked: 4621

    Default Re: Navigasie versus weegbrűe

    Quote Originally Posted by pseudonaam View Post
    Sal maar die pad van Warmbad af Roedtan oor na Pietersburg bekyk, lyk na die beste opsie.

    Dis juis die asmassas wat my so effens bekommer. As ek die TLB op het, is ek nog so halwe ton of wat onder gewig, maar ek vermoed die agteras gaan dalk bietjie oor die 7500kg wat 1113’s voor gelisensieer is wees. Wel ver onder die toelaatbare 9 ton vir ‘n dubbelwiel as.

    1113’s het uitgekom met 825x20’s waarvan ‘n algemene vragindeks 131 is, wat beteken die tyres kan 7.8 ton hanteer. Die agteras self is baie sterk. Ek het 900x20’s op myne met vragindeks van 137 - oor die 9 ton vir die as. Ek is nie bekommerd oor veiligheid nie, maar ek wil wel nie geweeg word en te “lig” bevind word nie.
    Die verkeerspolisie is nie geinteresserd in die voertuig se vermoë om die vrag te dra nie.
    Dit gaan alles oor die puntlas onder die wiele, wat ons paaie breek.
    "Nothing in the world is more dangerous than sincere ignorance and conscientious stupidity" - Martin Luther king Jr

    2006 VW Touareg V10 (Sold)
    2002 Mitsubishi Pajero 3.2 Di-d SWB

  9. #9
    Join Date
    Mar 2020
    Location
    Potchefstroom
    Posts
    16
    Thanked: 21

    Default Re: Navigasie versus weegbrűe

    Die wet sę 9 ton maksimum vir ‘n dubbelwiel as wat nie stuur nie, ek is ver onder dit.

  10. #10
    Join Date
    Aug 2012
    Location
    Okahandja, Windhoek
    Age
    69
    Posts
    4,945
    Thanked: 1187

    Default Re: Navigasie versus weegbrűe

    Quote Originally Posted by pseudonaam View Post
    Die wet sę 9 ton maksimum vir ‘n dubbelwiel as wat nie stuur nie, ek is ver onder dit.
    En as dit n dubbel as as is per as. Enkel as 8t lyk my.

    Hier moet alle voertuie bo 5t, dink ek, oor die weeg brug gaan, as die weegbrug beman is, wat meeste van die tyd is.
    Last edited by JLK; 2021/09/16 at 02:26 PM.
    Johan Kriel

  11. #11
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Hillrise, Kempton Park
    Age
    67
    Posts
    2,502
    Thanked: 2389

    Default Re: Navigasie versus weegbrűe

    Quote Originally Posted by tocin View Post
    Johan hier in die Weskaap gee hulle jou ook geleentheid om vrag reg te skuif ...maar beboet jou nog steeds vir die oorspronklike oorlaai van n as .
    Ek het n 5 ton vragmotor maar kan net 4 7 ton laai.
    So n jaar terug was ek so n halfton oorlaai op die agter as en kon dit regstel..maar is nog steeds R1000 beboet...lyk my daar is dubbele standaarde tussen die provinsies
    Selle hier ook. Ek glo hulle wou nie die boete uitreik nie siende dat dit 'n blanke intelligente drywer was wat die regte argumente ge-opper het. Hulle kon ook tot vandag nie die skaal se toetssert toon nie. Ons moet ons krane jaarliks laat sertifiseer en hulle ook. Ek glo daar het hulle begin bubbles hap.
    Johan Maree
    Isuzu 300 d-tec
    MB Gwagen G350 Bluetec
    Nissan NP300 2.4 4x4
    Conqueror UEV-25

  12. The Following User Says Thank You to JohanMaree For This Useful Post:


  13. #12
    Join Date
    Mar 2020
    Location
    Potchefstroom
    Posts
    16
    Thanked: 21

    Default Re: Navigasie versus weegbrűe

    Quote Originally Posted by JLK View Post
    En as dit n dubbel as as is per as. Enkel as 8t lyk my.

    Hier moet alle voertuie bo 5t, dink ek, oor die weeg brug gaan, as die weegbrug beman is, wat meeste van die tyd is.
    Dis wat ek bedoel het met die lorries moet mos daar gaan tou staan. Die weegbrug noord van Pretoria op die N1 “mantsjolie” of so iets het padtekens op wat al die lorries daar in beduie. Partymaal is die lig groen dan kan hulle ry maar ander kere is die ry vrek lank.

    Daar is verskillende klasse weegbrűe sover ek kan agterkom, hierdie is ‘n klas 1 wat meeste van die tyd selfd deurnag beman kan wees.

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •