Page 3 of 4 FirstFirst 1 2 3 4 LastLast
Results 41 to 60 of 73
  1. #41
    Join Date
    Aug 2020
    Location
    Oasis
    Posts
    1,048
    Thanked: 5222

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    Quote Originally Posted by Hubu View Post
    My projekte vat ook altyd baie langer as beplan. Helfte van die tyd is om my gaga welding af te grind en dit wat kromgeterk het weer reguit te kry.
    Saam met jou bril om jou oe te beskerm, moet nie van jou ore vergeet nie. Dra maar oor beskerming ook. Helfte van my doofheid kom van die jare se grind.
    Geniet dit. Werk in die motorhuis en iets bou is baie lekkerder as die beste dag op kantoor.
    Groete
    Hugo
    Ek is nogals pligsgetrou met oog en oor beskerming.

    So paar jaar terug het ek 'n boorpunt deur my duim gekry - dink die foto is nog erens op die forum so sal bietjie soek - en dit was 'n pynlike bedryf gewees om die punt uit my duim te draai.
    Cheers
    Willem Greyling

    "When the wise man points at the moon, the imbecile examines the finger" - Confucius

  2. #42
    Join Date
    Jul 2020
    Location
    Roodepoort
    Age
    61
    Posts
    127
    Thanked: 217

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    En as alles klaar is, begin die operasie om die toonbank verskuif te kry tot waar hy uiteindelik moet staan.
    Johan Swanepoel

    "Nkabe ke ngwana wa morago"

  3. #43
    Join Date
    Mar 2012
    Location
    Randburg
    Age
    39
    Posts
    855
    Thanked: 1555

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    Ek was gevra om die volgende prieel en heining te maak. Ek het gese seker so vier naweke, wel ons trek nou al by vyf naweke. Sal seker volgende week gaan installeer.

    Click image for larger version. 

Name:	Picket.JPG 
Views:	75 
Size:	73.3 KB 
ID:	619339

    Click image for larger version. 

Name:	Pck_001.jpg 
Views:	72 
Size:	101.4 KB 
ID:	619340 Click image for larger version. 

Name:	Pck_002.jpg 
Views:	72 
Size:	83.9 KB 
ID:	619341 Click image for larger version. 

Name:	Pck_0031.jpg 
Views:	77 
Size:	174.7 KB 
ID:	619343
    Last edited by ViperR; 2021/06/18 at 07:47 AM.
    GaryG


    Honda Civic Type R
    - Daily Drive
    Isuzu KB 250 Xrider - Swambo
    Grand Cherokee WK2 Hemi - Sold
    4.0 XJ Jeep Cherokee - Sold

  4. The Following 3 Users Say Thank You to ViperR For This Useful Post:


  5. #44
    Join Date
    Aug 2020
    Location
    Oasis
    Posts
    1,048
    Thanked: 5222

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    Quote Originally Posted by ViperR View Post
    Ek was gevra om die volgende prieel en heining te maak. Ek het gese seker so vier naweke, wel ons trek nou al by vyf naweke. Sal seker volgende week gaan installeer.

    Click image for larger version. 

Name:	Picket.JPG 
Views:	75 
Size:	73.3 KB 
ID:	619339

    Click image for larger version. 

Name:	Pck_001.jpg 
Views:	72 
Size:	101.4 KB 
ID:	619340 Click image for larger version. 

Name:	Pck_002.jpg 
Views:	72 
Size:	83.9 KB 
ID:	619341 Click image for larger version. 

Name:	Pck_0031.jpg 
Views:	77 
Size:	174.7 KB 
ID:	619343
    Jy kan maar Gary!
    Cheers
    Willem Greyling

    "When the wise man points at the moon, the imbecile examines the finger" - Confucius

  6. The Following User Says Thank You to MANDREAS For This Useful Post:


  7. #45
    Join Date
    May 2014
    Location
    Tshwanetoria
    Age
    68
    Posts
    2,331
    Thanked: 1214

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    Quote Originally Posted by EtienneB View Post
    Ek is tans besig om nuweisolasie material aan 'n voertuig se enjinruim te plak. En hierdie drie reels van jou is van toepassing. In my geval maak ek die templaat oor en oor en oor. Die genoemde isolasiemateriaal is duur!
    Ek het hom leer ken (uit dure ondervinding) as:

    Dink driekeer
    Meet tweekeer
    Sny eenkeer



  8. The Following 2 Users Say Thank You to hatjohan For This Useful Post:


  9. #46
    Join Date
    Nov 2015
    Location
    Edenvale
    Age
    55
    Posts
    1,292
    Thanked: 1355

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    Quote Originally Posted by MANDREAS View Post
    That is a nice welding table Paul!

    Perfect for the odd jobs I do.

    How high is it from the ground up?
    The top is about 900mm from the ground and is the same height as normal kitchen cupboards with a worktop on.
    I wanted it to be a comfortable height for MIG welding while I'm standing and when I'm sitting on a work chair doing TIG welds.
    On one of the corners I have drilled and tapped holes to mount a small vice and on another I can bolt down two sections of 40x40x5mm angle iron. They form a quick 90 degree jig when I need to weld up multiple parts quickly.
    I wouldn't mind drilling a grid pattern of holes for other fixtures like the bought welding tables, but I first need to acquire a magnetic base drill for that job.
    The humble person makes room for progress; the arrogant person believes they’re already there.
    2004 Disco 2 Td5
    Suzuki SJ410 (being rebuild)
    VW Touran 2.0Tdi
    Lotus 7 (replica - not a kit)
    Freelance Photographer (part time)
    Member Of: Southern African Freelancers' Association

  10. #47
    Join Date
    Oct 2011
    Location
    Midrand
    Age
    49
    Posts
    3,509
    Thanked: 2054

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    You guys should look up April Wilkerson's you tube channel. I think she had some some sort of background in oil and gas, but had no money when she started setting up home, so she started making her own stuff and then posting it on the YouTubes.

    My wife calls it hardware ####, but she makes some really nice things and has a super well equipped workshop as befitting someone making bags of cash off media and I assume she is sponsored by a lot of the tool guys. Worth a look for some nice ideas.

    I really like a lot of the stuff you guys did. My first lockdown project was a pull up bar/weight bar, and gym bench. Just bill the mark2 gym bench as my son at boarding school nicked the one I built during lockdown.

    Almost getting the hang of this TIG welding, but still not there yet. Looking for the next project, but need to finish builting some RC planes that are half completed first.

  11. #48
    Join Date
    Aug 2010
    Location
    Roodepoort
    Age
    76
    Posts
    86
    Thanked: 32

    Default Lyk goed. En wanneer begin jy jou EIE DIY winkel?

    Quote Originally Posted by MANDREAS View Post
    My vrou is besig om haar eie oogkundige praktyk oop te maak en om geld te spaar het ons besluit om self sekere van die meubelstukke te maak.

    Dit behels nou 'n ontvangstoonbank, lessenaar, hout kassies ens.

    Ek het begin met die ontvangstoonbank laas week Saterdag. Na 'n sterk koppie koffie het ek die sweis masjien gekoppel (het die staal die vorige aand gesny) en 4uur die oggend begin werk.

    Ek het twee soorte staal gebruik: albei reghoeke lengtes (60mm x 40mm x 2mm) en (50mm x 25mm x 2mm) om die basiese raam te bou. My vrou se vereistes was dat dit 'n toonbank gedeelte moet he en dan ook 'n addisionele blad waar pasiente kan sit terwyl hulle rekening opgestel word.

    Die hele toonbank is 2400mm lank en om die toonbank-effek te skep, het ek voorsiening gemaak vir 'n addisionele blad wat 400mm bo die tafelblad staan met 1200mm x 300mm dimensies.

    Ek het begin met die voetstukke wat gesny is uit die 60mm x 40mm x 2mm staal. Die voetstukke is 700mm x 600mm:

    Attachment 618770

    Volgende het ek die drie dwarslengtes (50mm x 25mm x 2mm) aangesweis aan beide voetsukke om die basiese raam ste skep:

    Attachment 618771

    Attachment 618772

    Attachment 618773

    Attachment 618774

    Attachment 618775

    Attachment 618777

    Nou dat die basiese raamwerk gebou was, kon ek begin met die toonbank gedeelte. My plan was oorspronklik om die twee stutte loodreg met die raamwerk te sweis, maar het van die gedagte af weggestap omdat die hele toonbank klaar reghoekig lyk en ek wou dus bietjie die loodreglyne breek met iets anders. Ek het derhalwe die twee stukke met 10grade ewewydige hoeke gesny sodat die stukke effens na binne staan terwyl die toonbank waterpas staan. Verskoon die straps in die fotos - dit was maar net om te keer dat die staal nie effens buig met die hitte van die sweiswerk nie.

    Attachment 618778

    Attachment 618781

    Attachment 618782

    Attachment 618783

    Attachment 618784

    Om seker te maak dat die toonbank nie vorentoe val as mens gewig bo-op die toonbank sit nie, het ek twee apies in my boom gevang en hulle as maatstaf gebruik.

    Attachment 618786

    Attachment 618787

    Ek het later die middag nog een addisionele stuk voor in die middel van die raamwerk (tussen die dwarslatte) in gesweis omdat die staal (nadat ek die regtertoonbankstut ingesweis het) daar effe begin sak het as gevolg van die hitte. Vir die toonbank gedeelte het ons besluit op PG Bison se Saxon Oak parsbord - die patroon het vir ons mooi gelyk. Ek sou wat wou gee om die blad uit meranti of rooshout te maak, maar soms is funksionaliteit beter. Plus, dit het gehelp om die boukoste van die toonbank laag gehou.

    Attachment 618796

    Aan die voorkant van die tafel gedeelte het ons besluit op split poles pleks van knotty pine weereens om die kostes laag te hou. Aanvanklik wou my vrou gehad het dat ek staal gaas moes insweis aan die onderkant van die blad (en weerskante van die tafel se voetstukke), maar dit het te industrieel voorgekom (en in my opinie nie gepas vir 'n optom praktyk nie). Met 'n bietjie afval hoekyster het ek die nodige vastrekpunte ingesweis en begin om die plit poles te pas.

    Attachment 618797

    Attachment 618798

    Vanaand sal ek split poles vir die ander kant sny en inpas. Om by die tema te bly, gaan ek ook tussen die twee voetsukke van die boonste toonbank (tussen die blad en die toonbank) hout droppers heel inpas sodat die pasiente nie tussen die toonbank en tafelblad kan sien nie. Dan word die raam met Hammerite geverf (wonder nog of ek nie die staal kunsmatig moet laat roes en dan seel nie) en moet alles dan vasgetrek word.

    Dan is dit oor na die tweede lessenaar (wat op presies dieselfde basis gebou gaan word - net sonder die toonbank en heelwat korter (1500mm).

    Ek het 'n paar goed tot dusver geleer:

    1) As mens weer wonder hoekom meubels so duur is, vat bietjie tyd en wend self 'n poging aan. Ek was vir 13 ure op Saterdag besig en het tot op hede al meer as 20ure in die projek in.

    2) Die regte gereedskap maak die proses aansienlik eenvoudiger. En ek het nie die regte gereedskap gehad nie

    3) Meet twee keer en sny een keer.

    4) Meet twee keer en sny een keer.

    5) Meet twee keer en sny een keer.

    Ek sal mettertyd nog fotos oplaai soos wat die projek(te) aanbeweeg. Verskoon maar die eenvoudigheid van die meubelstuk, ek het geen aanvoeling vir die goed nie.

    Groete
    Alit

    Wees altyd bedagsaam teenoor ander.

  12. The Following User Says Thank You to Alit For This Useful Post:


  13. #49
    Join Date
    Mar 2012
    Location
    Randburg
    Age
    39
    Posts
    855
    Thanked: 1555

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    Willem, ek neem aan jy is nou klaar net die projek?
    GaryG


    Honda Civic Type R
    - Daily Drive
    Isuzu KB 250 Xrider - Swambo
    Grand Cherokee WK2 Hemi - Sold
    4.0 XJ Jeep Cherokee - Sold

  14. #50
    Join Date
    Aug 2020
    Location
    Oasis
    Posts
    1,048
    Thanked: 5222

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    Quote Originally Posted by ViperR View Post
    Willem, ek neem aan jy is nou klaar net die projek?
    Nog nie

    Was so bietjie moeilik die afgelope paar dae om 'n tyd daaraan te spandeer.

    Sal more oggend weer fotos van die vordering laai.
    Cheers
    Willem Greyling

    "When the wise man points at the moon, the imbecile examines the finger" - Confucius

  15. The Following User Says Thank You to MANDREAS For This Useful Post:


  16. #51
    Join Date
    Sep 2019
    Location
    Pretoria East
    Age
    48
    Posts
    822
    Thanked: 1529

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    Quote Originally Posted by MANDREAS View Post
    Nog nie

    Was so bietjie moeilik die afgelope paar dae om 'n tyd daaraan te spandeer.

    Sal more oggend weer fotos van die vordering laai.
    Ons verstaan al die baie meet neem tyd in beslag.

  17. The Following User Says Thank You to Emmie L For This Useful Post:


  18. #52
    Join Date
    Dec 2009
    Location
    Centurion
    Age
    47
    Posts
    667
    Thanked: 181

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    A grinder and paint makes me the welder I aint.

  19. #53
    Join Date
    Aug 2020
    Location
    Oasis
    Posts
    1,048
    Thanked: 5222

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    Die toonbank is amper klaar.

    Al wat nog moet gebeur is dat die kante van die parsbord geplak moet word, dan kan hy praktyk toe gaan.

    Vanaand sal ek kyk of ek die lessenaar kan klaar maak.

    Click image for larger version. 

Name:	20210621_192527.jpg 
Views:	107 
Size:	276.2 KB 
ID:	619969

    Click image for larger version. 

Name:	20210621_192536.jpg 
Views:	92 
Size:	280.1 KB 
ID:	619970
    Cheers
    Willem Greyling

    "When the wise man points at the moon, the imbecile examines the finger" - Confucius

  20. The Following 3 Users Say Thank You to MANDREAS For This Useful Post:


  21. #54
    Join Date
    Mar 2010
    Location
    Pretoria
    Age
    37
    Posts
    2,987
    Thanked: 608

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    Quote Originally Posted by MANDREAS View Post
    Die toonbank is amper klaar.

    Al wat nog moet gebeur is dat die kante van die parsbord geplak moet word, dan kan hy praktyk toe gaan.

    Vanaand sal ek kyk of ek die lessenaar kan klaar maak.

    Click image for larger version. 

Name:	20210621_192527.jpg 
Views:	107 
Size:	276.2 KB 
ID:	619969

    Click image for larger version. 

Name:	20210621_192536.jpg 
Views:	92 
Size:	280.1 KB 
ID:	619970
    Dit lyk baie netjies, job well done!


    '12 Audi Q5 3.0 TDi quattro stock standard

    '07 VW Touareg (T2) 3.0 V6 TDi (BKS), Air Suspension, Centre and Rear diff locks, DeCAT, 265-65R17 muds - Sold

    '01 Jeep WJ Limited 4.7 V8 with some bits - Sold
    '83 Range Rover Classic 3dr 3.5 V8 Rust bucket - Sold

  22. The Following User Says Thank You to Commander For This Useful Post:


  23. #55
    Join Date
    Mar 2012
    Location
    Randburg
    Age
    39
    Posts
    855
    Thanked: 1555

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    Goed gedaan, lyk baie mooi.
    GaryG


    Honda Civic Type R
    - Daily Drive
    Isuzu KB 250 Xrider - Swambo
    Grand Cherokee WK2 Hemi - Sold
    4.0 XJ Jeep Cherokee - Sold

  24. The Following User Says Thank You to ViperR For This Useful Post:


  25. #56
    Join Date
    Aug 2020
    Location
    Oasis
    Posts
    1,048
    Thanked: 5222

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    'n Vorderingsverslag:

    Die oggend van die 24ste Junie het ek in die bakkie geklim, die sleepwa gehak en Swakop toe gery (920km) om die houtrame en kassies te gaan haal by my vrou se oom. Hy het vir ons 4 kassies gemaak asook 6 houtrame (1600mm x 1700mm), 'n houtraam uitgesny soos 'n legkaart (vir kinderrame) en een lang houtraam (2300mm x 900mm) vir sonbrille.

    Die gedagte was dat die houtraam teen die muur vasgeskroef word en dan plexiglass aan die binnkant (met voetstukkies teenaan die muur). Aan die plexiglass kom die verskeie rods.

    In elk geval, ek het 4uur die oggend in die pad gespring en 1uur in Swakop aangekom. Die volgende oggend weer teruggedraai huis toe. Ek het geen keuse gehad as om te ry nie, want ons was bang die streekgrense word gesluit die volgende week en wat toe inderdaad so gebeur het.

    Click image for larger version. 

Name:	20210625_084755.jpg 
Views:	91 
Size:	444.4 KB 
ID:	621699

    Click image for larger version. 

Name:	20210626_060138.jpg 
Views:	98 
Size:	253.5 KB 
ID:	621700

    Click image for larger version. 

Name:	Inked20210626_060149_LI.jpg 
Views:	96 
Size:	322.2 KB 
ID:	621701

    Soos julle kan sien het die lang raam maar moeilik gepak. Ten minste het die meeste minibusdrywers hul goedkeuring gewys. Ek het 3uur die middag by die huis aangekom en die volgende dag het die verniswerk begin. Die oom het nie genoeg tyd gehad om die kassies en rame te vernis nie.

    Click image for larger version. 

Name:	20210628_174623.jpg 
Views:	86 
Size:	262.3 KB 
ID:	621702

    Click image for larger version. 

Name:	20210628_174628.jpg 
Views:	78 
Size:	287.5 KB 
ID:	621707

    Click image for larger version. 

Name:	20210628_174635.jpg 
Views:	80 
Size:	361.6 KB 
ID:	621708

    Verniswerk is maar geduld werk, en terwyl ons 'n paar dae daaraan spandeer het, het die toerusting opgedaag en twee gawe ooms het dit kom installeer. Mense, mediese toerusting is duur... Ten minste het ek baie werk vir die kratte by die huis.

    Click image for larger version. 

Name:	IMG-20210705-WA0010.jpg 
Views:	80 
Size:	48.7 KB 
ID:	621712

    Click image for larger version. 

Name:	IMG-20210629-WA0002.jpg 
Views:	77 
Size:	52.8 KB 
ID:	621722

    Click image for larger version. 

Name:	IMG-20210629-WA0003.jpg 
Views:	85 
Size:	47.6 KB 
ID:	621723

    Die naweek was dit die groot werk. Ek en my vrou het beide Saterdag en Sondag vasgebyt en 'n groot hap van die winkeluitleg klaargemaak. Ek moet bieg, my vrou is glad nie 'n k.ak handlanger nie en haar vel is dik genoeg om haar nie te steur aan my matroostaal nie

    Eerstens het ons die houtrame aan die muur vasgeskroef. Omdat die vloer nie perfek gelyk gegooi is nie(), was dit nogals 'n storie om die houtrame almal op dieselfde hoogte vas te maak. Ek is 'n besonderse OCD-lyer...

    Click image for larger version. 

Name:	20210703_095521.jpg 
Views:	73 
Size:	169.0 KB 
ID:	621713

    Click image for larger version. 

Name:	20210703_095533.jpg 
Views:	73 
Size:	195.0 KB 
ID:	621714

    Nadat die rame op was, is die kassies se wieletjies vasgeskroef en tussen die rame geplaas - net om 'n idee te skep van hoe die uitleg gaan wees. Die legkaartbord (waaraan die kinderrame gaan kom) is toe klaar geverf en opgesit.

    Click image for larger version. 

Name:	20210703_095745.jpg 
Views:	69 
Size:	314.2 KB 
ID:	621715

    Click image for larger version. 

Name:	20210704_110012.jpg 
Views:	75 
Size:	137.7 KB 
ID:	621716

    En toe mense, begin die sukkelwerk. Plexiglass. Binne elke houtraam moet twee velle plexiglass kom en aan elke vel plexiglass moet vier voetstukkies (spacers) kom en 6 voetstukkies vir die rods. Ek het vroeg saterdag oggend 'n sjabloon uit een vel plexiglass gemaak wat die werk so bietjie makliker gemaak het. Van daar af was dit net repliseer op elke vel.

    Click image for larger version. 

Name:	IMG-20210705-WA0006.jpg 
Views:	77 
Size:	113.9 KB 
ID:	621717

    Vir die boorwerk het ek nie die regte boorpunte gehad om deur die plexiglass te boor nie, so ek het maar eers 'n klein gaatjie geboor en daarna die regte grootte boorpunt gebruik - alles staalboorpunte. As mens effens haastig raak en te veel spoed op die boorpunt gebruik, dan smelt die plexiglass. Dit was egter niks in vergelyking met die boor van die voetstukkies (spacers) aan die muur nie. Ek het nie geweet ek het so bree woordeskat nie.

    Ons metodiek was soos volg: Nadat al die plexiglass se gate geboor was, het ons dit binne die betrokke houtraam gespasieer en die gate van die voetstukkies gemerk. Dit is feitlik onmoontlik om met 'n gewone Ryobi boormasjien die gaatjies perfek te boor. Nie net veroorsaak dit probleme as die boorpunt effens gly nie, maar julle kan my ook maar van nou af Willem "Parallaksfout" Greyling noem. Nodeloos om te sę, waar die voetstukkies nie mooi ooreengestem het met die gate in die plexiglass nie, was my geduld op daardie stadium van so aard dat ek my hammer gaan haal het en hulle reg gebliksem het - die voetsukkies het in elk geval mos nie ma of pa nie.

    Nadat dit klaar was, en ons die rods daaraan vasgemaak het, was dit oombliklik die moeite en sukkel werd gewees.

    Click image for larger version. 

Name:	20210703_175908.jpg 
Views:	76 
Size:	152.7 KB 
ID:	621718

    Click image for larger version. 

Name:	20210704_110003.jpg 
Views:	67 
Size:	180.2 KB 
ID:	621719

    Click image for larger version. 

Name:	IMG-20210704-WA0010.jpg 
Views:	75 
Size:	42.2 KB 
ID:	621720

    Die laaste werk op die agenda was om die aluminium naambord op te sit. Twee lengtes hoekyster teenaan die muur en hy was op.

    Click image for larger version. 

Name:	20210704_171520.jpg 
Views:	68 
Size:	211.9 KB 
ID:	621721

    Wat nog gedoen moet word:

    1) Een muur moet geverf word;

    2) Die beligting binne in die naambord moet klaar gemaak word (ek gaan sommer van hierdie LED strips gebruik)

    3) Die toonbank moet vervoer word na die praktyk toe;

    4) Die meubelsstukke kom die week van Windhoek af;

    5) Die aluminium letters wat uit die naambord gesny is moet op 'n staalraam (wat ook nog gesweis moet word) vasgemaak word en bo een van die houtrame vasgemaak word;

    6) Die lampies wat bo elke raam kom moet geïnstalleer en bedraad word;

    7) Omdat die praktyk middag son vat, moet die ruite getint word;

    8) Brilrame moet bestel word en uitgepak word;

    9) Vele goed wat my vrou beslis binne die volgende paar dae sal uitdink en my mee opsaal.

    Hoe sę die ingelsman? So far so good.
    Last edited by MANDREAS; 2021/07/05 at 10:04 AM.
    Cheers
    Willem Greyling

    "When the wise man points at the moon, the imbecile examines the finger" - Confucius

  26. The Following 8 Users Say Thank You to MANDREAS For This Useful Post:


  27. #57
    Join Date
    Aug 2020
    Location
    Oasis
    Posts
    1,048
    Thanked: 5222

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    Oja, voor ek vergeet, toe ek die rame vervoer het, het die bakwerk van die waentjie bietjie pakslae gevat. Daar wag nog dus vir my paneelklopwerk ook

    Click image for larger version. 

Name:	IMG-20210628-WA0023.jpg 
Views:	82 
Size:	54.1 KB 
ID:	621727
    Cheers
    Willem Greyling

    "When the wise man points at the moon, the imbecile examines the finger" - Confucius

  28. The Following User Says Thank You to MANDREAS For This Useful Post:


  29. #58
    Join Date
    Sep 2018
    Location
    Not too far from Pofadder
    Age
    46
    Posts
    1,416
    Thanked: 1711

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    Dit lyk na harde werk , ek hoop jou kwotasie was hoog genoeg

  30. The Following User Says Thank You to Bex For This Useful Post:


  31. #59
    Join Date
    Aug 2020
    Location
    Oasis
    Posts
    1,048
    Thanked: 5222

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    Quote Originally Posted by Bex View Post
    Dit lyk na harde werk , ek hoop jou kwotasie was hoog genoeg
    As die praktyk aan die gang is, gaan my vrou maar eenkant toe moet kyk as ek vir 'n paar dae see toe gaan om te gaan visvang
    Cheers
    Willem Greyling

    "When the wise man points at the moon, the imbecile examines the finger" - Confucius

  32. The Following User Says Thank You to MANDREAS For This Useful Post:

    Bex

  33. #60
    Join Date
    Nov 2013
    Location
    Garsfontein
    Age
    44
    Posts
    2,348
    Thanked: 2328

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    Quote Originally Posted by MANDREAS View Post
    As die praktyk aan die gang is, gaan my vrou maar eenkant toe moet kyk as ek vir 'n paar dae see toe gaan om te gaan visvang
    A man with a plan. I approve.
    Ian de Villiers
    Nissan Patrol GRX 4.5

  34. The Following User Says Thank You to iandvl For This Useful Post:


Page 3 of 4 FirstFirst 1 2 3 4 LastLast

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •