Page 1 of 4 1 2 3 4 LastLast
Results 1 to 20 of 73
  1. #1
    Join Date
    Aug 2020
    Location
    Oasis
    Posts
    1,001
    Thanked: 5050

    Default Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    My vrou is besig om haar eie oogkundige praktyk oop te maak en om geld te spaar het ons besluit om self sekere van die meubelstukke te maak.

    Dit behels nou 'n ontvangstoonbank, lessenaar, hout kassies ens.

    Ek het begin met die ontvangstoonbank laas week Saterdag. Na 'n sterk koppie koffie het ek die sweis masjien gekoppel (het die staal die vorige aand gesny) en 4uur die oggend begin werk.

    Ek het twee soorte staal gebruik: albei reghoeke lengtes (60mm x 40mm x 2mm) en (50mm x 25mm x 2mm) om die basiese raam te bou. My vrou se vereistes was dat dit 'n toonbank gedeelte moet he en dan ook 'n addisionele blad waar pasiente kan sit terwyl hulle rekening opgestel word.

    Die hele toonbank is 2400mm lank en om die toonbank-effek te skep, het ek voorsiening gemaak vir 'n addisionele blad wat 400mm bo die tafelblad staan met 1200mm x 300mm dimensies.

    Ek het begin met die voetstukke wat gesny is uit die 60mm x 40mm x 2mm staal. Die voetstukke is 700mm x 600mm:

    Click image for larger version. 

Name:	20210612_062244.jpg 
Views:	238 
Size:	146.9 KB 
ID:	618770

    Volgende het ek die drie dwarslengtes (50mm x 25mm x 2mm) aangesweis aan beide voetsukke om die basiese raam ste skep:

    Click image for larger version. 

Name:	20210612_062252.jpg 
Views:	267 
Size:	309.8 KB 
ID:	618771

    Click image for larger version. 

Name:	20210612_062526.jpg 
Views:	220 
Size:	258.8 KB 
ID:	618772

    Click image for larger version. 

Name:	20210612_063333.jpg 
Views:	211 
Size:	341.9 KB 
ID:	618773

    Click image for larger version. 

Name:	20210612_065950.jpg 
Views:	200 
Size:	302.7 KB 
ID:	618774

    Click image for larger version. 

Name:	20210612_070635.jpg 
Views:	225 
Size:	179.3 KB 
ID:	618775

    Click image for larger version. 

Name:	Inked20210612_072244_LI.jpg 
Views:	254 
Size:	323.1 KB 
ID:	618777

    Nou dat die basiese raamwerk gebou was, kon ek begin met die toonbank gedeelte. My plan was oorspronklik om die twee stutte loodreg met die raamwerk te sweis, maar het van die gedagte af weggestap omdat die hele toonbank klaar reghoekig lyk en ek wou dus bietjie die loodreglyne breek met iets anders. Ek het derhalwe die twee stukke met 10grade ewewydige hoeke gesny sodat die stukke effens na binne staan terwyl die toonbank waterpas staan. Verskoon die straps in die fotos - dit was maar net om te keer dat die staal nie effens buig met die hitte van die sweiswerk nie.

    Click image for larger version. 

Name:	20210612_094453.jpg 
Views:	194 
Size:	334.7 KB 
ID:	618778

    Click image for larger version. 

Name:	20210612_101718.jpg 
Views:	208 
Size:	341.1 KB 
ID:	618781

    Click image for larger version. 

Name:	20210612_103134.jpg 
Views:	203 
Size:	159.2 KB 
ID:	618782

    Click image for larger version. 

Name:	20210612_105114.jpg 
Views:	201 
Size:	449.8 KB 
ID:	618783

    Click image for larger version. 

Name:	20210612_105123.jpg 
Views:	193 
Size:	369.1 KB 
ID:	618784

    Om seker te maak dat die toonbank nie vorentoe val as mens gewig bo-op die toonbank sit nie, het ek twee apies in my boom gevang en hulle as maatstaf gebruik.

    Click image for larger version. 

Name:	20210612_105317.jpg 
Views:	245 
Size:	276.2 KB 
ID:	618786

    Click image for larger version. 

Name:	20210612_105324.jpg 
Views:	207 
Size:	403.8 KB 
ID:	618787

    Ek het later die middag nog een addisionele stuk voor in die middel van die raamwerk (tussen die dwarslatte) in gesweis omdat die staal (nadat ek die regtertoonbankstut ingesweis het) daar effe begin sak het as gevolg van die hitte. Vir die toonbank gedeelte het ons besluit op PG Bison se Saxon Oak parsbord - die patroon het vir ons mooi gelyk. Ek sou wat wou gee om die blad uit meranti of rooshout te maak, maar soms is funksionaliteit beter. Plus, dit het gehelp om die boukoste van die toonbank laag gehou.

    Click image for larger version. 

Name:	20210613_172754.jpg 
Views:	222 
Size:	425.6 KB 
ID:	618796

    Aan die voorkant van die tafel gedeelte het ons besluit op split poles pleks van knotty pine weereens om die kostes laag te hou. Aanvanklik wou my vrou gehad het dat ek staal gaas moes insweis aan die onderkant van die blad (en weerskante van die tafel se voetstukke), maar dit het te industrieel voorgekom (en in my opinie nie gepas vir 'n optom praktyk nie). Met 'n bietjie afval hoekyster het ek die nodige vastrekpunte ingesweis en begin om die plit poles te pas.

    Click image for larger version. 

Name:	20210614_180941.jpg 
Views:	212 
Size:	373.3 KB 
ID:	618797

    Click image for larger version. 

Name:	20210614_180947.jpg 
Views:	248 
Size:	362.1 KB 
ID:	618798

    Vanaand sal ek split poles vir die ander kant sny en inpas. Om by die tema te bly, gaan ek ook tussen die twee voetsukke van die boonste toonbank (tussen die blad en die toonbank) hout droppers heel inpas sodat die pasiente nie tussen die toonbank en tafelblad kan sien nie. Dan word die raam met Hammerite geverf (wonder nog of ek nie die staal kunsmatig moet laat roes en dan seel nie) en moet alles dan vasgetrek word.

    Dan is dit oor na die tweede lessenaar (wat op presies dieselfde basis gebou gaan word - net sonder die toonbank en heelwat korter (1500mm).

    Ek het 'n paar goed tot dusver geleer:

    1) As mens weer wonder hoekom meubels so duur is, vat bietjie tyd en wend self 'n poging aan. Ek was vir 13 ure op Saterdag besig en het tot op hede al meer as 20ure in die projek in.

    2) Die regte gereedskap maak die proses aansienlik eenvoudiger. En ek het nie die regte gereedskap gehad nie

    3) Meet twee keer en sny een keer.

    4) Meet twee keer en sny een keer.

    5) Meet twee keer en sny een keer.

    Ek sal mettertyd nog fotos oplaai soos wat die projek(te) aanbeweeg. Verskoon maar die eenvoudigheid van die meubelstuk, ek het geen aanvoeling vir die goed nie.

    Groete
    Last edited by MANDREAS; 2021/06/15 at 10:14 AM.
    Cheers
    Willem Greyling

    "When the wise man points at the moon, the imbecile examines the finger" - Confucius

  2. The Following 12 Users Say Thank You to MANDREAS For This Useful Post:


  3. #2
    Join Date
    Nov 2013
    Location
    Garsfontein
    Age
    44
    Posts
    2,326
    Thanked: 2277

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    Dit lyk heel goed, Willem. Nicely done...
    Ian de Villiers
    Nissan Patrol GRX 4.5

  4. The Following User Says Thank You to iandvl For This Useful Post:


  5. #3
    Join Date
    Aug 2020
    Location
    Oasis
    Posts
    1,001
    Thanked: 5050

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    Dankie Ian.
    Cheers
    Willem Greyling

    "When the wise man points at the moon, the imbecile examines the finger" - Confucius

  6. #4
    Join Date
    Nov 2013
    Location
    Garsfontein
    Age
    44
    Posts
    2,326
    Thanked: 2277

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    Ek het self die naweek wat verby is bietjie staalwerk gedoen. 'n Hek wat ek rukkie terug begin het klaar gemaak. Maar my sweiswerk is nie so netjies nie...

    Nothing that a generous dose of grinding and primer won't fix though...
    Ian de Villiers
    Nissan Patrol GRX 4.5

  7. The Following 2 Users Say Thank You to iandvl For This Useful Post:


  8. #5
    Join Date
    Aug 2020
    Location
    Oasis
    Posts
    1,001
    Thanked: 5050

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    Quote Originally Posted by iandvl View Post
    Ek het self die naweek wat verby is bietjie staalwerk gedoen. 'n Hek wat ek rukkie terug begin het klaar gemaak. Maar my sweiswerk is nie so netjies nie...

    Nothing that a generous dose of grinding and primer won't fix though...
    Top tip - grind the welds as smooth as possible and then fill the welds with a bit of steel putty. When its dry, grind it smooth, paint over it and stand back while everyone comments on your boss level welding skills
    Cheers
    Willem Greyling

    "When the wise man points at the moon, the imbecile examines the finger" - Confucius

  9. The Following 2 Users Say Thank You to MANDREAS For This Useful Post:


  10. #6
    Join Date
    Aug 2013
    Location
    Tesselaarsdal (dis inni Kaap!)
    Age
    60
    Posts
    1,464
    Thanked: 4040

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    Lyk goed, Willem... selfs die Datsun in die agtergrond ook!
    Ettienne de Kock

    "ASK YOURSELF HOW OLD YOU'D BE IF YOU DIDN'T KNOW THE DATE YOU WERE BORN" - Toby Keith


    1998 Disco Tdi
    1959 SII 88"
    1975 Land Rover Air-Portable Lightweight
    197? RRC
    AND SWAMBO's Unmentionable Abomination

  11. The Following User Says Thank You to EttiennedK For This Useful Post:


  12. #7
    Join Date
    Aug 2020
    Location
    Oasis
    Posts
    1,001
    Thanked: 5050

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    Quote Originally Posted by EttiennedK View Post
    Lyk goed, Willem... selfs die Datsun in die agtergrond ook!
    Dankie oom
    Cheers
    Willem Greyling

    "When the wise man points at the moon, the imbecile examines the finger" - Confucius

  13. #8
    Join Date
    Jul 2011
    Location
    127.0.0.1
    Age
    38
    Posts
    895
    Thanked: 1075

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    Lyk baie netjies. Wel gedaan.

    Ek moes verlede jaar ook so bietjie sweis en grind om 'n hek hor te maak. Alles klink heel maklik, maar dit is baie werk ja. Selfs vir so klein stukkie.
    Weens tyd kon ek nie die boonste deel vat vir hot dip galvanize nie, toe verf ek hom met 'n metal rust primer. So 3 coats en toe later weer so twee coats.
    Attached Thumbnails Attached Thumbnails Click image for larger version. 

Name:	IMG_20200522_164532.jpg 
Views:	200 
Size:	321.8 KB 
ID:	618818   Click image for larger version. 

Name:	IMG_20200523_162845.jpg 
Views:	186 
Size:	293.7 KB 
ID:	618819  
    My ryding: 'n Ding met 4 rubber sirkels en n enjin wat nou en dan aangedryf word met al 4 sirkels

  14. The Following User Says Thank You to IcePick88 For This Useful Post:


  15. #9
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Gaborone, Botswana
    Age
    58
    Posts
    5,525
    Thanked: 1658

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    Netjies !

    (Jou garage is mooi skoon)
    Kobus

  16. The Following User Says Thank You to KobusDJ For This Useful Post:


  17. #10
    Join Date
    Aug 2020
    Location
    Oasis
    Posts
    1,001
    Thanked: 5050

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    Quote Originally Posted by IcePick88 View Post
    Lyk baie netjies. Wel gedaan.

    Ek moes verlede jaar ook so bietjie sweis en grind om 'n hek hor te maak. Alles klink heel maklik, maar dit is baie werk ja. Selfs vir so klein stukkie.
    Weens tyd kon ek nie die boonste deel vat vir hot dip galvanize nie, toe verf ek hom met 'n metal rust primer. So 3 coats en toe later weer so twee coats.
    Well done!

    Een ding wat ek myself belowe het is om die jaar vir my 'n sweistafel te bou. As mesn mos so op jou hurke heeldag werk, kou dit so bietjie aan die kniee en die lae rug.
    Cheers
    Willem Greyling

    "When the wise man points at the moon, the imbecile examines the finger" - Confucius

  18. The Following User Says Thank You to MANDREAS For This Useful Post:


  19. #11
    Join Date
    Aug 2020
    Location
    Oasis
    Posts
    1,001
    Thanked: 5050

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    Quote Originally Posted by KobusDJ View Post
    Netjies !

    (Jou garage is mooi skoon)
    Dankie oom.
    Cheers
    Willem Greyling

    "When the wise man points at the moon, the imbecile examines the finger" - Confucius

  20. #12
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Grabouw
    Age
    64
    Posts
    1,746
    Thanked: 452

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    Baie netjiese werk Willem.

    Net so 'n klein bietjie kritiek.

    Daai vis rooster word lyk my te min gebruik.
    Barnie Hickman
    Jeep XJ 95 "Witblitz" Jeep XJ 99 "Goldi" Swambo's

  21. The Following User Says Thank You to BarnieH For This Useful Post:


  22. #13
    Join Date
    Aug 2020
    Location
    Oasis
    Posts
    1,001
    Thanked: 5050

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    Quote Originally Posted by BarnieH View Post
    Baie netjiese werk Willem.

    Net so 'n klein bietjie kritiek.

    Daai vis rooster word lyk my te min gebruik.
    Dankie oom.

    As die praktyk van die grond af kom, gaan daai visrooster beslis bietjie meer werk!
    Cheers
    Willem Greyling

    "When the wise man points at the moon, the imbecile examines the finger" - Confucius

  23. The Following User Says Thank You to MANDREAS For This Useful Post:


  24. #14
    Join Date
    Feb 2011
    Location
    Jeffrey's Bay
    Age
    39
    Posts
    1,901
    Thanked: 14560

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    Dit lyk baie goed!

    Ek en my welder verstaan mekaar nog nie heeltemal SO mooi nie.

    Ek is self lus om 'n soortgelyke projek aan te pak, meer net om my welding skills bietjie te 'upgrade'. Maar my garage is vol halwe projekte....moet eers 'n paar van hulle klaar maak.
    Anton van Kampen



    "At the end of the game, the King and the pawn go back into the same box." - Italian Proverb
    "The single most important component of a camera is the twelve inches behind it." - Ansel Adams

  25. The Following User Says Thank You to avk For This Useful Post:


  26. #15
    Join Date
    Oct 2017
    Location
    Vereeniging
    Age
    58
    Posts
    234
    Thanked: 216

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    Quote Originally Posted by MANDREAS View Post
    3) Meet twee keer en sny een keer.4) Meet twee keer en sny een keer.5) Meet twee keer en sny een keer.
    Ek is tans besig om nuweisolasie material aan 'n voertuig se enjinruim te plak. En hierdie drie reels van jou is van toepassing. In my geval maak ek die templaat oor en oor en oor. Die genoemde isolasiemateriaal is duur!
    Die B staan vir Beneke

  27. The Following 2 Users Say Thank You to EtienneB For This Useful Post:


  28. #16
    Join Date
    Jun 2016
    Location
    Randfontein
    Age
    34
    Posts
    2,474
    Thanked: 4918

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    Netjies Willem
    Dis nogal lekker om te kan terug kyk op jou hande werk.
    Nog lekkerder as Swambo s "my man het dit gemaak"
    Willie Knoetze

    2019 Nissan NP300 2.5tdi d/c 4x4

  29. The Following User Says Thank You to FWM For This Useful Post:


  30. #17
    Join Date
    Aug 2016
    Location
    George
    Age
    68
    Posts
    84
    Thanked: 188

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    Ek hoop jy is ten minste ń 49% vennoot in die praktyk😎😁.
    Dit gee baie satisfaksie later wanneer die praktyk loop en julle op ń Vrydagmiddag laat daar by jou handewerk sit met ń glasie wyn en die naweek beplan.
    ( ek wens ek kon sweis&#128553
    Drik Hoskin

    Toyota Fortuner 2.8 GD6 4x4
    RAV4 VX
    Armadillo Shack caravan
    Silverback Sesta Comp 29er

  31. The Following User Says Thank You to Drik For This Useful Post:


  32. #18
    Join Date
    Aug 2020
    Location
    Oasis
    Posts
    1,001
    Thanked: 5050

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    Quote Originally Posted by avk View Post
    Dit lyk baie goed!

    Ek en my welder verstaan mekaar nog nie heeltemal SO mooi nie.

    Ek is self lus om 'n soortgelyke projek aan te pak, meer net om my welding skills bietjie te 'upgrade'. Maar my garage is vol halwe projekte....moet eers 'n paar van hulle klaar maak.
    Quote Originally Posted by EtienneB View Post
    Ek is tans besig om nuweisolasie material aan 'n voertuig se enjinruim te plak. En hierdie drie reels van jou is van toepassing. In my geval maak ek die templaat oor en oor en oor. Die genoemde isolasiemateriaal is duur!
    Quote Originally Posted by FWM View Post
    Netjies Willem
    Dis nogal lekker om te kan terug kyk op jou hande werk.
    Nog lekkerder as Swambo s "my man het dit gemaak"
    Quote Originally Posted by Drik View Post
    Ek hoop jy is ten minste ń 49% vennoot in die praktyk😎😁.
    Dit gee baie satisfaksie later wanneer die praktyk loop en julle op ń Vrydagmiddag laat daar by jou handewerk sit met ń glasie wyn en die naweek beplan.
    ( ek wens ek kon sweis&#128553
    Dankie julle.
    Cheers
    Willem Greyling

    "When the wise man points at the moon, the imbecile examines the finger" - Confucius

  33. #19
    Join Date
    Jul 2013
    Location
    Windhoek
    Age
    68
    Posts
    1,411
    Thanked: 420

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    Quote Originally Posted by MANDREAS View Post
    Top tip - grind the welds as smooth as possible and then fill the welds with a bit of steel putty. When its dry, grind it smooth, paint over it and stand back while everyone comments on your boss level welding skills
    Gebruik Spot Putty werk makliker en skuur maklik glad.
    Cymot verkoop dit by die kar verf afd.

  34. The Following User Says Thank You to janseekat For This Useful Post:


  35. #20
    Join Date
    Sep 2019
    Location
    Pretoria East
    Age
    48
    Posts
    810
    Thanked: 1473

    Default Re: Ek het nie besef dit is so baie werk nie.

    Wow! Ek sal so iets aanpak... maar hoe dit sal uitdraai sal nie diesefde wees nie. Wel gedaan.

  36. The Following User Says Thank You to Emmie L For This Useful Post:


Page 1 of 4 1 2 3 4 LastLast

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •