Ek wil 'n bietjie rondspeel met bierbrood.
Ek kan die inligting self uitvind deur te eksperimenteer, maar aangesien bierbrood nie uitsonderlik kompleks is nie, het ek gedink ek vat 'n kortpad en leun op die ervares se kennis sodat ek nie 'n addisionele 5 brode hoef deur te werk nie.
Hier is die vrae wat ek huidelik wil beantwoord:
1. Is dit die moeite werd om 'n duur, goeie bier te gebruik of is die biersmaak so subtiel dat dit nie saak maak nie? As jou antwoord ja is, is aanbevelings welkom.
Nee dit sal die smaak nie opmerklik verander nie
2. Het die soort bier wat jy gebruik 'n opmerklike invloed op die smaak?
kommersieele bier sal net n verskil maak bv as jy 'n mout bier gebruik, teen 'n lager vergely, en n pilsner.. Die smaak sal wel anders wees, and die kleur. Craft bier, met gis, sal ook die tekstuur verander, want die meel mengsel van bier brood, bestaan dees dae uit kits rys deeg (Self raising flour)
3. Behalwe kaas en spek (bacon), wat is julle gunsteling byvoegsels?
Ek hou van myne skoon, want die byvoegsels maak die brood klammerig (Clammie) van tekstuur.
4. Watter kruie gebruik julle tipies in julle bierbrood?
5. Vir die wat sodawater in plaas van bier gebruik, het jy nodig om te kompenseer op enige manier?
Nog nooit probeer nie...
Bookmarks