Ek dink nie jy kan n fout maak met enige van die twee , as ek jy was sou ek maar uit kyk na n die beste deal .
.
Wat van Isuzu?
|
My engels maar sleg so ek gaan maar in Afrikaans skryf , Ek gaan oor twee jaar op pension en moet nou kyk en vining besluit oor n geskite 4x4 huidig ry ek n Nissan Navara 2018 model maar nie vier wiel gedrewe nie. Ek kyk nou na twee bakkies wat goed verkoop en baie mense hier en ander wat ek ken is gelukkig met hulle sin maar hier en daar kry jy mos maar n dut . Ek gaan in die toekoms meer off grit kamp in plekke soos Richtersveld , Tankwa , Namibia , Noord Kaap en oorde soos Kyleu boskamp dan ook maar jou ATKV oorde soos Eiland en Natalia. My twee 4X4 keuses is die Ford Ranger double cab 2.2 XLS of die Hilux 2,4 duble cab albei diesel en auto ratkas wat se jy
Ek dink nie jy kan n fout maak met enige van die twee , as ek jy was sou ek maar uit kyk na n die beste deal .
.
Wat van Isuzu?
2003 Jeep KJ 2.5 CRD Manual
2003 Jeep KJ 2.8 CRD Automatic
Louis Slater
mbt kampering. Gaan jy sleep of maak jy gebruik van tente?
Het jy die Amarok oorweeg?
Albei jou opsies is goeie karre.
Cheers
Willem Greyling
"When the wise man points at the moon, the imbecile examines the finger" - Confucius
Ek gaan sover moontlik met RTT op bakkie he vir kamp wil min moontlik iets sleep maar sal by plekke soos Kyleu boskamp , Almega , De voetpadkloof . Eiland Natalia gaan kamp met my caravan wat ek ook nog moet besluit en koop ook
2.2 EN 2.4 kan dalk bietjie lig raak vir jou doeleinde as jy groot karavaan gaan sleep. Plat gelyk sal die 2 heel ok wees, maar off grid/ off road kan dalk ander ding wees met sleep.
Depending on where you intend going in Namibia, do you really need a 4x4? I would say that your current vehicle is adequate for the other areas you intend visiting with some caution in the Richtersveld recommended.
Ek sal kyk na n groter engine. Die ekstra krag gaan altyd 'n plus punt wees. Besluit wat jy wil hê in die voertuig soos elektroniese hulpmiddels (nuwer modelle) of 'n baie goed opgepaste laater model. Dink ook oor jou ouderdom en gesondheid van jou en die vrou, gaan jy nog 10 jaar 4x4 ry en dan die voertuig wil verkoop vir 'n platkar. Dan gaan 'n nuwer model 'n beter koop wees.
Hier is ouens in Secunda wat amarok ry maar nie ekke nie niks teen VW nie maar my keuse le maar by Ford / Toyota dalk Isuzu ook ek wil 4x4 wil nie sukkel nie ja ek gaan nuut koop en my ou Nissan 1400 klein navara hou om in Secunda mee te ry ek wil vir lank tye gaan kamp en boentoes ingaan met n geruste hart
Gaan ry die ford en toyota en die een wat met jou praat, daai lekker gevoel vir jou gee, koop daai een.
Francois
Uit persoonlike ervaring met albei as passasiers sal ek sê die Ford ry bietjie sagter as die Toyota as jy van die teer af is. So as jy baie van die teer gaan af wees moet dit dalk 'n oorweging wees.
2018 Mitsubishi Pajero Sport 4X4
2016 Mazda CX-3 2.0 Dynamic Auto - Sold
2012 VW Tiguan 2.0TDi Bluemotion - Sold
2009 Ford Fiesta 1.6 Titanium 3 door - Sold
Gaan toetsbestuur gerus 'n nuwe Triton. Fully loaded, top of the range is hulle nader aan die prys van die meer basiese Ford en Toyota 4x4 dubbelkajuite!
2001 Gen 3 Pajero swb 3.2 Di-D
Enige een sal werk maar ek sal extra cab koop en nie DC nie. Baie beter vir net 2 mense. Heelwat meer pak spasie op die bak en genoeg in die cab.
Ek sleep n Gypsy Regal met my Toyota SRX DC 4X4. Gaan kyk op die 2.4GD6 Thread. Daar is ook iemand wat n Exclusive sleep met sy Toyota.
Jy kry nie veel groter as dit nie. Ek is baie gelukkig met my keuse.
Ek is verder in presies dieselfde ouderdoms groep lei ek af.
Het vanmore van Zeerust af na Pretoria gery en was nie moeg na die trip nie.
Last edited by JK1; 2021/01/21 at 07:51 PM.
Die Ford is meer gemaklik, maar vir die lang duur, sal ek eerder die Toyota vat.
Ford Ranger 3.0Tdci Super Cab 4x4(workshop whore)
Bookmarks