|
Iemand het dit so gestel op ñ ander thread...
As jy die lorrie vir 5jaar wil hou, dan Ford.
As jy hom langer wil hou, Toyota.
Boslover, jy het reeds 'n bakkie, soek eers die karavaan wat jy wil sleep en toets dan die twee bakkies met die wa gehak. Beide bakkies is gemaak vir sleep en gaan nie sukkel nie, dit gaan maar afhang van watter een die lekkerste vir jou sleep. Aangesien jy van Nissan na Toyota of Ford toe gaan beweeg behoort die fabrikaat geen rol te speel nie, slegs die ervaring.
Mitsubishi Pajero 3.2 D-ID GLX LWB
Het n 2.2 ranger, 2.4 gd6, 2.8 gd6 gehad as maatskappy voertuie op die myne. Almal is goed. Ranger was gemakliker. 2.8 was weer ligter op diesel gewees vir wat ek moes doen. En die 2.8 het die meeste krag. Koop die voertuig wat met jou gesels
Four wheels move the body,
Landys move the soul.
0735236742
Current: Discovery 2 td5.
Next landy, D3 V8 HSE Previous one.D1 v8i D1 300 TDi donkey, D1 V8 Fuel THIEF!!! freelander 1, biggest pos known to man,
Baie dieselfde . Ford het hom beter gedra op slegte grondpaaie. Na ek die 2.4 se banddruk laer gemaak het was hy beter. Ford het ook beter padhou vermoee. Toyota was meer los gewees. My gevoel was die toyota sal langer hou. Ek het die ford oor die 200000km gery. En hy het goed gehou ook. Ek is nie n groot toyota fan nie maar sal liewers die toyota vat. Vind assuransie pryse ook uit
Four wheels move the body,
Landys move the soul.
0735236742
Current: Discovery 2 td5.
Next landy, D3 V8 HSE Previous one.D1 v8i D1 300 TDi donkey, D1 V8 Fuel THIEF!!! freelander 1, biggest pos known to man,
Dankie vir almal se inset ja nie maklike besluit nie ek beweeg weg van Nissan af awesome bakkie my Navara maar daar is maar net meer handelaars / spares beskikbaar landwyd
Jy kan dan ook eerder Isuzu oorweeg 142 handelaars.
Mitsubishi Pajero 3.2 D-ID GLX LWB
Mitsubishi Pajero 3.2 D-ID GLX LWB
Jy kan natuurlik op die Hilux facelift inruil hy gaan vermoedelik eers 2023 vervang word met 'n nuwe model. Hulle gee nie goeie inruil vir enige fabrikaat behalwe Toyota nie.
Mitsubishi Pajero 3.2 D-ID GLX LWB
Hi Boslover. Welkom in die geselskap van afgetredenes & 4x4 kampering. In 2006 was ek in dieselfde possisie. Ek moes soek vir ` betroubare bakkie vir "diep in die bos " gaan kamp. (spesifiek Namibia en Botswana.) Na al my navorsing en en wat my begroting kon bekostig, het ek `n 2006 Ford Ranger 2.4 Double Cab met Canopy gekoop. (Nuut uit die boks). Nou ja, 15 jaar later kan ek sê : ek ry nog steeds my Ford. Hy het 160k km voltooi, net met kampering en "overlanding" (As ek nie kamp nie, staan hy in die motorhuis). Gewone onderhoud doen ek self, en behalwe vir `n vyfde rat wat ek ooreis het op reguit pad met `n (te swaar) woonwa, het ek geen ander probleme gehad nie. (Ek verkies handrat bo outomaties, wil self besluit watter rat kombinasie ek in watter omstandighede wil gebruik).Baie trips deur Nam gedoen (van Zylspas met `n bos-sleepwa deur Kaokoland, Mabuasehube in Kgalagadi, Sentraal Khalahari en nog baie plaaslike 4x4 trips. As ek kon, ry ek more weer Namibia toe.
Wat my betre, is Ford okay, en sal my #1 keuse bly. Die nuwe 2.2 Rangers is baie sterker met meer wringkrag en het baie beter brandstof verbruik, en as ek die Lotto wen, ruil ek dadelik my 2.4 in op `n 2.2 model. Maar tot dan moet my huidige bakkie maar doen. Ek is in elk geval dood tevrede met hom. Voorspedige aftrede, en kamp soveel as moontlik so gou as moontlik. Voor jy weet is dit 10 jaar verder en dan kom die pyne en die kwale en is kampering nie meer so maklik nie
Alit
Wees altyd bedagsaam teenoor ander.
Tussen Ford en Toyota is daar in my ervaring geen keuse, Toyota ry bietjie harder maar is 'n baie harder voertuig. Die goed is soos 'n Taxi hulle hou net aan en aan (oops taxis is meestal toyota)
Oor die algemeen is onderdele en toebehore vrylik beskikbaar maar ongelukkig is dit ook peper duur, die aanvraag is baie minder as ander goedkoper fabrikante.
Van Ford se ek liewer niks ander as ek sal hom nie koop.
Henk
Adventure is out there go find it
Fitment and trailer service. Agent for SnoMaster & Tentco
Follow us on Facebook
Have you taken a closer look at the Mahindra Karoo??
When faced with the dilemma of being right or being happy , I choose happy every time
Waarskynlik jou laaste koop TOYOTA al die pad
Sorry, my Afrikaans is not too good, but I agree with your choices. Depending on your budget, and whether or not you will be looking for a new or use vehicle you will probably pay more for the Toyota but it may last you longer and have, ultimately, a better resale or trade in value.
Boslover gaan vir die Hilux, daar is net te veel rangers met met probleme om heeltemal rustig te wees, ek bedoel Ford adverteer dan nou kompleet engines? Die 2.4 Hilux is heeltemal sterk genoeg om na plekke te sleep wat jy genome het. Nou jy praat van n om RTT te gebruik na die rowwe plekke toe, ek wil jou net daarop wys dat hoe ouer n mens word hoe moeilier raak dit om met n leer op en af te klim, veral vir die dames. Koop van die meet af vir jou n goeie bos karevaan wat lig is en maklik op en af slaan, jy kan die ook in die 'mak' kamp plekke gebruik, sterkte!
Bookmarks