Moet n dooie FJ45 weer herleef?





Results 1 to 15 of 15
  1. #1
    Join Date
    Oct 2013
    Location
    Postmasburg
    Age
    43
    Posts
    520
    Thanked: 273

    Default Moet n dooie FJ45 weer herleef?

    Ek kan n FJ45 wat vir 14 jaar al onder n boom staan, baie billik in die hande kry.
    Die enjin le op die bak en die ratkas is weg.
    Is daar enigsins n rede om sy ou lyf weer aan die lewe te skop?
    Wat sal n ratkas my kos en wat sal n enjin oordoen my kos?
    Die hele body moet oorgedoen word vanaf onderstel.
    Geen roes op onderstel, maar bak het roes.

    Wat se julle manne?

    Daar is soveel werk dat ek die ding vernietnsal moet vat........?

  2. #2
    Join Date
    Oct 2013
    Location
    Postmasburg
    Age
    43
    Posts
    520
    Thanked: 273

    Default Re: Moet n dooie FJ45 weer herleef?

    Moet se, al sy ruite is darem nog heel.

  3. #3
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Johannesburg
    Age
    62
    Posts
    5,527
    Thanked: 2269

    Default Re: Moet n dooie FJ45 weer herleef?

    Daai goeter is 'n donkie en 'n klasieke donkie daarby. Of dit die moeite werd gaan wees om hom te restoureer? dit hang van baie dinge af. Heel moontlik gaan dit jou meer kos as wat die voertuig werd gaan wees maar dit is ne altyd die rede om te restoureer, dit is lekker ontspanning en aan die einde van die dag is dit lekker om te kan spog met die eind resultaat.

    Onderdele kan duur wees dit dra die verkeerde logo, Toyota moes die $ teken as logo gebruik. Die grootste faktor in so herbouing is die toestand van die bakwerk, te veel roes en die kool is nie die sous werd. Meganies kan omtrent enige ding herstel word maar die bakwerk en suspensie is die oorwegende faktor
    Henk
    Adventure is out there go find it

    Fitment and trailer service. Agent for SnoMaster & Tentco
    Follow us on Facebook

  4. #4
    Join Date
    Jul 2012
    Location
    Centurion
    Age
    64
    Posts
    36
    Thanked: 11

    Default Re: Moet n dooie FJ45 weer herleef?

    Dit is altyd lekker om so’n projek aan te pak.
    Dit kan egter baie gou baie duur raak
    Jy gaan verseker meer spandeer as waarvoor jy hom gaan verkoop.
    Jou grootste probleem kom by die registrasie en lisensiëring. Agterstallige lisensie gelde en boetes kan ‘n fortuin kos.
    My “rule of thumb” is dat jy ten minste vier keer meer as jou aanvanklike begroting gaan spandeer.

  5. #5
    Join Date
    Nov 2007
    Location
    Kathu
    Age
    59
    Posts
    9,488
    Thanked: 3002

    Default Re: Moet n dooie FJ45 weer herleef?

    Om daardie ou enjins oor te doen is gewoonlik nie te duur nie. Hang af wat in hom is. 2F of H. Die kanse as dit `n H enjin is dat hy `n gekraakte top het is goed.
    Hierdie ou FJ45`s gaan mal pryse deesdae.

    As jy jou tyd vat en bietjie rond soek kan jy hom vir relatiewe lae koste herbou. Ratkaste en oordra ratkaste is nog maklik om te kry.

    Klink na `n lekker projek.
    It is not what you buy its what you build.

  6. #6
    Join Date
    Oct 2013
    Location
    Postmasburg
    Age
    43
    Posts
    520
    Thanked: 273

    Default Re: Moet n dooie FJ45 weer herleef?

    Die bak het maar roes op. Die cab lyk verbasend goed.

    My mond het oopgehang om te sien hoe dik die laag verf op die ou Cruisers was.

  7. #7
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Nigel
    Age
    59
    Posts
    16,094
    Thanked: 2329

    Default Re: Moet n dooie FJ45 weer herleef?

    As jy hom vir jouself gaan bou, ja. Om iemand te kry om dit te doen, nee.

    Nou die rigting wat ek sal gaan, sal om die bakwerk op 'n Hilux chassis neer te sit. D4D
    Last edited by Henris; 2020/07/25 at 08:28 AM.
    LC 78 Troopie 1HD-FTE
    Uniglide
    +27 zero eight 2 four 95 9252

  8. The Following User Says Thank You to Henris For This Useful Post:


  9. #8
    Join Date
    Mar 2008
    Location
    De Wildt
    Age
    57
    Posts
    38,724
    Thanked: 15041

    Default Re: Moet n dooie FJ45 weer herleef?

    Die grootste kostes is die Klein dinge: hand vatsels, trim, etc. En agterstallige lisensie gelde.
    Jakes Louw
    2012 Jeep Sahara Unlimited 3.6 V6
    Percivamus

  10. #9
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Pretoria / Motopi Village, Northern Botswana
    Age
    45
    Posts
    3,710
    Thanked: 283

    Default Re: Moet n dooie FJ45 weer herleef?

    As jy aangaan met die projek, moet jy praat...ek is elke 2de maand op in noorde van Botswana en parte - enjin em kleiner goed soos handvatsels ens - kan ek vir jou kyk as jy nie iets hier kry nie...skree maar.

    Geniet die projek!!
    2014 Land Cruiser 76 SW with extras
    2019 Jaguar Inkwe 4 Offroad Caravan

  11. The Following User Says Thank You to Trevor_Mathews For This Useful Post:


  12. #10
    Join Date
    Oct 2013
    Location
    Postmasburg
    Age
    43
    Posts
    520
    Thanked: 273

    Default Re: Moet n dooie FJ45 weer herleef?

    Baie dankie Trevor

  13. #11
    Join Date
    Oct 2013
    Location
    Postmasburg
    Age
    43
    Posts
    520
    Thanked: 273

    Default Re: Moet n dooie FJ45 weer herleef?

    Henri, so jy se ek moet hom op n D4D se onderstel bou?

  14. #12
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Nigel
    Age
    59
    Posts
    16,094
    Thanked: 2329

    Default Re: Moet n dooie FJ45 weer herleef?

    Ja. Los die dop FJ45. Maak die res D4D.
    Ons sit 'n meganiese pomp in die 1KD engine, dan is daar geen ECU nie.

    Dan het jy al die D4D se ry gerief en krag.
    Quote Originally Posted by Mapog View Post
    Henri, so jy se ek moet hom op n D4D se onderstel bou?
    LC 78 Troopie 1HD-FTE
    Uniglide
    +27 zero eight 2 four 95 9252

  15. #13
    Join Date
    May 2011
    Location
    Pretoria
    Age
    63
    Posts
    1,840
    Thanked: 710

    Default Re: Moet n dooie FJ45 weer herleef?

    Nog beter, kry 4.5 petrol Cruiser chassis (met voorste coils) en bou 45 se bak daarop. Dan het jy n MENEER! Hilux klink net nie reg nie, IFS oo 45? Heiligskending!
    Mike Nieuwoudt
    '89 LR 110 V8

  16. The Following 2 Users Say Thank You to Mike N For This Useful Post:


  17. #14
    Join Date
    Mar 2008
    Location
    De Wildt
    Age
    57
    Posts
    38,724
    Thanked: 15041

    Default Re: Moet n dooie FJ45 weer herleef?

    Quote Originally Posted by Mike N View Post
    Nog beter, kry 4.5 petrol Cruiser chassis (met voorste coils) en bou 45 se bak daarop. Dan het jy n MENEER! Hilux klink net nie reg nie, IFS oo 45? Heiligskending!
    Stem saam
    Jakes Louw
    2012 Jeep Sahara Unlimited 3.6 V6
    Percivamus

  18. #15
    Join Date
    Jan 2012
    Location
    Bethlehem
    Age
    53
    Posts
    9,349
    Thanked: 4470

    Default Re: Moet n dooie FJ45 weer herleef?

    Klink na nice projek

    FJ 45 is petrol as hy nog regte enjin het

    Daai tub is paar rand werd as hy nog redelik lyk, die load bin ook, deure ens ens

    Ek sou se kyk net eers of jy sal kan papiere kry op hom.
    "Yes, I have a Bad Habit. I take Tea at Three".........Mick Jagger

  19. The Following User Says Thank You to Petri Oosthuizen For This Useful Post:


Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •