Aubrey die Recce..............





Page 1 of 12 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 ... LastLast
Results 1 to 20 of 233
  1. #1
    Join Date
    Jan 2012
    Location
    Bethlehem
    Age
    53
    Posts
    9,113
    Thanked: 4353

    Default Aubrey die Recce..............

    Nogal snaakse storie die naweek met ons gebeur, ek het gedink ek deel dit.

    Vrydag middag stap daar so gryskop ou in op die stand, sker so vroeg 60's, netjies aangetrek maar harde gesig, so halwe baie-in-die-son-gewees gesig. Boer of visserman of bouer gesig.

    Hy kyk na so mooi rooi Benz C230 V6 Coupe......mooi kar, maar ek plaas nou nie rerig die kar by die ou nie, en ek dink stilweg hy gaan soos 'n afgetrede haarkapper of porno ster in hom lyk, maar nou ja. Dalk koop hy hom vir iemand anders.

    Inderdaad toe so, hy vertel my hy soek iets vir sy "girl", sy vrou is oorlede.

    Ek laat Jomar hom verder help, sluit kar oop, ens ens.

    Aubrey kom in kantoor toe, hulle begin gesels oor die Deal. Ek luister so met een oor.

    En Aubrey begin Jomar vetrel van sy wilde woeste dae in die Weermag, meer spesifiek die VK (Verkenners Korps).

    Ek is BAIE impressed met die name wat Aubrey gooi.......Slang van Zyl, Genl Malan, Sam Nujoma, Pik Botha, die Waarheid en Versoenings Kommissie, sy rowwe dae in Namibie en die Bluff waar hy opgelei is as duiker, al daai rowwe goete. Hy het ook gehelp as "konsultant"om Wynand du Toit te bevry uit gevangenskap in Angola.

    Rerig hair raising stuff.

    Jomar sit grootoog en staar na hierdie rowwe Recce voor hom, seker bang hy strip die Oom se mur en die Oom beginne sy body parts met 'n vislyn afsny sonder dat ek dit eens agterkom.

    Aubrey gaan aan, hyt 'n BAIE attentive audience, hy wys ook vir Jomar sy Recce tattoos en alles - so dolk op sy skouer.

    Ek staan nader, en beginne ook met hom gesels. Snaaks, Aubrey onthou nie my pelle Tjossie die Instrukteur en my Pilot Pel in Paarl en sy boetie en Lafras en Dominique Dala nie. Vir my snaaks hy ken hulle nie, maar ek dink die ou was dalk 'n underground Recce, so half en half "te rof" vir die res van hulle.

    Hy vra my of ek ook 'n Recce was. Jomar beginne giggel, ek vererg my so half dat hy my nie as 'n Recce sien nie, ek vertel vir Aubrey nee ek was 'n Aanklaer in Justisie vir so paar jaar, was nooit Army toe nie, en Aubrey en Jomar kyk my so half beskuldigend aan omdat ek nie ook gaan die Landsgrense beskerm het nie, maar eerder in 'n baadjie en das al my pelle wat "kontak slaan" gedrop het.

    Anyway.

    Aubrey se vir ons hy vat die C 230, hy sal Maandag kom met die cash, hy moet die Fondse net losmaak in sy oorsese belegging, ek dink hy het gese Isle of Man. Ons groet, BAIE impressed met hierdie besondere Klient, en ek voel maar nog steeds kakkerig dat ek nie ook so rowwe ou soos hy was en almal het respek vir my en dink ek maak my broek met 'n geelslang vas nie. Die naaste wat ek aan die "Die Grens" kon kom is as ek daai slapband boekie "Rocco de Wet Grensvegter" gelees het, van daai rowwe Rocco wat Kubane uitwis en met sy Land Cruiser rondry nie.

    So raak ek Saterdagoggend so half verveeld, bel my Pel in Paarl en vertel hom van die Rowwe Recce. My pel krul van die lag aan die ander kant. VK's se nie hulle was VK's nie, en hulle dra BESLIS nie VK tatto's nie, se hy vir my.

    Ek dink wag, dalk is my Paarl Pel verkeerd, en ek bel vir Daantjie, Daantjie is my pel in Heidelberg wat 'n Parabat was, en sy boetie Tjossie was 'n Instrukteur van VK, so murse nice ou met rooi oe.
    Daantjie laat weet my ook Tjossie kan nie ophou lag nie, daai ou is so min 'n Recce as wat ek was. Laat my weer nogal sleg voel, almal het hierdie EEN ding wat almal mee saamstem - daai ou is so min 'n Recce as wat ek was. Hel - ek was ook nou nie SO blerrie useless nie

    So.........hoopvol soos wat net 'n Used Car Salesman kan wees wat so pas uit Level 4 Covid Dinge uit kom, sit ons gister en wag vir Aubrey die Recce. Ek dink nog STEEDS hy was so rof, so underground, so abslolute "war machine", dat niemand van hom weet nie, net Presidente en Mafia base, daai tipe ouens.

    Jomar bel my gisteraand.

    "Pa daai Oom wat so baie praat, ek sien hy sit daar op die Lindley pad, hy's saam met so maer Tannie en 'n hondjie, hulle hike, hulle is oppad iewers heen".

    Damn.

    Tjossie en Daantjie en my Paarl Pel was toe reg.

    Ek vermoed so.

    Of is Aubrey die Recce dalk SO undercover dat hy na sy volgende mission toe ryloop met 'n maer Tannie en hondjie as decoys....
    1998 Nissan Patrol 4,5 GRX........................."Olive"
    1997 Land Cruiser HZJ 75..........................."Jack"
    2008 Mercedes Benz CL 500........................"Bullet" (going....going...)
    2006 Mercedes Benz C 180K........................"Sussie"


  2. #2
    Join Date
    May 2009
    Location
    Ruimsig
    Age
    56
    Posts
    4,738
    Thanked: 10111

    Default Re: Aubrey die Recce..............

    Is your pal Lafras with the damaged fingers?
    Estee = S T = Sean Towlson

    Hummer H3 V8

    W.A.P Objectivist

  3. #3
    Join Date
    Jun 2016
    Location
    Randfontein
    Age
    33
    Posts
    1,815
    Thanked: 2004

    Default Re: Aubrey die Recce..............

    Almal ken iemand of het iemand wat in die recces was in die familie. Klink my daai dae was daar meer recces as enige iets anders
    Willie

    2000 Land Rover Discovery II TD5
    2020 Nissan NP300 2.5TDi S/C

  4. The Following 4 Users Say Thank You to FWM For This Useful Post:


  5. #4
    Join Date
    Jan 2011
    Location
    Pretoria
    Age
    44
    Posts
    1,075
    Thanked: 638

    Default Re: Aubrey die Recce..............

    Wat ek geleer het van die twee Recces wat ek ken, is dat hulle nooit daaroor praat nie, nog minder brag.

    Daar is actually a website waar jy kan check of hy wel 'n Recce was, en indien nie, plaas hulle hom op die Wall of Shame.

    https://www.recce.co.za/wall-of-shame/
    Before you criticize someone, you should walk a mile in their shoes.

    That way, when you criticize them, you're a mile away and you have their shoes.

  6. The Following 6 Users Say Thank You to JCMostert For This Useful Post:


  7. #5
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Hillrise, Kempton Park
    Age
    65
    Posts
    1,921
    Thanked: 1302

    Default Re: Aubrey die Recce..............

    Ja.
    Ek ken ook so ń ou.
    Sal later sy storie deel.
    Isuzu 300 d-tec
    MB Gwagen G350 Bluetec
    Nissan NP300 2.4 4x4
    BMW R1200GS & GSA

  8. The Following User Says Thank You to JohanMaree For This Useful Post:


  9. #6
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Cape Town, Plumstead/The Sea/Franskraal
    Age
    53
    Posts
    2,436
    Thanked: 554

    Default Re: Aubrey die Recce..............

    Quote Originally Posted by Petri Oosthuizen View Post
    ... en die Bluff waar hy opgelei is as duiker...
    Maybe to dive bottles out of the harbour, Divers were not trained there.
    Mercedes W123 300D, runs on Mother Natures Goodness.
    Powered by the Sun, the Rain and the Earth.
    Have now covered 270 000Km on veg oil.
    Oh, and an Isuzu 280DT, 40 000Km on Bio Diesel
    Rand for Rand gets 33Km/L

  10. The Following 7 Users Say Thank You to ZuluCowboy For This Useful Post:


  11. #7
    Join Date
    Nov 2015
    Location
    Edenvale
    Age
    33
    Posts
    735
    Thanked: 825

    Default Re: Aubrey die Recce..............

    Eerstens, ek glo niemand wat vir my wilde en woeste stories vertel van die weermag nie. Ek is self te jonk om daar te gewees het, maar my Pa was wel, en het sy tyd gedoen. Tot vandag toe weet ek nie wat hy daar gedoen het nie, ek weet nie watse rang hy gehad het nie, ek weet nie watse grens of grense hy gesien het nie. Al wat ek weet is dat hy nou baie sout eet, en dat daar bank sakkie in sy laai was, met schrapnel in dit. Ek het so paar jaar terug op dit afgekom toe hy my vra om iets in sy laai vir hom te gaan haal. Toe ek hom vra daaroor, toe se hy bloot dit het niks met my uit te waai nie. My Ma het my later vertel dat dit Schrapnel was, maar sy praat ook nie oor my Pa se dae in die weermag nie.

    So ervaar ek dit met baie mans. Daar is baie wat se hulle was Recce's, of dit of dat, en blah blah, en hulle vertel stories wat jou hare in jou nek laat regop staan, maar as jy die mense wat regtig die woeste goed gesien en gedoen het vra, daan bly hulle maar redelik stil oor hulle tyd.
    2011 Freelander 2 SE
    Swambo : 2012 BMW 530d Msport("the beast")

  12. The Following 3 Users Say Thank You to lizardalpha For This Useful Post:


  13. #8
    Join Date
    Mar 2008
    Location
    De Wildt
    Age
    57
    Posts
    37,384
    Thanked: 13561

    Default Re: Aubrey die Recce..............

    Name and shame him. We should make sure the reputations of genuine operators are never brought into disrepute.

    And the Recces I've known have also never bragged about it and you'd never realise they are ex-Recces by looking at them.

    Mostly quiet guys.
    2012 Jeep Sahara Unlimited 3.6 V6
    Percivamus

  14. The Following 6 Users Say Thank You to jelo For This Useful Post:


  15. #9
    Join Date
    Mar 2008
    Location
    De Wildt
    Age
    57
    Posts
    37,384
    Thanked: 13561

    Default Re: Aubrey die Recce..............

    Quote Originally Posted by ZuluCowboy View Post
    Maybe to dive bottles out of the harbour, Divers were not trained there.
    correct

    there was a an induction course done there, but no extended training

    EDIT: as far as I know
    Last edited by jelo; 2020/06/02 at 10:38 AM.
    2012 Jeep Sahara Unlimited 3.6 V6
    Percivamus

  16. #10
    Join Date
    Oct 2010
    Location
    Pretoria
    Age
    50
    Posts
    268
    Thanked: 262

    Default Re: Aubrey die Recce..............

    Jou pelle was reg. Jy sal nie 'n regte recce herken nie. As hy daaroor praat, was hy beslis nie een nie.
    Dis die wannabe recces. Ek strip sommer my moer vir sulke ouens. En ek was ook nie 'n reccie nie.
    Current - 2009 Mazda BT50 3.0CRDi 4x4 d/c
    Previous - 2005 Ranger 2.5 tdi 4x2 d/c (277 422km)

  17. #11
    Join Date
    Jul 2014
    Location
    Pretoria
    Age
    45
    Posts
    1,172
    Thanked: 812

    Default Re: Aubrey die Recce..............

    So, watse Merc is daai wat jy smous?
    Ford Ranger 3.0Tdci Super Cab 4x4
    Platkar - Haaihoendaai i20 1.4]

    Ex'es
    KIA Sorento 2.5 Crdi 4x4 (diesel guzzler of note)
    Nissan Terrano II 2.7
    Mazda Drifter DC 2.5 4x4
    Toyota 60 series 5.7 V8
    Daihatsu Rocky 2.8


  18. The Following User Says Thank You to WAJ For This Useful Post:


  19. #12
    Join Date
    Jan 2012
    Location
    Bethlehem
    Age
    53
    Posts
    9,113
    Thanked: 4353

    Default Re: Aubrey die Recce..............

    Quote Originally Posted by JCMostert View Post
    Wat ek geleer het van die twee Recces wat ek ken, is dat hulle nooit daaroor praat nie, nog minder brag.

    Daar is actually a website waar jy kan check of hy wel 'n Recce was, en indien nie, plaas hulle hom op die Wall of Shame.

    https://www.recce.co.za/wall-of-shame/
    They did take his details to warn others of his "wannabee - ness"........daars blykbaar hele paar van hulle op daai site.
    1998 Nissan Patrol 4,5 GRX........................."Olive"
    1997 Land Cruiser HZJ 75..........................."Jack"
    2008 Mercedes Benz CL 500........................"Bullet" (going....going...)
    2006 Mercedes Benz C 180K........................"Sussie"

  20. The Following User Says Thank You to Petri Oosthuizen For This Useful Post:


  21. #13
    Join Date
    Jan 2011
    Location
    Pretoria
    Age
    44
    Posts
    1,075
    Thanked: 638

    Default Re: Aubrey die Recce..............

    "hy wys ook vir Jomar sy Recce tattoos en alles"

    Sover my kennis strek, mag jy glad nie tattoos gehad het in die apartheidsjare se weermag nie, beskadiging van staatseiendom, onchristelik ens. Enige ou manne wat dit kan bevestig?
    Before you criticize someone, you should walk a mile in their shoes.

    That way, when you criticize them, you're a mile away and you have their shoes.

  22. #14
    Join Date
    Jan 2012
    Location
    Bethlehem
    Age
    53
    Posts
    9,113
    Thanked: 4353

    Default Re: Aubrey die Recce..............

    Quote Originally Posted by JCMostert View Post
    "hy wys ook vir Jomar sy Recce tattoos en alles"

    Sover my kennis strek, mag jy glad nie tattoos gehad het in die apartheidsjare se weermag nie, beskadiging van staatseiendom, onchristelik ens. Enige ou manne wat dit kan bevestig?
    My pel se vir my daar is GEEN manier dat so Spesialis sy CV op sy arm sal laat tattoo nie, in case hy gevange geneem word. Hy't hom amper dood gelag toe ek hom dit vertel.
    1998 Nissan Patrol 4,5 GRX........................."Olive"
    1997 Land Cruiser HZJ 75..........................."Jack"
    2008 Mercedes Benz CL 500........................"Bullet" (going....going...)
    2006 Mercedes Benz C 180K........................"Sussie"

  23. The Following 2 Users Say Thank You to Petri Oosthuizen For This Useful Post:


  24. #15
    Join Date
    Jan 2012
    Location
    Bethlehem
    Age
    53
    Posts
    9,113
    Thanked: 4353

    Default Re: Aubrey die Recce..............

    Quote Originally Posted by WAJ View Post
    So, watse Merc is daai wat jy smous?
    Merc??
    1998 Nissan Patrol 4,5 GRX........................."Olive"
    1997 Land Cruiser HZJ 75..........................."Jack"
    2008 Mercedes Benz CL 500........................"Bullet" (going....going...)
    2006 Mercedes Benz C 180K........................"Sussie"

  25. #16
    Join Date
    Nov 2008
    Location
    Ellisras
    Age
    57
    Posts
    893
    Thanked: 556

    Default Re: Aubrey die Recce..............

    Quote Originally Posted by Petri Oosthuizen View Post
    Merc??
    Hy kyk na so mooi rooi Benz C230 V6 Coupe.....
    2000 Patrol GU 4.2D(onkey) "old-timer" and wise at 848 000 km
    2014 Patrol GU 3.0CRD "teenager" in puberty at 105 000 km
    2007 Echo3 Trailer "the nest" Braked Axle fitted at +50 000 km
    2012 NP300 YD2.5 D/C 2x4 High Rider "platkar" at 120 000 km

  26. #17
    Join Date
    Oct 2010
    Location
    Pretoria
    Age
    50
    Posts
    268
    Thanked: 262

    Default Re: Aubrey die Recce..............

    Quote Originally Posted by JCMostert View Post
    "hy wys ook vir Jomar sy Recce tattoos en alles"

    Sover my kennis strek, mag jy glad nie tattoos gehad het in die apartheidsjare se weermag nie, beskadiging van staatseiendom, onchristelik ens. Enige ou manne wat dit kan bevestig?
    Ek het al 'n ou recce met 'n tattoo gesien. Kan nie onthou wat dit uitbeeld nie. Ek dink dis op sy arm.
    Daar is vreeslik baie ou Vlooties met tattoos (nes matrose).
    Ek weet nie van die wettigheid, al dan nie, daarvan nie.
    Current - 2009 Mazda BT50 3.0CRDi 4x4 d/c
    Previous - 2005 Ranger 2.5 tdi 4x2 d/c (277 422km)

  27. #18
    Join Date
    Oct 2010
    Location
    Pretoria
    Age
    50
    Posts
    268
    Thanked: 262

    Default Re: Aubrey die Recce..............

    Petri, jy moet jou lys van songebrande manne aanpas.
    Boemelaars het ook songebrande gesigte .
    Current - 2009 Mazda BT50 3.0CRDi 4x4 d/c
    Previous - 2005 Ranger 2.5 tdi 4x2 d/c (277 422km)

  28. #19
    Join Date
    Jul 2014
    Location
    Pretoria
    Age
    45
    Posts
    1,172
    Thanked: 812

    Default Re: Aubrey die Recce..............

    Quote Originally Posted by Dungbeetle View Post
    Hy kyk na so mooi rooi Benz C230 V6 Coupe.....
    Petri, jy moet konsentreer vergeet van die ophou rook vir eers....
    Ford Ranger 3.0Tdci Super Cab 4x4
    Platkar - Haaihoendaai i20 1.4]

    Ex'es
    KIA Sorento 2.5 Crdi 4x4 (diesel guzzler of note)
    Nissan Terrano II 2.7
    Mazda Drifter DC 2.5 4x4
    Toyota 60 series 5.7 V8
    Daihatsu Rocky 2.8


  29. #20
    Join Date
    Mar 2008
    Location
    De Wildt
    Age
    57
    Posts
    37,384
    Thanked: 13561

    Default Re: Aubrey die Recce..............

    Quote Originally Posted by JCMostert View Post
    "hy wys ook vir Jomar sy Recce tattoos en alles"

    Sover my kennis strek, mag jy glad nie tattoos gehad het in die apartheidsjare se weermag nie, beskadiging van staatseiendom, onchristelik ens. Enige ou manne wat dit kan bevestig?
    Supposedly no VISIBLE tattoos. Nothing visible when in uniform of any kind.

    A guy in my section (an ex-Dassiebult non-Recce kleptomaniac called Du Toit : moerofa a nice guy but couldn't leave other people's stuff alone) had a tattoo done on his back after our second tour.

    We were Bravo Company 3SAI, so he had a huge Griffon done with BRAVO underneath it.

    He got some snide comments from the PFs but that was all.

    And an ex-32Bn and ex-RLI guy that was our Armourer NCO at Mahanene had a tatt on his fore-arm, think it was the 32Bn Buffalo, can't remember. And he was short contract PF.

    So a bit of an urban legend I think.
    Last edited by jelo; 2020/06/02 at 10:52 AM.
    2012 Jeep Sahara Unlimited 3.6 V6
    Percivamus

  30. The Following User Says Thank You to jelo For This Useful Post:


Page 1 of 12 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 ... LastLast

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •