Vat dit maar Kalm hier, Mense.............





Results 1 to 14 of 14

Threaded View

Previous Post Previous Post   Next Post Next Post
  1. #1
    Join Date
    Jan 2012
    Location
    Bethlehem
    Age
    53
    Posts
    9,119
    Thanked: 4354

    Default Vat dit maar Kalm hier, Mense.............

    Nie lus om te stir nie, en nog minder vir baklei, en ek is seker almal stem saam met my - ons gaan almal deur moeilike en onseker tye.

    En laat ek sommer uit die staanspoor se - ek is ook baie waarskynlik skuldig hieraan, indoen wel is ek BAIE jammer.

    ........Maar kan ons nie probeer om bietjie meer deurdag te wees met wat ons hier post nie??

    As jy (en ek ook, beslis!!) iets post.......hou maar net in gedagte, weereens, almal is beslis baie meer "tense", dis mos maar logies, ons kan nerens meer ry nie, ons is "gehok" in ons huise, almal is basically MOER gatvol maar ons hou maar uit en byt vas ter wille van almal.

    Weereens - ek is ook een van "hulle", ek is baie baie seker daarvan. En jammer ook, as ek hier en daar so akkerige Post gooi om van my gatvolgeit te probeer ontslae raak.

    Maar die Forum is tog 'n Platform waarop almal kan post, belangstellings en gedagtes deel, en so meer......MAAR net so bietjie meer moeite doen om bietjie meer "lenient "(tegemoetkomend, regte Ingilse Woord??) teenoor mekaar wees.

    En dis 'n BAIE diverse Platform.......julle het my bv gisteraand gehelp om 'n iPhone reg te kry. En ek weet nie waar om eers die ding aan te sit nie. Verder as dit kan jy nie van 'n 4x4 Topic af kom nie......maar ek is HIER gehelp, nie Google nie.

    ??

    Ek se nie ons moet 'n Sondagskool Piekniek wees en almal Kumbaya sing nie - GLAD nie. Maar ja - probeer jou frustrasies "bere" op 'n ander plek as hier (weereens, MYSELF INGESLUIT)
    Last edited by Petri Oosthuizen; 2020/03/28 at 10:49 PM.
    1998 Nissan Patrol 4,5 GRX........................."Olive"
    1997 Land Cruiser HZJ 75..........................."Jack"
    2008 Mercedes Benz CL 500........................"Bullet" (going....going...)
    2006 Mercedes Benz C 180K........................"Sussie"

  2. The Following 4 Users Say Thank You to Petri Oosthuizen For This Useful Post:


Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •