Swembadskoonmaker raad asb

Results 1 to 11 of 11
  1. #1
    Join Date
    Jun 2014
    Location
    Worcester
    Age
    48
    Posts
    89
    Thanked: 7

    Default Swembadskoonmaker raad asb

    My Kreepy Krawly tipe swembadskoonmaker het nou vir die 2de keer (in ‘n hele paar maande) so taai, rubberige aanpaksel op sy rubber”voet” gekry(sien foto). Dis vrek moeilik om af te kry en as hy in die hoek by die trap vassit (soos hulle mos maar maak van tyd tot tyd) smeer hy dit aan die swembad se veselglas af. Die water se pH is 7,2 en daar is nie te veel chloor in nie. Die water is ook mooi helder en daar is ‘n soliede cover oor die swembad deur die dag vir veiligheid maar dit hou ook vuilgoed uit. Al wat “anders” is, is dat ek ‘n clarifier tablet ingegooi het so 2 weke gelede maar ek doen dit elke keer as die water effens troebel raak. Weet iemand wat dit veroorsaak of hoe ek dit kan voorkom?
    Name:  EF16C3EF-667F-46A8-8FAB-7DF5E1A253BE.jpg
Views: 260
Size:  54.2 KB
    Chris Smal

    Colt Trailbuster 2400i - sold 2014
    Ford Everest LTD - bought 2014
    Toyota RAV4 VX platkar - bought 2018

  2. #2
    Join Date
    Oct 2012
    Location
    otjiwarongo
    Age
    49
    Posts
    1,096
    Thanked: 156

    Default Re: Swembadskoonmaker raad asb

    Quote Originally Posted by Baas View Post

    myne het dit ook gedoen, was ook toe, het te veel suur in gehad en hom deur die nag oop gemaak om asem te haal. het nuwe voet stuk gekry en is nou reg.

    2017 VW Amarok 3.0 TDi V6 4Motion D/Cab
    2020 VW T Cross Highline R Line
    2019 Bushlapa Miskruier 1616

  3. #3
    Join Date
    Mar 2008
    Location
    De Wildt
    Age
    57
    Posts
    38,929
    Thanked: 15169

    Default Re: Swembadskoonmaker raad asb

    Quote Originally Posted by Baas View Post
    Al wat “anders” is, is dat ek ‘n clarifier tablet ingegooi het so 2 weke gelede maar ek doen dit elke keer as die water effens troebel raak
    Last edited by jelo; 2020/02/27 at 07:08 AM. Reason: removed, violating my own rule
    Jakes Louw
    2012 Jeep Sahara Unlimited 3.6 V6
    Percivamus

  4. #4
    Join Date
    Jun 2014
    Location
    Worcester
    Age
    48
    Posts
    89
    Thanked: 7

    Default Re: Swembadskoonmaker raad asb

    Quote Originally Posted by hein100 View Post
    myne het dit ook gedoen, was ook toe, het te veel suur in gehad en hom deur die nag oop gemaak om asem te haal. het nuwe voet stuk gekry en is nou reg.
    My swembad is nou 2 jaar oud en ek het nog nooit suur ingegooi nie. Hoeveel keer het jy hom deur die nag oopgemaak?
    Chris Smal

    Colt Trailbuster 2400i - sold 2014
    Ford Everest LTD - bought 2014
    Toyota RAV4 VX platkar - bought 2018

  5. #5
    Join Date
    Oct 2012
    Location
    otjiwarongo
    Age
    49
    Posts
    1,096
    Thanked: 156

    Default Re: Swembadskoonmaker raad asb

    Quote Originally Posted by Baas View Post
    My swembad is nou 2 jaar oud en ek het nog nooit suur ingegooi nie. Hoeveel keer het jy hom deur die nag oopgemaak?
    myne is net meer as 3 jaar oud, die swembad manne het gese somer elke aand, wel ek los hom nou permanent oop, ek gooi 1 keer n week suur in omrede ons water hier bo baie kalk in het en die creepy en pype en pompe hou nie en hy maak n dik wit wand teen die teels. maar aan die begin het ek suur ingegooi en toe gemaak en het my creepy net so gelyk. maar hy moet kan asem haal anders gaan hy so bly maak veral as jy nuwe floaters of so ingooi. my swembad in kaap het ek ook nooit toe gemaak nie. suur is ook al wat die blou merke teen die vloer en kante weg gevreet het. hy was so taai kon nie meer loop nie.

    ek sal voorstel laat toest jou water by swembad mense en hoor hoe jy moet maak.

    2017 VW Amarok 3.0 TDi V6 4Motion D/Cab
    2020 VW T Cross Highline R Line
    2019 Bushlapa Miskruier 1616

  6. The Following User Says Thank You to hein100 For This Useful Post:

  7. #6
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Pretoria
    Age
    65
    Posts
    2,099
    Thanked: 373

    Default Re: Swembadskoonmaker raad asb

    My swembad was marblelite en meer as 30 jaar oud. Ek het elke week 'n bietjie suur gegooi. Verlede jaar laat oordoen met 'n veselglas lining en vind dat ek nou baie minder suur hoef te gooi.
    Marblelite is waarskynlik alkalies.

  8. #7
    Join Date
    Mar 2007
    Location
    Centurion
    Age
    43
    Posts
    523
    Thanked: 8

    Default Re: Swembadskoonmaker raad asb

    Jy het n water probleem. Toets die water, en kry die PH reg. En gooi weg die clarifier tablets.

  9. The Following User Says Thank You to DeVilliers For This Useful Post:

  10. #8
    Join Date
    Jun 2014
    Location
    Worcester
    Age
    48
    Posts
    89
    Thanked: 7

    Default Re: Swembadskoonmaker raad asb

    Ek het die plaaslike swembadwinkel geraadpleeg. Hier is die antwoord/e
    Die water is te suur en dit veroorsaak my probleem. Ek het met een van daardie HTH stelletjies met die druppels getoets en dit is blykbaar glad nie akkuraat nie.
    Ek gebruik floaters vir chloor en vir amper 2 jaar het dit gewerk maar die suur bou op omdat ek ‘n seil cover oor die bad hou. Die kondensasie wat snags daarteen opbou drup blykbaar terug in die bad in as swaelsuur.

    Ek gaan koeksoda bygooi vanmiddag en die aanpaksel op die skoonmaker sal acetone verwyder. Sodra die pH reg is moet ek minimaal chloor gebruik en eerder nie die floater nie.
    Chris Smal

    Colt Trailbuster 2400i - sold 2014
    Ford Everest LTD - bought 2014
    Toyota RAV4 VX platkar - bought 2018

  11. #9
    Join Date
    Oct 2012
    Location
    otjiwarongo
    Age
    49
    Posts
    1,096
    Thanked: 156

    Default Re: Swembadskoonmaker raad asb

    Quote Originally Posted by Baas View Post
    Ek het die plaaslike swembadwinkel geraadpleeg. Hier is die antwoord/e
    Die water is te suur en dit veroorsaak my probleem. Ek het met een van daardie HTH stelletjies met die druppels getoets en dit is blykbaar glad nie akkuraat nie.
    Ek gebruik floaters vir chloor en vir amper 2 jaar het dit gewerk maar die suur bou op omdat ek ‘n seil cover oor die bad hou. Die kondensasie wat snags daarteen opbou drup blykbaar terug in die bad in as swaelsuur.

    Ek gaan koeksoda bygooi vanmiddag en die aanpaksel op die skoonmaker sal acetone verwyder. Sodra die pH reg is moet ek minimaal chloor gebruik en eerder nie die floater nie.
    ek het net floaters gebruik toe ek in kaap gebly het, maar elke maand laat toets by die swembad manne, nooit issue gehad, ek het wel so elke 2de maand versagters by gesit om die water sag te maak. nooit n issu egehad nie, en as jy alle sby hulle koop toets hulle die water gratis elke maand. o ja ek het net by die swembad manne floaters gekry, nie by shoprite of so

    ja hy moet oop wees anders bou hy op soos in jou geval, los hom net oop vir n paar dae en toets weer en sit dan net die nodige in.
    Last edited by hein100; 2020/02/26 at 12:45 PM.

    2017 VW Amarok 3.0 TDi V6 4Motion D/Cab
    2020 VW T Cross Highline R Line
    2019 Bushlapa Miskruier 1616

  12. #10
    Join Date
    Mar 2013
    Location
    Cape Town
    Age
    59
    Posts
    790
    Thanked: 941

    Default Re: Swembadskoonmaker raad asb

    Ek het dieselfde probleem gehad, die voet was taai en het swart merke op die bodem van die bad gemaak. Bad was 99.99 % van die tyd toe onder 'n seil gewees. Die swembad is baie klein, ek het sommer een van daardie hand "stofsuiers" gekoop. Dit neem my max 15 minute per week om te suig en daar is niks wat homself in 'n hoek vaswikkel nie.

  13. #11
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Pretoria
    Age
    65
    Posts
    2,099
    Thanked: 373

    Default Re: Swembadskoonmaker raad asb

    My swembad vat 62kl water. Ek sit een floater 'n maand in, gooi 3 koppies HTH by die weir in elke Saterdag en toets so elke 2 maande vir chloor en ph. Gooi soms bietjie suur in maar baie min
    na veselglas lining in is.

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •