Dit is ons eerste trip na Mabua en vra mede forum lede vir hulp en inligting Asb?
1. Ons bespreking is van Nossob na Matopi - Lesholoago - Monamodi, gaan dan terug in SA by McCarthy's Rest. Ons ry met 'n Cruiser 4.5 EFI (180L tank petrol) glug-glug, en 'n HiLux D4D (standaard tank diesel), wat is julle voorstel vir die hoeveelheid brandstof benodig tot Tsabong? En natuurlik bietjie rondry ook?
2. Hoe werk dit by die grens poste (Mabua en McCarthy's Rest), gaan by Twee Rivieren in. En wat is al die belangrike dokumente wat moet saam?
3. Indien ons vleis oorhet van die trip, mag ons dit saamneem deur Botswana, want ons slaap oor by Springbokpan Gaste Plaas?

Sal jul terugvoer baie waardeer.