Hi Almal, hoop julle kan my dalk help met raad.
My Prado het n wobbel op die stuurwiel sodra n mens oor 100 110km/h ry.
Ek het al 2 keer bande laat balance en ruil en die mense het gese daar is geen bubbles ens op die bande self nie. Hulle wys my toe die shocks, hulle was amper gaar, vertel ek moet die suspensie vervang dit is die oorsaak.


Dit gedoen Desember, ek het Amada extreme shocks en coils laat insit in die hoop dit gaan die probleem oplos. Die wobble is beter maar is nogsteeds daar, het ook na die CV joints laat kyk maak geen snaakse geluide of so iets nie so dit is dan sekerlik nie hulle nie. Enige ander voorstelle?


En dan op die nuwe suspensie as ek oor spoed hobbels ry met altwee agterwiele gelyk bo oor klink dit of iets los is agter, he nou al onder ingeklim en geruk en pluk maar kan niks fisises sien wat los is nie. Iemand dalk al so iets gekry?