Advies op 4 en 5 ton trokke





Results 1 to 2 of 2
  1. #1
    Join Date
    Mar 2011
    Location
    Oudtshoorn
    Age
    32
    Posts
    245
    Thanked: 18

    Default Advies op 4 en 5 ton trokke

    Ek doen navorsing oor 4 en 5 ton trokke. Spesifiek die Isuzu npr 400 en nqr 500.

    Meer spesifiek die gewigte. Ek weet hoe swaarder sy bak, hoe minder vrag kan hy vat.

    Party 4 tonners kan slegs 2.5 tot 3 ton laai volgens lisensie skyf.

    Kan die trokkies trailers sleep? Gaan hy hou?

    Weereens, volgens spesifikasies (GCM) kan die meeste van die trokkies slegs vanaf 1.2 ton tot 1.8 ton sleep? Kan dit reg wees?

    Voorbeeld van 'n NQR se lisensie:

    TARE - 4140kg
    GVM - 8500kg
    GCM - 10300kg

    So dit beteken hy dra 4360kg en kan slegs n wa sleep met 'n GVM van 1800kg?

    Is ek reg?

  2. #2
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Pretoria
    Age
    46
    Posts
    456
    Thanked: 54

    Default Re: Advies op 4 en 5 ton trokke

    Kom ons begin by die begin.

    Wat wil jy doen met die trok en wat wil jy sleep?
    Ja, hoe swaarder jou bak is, hoe minder is jou loonvrag of payload (GVM). Dieselfde geld ook vir dit wat jy sleep. Hoe swaarder die trailer hoe minder is die totale loonvrag (GCM).

    Die NQR 500 se syfers lyk as volg: Dit is volgens die nuutste specsheet wat ek tot my beskikking het (ek is in die trokbedryf)

    Tare - 2800kg
    GVM - 8500kg
    GCM - 12000kg

    Dus is jou loonvrag sonder 'n trailer 8500kg(GVM) - 2800kg(T) - 1300kg(bak) = 4400kg.

    Saam met 'n trailer sal dit soos volg wees 12000kg(GCM) - 2800(T) - 1300kg(bak) - 250kg (trailer) = 7650kg. Hierdie 7650kg kan gedeel word tussen die trok en trailer maar mag natuurlik nie individueel die trok of trailer se GVM oorskry nie.

    Jy is welkom om my 'n PM te stuur as jy enige vrae het.
    Jaco

    Isuzu KB300 DMax D/C 4x4 3" Homemade lift, Bosvark LFR Radio and free-wheel hubs.

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •