Waarom kamp julle nog ? - Page 2





Page 2 of 5 FirstFirst 1 2 3 4 5 LastLast
Results 21 to 40 of 97
  1. #21
    Join Date
    Nov 2014
    Location
    Durban
    Age
    60
    Posts
    1,314
    Thanked: 1673

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Quote Originally Posted by Grumbles View Post
    Eenvoudig... want ons hou daarvan.

    My vrou en kinders is op hulle gelukkigste as ons kamp, en ek was verbaas in September, na 6 nagte in 3 kampe (Baviaans Doodsklip, Doringkloof en toe Forever Plett), toe my vrou s dat sy die meeste van Doodsklip gehou het! (Daars is NET n longdrop)

    Ons hou van in ons eie beddens slaap, ons hou van koffie of Muskadel drink onder die sterre terwyl die kleintjies rustig slaap, ons hou van daai koel lug, warm koffie en beskuit so 6am terwyl jy sien en hoor hoe die kamp terrein wakker word, ons hou van die ander mense wat dieselfde in gemeen het meeste van die tyd, hoe vinnig ons dogters maats maak en speel, wat hulle alles leer op ons reise na plekke weg van die gewoel van die stad, ons hou van die klank van reen op die canvas terwyl mens onder n lekker duvet l, ons hou van n kampvier, al braai jy nie, ens ens... ek kan lank aangaan.

    Maar jou vraag oor kostes, janee, al maak dit nie saak nie, daar is natuurlik n limiet. Ek dink jou voorbeeld van R500 per persoon in SA is baie hoog. By ons laaste kamp in Uitspan, is van die staanplekke groot en kan tot 16 mense vat, so dit maak sin om per persoon te vra. Daardie groep betaal R1200 (bv. 8 grootmense en 8 kinders) en ons betaal net R300 (2/2). Fair, want ons staanplek kon net 4-6 mense hanteer in een karavaan of twee tente.

    Mens moet mooi kies waar jy kamp, en ja, jy sal nou en dan op n slegte plek staan, maar glo my jy kan net so nare ervaring in n hotel of bungalow optel.

    Ons gemiddelde koste per nag oor 40 nagte, vanaf PE, Tuinroete, R62, Cederberge, Baviaans was laasjaar so R450 (4 mense) en ons het in baie mooi en netjiese plekke geslaap. (Uitspan, Doringkloof, Plett Forever, Oppidam Oudtshoorn, Ebb & Flow, Storms Rivier, Guano Caves, Kromrivier Sederberge... ens.

    Grumbles
    Vir die vrou en ek is dit nie n vraag oor koste maar die kans om so naby moontlik aan die natuur te bly. Daar is ook nie n hotel of bungalow in die plekke waar ons wil besoek. In ons verkieste plekke is daar niks, geen toilette, waskamers, storte - net ons as dinge na plan loop. (Verskoon asseblief die swak Afrikaans - ek probeer maar net)
    Love your neighbour. Thats about it, itll be the world we want.

  2. #22
    Join Date
    Feb 2009
    Location
    Windhoek
    Age
    37
    Posts
    6,579
    Thanked: 2570

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    We never had more than two other parties at most campsites. Most it was just us. And the campsites are far apart.

    The exception naturally was StNowhere but the sites are huge so no real problem and usually all parties are lights out by latest 23h00. We went to bed most nights around 21h00!!!!

    Namibia rules
    VW Touareg V6 Tdi Escape
    Bush Lapa Boskriek 816

  3. #23
    Join Date
    Aug 2013
    Location
    Helderkruin
    Age
    53
    Posts
    1,877
    Thanked: 381

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Geniet kamp want dit is baie lekker moet maar net mooi uitvind oor kampplek voor jy by dit gaan kamp.
    Ek geniet nou weer plekke wat nie baie besig is nie en ook nie mal pryse vra nie.

  4. #24
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Roodepoort
    Age
    46
    Posts
    1,965
    Thanked: 205

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Kamp bly maar lekker! Weereens bewys met my seuns se maat wat 'n klompie dae saam gekamp het nou Desember, toe na sy ouers se strand huis was toe hulle by die see aangekom het, en toe na vier dae begin smeek het om weer verder saam te kom kamp.

    Die per persoon strukturering van die tariewe gaan verseker handig inkom wanneer die kinders groot word en nie meer altyd saam kom kamp nie.


    Currently enjoying my new platkar: Alfa MiTo Quadrifoglio Verde - she's a beauty!
    JKU Rubicon Pentastar
    JKU CRD (sold)
    XJ 4liter (sold )

  5. #25
    Join Date
    Feb 2013
    Location
    Fochville
    Age
    43
    Posts
    701
    Thanked: 5

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Quote Originally Posted by Alto View Post
    Stem nie heeltemal saam met die bottel 'Klippies' teorie nie; dit hang darem af wat jy kry en waar jy kamp: het pas besluit R333/persoon/nag plus park en voertuigfooie is teveel vir kamp in Etosha, want die kamplekke en fasiliteite is boonop kruppel.
    Maar ja, kampering is lekker - sal dit doen tot ek nie meer kan nie!
    Stem saam met jou Alto
    Volkswagen Jetta 1.9 Tdi, 2002
    Isuzu KB 250 Dle, LWB, 1999

  6. #26
    Join Date
    Feb 2013
    Location
    Fochville
    Age
    43
    Posts
    701
    Thanked: 5

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Stem saam met jou Morne. Dit is basies wat met my ook gebuer het.
    Quote Originally Posted by Morne - Skip View Post
    "Waarom kamp ons nog?"

    Ek het myself dit so week terug gevra .... my swakste kamp nog gehad by n populere noordkus park. Dit was terrible. Ek het regtig oppad huistoe oorweeg om alles te verkoop. Teen R1060.00 p/nag kon ek lekker in n chalet iewers gebly het.

    As dit nie vir ons fantastiese plekke in en om Pretoria / Warmbad / Brits was nie, het ek alles verkoop. Sommige plekke / parke maak dit bitter onsmaaklik en teleurstellend. Ek kon nog nooit verstaan as iemand vir my vertel het hoe hul 1 keer gekmap het, en nooit weer nie. Wel as ek n "first timer" was met die kamp wat nou verby is, sou ek ook nooit weer gekamp het nie, net as jy al lekker gekamp het sal jy aanhou.
    Volkswagen Jetta 1.9 Tdi, 2002
    Isuzu KB 250 Dle, LWB, 1999

  7. #27
    Join Date
    Feb 2013
    Location
    Fochville
    Age
    43
    Posts
    701
    Thanked: 5

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Quote Originally Posted by DerikB View Post
    Hierdie Desember was ons 5de een wat ons na ons geliefde Namibia toe is.

    Ongelukkig het hierdie een n bietjie van n suur smaak in die mond gelos, want dit voel of van die kamp gronde in die Suide die toeriste probeer raak-ry.

    Drie staan uit:

    R375 per persoon by Hobas, nee dankie, jy kan daai stukkie sand maar hou!

    Diaz Punt Camp by Luderitz is ook weer oop - teen net R250 per persoon kan die wind jou ten duurste rond waai! Die van julle wat al daar was sal weet die geriewe is maar... net net! Ons was 4 in die groep toe kry ons n Gastehuis in Luderitz teen R900 vir die aand vir ons almal. R100 besparing!

    Sesriem kamp! My Genade! Raak NWR mal? R490 per persoon! Toe ry ons maar verder!

    Die ander was heel redelik.
    R250 per persoon by Kokerboom naby Keetmanshoop, sluit permit vir Giants Playground in.
    R150 per persoon Seeheim Hotel.
    R700 vir 4 mense by Myl 4 per aand.
    R150 per persoon by Zeldas.

    Ek is bereid om tot R250 per persoon te betaal afhangende van die geriewe en plek, maar ek dink meer as dit raak daylight robbery.
    Was my eerste keer in Namibie. Nooit weer gaan ek kamp daar nie. Dit is warm, droog, wind waai jou weg soos Luderitz. Rn dan nog te duurste betaal ? Vir wat ? Ons is 4 2 volwasse en 2 kinders. En dan nog boonop se hulle as jou kind 12 of ouer is dan tel sy of hy as n volwasse.
    Volkswagen Jetta 1.9 Tdi, 2002
    Isuzu KB 250 Dle, LWB, 1999

  8. #28
    Join Date
    Aug 2012
    Location
    Pretoria
    Posts
    657
    Thanked: 528

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Quote Originally Posted by Spook View Post
    Gedurende Desember by die see

    Waar kry jy sulke bargains en hoe lyk hierdie chalets as ek mag vra?

    As die R1060/nag chalet by "iewers" is, wil ek graag weet waar is "iewers"
    Het wel gekyk terwyl ons daar was, selfde area, self catering vir 2 mense was 950-1100

  9. #29
    Join Date
    Oct 2009
    Location
    Nelspruit
    Age
    37
    Posts
    682
    Thanked: 113

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Sanparke het die regte metode. Base rate vir 2 mense, daarna per persoon. Anders kan 2 mense elk n staanplek boek en n helse area beset vir net hulle 2, as dit per persoon was van die begin af.
    Die per persoon heffing na die base rate van 2 verhoed ook oorbevolking op n staanplek. Sommige mense verwar kamp en plak. Ek wil nie langs die plakkers staan wat 8 op n staanplek is en wasgoed lyne en ander ongewensde parafinalia uitstal nie. Die rumoer wat saam met die groepe gaan is ook gewoonlik n steurnis, en vir een of ander rede loop kamp bestuur draaie om hierdie groepe.
    20 Ranger Supercab 2.2 auto XLS 4x4
    18 Ranger Double cab Tdci (Swambo)
    12 Conqueror courage

    17 Ranger Supercab Tdci (Sold)
    97 Defender 90 CSW 2.8i (Sold)
    04 Defender 110 d/c p/u Td5 (Sold)
    04 Discovery 2 Td5 GS auto (Sold)
    97 Defender HCPU Tdi (Sold)
    99 Discovery 2 TD5 GS (Sold)

  10. #30
    Join Date
    Jan 2015
    Location
    Windhoek
    Age
    59
    Posts
    368
    Thanked: 189

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Derik. Daar s n facebook page "camping in Namibia". Ek stem saam oor die pryse. Hulle is mal. Xaudom camp is dieselfde..N$380 pp +80 per motor. Parkfooie vir Namibiers is N$10 pp+N$10 per motor per dag. Gemiddelde prys vir camp in caprivi is N$220. Ongelukkig probeer die campe wat allenreg het you ruk. Maar dit is die African way. Make big money quik. Na 3 jaar is die camp vrot en niemand gebruik dit.
    As die camp vrot of te duur is, breek die car altyd binne in die park. So ek werk heel nag aan hom om die volgende oggend goed uitgerus verder te ry .
    2002 Discovery td5

  11. #31
    Join Date
    Nov 2011
    Location
    RSA
    Posts
    150
    Thanked: 7

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Eerste keer in jare weer gaan kamp. Di keer met 'n geleende Bundu sleepwa van my vriend en deur Botswana.

    Ons het voorheen met f tente f 'n karavaan gewoonlik oor Desember met die boot by Sodwana of Cape Vidal gekamp. Drdie gemors sal ek nooit weer kan duld nie. Die geraas, gemors op die strand, lang rye, skreeuende, bedorwe kinders ens. is net te erg.

    Botswana en die sleepwa was weer 'n ander uitdaging, veral die bo-op die sleepwa slaap ding wat ons nog nooit gedoen het nie. Dis net ek en my vrou en ons het dit s geniet dat ek besluit het om my eie sleepwa te koop.

    Ek sal egter nooit weer tussen ander raasbekke en sulkes kan gaan kamp nie, so dit sal dan seker maar Botswana en soortgelyke plekke/lande moet wees.

    Van Botswana se plekke - spesifiek Thobolos - buit (eintlik besteel) die besoekers openlik uit met 'n BWP400 pppn (R548.00) vir 'n staanplek met geen krag (wil dit in elk geval nie h nie) en/of water nie. Die ablusies is egter nuut en modern.

    Kamp is, soos hierbo genoem, net iets op sy eie met sy eie (lekker) uitdagings en ondervindings.
    2019 LC79 V6 bakkie
    2018 Merc E63S
    SL65 AMG
    2016 swart Pajero swb
    2016 silwer Pajero swb
    3 x Mazda Bt50's
    2 x Nissan 2.5's

    Moenie als glo wat jy lees of hoor nie!!
    Old enough to share experiences, young enough to learn.

  12. #32
    Join Date
    Mar 2011
    Location
    Walker Bay
    Age
    76
    Posts
    9,220
    Thanked: 1032

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Why camp? - I am addicted!

    Like being close to nature......

    Africa changes you forever, like nowhere on earth. Once you have been there, you will never be the same." - Ernest Hemingway

  13. #33
    Join Date
    Feb 2009
    Location
    Windhoek
    Age
    37
    Posts
    6,579
    Thanked: 2570

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Quote Originally Posted by Dieselman View Post
    Was my eerste keer in Namibie. Nooit weer gaan ek kamp daar nie. Dit is warm, droog, wind waai jou weg soos Luderitz. Rn dan nog te duurste betaal ? Vir wat ? Ons is 4 2 volwasse en 2 kinders. En dan nog boonop se hulle as jou kind 12 of ouer is dan tel sy of hy as n volwasse.
    Dis jammer om van jou ervaring te hoor maar dan moet ek byvrae; wat het jy verwag? Dis Namibia, in Desember. Dit is vrek warm. Daar is n rede hoekom al die Namibiers kus toe jaag daardie tyd van die jaar. Ons het elf in Damarland gekamp (met n 22 maande dogtertjie) en dit was lekker; kampe was leeg. Maar die hitte het ons gewen in Madisa, net omdat baba moet slaap in die middag.

    Quote Originally Posted by Nambro View Post
    Derik. Daar s n facebook page "camping in Namibia". Ek stem saam oor die pryse. Hulle is mal. Xaudom camp is dieselfde..N$380 pp +80 per motor. Parkfooie vir Namibiers is N$10 pp+N$10 per motor per dag. Gemiddelde prys vir camp in caprivi is N$220. Ongelukkig probeer die campe wat allenreg het you ruk. Maar dit is die African way. Make big money quik. Na 3 jaar is die camp vrot en niemand gebruik dit.
    As die camp vrot of te duur is, breek die car altyd binne in die park. So ek werk heel nag aan hom om die volgende oggend goed uitgerus verder te ry .
    Ek weet nie waar julle kamp nie, maar ons het nog nooit n probleem met pryse gehad nie. Ons duurste kamp in desember was Mt Etjo (dink dit was N$ 300 pp) maar jy kry al die geriewe wat jy benodig en nog gratis hout daarby! Ons hele vakansie (verblyf, diesel, kos, drank etc) het uitgewerk op N$ 900 per dag (nie pp nie, in toetaal). Wys my hoe jy dit reg kry vir 21 dae in chalets.
    VW Touareg V6 Tdi Escape
    Bush Lapa Boskriek 816

  14. #34
    Join Date
    Oct 2017
    Location
    Rustenburg
    Age
    50
    Posts
    1,964
    Thanked: 1276

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Quote Originally Posted by dieselman View Post
    was my eerste keer in namibie. Nooit weer gaan ek kamp daar nie. Dit is warm, droog, ......
    lmga!
    _______________________________________

    Dum vivimus, vivamus!

    With a mild case of "Camping Personality Disorder" or CPD

    a five cylinder bakkie

  15. #35
    Join Date
    Nov 2009
    Location
    Richardsbay, KZN
    Age
    45
    Posts
    5,050
    Thanked: 8027

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Die "per persoon" kostes is wat ons aan gewoond is hier in my wreld- enigste plek wat per kamp plek vra is Cape Vidal ( ek dink?)

    Genoemde kostes is in die omgewing van R150 pp.
    "Stare, pry, listen, eavesdrop. Die knowing something, you are not here long"
    Walker Evans, Photographer

  16. #36
    Join Date
    Jan 2010
    Location
    Pretoria
    Age
    51
    Posts
    8,600
    Thanked: 3367

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Goeie vraag.... ek het nie regtig een antwoord nie.

    Vir die ervaring, om die natuur en uitsonderlike plekke te ervaar, alleen tyd met my gesin, weg van mense en die gewoel te wees en om chalets te vermy. Mure druk my gou vas en ek haat dit om te moet slaap op half gewaste lakens met die vorige ou se hare wat nog hier en daar te vinde is, vuil glase en 'n stinkende yskas

    Hoekom ek nie kamp is om geld te bespaar. Kamp is glad nie goedkoop nie en dis 'n wanindruk wat baie mense se kamp ervaring versuur. Die per persoon struktuur werk vir my. Soos iemand anders vroeer genoem het, hoekom moet ons 3 dieselfde betaal as die ou langs ons wat 10 mense op een staanplek wil indruk. Ek dink die per persoon struktuur verhoed beslis 'oorbevolking'.

    Dis krities om mens se navorsing goed te doen maak nie saak of jy in Suid Afrika of in een van die buurlande wil kamp nie. Dan sal mens bv weet om nie in Luderitz te kamp nie tensy jy baie van wind hou want die wind waai altyd .

    In die geval van Namibie is dit alom bekend dat NWR se fasiliteite duur en swak waarde van geld is. Ek het geweet Hobas is duur, dit vermy en by Canyon Roadhouse gekamp teen N$237 pp. Net so met Sesriem, as ons Sossusvlei gaan besoek in die toekoms bly ek ook by een van die vele (goedkoper en beter) plekke buite.

    Ons was ook Desember in Namibie en ja dis nie goedkoop nie. Maar hoekom gaan mens Namibie toe? Om geld te bespaar of die land te ervaar?

    Ons het by Bagatelle gekamp vir een nag, N$400 pppn. Nie goedkoop nie, maar wat kry jy? Jou eie skoon ablusie, net 6 campsites wat ver van mekaar is, absolute prag van die rooi dune, volle gebruik van die lodge se fasiliteite, totale stilte en sielerus en 'n ontvangs wat mens baie tuis laat voel. Ons het ook by Sophiadale gekamp, N$140 pppn. Ek gaan nooit weer terug nie! Ongeskikte ontvangs, groot groep wat heeltyd vloek en skel, oorgebruikte ablusies en ons word op die kleinste stowwerige staanplek ingedruk met die verskoning dat niks anders oop is. Tog is daar ten minste 5 staanplekke oop vir die 3 nagte wat ons daar kan uithou.

    Central Kalahari in Botswana, ek dink nou al P250 pppn of dalk meer. In terme van fasiliteite is daar niks of die 'luukse' staanplekke het 'n longdrop en stort hokkie, geen water, soms 'n boom of twee. Maar ek sal altyd terug gaan al ver-driedubbel die prys want party plekke is die jou buurman 20 km weg en mens kan 'n hele dag, selfs 2 gaan, sonder om 'n ander voertuig te sien.

    Vir my kan geen geldelike waarde op sekere goed geplaas word nie. En kamp vir ons gaan beslis nie huidiglik oor geld nie.
    Last edited by lekhubu943; 2020/01/09 at 08:33 AM.
    2018 Toyota Fortuner 2.8 GD-6 4x4 AT
    BushLapa 78 Now a Boskruier but with the same Zambia and CKGR bush stripes


  17. #37
    Join Date
    Aug 2009
    Location
    East London
    Age
    66
    Posts
    4,582
    Thanked: 2804

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Waarom hou ons aan met kampeering?

    Meeste van die uitgelee plekke wat ons verkies, het net kampering beskikbaar.
    By ander wat chalets het, is die luuks- en skoonheid van ons eie kampeerbeddens verreweg meer aantreklik.
    'n Mens kom nie nader aan die natuur as in kampeer geriewe te bly nie.

    I have an inordinate fear of bed bugs, a high risk when staying in formal accommodation in isolated areas.
    I will almost always be more comfortable with my own mattress, bedding and pillows.
    Costs are not an overriding issue, holiday time has an incalcuable value on its own. Value for money is a consideration.
    Most wild camps have provided more abiding memories than the best hotels.
    A million star campsite will always outshine a five star villa or hotel.
    Landcruiser 76SW.

    Great journeys are memorable not so much for what you saw, but for where you camped.

    At least "Once a year go someplace you have never been before" Delai Lama.

    Trans East Africa 2015/2016 Trip report http://www.4x4community.co.za/forum/...e16?highlight= from post 315.

  18. #38
    Join Date
    Jan 2010
    Location
    Pretoria
    Age
    51
    Posts
    8,600
    Thanked: 3367

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Quote Originally Posted by Nys View Post
    Dis jammer om van jou ervaring te hoor maar dan moet ek byvrae; wat het jy verwag? Dis Namibia, in Desember.
    En groot dele van die suide is vasgevang in een van die ergste droogtes ooit. Ek het dit nie besonders warm gevind nie, om die waarheid te se ek dink dit was koeler as die noorde 2 jaar terug. Maar ja dit was windering en in sommige areas is daar regtig niks behalwe klippe agv van die droogte nie.

    Ek dink die teleurstelling kom dalk neer op gebrek aan navorsing.
    Last edited by lekhubu943; 2020/01/09 at 09:13 AM.
    2018 Toyota Fortuner 2.8 GD-6 4x4 AT
    BushLapa 78 Now a Boskruier but with the same Zambia and CKGR bush stripes


  19. #39
    Join Date
    Feb 2013
    Location
    Fochville
    Age
    43
    Posts
    701
    Thanked: 5

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Nee ek verstaan nog steeds nie die per persoon ding as dit kom by kamp nie. Mense sien nooit die son oor ander skyn nie. Nou moet ek wat kinders het meer betaal as die ou langs my wat net hy en sy vrou is wat presies dieselfde groote kamp stand het.
    Volkswagen Jetta 1.9 Tdi, 2002
    Isuzu KB 250 Dle, LWB, 1999

  20. #40
    Join Date
    Feb 2013
    Location
    Fochville
    Age
    43
    Posts
    701
    Thanked: 5

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Ek stem saam ja. Dit was n gebrek aan navorsing maar was ook die enigste tyd wat ek verlof kon neem. En ek wou baie graag Namibia toe gaan. Maar nie gou weer nie. Noe die moeite werd vir al die kostes wat ook gepaard gaan met dit nie. Dalk eendag as ek nie meer kinders het in die huis nie. Wie weet, dalk sal ek weer gaan.
    Quote Originally Posted by lekhubu943 View Post
    En groot dele van die suide is vasgevang in een van die ergste droogtes ooit. Ek het dit nie besonders warm gevind nie, om die waarheid te se ek dink dit was koeler as die noorde 2 jaar terug. Maar ja dit was windering en in sommige areas is daar regtig niks behalwe klippe agv van die droogte nie.

    Ek dink die teleurstelling kom dalk neer op gebrek aan navorsing.
    Volkswagen Jetta 1.9 Tdi, 2002
    Isuzu KB 250 Dle, LWB, 1999

Page 2 of 5 FirstFirst 1 2 3 4 5 LastLast

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •