Waarom kamp julle nog ?





Page 1 of 5 1 2 3 4 5 LastLast
Results 1 to 20 of 97
  1. #1
    Join Date
    Feb 2013
    Location
    Fochville
    Age
    43
    Posts
    701
    Thanked: 5

    Default Waarom kamp julle nog ?

    Ek weet dit is lekker en ek post dalk op die verkeerde plek. (Admin kan skuif na regte plek). Maar deesdae sien ek dat dit nou n inding is van baie plekke om vir n karavaan staan plek per persoon te vra. Dit is mos maligheid of hoe. Ek het nog altyd per staanplek betaal. So as hulle nou byvoorbeeld jou R500 per persoon per nag gaan vra ja dis reg daar is plekke wat die belaglikke bedrag vra, dan gaan dit my mos R2000 kos per nag
    Neewat dan bly ek maar eerder in n chalet of huis.
    Wat se julle ?
    Volkswagen Jetta 1.9 Tdi, 2002
    Isuzu KB 250 Dle, LWB, 1999

  2. #2
    Join Date
    Oct 2017
    Location
    Rustenburg
    Age
    50
    Posts
    2,007
    Thanked: 1288

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    In my opinie kamp ek omdat ek dit geniet. Nie omdat dit 'n goedkoper vakansie is nie.Ek is ook onder die indruk dat daardie duur kamp plekke, rede het om soveel te vra. Dalk omdat hulle baie moeiete doen om hulle plekke reg te hou, en baie gewildt is... Of mooi bome het... Het jy al in Bots gekamp... Daar kry jy baie min, vir baie geld, maar jy betaal, want did is wat jy wou doen, en jy geniet dit.Ek verkies dat hulle genoeg vra, en my ondervinding is 'n goeie een, as wat hulle cheap is, en ek word orrompel, of dat die plek nie lekker is nie.
    _______________________________________Dum vivimus, vivamus!With a mild case of "Camping Personality Disorder" or CPD I drive a five cylinder bakkie and tow an army inspired van.

  3. #3
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Hillrise, Kempton Park
    Age
    65
    Posts
    1,827
    Thanked: 757

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Kampeer is soos 'n bottel Klippies. Maak nie saak wat die prys is nie, dit bly 'n bargain,

    Neewat, daardie R500pp waarna jy verwys gaan nie hou nie. Ons is darem ook nie stupid nie.

    Dis wel waar dat plekke per persoon en dan per voertuig vra maar dis gewoonlik rondom 300-450 per twee persone (in total) en dis bekostigbaar. Wie wil dan in elk geval in 'n chalet sit terwyl jy voete langs 'n kampvuur kan uitstoot en die wreld se probleme net daar oplos?

    Rapport het juis verlede Sondag 'n vergelyking tussen kampeer- en chaletkostes geplaas. Op die foto's hierby. (Skuus. Weet nie hoe om hulle reop te kry nie )
    Attached Thumbnails Attached Thumbnails Click image for larger version. 

Name:	20200105_114831.jpg 
Views:	670 
Size:	431.6 KB 
ID:	553503   Click image for larger version. 

Name:	20200105_115021.jpg 
Views:	600 
Size:	497.5 KB 
ID:	553504   Click image for larger version. 

Name:	20200105_115039.jpg 
Views:	524 
Size:	392.9 KB 
ID:	553505  
    Isuzu 300 d-tec
    MB Gwagen G350 Bluetec
    Nissan NP300 2.4 4x4
    BMW R1200GS & GSA

  4. #4
    Join Date
    Feb 2009
    Location
    Windhoek
    Age
    37
    Posts
    6,586
    Thanked: 2579

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Jip, ons hou van kamp en die buite lewe wat daarmee saam kom. Ons kom nou juis terug van n 21 dae trip. Die hele alles het ons uitgewerk op N$ 900 per dag.

    Die kamp ondervinding is net vir my lekker. Die pak van die karavaan, die grondpad, die aankoms, die kopkrap van waar gaan ons die meeste skadu kry, die afslaan, n koue een vat, vuurtjie aansteek, braai en dan more begin alles weer

    Die onlangse trippie was bietjie moeilik met n 22 maande oue dogtertjie want alles vat 3 x langer. Ek of Swambo moet haar besig hou sodat die ander een kan doen wat gedoen moet word. Maar dit was nog steeds lekker
    VW Touareg V6 Tdi Escape
    Bush Lapa Boskriek 816

  5. #5
    Join Date
    May 2014
    Location
    Tshwanetoria
    Age
    66
    Posts
    1,745
    Thanked: 644

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Dalk was die sakemodel om per kamplek te vra van die begin af verkeerd? En nou klink dit verkeerd/snaaks op die oor?

    Ek weet van talle gevalle waar staanplekke "oorlaai" word, en dan word die dienste ook oorlaai, met koste implkasies vir die oordeienaar. (En tot ergenis vir die ander kampeerders!)

    So, waar 'n staanplek tans byvoorbeeld R400 per plek is, kan dit dalk R200 ppersoon gemaak word (of dalk R300 vir die eerste persoon) plus R100 vir die tweede persoon - amper soos die hotelle se beginsel?)

    Dit ges, dit is natuurlik so dat eienaars binne seisoen hulle tariewe sal opstoot, soos maar oral in die toerismebedryf. Vir party bly dit 'n winskopie, soos Johan se bottel Klippies. Vir ander sal dit te "duur" raak, werklik of bloot uit beginsel.



  6. #6
    Join Date
    Jul 2009
    Location
    Pretoria
    Age
    55
    Posts
    956
    Thanked: 698

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Quote Originally Posted by Nys View Post
    Jip, ons hou van kamp en die buite lewe wat daarmee saam kom. Ons kom nou juis terug van n 21 dae trip. Die hele alles het ons uitgewerk op N$ 900 per dag.

    Die kamp ondervinding is net vir my lekker. Die pak van die karavaan, die grondpad, die aankoms, die kopkrap van waar gaan ons die meeste skadu kry, die afslaan, n koue een vat, vuurtjie aansteek, braai en dan more begin alles weer

    Die onlangse trippie was bietjie moeilik met n 22 maande oue dogtertjie want alles vat 3 x langer. Ek of Swambo moet haar besig hou sodat die ander een kan doen wat gedoen moet word. Maar dit was nog steeds lekker
    Hoe was die wind by St Nowhere Gert?
    Toyota Fortuner 2.8 GD-6 4x4 Auto

  7. #7
    Join Date
    Feb 2009
    Location
    Windhoek
    Age
    37
    Posts
    6,586
    Thanked: 2579

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Quote Originally Posted by Caracal View Post
    Hoe was die wind by St Nowhere Gert?
    Die aand toe ons opslaan het dit ons uitmekaar gewaai. Daarna het ons pragtige weer gehad. So een of twee aande wat die wind bietjie gepla het maar nie so erenstig nie. Ons "setup" is redelik wind-beskut. Ek en my pa slaan ons waens so op dat daar net n klein opening is tussen my awening en sy wa, wat ons dan toe maak met n kant seil (soos in die foto). Dit stop 95% van die wind (daai opening ky reg suidwes).
    Attached Images Attached Images  
    VW Touareg V6 Tdi Escape
    Bush Lapa Boskriek 816

  8. #8
    Join Date
    Jun 2016
    Location
    Randfontein
    Age
    33
    Posts
    1,629
    Thanked: 1225

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Soos Johan Maree se maak nie saak wat dit kos nie dit bly n bargain.
    Dit gaan oor die hele ondervinding. Jys bloot getsel aan die elemente, reen, wind, warm, koud en dit alles maak dit deel van die lekker van kamp. As die wind opsteek maak jy plan met wat jy het en na die tyd het jy n lekker storie om te vertel. Iets wat jy nie in n chalet kry nie.
    Ek hou daarvan dat my laaities dit saam doen hulle leer 1000 keer meer van die natuur en soos hoe om vuur te maak, kos te maak in die buitelig, hoe om n tent reg op te slaan en vas te pen iets wat kinders in n chalet agter n Playstation nooit sal leer of ervaar nie.
    En dan as die &*$ eendag met die fan kontak maak het ons reeds alles om n paar dae in die bos te bly en ons weet hoe om alles te gebruik. Die hotel inwoner wat van n menu af bestel en nie eers kan vuur maak nie sit met n probleem.
    En laastens daar is min dinge so mooi en lekker soos n kampvuur met n koue een in die hand.
    En natuurlik kamp koffie en beskuit eerste ding in die oggend.
    Last edited by FWM; 2020/01/08 at 04:24 PM.
    Willie

    2000 Land Rover Discovery II TD5
    2016 Audi A3 1.8 TFSI SE S-Tronic 3Dr

  9. #9
    Join Date
    Feb 2009
    Location
    Windhoek
    Age
    37
    Posts
    6,586
    Thanked: 2579

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Kamp koffie....mmmmmm

    Attached Images Attached Images  
    VW Touareg V6 Tdi Escape
    Bush Lapa Boskriek 816

  10. #10
    Join Date
    Oct 2012
    Location
    Lambert's Bay
    Age
    79
    Posts
    284
    Thanked: 103

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Stem nie heeltemal saam met die bottel 'Klippies' teorie nie; dit hang darem af wat jy kry en waar jy kamp: het pas besluit R333/persoon/nag plus park en voertuigfooie is teveel vir kamp in Etosha, want die kamplekke en fasiliteite is boonop kruppel.
    Maar ja, kampering is lekker - sal dit doen tot ek nie meer kan nie!
    There is no human problem which could not be solved if people would simply do as I advise

  11. #11
    Join Date
    Aug 2012
    Location
    Pretoria
    Posts
    669
    Thanked: 533

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    "Waarom kamp ons nog?"

    Ek het myself dit so week terug gevra .... my swakste kamp nog gehad by n populere noordkus park. Dit was terrible. Ek het regtig oppad huistoe oorweeg om alles te verkoop. Teen R1060.00 p/nag kon ek lekker in n chalet iewers gebly het.

    As dit nie vir ons fantastiese plekke in en om Pretoria / Warmbad / Brits was nie, het ek alles verkoop. Sommige plekke / parke maak dit bitter onsmaaklik en teleurstellend. Ek kon nog nooit verstaan as iemand vir my vertel het hoe hul 1 keer gekmap het, en nooit weer nie. Wel as ek n "first timer" was met die kamp wat nou verby is, sou ek ook nooit weer gekamp het nie, net as jy al lekker gekamp het sal jy aanhou.

  12. #12
    Join Date
    Jun 2016
    Location
    Randfontein
    Age
    33
    Posts
    1,629
    Thanked: 1225

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Quote Originally Posted by Morne - Skip View Post
    "Waarom kamp ons nog?"

    Ek het myself dit so week terug gevra .... my swakste kamp nog gehad by n populere noordkus park. Dit was terrible. Ek het regtig oppad huistoe oorweeg om alles te verkoop. Teen R1060.00 p/nag kon ek lekker in n chalet iewers gebly het.

    As dit nie vir ons fantastiese plekke in en om Pretoria / Warmbad / Brits was nie, het ek alles verkoop. Sommige plekke / parke maak dit bitter onsmaaklik en teleurstellend. Ek kon nog nooit verstaan as iemand vir my vertel het hoe hul 1 keer gekmap het, en nooit weer nie. Wel as ek n "first timer" was met die kamp wat nou verby is, sou ek ook nooit weer gekamp het nie, net as jy al lekker gekamp het sal jy aanhou.
    Ons is regtig bederf met die plekke rondom Brits en PTA. Iemand het nou die dag genoem daar is iets soos 120 kamp plekke rondom Brits.
    Wat het so verkeerd geloop met julle vakansie?
    Last edited by FWM; 2020/01/08 at 04:45 PM.
    Willie

    2000 Land Rover Discovery II TD5
    2016 Audi A3 1.8 TFSI SE S-Tronic 3Dr

  13. #13
    Join Date
    Feb 2016
    Location
    Port Elizabeth
    Age
    35
    Posts
    672
    Thanked: 607

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Wanneer ek kamp is ek op my heel gelukkigste. Kamp is die norm, die res is banaal. Ja dit gebeur soms dat jy by 'n kampplek kom wat onsmaaklik is, maar dan weet jy mos om volgende keer beter huiswerk te doen. My grootste les die afgelope paar maande was om nie enige iemand se raad te vertrou ivm kampplekke nie. Ons het nou deur die Cederberge getoer en al die 'goeie plekke' volgens sommige mense was glad nie na ons smaak nie. Ons het gery tot waar dit vir ons mooi en rustig was en dan daar gekamp. Dit was onoortreflik lekker en ek kan nie wag om dit weer te doen nie.

    Ek is persoonlik tengunste van hoe sommige kampplekke nou hulle tariewe struktureer. Ek en my vrou kamp alleen, so hoekom moet ons 2 dieselfde prys betaal vir 'n staanplek as ons buurman wat 6 mense huisves op sy staanplek?

  14. #14
    Join Date
    Aug 2012
    Location
    Pretoria
    Posts
    669
    Thanked: 533

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Quote Originally Posted by FWM View Post
    Ons is regtig bederf met die plekke rondom Brits en PTA. Iemand het nou die dag genoem daar is iets soos 120 kamp plekke rondom Brits.
    Wat het so verkeerd geloop met julle vakansie?
    Kon nie die strand gebruik nie, regdeur van 1-6 was beset met lede van ons volk .... geraas heeldag. Jy moet jou braaier self skoon maak en dra na die asblikke toe wat as jy soos ek n stainless ene het, is baie ongerief want dis n entjie. geen asblikke op staanplekke, so as jy jou sak vergeet in die aande kom help die katte hulself. a.g.v die strande was daar nie n alternatiewe swembad in die oord self .... maar ergste was ablusies. Dit was sif. R1060 p/dag ...

  15. #15
    Join Date
    Aug 2007
    Location
    Pretoria
    Age
    64
    Posts
    4,225
    Thanked: 64

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Quote Originally Posted by Morne - Skip View Post
    "Waarom kamp ons nog?"

    Teen R1060.00 p/nag kon ek lekker in n chalet iewers gebly het.
    Gedurende Desember by die see

    Waar kry jy sulke bargains en hoe lyk hierdie chalets as ek mag vra?

    As die R1060/nag chalet by "iewers" is, wil ek graag weet waar is "iewers"
    "If you don't care where you are, you ain't lost"

  16. #16
    Join Date
    Nov 2013
    Location
    PE & North Africa
    Posts
    634
    Thanked: 349

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Eenvoudig... want ons hou daarvan.

    My vrou en kinders is op hulle gelukkigste as ons kamp, en ek was verbaas in September, na 6 nagte in 3 kampe (Baviaans Doodsklip, Doringkloof en toe Forever Plett), toe my vrou s dat sy die meeste van Doodsklip gehou het! (Daars is NET n longdrop)

    Ons hou van in ons eie beddens slaap, ons hou van koffie of Muskadel drink onder die sterre terwyl die kleintjies rustig slaap, ons hou van daai koel lug, warm koffie en beskuit so 6am terwyl jy sien en hoor hoe die kamp terrein wakker word, ons hou van die ander mense wat dieselfde in gemeen het meeste van die tyd, hoe vinnig ons dogters maats maak en speel, wat hulle alles leer op ons reise na plekke weg van die gewoel van die stad, ons hou van die klank van reen op die canvas terwyl mens onder n lekker duvet l, ons hou van n kampvier, al braai jy nie, ens ens... ek kan lank aangaan.

    Maar jou vraag oor kostes, janee, al maak dit nie saak nie, daar is natuurlik n limiet. Ek dink jou voorbeeld van R500 per persoon in SA is baie hoog. By ons laaste kamp in Uitspan, is van die staanplekke groot en kan tot 16 mense vat, so dit maak sin om per persoon te vra. Daardie groep betaal R1200 (bv. 8 grootmense en 8 kinders) en ons betaal net R300 (2/2). Fair, want ons staanplek kon net 4-6 mense hanteer in een karavaan of twee tente.

    Mens moet mooi kies waar jy kamp, en ja, jy sal nou en dan op n slegte plek staan, maar glo my jy kan net so nare ervaring in n hotel of bungalow optel.

    Ons gemiddelde koste per nag oor 40 nagte, vanaf PE, Tuinroete, R62, Cederberge, Baviaans was laasjaar so R450 (4 mense) en ons het in baie mooi en netjiese plekke geslaap. (Uitspan, Doringkloof, Plett Forever, Oppidam Oudtshoorn, Ebb & Flow, Storms Rivier, Guano Caves, Kromrivier Sederberge... ens.

    Grumbles
    2008 Fortuner 3.0 D-4D 4x4 "Sushi the Tuna"
    2018 Baobab 4 - B1543 "Nala"


    Bacon fact #16 - Bacon is Healthier than Crystal Meth!




  17. #17
    Join Date
    Jan 2009
    Location
    Witbank
    Age
    34
    Posts
    302
    Thanked: 12

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Hierdie Desember was ons 5de een wat ons na ons geliefde Namibia toe is.

    Ongelukkig het hierdie een n bietjie van n suur smaak in die mond gelos, want dit voel of van die kamp gronde in die Suide die toeriste probeer raak-ry.

    Drie staan uit:

    R375 per persoon by Hobas, nee dankie, jy kan daai stukkie sand maar hou!

    Diaz Punt Camp by Luderitz is ook weer oop - teen net R250 per persoon kan die wind jou ten duurste rond waai! Die van julle wat al daar was sal weet die geriewe is maar... net net! Ons was 4 in die groep toe kry ons n Gastehuis in Luderitz teen R900 vir die aand vir ons almal. R100 besparing!

    Sesriem kamp! My Genade! Raak NWR mal? R490 per persoon! Toe ry ons maar verder!

    Die ander was heel redelik.
    R250 per persoon by Kokerboom naby Keetmanshoop, sluit permit vir Giants Playground in.
    R150 per persoon Seeheim Hotel.
    R700 vir 4 mense by Myl 4 per aand.
    R150 per persoon by Zeldas.

    Ek is bereid om tot R250 per persoon te betaal afhangende van die geriewe en plek, maar ek dink meer as dit raak daylight robbery.
    Derik
    2018 Toyota Hilux 2.8 GD-6 4x4 Auto Mall Crawler

    2013 Ford Figo TDCi

    2019 Bush Lapa Kewer B1927

  18. #18
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Bloemfontein
    Age
    43
    Posts
    3,289
    Thanked: 1359

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Dit hang af met wat jy bedoel met kamp.

    As kamp is om ingeryg te word soos sardientjies tussen Hartenbos en Mosselbaai Punt, dan is daar geen twyfel nie dat daar 'n reuse mark daarvoor is vir mense wat baie wil betaal en wil ruik as sy buurman poep nie - ek wil nie eens dink aan daardie raps na middernag nie.

    Ek pesoonlik verstaan dit nie, maar ek is duidelik ver in die minderheid.


    Aan die einde van 'n jaar, wil ek mense vermoor. En omdat ek bang is vir die beperkte spasies van tronk mure, verkies ek om te baie ver van ander mense weg te gaan kamp dan. Baie, baie ver weg.


    Daardie soort kampplekke is maar skaars. En partymaal moet 'n ou maar 'n paar rand uithaal daarvoor.


    Neem in ag, ek ht 'n strandhuis gratis tot my beskikking enige tyd van die jaar.


    Die lank en die kort is: Daar is niks wat kamp kan vervang as jy daarvan hou nie. Dis soos asemhaal. As jy iemand moet verduidelik waaroor dit gaan, is dit sinneloos.
    1999 Discovery 1, 300 Tdi - "Tink Tanky"
    2004 Discovery 2 Td5 - "Blink Tanky"

    "Logic is a systematic method of coming to the wrong conclusion with confidence."

    "A technician will let a system degenerate to the level of his understanding and maintain it there."

    "...it is abundantly clear that you are an arrogant C-nut." - Estee. (I was overwhelmed. It was the nicest thing someone has said to me in a week!)

  19. #19
    Join Date
    Dec 2014
    Location
    Benoni
    Age
    49
    Posts
    20
    Thanked: 23

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Then you get KYLEU Bush Camp R4280 for a week. 4 people over Christmas( not taking the extra 4 for for Christmas day, charged at normal rates?) Stunning gas ablutions to keep the Laddies happy. Solar etc.. required, but each to their own?
    Attached Images Attached Images  

  20. #20
    Join Date
    Apr 2010
    Location
    Garsfontein
    Age
    41
    Posts
    1,329
    Thanked: 515

    Default Re: Waarom kamp julle nog ?

    Quote Originally Posted by Spook View Post
    Gedurende Desember by die see

    Waar kry jy sulke bargains en hoe lyk hierdie chalets as ek mag vra?

    As die R1060/nag chalet by "iewers" is, wil ek graag weet waar is "iewers"
    Wel, 'n Hut (EA3U) by Letaba Ruskamp is R885 per nag base rate vir 2 mense.

    Kamp se 2 mens base rate is minder as helfte dit wel.

Page 1 of 5 1 2 3 4 5 LastLast

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •