Results 1 to 8 of 8
  1. #1
    Join Date
    Jan 2008
    Location
    Durbanville
    Age
    61
    Posts
    185
    Thanked: 0

    Default Soek dringend huis vir kat!

    Ek weet hierdie is nou seker nie die regte plek - maar aangesien ons kat in die Kaap is sal dit makliker wees.

    Ons het 'n kat wat al so 10 jaar oud is, en nou dat ek in Dubai is en ons die huis gaan verhuur het ons 'n probleem met die kat. Sy is baie rustig en nie 'n probleem in die huis. Sy is ook reg gemaak en al haar inentings is op datum (Feb 2009 gedoen vir jaar)

    Indien enige iemand weet van iemand wat haar sal neem - GROOT ASB - Kontak vir Renier (SAUK) of pm hom. Sy moet intussen in 'n kennel geplaas word omdat ons nog nie iemand het nie - so die dringendheid is groot!

    Dankie

  2. #2
    Join Date
    Jan 2008
    Location
    Pampoenkraal, naby Dwarskersbos
    Age
    80
    Posts
    4,742
    Thanked: 811

    Default

    Ma-Jero, ek reken jy sal maar die kat saam met die huis moet verhuur. 'n Kat wat 10 jaar oud is sal nie sommer maklik 'n nuwe huis aanvaar nie.
    Sterkte.
    Johan Mitchell, .... r.i.v. Swambo Marthie

    My beste kennis is dié oor my eie onkunde

    '96 Colt DC V8 ... Safari Camper ... '88 Fleetline L
    '88 Ballade 150 ... sold
    "The rule here is that there is no rule" .. MikeAG

  3. #3
    Join Date
    Jan 2008
    Location
    Durbanville
    Age
    61
    Posts
    185
    Thanked: 0

    Default

    Sy het al baie saam met ons getrek, en nog elke keer maklik aangepas, so ek dink nie dit sal 'n probleem wees nie. Die mense wat die huis huur het honde wat nou nie baie van katte hou nie...

  4. #4
    Join Date
    May 2008
    Location
    Bellville
    Age
    49
    Posts
    280
    Thanked: 0

    Default

    Ons kan ongelukkig nie die kat inneem nie (ons honde is nie "te lief" vir katte nie. Daar is wel 'n vrou by my werk wat mal is oor katte, so ek sal bietjie by haar hoor en jou laat weet.

    As ek reg onthou het jou kat my op my kuit gebyt op Shorty se b-day party....
    2003 Colt ClubCab 2.8TDi. Dragon 29MHz, HYT VHF (ZR1HO), 31" Federal Couragia MT's, ARB Bumper and Spots, Tripple-Battery System, Inverter, Long Range Fuel Tank. Die Afrika-Toer-Bakkie

  5. #5
    Join Date
    Jun 2007
    Location
    Brackenfell, Cape town
    Age
    48
    Posts
    1,129
    Thanked: 17

    Default

    Quote Originally Posted by Huge_Ou View Post
    As ek reg onthou het jou kat my op my kuit gebyt op Shorty se b-day party....
    Verkeerd

    Dit was op Ma-jero se farewell party gewees, die kat voel aan as jy van haar hou of nie, miskien was haar voeling daardie aand uit gewees

    Die Chinees, by die take-away shop het gese as die katjie nie teen vrydag 'n huisie het nie sal hy haar met graagte vat

    So ek hoop maar net die katjie kry 'n huissie, anders gaan ek vir 'n rukkie nie chinees take-aways koop nie
    Shorty...........aka Renier

  6. #6
    Join Date
    May 2008
    Location
    Bellville
    Age
    49
    Posts
    280
    Thanked: 0

    Default

    Quote Originally Posted by SAUK View Post
    Die Chinees, by die take-away shop het gese as die katjie nie teen vrydag 'n huisie het nie sal hy haar met graagte vat
    Klink soos die storie van die Chinese Take-Away op Strandfontein - die polisie het agter gekom hy gebruik katte in sy pies......ek eet nou nog nie pies nie....
    2003 Colt ClubCab 2.8TDi. Dragon 29MHz, HYT VHF (ZR1HO), 31" Federal Couragia MT's, ARB Bumper and Spots, Tripple-Battery System, Inverter, Long Range Fuel Tank. Die Afrika-Toer-Bakkie

  7. #7
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Brackenfell
    Age
    63
    Posts
    514
    Thanked: 0

    Default

    Quote Originally Posted by Huge_Ou View Post
    Ons kan ongelukkig nie die kat inneem nie (ons honde is nie "te lief" vir katte nie. Daar is wel 'n vrou by my werk wat mal is oor katte, so ek sal bietjie by haar hoor en jou laat weet.

    As ek reg onthou het jou kat my op my kuit gebyt op Shorty se b-day party....
    Ek glo dis nie meer n geheim nie, ons huur die huis by Renier en Lea, ongelukkig het ons n staffie wat 7jaar oud is en hy hou glad nie van enige lewende dier nie.

    Die Seun het vandag n African grey gekoop (een goeie besigheid om te he) en dis mos kat kos, ongelukkig betree teveel goed nou die kat se "open space"en almal is kwaad vir die een wat nog niks gedoen het nie.

    Ek sal maklik die kat hier hou, maar as die Bird geeet word, is ek in die moeilikheid, en as die kat geeet word, is ek in die moeilikheid, so ek dink die kat moet gaan, dan behoort ek veilig te wees.

    Huge ou as jou dame kan help sal dit waardeer word, die kat is baie rustig en ons doen hom nou n onreg aan.

    Dis regtig n kat vir n ou mens wat die hele dag geliefkoos wil wees.

    Ek sal die kat besorg by die nuwe huis solank dit n redelike afstand (150 km) van ons af is.
    Rudi Roode
    Brackenfell
    RSA
    Fortuner 3lt D4D

  8. #8
    Join Date
    May 2008
    Location
    Bellville
    Age
    49
    Posts
    280
    Thanked: 0

    Default

    Baie jammer Lea - het orals probeer, maar kon nie 'n huis vir jou kat kry nie. Hoop van harte jy kom iewers anders reg.

    Weereens jammer....
    2003 Colt ClubCab 2.8TDi. Dragon 29MHz, HYT VHF (ZR1HO), 31" Federal Couragia MT's, ARB Bumper and Spots, Tripple-Battery System, Inverter, Long Range Fuel Tank. Die Afrika-Toer-Bakkie

Similar Threads

  1. Conqueror Companion: Dream becomes nightmare
    By Alta in forum Camping, Fridges, Accessories
    Replies: 117
    Last Post: 2012/10/21, 09:54 PM
  2. Companion troubles
    By jvan in forum Camping, Fridges, Accessories
    Replies: 7
    Last Post: 2011/11/13, 08:19 PM
  3. Vernon Koekemoer
    By KobusDJ in forum The 4x4 Pub
    Replies: 9
    Last Post: 2008/04/17, 10:14 AM
  4. Kan nie wag vir my beurt nie!!!
    By Kanniewag in forum Vehicle & Technical Chat - General
    Replies: 9
    Last Post: 2007/07/27, 11:56 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may edit your posts
  •