Page 6 of 6 FirstFirst 1 2 3 4 5 6
Results 101 to 106 of 106

Thread: Conqueror UEV25

  1. #101
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Hillrise, Kempton Park
    Age
    66
    Posts
    2,275
    Thanked: 1934

    Default Re: Conqueror UEV25

    Vanmiddag die wa geweeg oppad terug van Midrand. Alle losgoed is uitgehaal behalwe die gasbottels.

    Nou vir die raaisel.

    Lisensie Tarra is 1870.
    Geweeg op 2040kg. Gehaak aan motor kan ons seker 100kg bytel, dus 2140. Ek glo die 1870 is destyds verkry sonder yskas, gasbottels, kussings, toilet, LV, awning, ens. Seker maar aanvaarbaar so.

    Wat my bekommer is toe ons op 13 Des by Middelburg geweeg het was die wa 2520!
    - Onmoontlik dat ons 500kg se vakansiegoed kon laai.
    - Kon daardie skaal dalk verkeerd geweeg het?

    Wat gedoen as ons afgetrek word en 'n lesing van 2500kg word verkry? Ons is oorgewig op die wa se 2200BVM en 'n moewiese boete op pad. Hoe kry jy dan 'n tweede mening/lesing om te verifiŽer?
    Attached Thumbnails Attached Thumbnails Click image for larger version. 

Name:	20210107_150055.jpg 
Views:	103 
Size:	197.1 KB 
ID:	601503   Click image for larger version. 

Name:	20210107_153448.jpg 
Views:	100 
Size:	315.3 KB 
ID:	601504  
    Johan Maree
    Isuzu 300 d-tec
    MB Gwagen G350 Bluetec
    Nissan NP300 2.4 4x4
    Conqueror UEV-25

  2. #102
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Hillrise, Kempton Park
    Age
    66
    Posts
    2,275
    Thanked: 1934

    Default Re: Conqueror UEV25

    Quote Originally Posted by JohanMaree View Post
    Vanmiddag die wa geweeg oppad terug van Midrand. Alle losgoed is uitgehaal behalwe die gasbottels.

    Nou vir die raaisel.

    Lisensie Tarra is 1870.
    Geweeg op 2040kg. Gehaak aan motor kan ons seker 100kg bytel, dus 2140. Ek glo die 1870 is destyds verkry sonder yskas, gasbottels, kussings, toilet, LV, awning, ens. Seker maar aanvaarbaar so.

    Wat my bekommer is toe ons op 13 Des by Middelburg geweeg het was die wa 2520!
    - Onmoontlik dat ons 500kg se vakansiegoed kon laai.
    - Kon daardie skaal dalk verkeerd geweeg het?

    Wat gedoen as ons afgetrek word en 'n lesing van 2500kg word verkry? Ons is oorgewig op die wa se 2200BVM en 'n moewiese boete op pad. Hoe kry jy dan 'n tweede mening/lesing om te verifiŽer?
    Lyk seker stupid om my eie post te copy, maar ter wille van volledigheid maak dit sin. Wel, ek dink so.

    1. Ek moet bely ek kan ook verkeerd wees. En was verkeerd om Middelburg weegbrug te kritiseer. Hy het korrek geweeg. Jammer!!

    2. Met ons vertrek die 12e na Kgalagadi was ons motor en wa gepak soortgelyk aan ons trippie Suid na Berg-en-Dal. Ons het toe reeds die leeg gewig van 2040 vir die wa. Ek wou die gelaaide kombinasie weer weeg.

    3. By ons plaaslike skrootwerf lees hy 3030kg (G) en 2480 (Wa).

    Gevolgtrekking
    - Die G se gewig korrespondeer. Hy is maar swaar
    - Buiten normale kosgoed en ander losgoed wat ons pernanent in die wa hou het ons 120L water, 6 sakkies hout, 2 jerrykanne met water (120 + 60 + 40 = 220kg) gelaai. Die ander losgoed tel dus op na 220kg. Ek dink nie dis buitensporig nie.
    - Op 'n weegbrug gaan ons beslis pakslae kry.
    - Ons kan nie ligter nie want ons vertrou nie die watergehalte van ons bestemmings nie. Die jerries (vir drinkwater) sal bly soos gewoonlik. Dalk moet ons maar met leŽ tenks ry, en dan net 50L vir voorsienigheid in die G se watertenk laai. Die hout kan ook op die G se dakrak saamry. Dit bring die wa af na 2300kg. Sal maar gesels met die toetsbeamptes as hulle hardegat raak.
    Johan Maree
    Isuzu 300 d-tec
    MB Gwagen G350 Bluetec
    Nissan NP300 2.4 4x4
    Conqueror UEV-25

  3. The Following User Says Thank You to JohanMaree For This Useful Post:


  4. #103
    Join Date
    Nov 2008
    Location
    Alberton
    Age
    53
    Posts
    429
    Thanked: 124

    Default Re: Conqueror UEV25

    Quote Originally Posted by JohanMaree View Post
    Dalk moet ons maar met leŽ tenks ry, en dan net 50L vir voorsienigheid in die G se watertenk laai. Die hout kan ook op die G se dakrak saamry. Dit bring die wa af na 2300kg. Sal maar gesels met die toetsbeamptes as hulle hardegat raak.
    Johan, ek probeer maar altyd die tenks so leeg moontlik te hou, nie altyd moontlik nie, ek weet. As 'n reel probeer ek maar so na as moontlik aan my bestemming water vol te maak, soos oppad na die Kgalikgadi in Upington of waar ons oorslaap, gewoonlik by Red Sands. Ek eksperimenteer ook nog met die vering vir daardie balans, sal een of ander tyd dit reg kry. Ek hou van die hout agter op die wa, gee darem so bietjie van 'n teen wig vir die yskas op die neus. Maar ek stem saam, dit lyk al hoe moeiliker om by die regte gewigte te bly.
    Simplicity is the ultimate sophistication.
    - Leonardo Da Vinci
    Also on

  5. #104
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Hillrise, Kempton Park
    Age
    66
    Posts
    2,275
    Thanked: 1934

    Default Re: Conqueror UEV25

    Ek hou van jou avatar. Elke keer aan julle gedink as ons by Nossob daar verbyry.

    Red Sands is 'n gerieflike halfwegstop. Ook daar oorgebly op die 12e en verlede Donderdag vanaf 2R regdeur gery huistoe -1100km en 14h later, 100km/h en net 2x gestop vir diesel. Mens voel nie eers die wa op die ooppad nie.
    Attached Thumbnails Attached Thumbnails Click image for larger version. 

Name:	2021-01-15 20.37.49.jpg 
Views:	110 
Size:	224.0 KB 
ID:	603501   Click image for larger version. 

Name:	2021-01-18 19.46.37.jpg 
Views:	116 
Size:	354.0 KB 
ID:	603502  
    Last edited by JohanMaree; 2021/01/25 at 09:11 AM.
    Johan Maree
    Isuzu 300 d-tec
    MB Gwagen G350 Bluetec
    Nissan NP300 2.4 4x4
    Conqueror UEV-25

  6. #105
    Join Date
    Nov 2008
    Location
    Alberton
    Age
    53
    Posts
    429
    Thanked: 124

    Default Re: Conqueror UEV25

    Lol, baie dankie. Mis daardie plek verskriklik.

    My so jaloers gemaak daardie kiekies ons gaan sommer die naweek kamp, Eloise en all.

    Kry more die wa terug na so paar goedtjies wat C-ER gou na moes kyk.

    Vir interesantheid, het ek Pieter van CER gevra of daar 'n extra tenk opsie is wat mens kan gebruik vir die grys water (van die wasbak en die stort). Dit sal die wa vir ons nog meer prakties maak want ek hou nie daarvan om my badwater oor die kamp gronde te laat loop nie. Pieter my gesÍ dis blykbaar ook 'n groot navraag in Aus, en as hulle die perfekte oplossing het my sal laat weet dat ek dit kan laat doen.
    Last edited by Rooikop; 2021/01/25 at 05:01 PM.
    Simplicity is the ultimate sophistication.
    - Leonardo Da Vinci
    Also on

  7. #106
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Hillrise, Kempton Park
    Age
    66
    Posts
    2,275
    Thanked: 1934

    Default Re: Conqueror UEV25

    Quote Originally Posted by Rooikop View Post
    Lol, baie dankie. Mis daardie plek verskriklik.

    My so jaloers gemaak daardie kiekies ons gaan sommer die naweek kamp, Eloise en all.

    Kry more die wa terug na so paar goedtjies wat C-ER gou na moes kyk.

    Vir interesantheid, het ek Pieter van CER gevra of daar 'n extra tenk opsie is wat mens kan gebruik vir die grys water (van die wasbak en die stort). Dit sal die wa vir ons nog meer prakties maak want ek hou nie daarvan om my badwater oor die kamp gronde te laat loop nie. Pieter my gesÍ dis blykbaar ook 'n groot navraag in Aus, en as hulle die perfekte oplossing het my sal laat weet dat ek dit kan laat doen.
    Wanneer ons op gras staan laat ons die water loop. Ons gebruik bio-afbreekbare seep. Op sand grou ek 'n klein 300x300x100diep gaatjie onder die uitlate en laat (hoop) die water syfer weg.

    Jou tenkgedagte het my laat dink.
    1. Dit is onprakties om 'n tenk aan die wa te installeer. Ons verkies om ons eie stort te gebruik, ter wille van die virus en persoonlike higiŽne en gebruik sowat 30-50L water per dag vir twee mense. So'n tenk sal te gou vol word, en wat dan? Hoe/waar maak jy hom leeg?

    2. Wat van 'n tenk op 'n trollie?

    Die foto's hieronder:
    - 'n 50L plat Pioneer watertenk op 'n Tentco-trollie. (hy pas perfek as jy die materiaalsak afhaal). Op die boontste inlaat van die tenk maak jy 'n tregter wat albei stort en wasbakuitlate vang. Aan die kant installeer jy 'n 40dia uitlaat met 'n prop. Die bestaande uitlaat is 15dia en te klein vir die doel. Die foto wys 'n pyp aan my 10kL watertenk met 'n pyp. Dis nie nodig nie, net 'n prop.
    - Elke 1-2 dae neem jy die trollie met tenk na 'n verder plek en stort die water daar. Dan terug wa toe vir die volgende sarsie.

    Wonder wat jou medekampeerders gaan dink.
    Op normale hoogte sal die trollietenk onder die wa inpas. Ek weet nie as jy jou wa met lug laat sak nie. Dalk dan 'n baie plat trollie met net twee wiele agter die tenk?
    Attached Thumbnails Attached Thumbnails Click image for larger version. 

Name:	Grey water tank.jpg 
Views:	53 
Size:	889.7 KB 
ID:	604383   Click image for larger version. 

Name:	20210131_142000.jpg 
Views:	48 
Size:	341.7 KB 
ID:	604384   Click image for larger version. 

Name:	Tentco trolley.jpg 
Views:	49 
Size:	15.5 KB 
ID:	604385  
    Johan Maree
    Isuzu 300 d-tec
    MB Gwagen G350 Bluetec
    Nissan NP300 2.4 4x4
    Conqueror UEV-25

Page 6 of 6 FirstFirst 1 2 3 4 5 6

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •