|
Johan, ons het ook een glas gebreek met ons eerste trip op grond pad. Vrou het toe van sulke rubber mattjies wat sy by Westpack gekry het, dink hulle gebruik dit by droog rakkies of iets, onder die glase gesit, gelyk of dit die job gedoen het. Ons het wynglase by Checkers gekry wat 100% in die gate pas.
Ek het nogals gedink daardie yskas gaan heelwat trek, kon nog nie self meet nie. Het op ons 1ste kamp hom reeds afgedraai na hy heel nag gehardloop het. Ek gaan Desember 3 yskaste aan die gang moet hou, die een binne, 'n 80l in die neus en dan my 50l vir al die gevriesde goed. So maak maar goed voorsiening, mens weet nooit oor Desember in die wildtuin of jy meer reen as son gaan sien nie.
Stem heelhartig oor daardie water meter, ek kan hom vir die dood nie kry om te wys dat alles nou leeg is nie, die beste tot dusver is dat die tenks nou kwart vol is.
Ek het ook 2x lampskerms uit dun koolvesel gebuig wat die ligte afskerm aan die kante uit die bure se oë. En dan sommer uit my oë ook. Haak bo-oor die balk en met 'n klein valcro strokie in plek gehou.
Hieronder die foto van hoe die yskasslotte nou lyk wanneer toe.
Die agterste twee stutte wou van die begin gladnie afswaai soos hulle moet en soos die voorstes wel gedoen het. Ek moes op my alie gaan sit om hulle af te buig. Q20 het ook nie gehelp nie. Toe bekyk ek hulle mooi en verslap die twee horisontale M10 boute so 'n halwe draai en siedaar(!) daar swaai hulle.
As jy op die eilandbed lê is daar 'n hoekkassie links voor jou. Daardie deurtjie het begin loskom en toe sien ons die paneel aan die binnekant waar die deur aan vas is is sommer los. 'n Hele paar poprivits lê op die vloer binne die kas! Die wa gaan Maandag vir sy eerste diens en dan sal hierdie probleem aangespreek word. Van die ander deurtjies het ook begin uitsak en moet verstel word.
Johan Maree
Isuzu 300 d-tec
MB Gwagen G350 Bluetec
Nissan NP300 2.4 4x4
Conqueror UEV-25
Vrydag begin met die omskakeling vir die lithium batterye. Eers die elektriese paneel geheel uitgaal, daarna die onderste paneel losgemaak vir beter toegang. Die omruil van die battery laaier het sonder enige probleme verloop, basies net direkte ruil en die bedrading was ook heel eenvoudig.
Daarna die NL dc-dc bedraad, en Saterdag het my seun my gehelp met die gate en die vasmaak van die NL se monterings raam. Die 712 van Victron het toe ook sy plekke gekry, en dink ek dit lyk heel spiekeries daar. Ek staan altyd buite die wa en kyk na wat ek wil kyk, maar nou dat alles op my foon ook wys, is dit heel handig. As die batterye nou kom moet ek bloot net die battery tipe verander op die NL en die Victron laaier, dan behoort alles reg te wees.
Ons het Donderdag ook ons nuwe matras gekry, lyk heel gemaklik, kannie wag om hom nou te gaan toets nie.
So paar fotos
Last edited by Rooikop; 2020/11/09 at 08:28 AM.
Netjies, man. Seker dit gaan wèrk!
Vertel van die nuwe matras. Hoekom?
Het vanoggend by Checkers die wynglase gekry. Hulle pas mooi styf. Dankie!! Nou vir eersk naweek se grondpad.
Johan Maree
Isuzu 300 d-tec
MB Gwagen G350 Bluetec
Nissan NP300 2.4 4x4
Conqueror UEV-25
Ons was nog nooit groot spons matras liefhebbers nie, voel so teen die 3de dag of ek deur hom lê, dan raak ek heel ongemaklik en dan is die vakansie verby. Die matras is nou 'n gewone een met sy "pocket springs" en al, so bietjie dikker, maar kan klaar voel dat ek en my pikante lyfie nie sal moeg word vir hom nie.
Last edited by Rooikop; 2020/11/23 at 03:15 PM.
Just an update on the batteries, fetched the kits and batteries on Wednesday and started assembling yesterday afternoon, finally finished this morning, and done the installation and settings on the NL 40-40 and the Victron charger. No real hiccups, now just to test and see if they gonna live up to the hype.
Interesting also was the weight @ 24.1kg of the new batteries, and the 26,1kg of the ones I removed, 4kg gain and also over 300ah usable gain.
Some pictures
Op die Commander het ons ook 'n sonseil gebruik maar hy was sommer slobberig en slordig.
Met die '25' besef ons dat ons selde onder digte skadu sal kan parkeer weens sy grootte en is 'n sonseil eintlik onontbeerlik.
Nou is die 7x4.5m sonseil in plek en lyk heel skaflik
- Op elke hoek word hy ondersteun deur 'n 28mm dia koolvesel paal, geanker.
- Aan die voorkant is nuwe ogies ingepons wat ooreenstem met die sytent se pale. Die sonseil word dan aan hulle vasgemaak om wapper te verminder.
- Agter word hy op twee plekke aan die driehoek flappies vasgemaak. Slapperig dat die seil nie styftrek oor die dak nie
- Oor die LV is ons groentafeltjie in plek vir beter lugvloei.
- Die sonseil laat toe dat wind onderdeur waai en so warm lug vrystel.
Om die seil oor die wa te trek vou ons soos in konsertina-effek en laat hy aan die voorkant bo-oor die sytent lê. In die breedte. Die dak is steeds laag. Dan neem ek en Trudie elk 'n hoekpaal en steek dit deur die hoekogie, tel hom op en loop weerskante al langs die wa tot verkant en begin vasmaak. Binne 15 minute is hy op sy plek, die dak gelig en ons kamp verder. Gewoonlik dan tyd vir die eerste dop!
Johan Maree
Isuzu 300 d-tec
MB Gwagen G350 Bluetec
Nissan NP300 2.4 4x4
Conqueror UEV-25
Johan, daardie is nou 'n blink plan met die seil. Gaan definitief dit ook uit probeer. Weet nie of ons seil so groot is nie, is die groot een van ODW, maar sal plan maak met hom.
Het die naweek wat verby is die batterye finaal vasgemaak. Die staal pan waarin die oues gesit het was so bietjie in die pad, so sommer boere plan gemaak en pas hulle nou perfek.
Wat my met ons eerste kamp opgeval het is dat daar nêrens in die wa plek was om goed te kon vas trek met rek of bande nie. Dit het ook probleem geword toe ons die 2de slag met ons aankoms by die huis alles op die vloer gekry het. Het die naweek toe anker punte teen sekere mure en om die bed vasgemaak, en nou kan ek net van daardie ankers insit en rekke of bande oral vasmaak waar nodig.
Mooi.
Daardie ogies gaan werk. Ons moes ook al op knieë rondkruip.
ń Ligte 'cargo net' oor die bed aan jou ogies gaan baie losgoed in plek hou.
Die Checkers-glase het verlede naweek die toets deurstaan en Trudie sal more nog drie aanskaf. Dankie vir die raad.
Last edited by JohanMaree; 2020/11/23 at 05:21 PM.
Johan Maree
Isuzu 300 d-tec
MB Gwagen G350 Bluetec
Nissan NP300 2.4 4x4
Conqueror UEV-25
Klomp slim manne hier met slim planne!!!!
Last edited by pase4x4; 2020/11/29 at 04:50 PM.
To Operate Your Own Terrific Automobile AKA TOYOTA
Twee luidsprekers wat in die kassie wegpak en uithaal wanneer ons (baie saggies!) na ons eie musiek/radio wil luister.![]()
Johan Maree
Isuzu 300 d-tec
MB Gwagen G350 Bluetec
Nissan NP300 2.4 4x4
Conqueror UEV-25
Trappie by Takealot opgespoor.
![]()
Johan Maree
Isuzu 300 d-tec
MB Gwagen G350 Bluetec
Nissan NP300 2.4 4x4
Conqueror UEV-25
Iemand het met so wa by badplaas gekamp hier oor die Kerstyd
Dis n vrek mooi wa
One life Live it
Take The Roads less traveled
Alles in die lewe gebeur met n doel
Ja, Pieter en sy manne is oppie ball, vir my ‘n skakelaar by die huis kom regmaak voor ons gery het.
Hulle gaan hulle hanne vol hê in die nuwe jaar met my wa. Geyser ook die gees gegee, so paar anner goed wat hulle sal moet na kyk.
Nog besig om die regte druk in die lug suspensie te kry as ek trek. Met die ry na Phalaborwa het ek by die Petroport gestop en bietjie opgeblaas, toe was hy stewig asof op spore, met die terug kom paar keer probeer, kon net nie mooi uitsort nie, bietjie meer los gevoel.
Lekker gekuier by Berg-&-Dal vir 6 dae, toe 3 dae by Mooinooi in die berg saam familie oor die Kersnaweek en dan 3 dae oor Nuwejaar in ons agterplaas.
En toe staak die koelkas van die yskas. Vriesgedeelte werk maar onder niks. More na Conq Midrand om reg te sien want ons vertrek 11 Jan Kgalagadi toe vir 8 dae.
Johan Maree
Isuzu 300 d-tec
MB Gwagen G350 Bluetec
Nissan NP300 2.4 4x4
Conqueror UEV-25
Maandag die wa na Conq Midrand geneem en vanoggend gaan haal.
Die hele koelkas is vervang.
Dankie Allan!! Goeie diens soos gewoonlik.
Johan Maree
Isuzu 300 d-tec
MB Gwagen G350 Bluetec
Nissan NP300 2.4 4x4
Conqueror UEV-25
Bookmarks