|
Hi Johan. Baie geluk met die wa. Baie smart, amper te smart vir die bos? Ek volg die thread en wil graag ook meer fotos sien.
Ek kan nie anders as om saam met Pieter te stem nie. Wat is dit met woonwaens en die plastic trappies. Daai wa kos n klomp geld en is dit die beste wat hul kan ontwerp. Ek het dadelik gedink n uitvou trap soos wat Spook verduidelik of heelaas een soos in die Commander.
Wys ons nou bietjie van die spesiale dinge van die wa, toe man.
Barry Enslin
ONE LIFE!
Stem saam met Barry rakende die wa se prys en die cheap steppie
Nog 'n opsie is iets soos die Imagine se trappie. Die voordeel hier is dat die hoogte van jou wa kan varieer, die trap pas aan.
Trap heg met 'n skuif tipe slot aan die binnekant van die deur. Dieselfde meganisme hou die trap vas onder die deur wanneer jy kamp.
Hoop my verduideliking maak sin. Verskoon asb foto gehalte. Dis die beste wat ek gou kon kry.![]()
"If you don't care where you are, you ain't lost"
Julle ouens is heel prakties en die planne is moontlik.
Ek is nog nie lus om groot veranderinge aan te bring nie.
Kyk egter mooi na my plan. Drie trappies van dieselfde hoogte. Ek loop maklik in en uit, sonder om gat eerste te draai. Vir eers sal ons so saamleef.
Kom kuier moreaand by ons GTG en kom pas hom aan. Julle sal dit geniet
Johan Maree
Isuzu 300 d-tec
MB Gwagen G350 Bluetec
Nissan NP300 2.4 4x4
Conqueror UEV-25
Johan, na ek jou foto met die trappe gesien het het ons ook 'n plan gemaak, werk baie goed so. Ons probleem egter is dat, met SWAMBO wat aan die kort kant is, verstel ek die die lug suspensie af of op na waar dit haar pas (die wasbak ens), so enige vaste trap gaan nie aldag selfde werk of wees nie. Het wel daaraan gedink om dalk een van daai Thule uitslaan trappe op te sit, maar stem dat dit maar nog so paar kampe soos dit gaan bly en eers die aap uit die kas kyk.
Het wel nou finale besluit geneem oor die batterye en laai stelsel, en gaan nou die Lithium roete, gister my eerste pakkies ontvang, en dan seker so teen die naweek die NL DC-DC40. Batterye verneem ek sal weer beskikbaar word van so 14 Oktober af, dan kan ek met die installasie begin.
![]()
Last edited by Rooikop; 2020/10/01 at 09:35 AM.
Kontak Sunsol vir lifepo4 batterye. 200ah onder R10k
Bruce Hunter. 2019 FJ Cruiser, Audi Q5S Tdi, 2019 VW Tiguan 4motion 2.0tsi(work vehicle), Bush Lapa Kewer 2202, Fusion 17 boat-Yamaha FT100hp 4st.
Skoonseun in Brisbane stuur vir my hierdie link.
(Ek wil net noem in Australië is die norm dat die 4x4 woonwaens meer op die binnekant gekonsentreer is en van hulle baie luuks is, met so 'n simpel afrol seildakkie vir buite. Die waens wat ons ken met veral buitelewe soos yskas, stoof, ens word daar 'hybrids' genoem. Toe ons in Nov '19 in Aus was was die wisselkoers A$1:R10)
https://www.caravancampingsales.com....camper-125882/
Johan Maree
Isuzu 300 d-tec
MB Gwagen G350 Bluetec
Nissan NP300 2.4 4x4
Conqueror UEV-25
Blokskottel dis baie geld![]()
Francois
Well if you look at the specs on that thing I can understand why.... 800ah lithium battery bank, 8xfox shocks, ventilated ceramic disc and and and....
If you take the one here in SA and upgrade to that spec it will be very close to that price.
I bit over the top but still very very nice.
2018 Mitsubishi Triton Athlete 2.4 DI-D with SuperSelect II
2017 Conqueror Companion Platinum Edition
** Every father should remember that one day his son will follow his example instead of his advice **
I installed 2x Hella outlets from the nosebox power point. For our braai light and awning roof lights.
![]()
Johan Maree
Isuzu 300 d-tec
MB Gwagen G350 Bluetec
Nissan NP300 2.4 4x4
Conqueror UEV-25
Ek het ń broertjie dood aan kampligte wat in my oë skyn, myne of andere s'n.
Het nou ligte aan die awningbalke met velcro wat wit of geel skyn.
Saans lyk dit beter.
![]()
Last edited by JohanMaree; 2020/10/11 at 06:55 PM.
Johan Maree
Isuzu 300 d-tec
MB Gwagen G350 Bluetec
Nissan NP300 2.4 4x4
Conqueror UEV-25
Met ons vorige kamp het ons die blink sonseil oorgetrek. Hy is 7.5x4.5m en word op die hoeke met 2.5m lang pale gestut.
Dit het gelyk of hy te laag oor die LV se kompressorwaaieruitlaat hang en het toe nie die LV gebruik nie. Toe begin ons dink aan 'n manier om meer spasie bo-oor die waaier te kry en wel onder die sonseil. Ek het geweet wat ek wil hê maar ook nie geweet nie. Hy moet +-500mm hoog wees en wydsbeen oor die kompressor pas.
Rondstap in Westpak trek Trudie my aandag op hierdie kindertafeltjie. Presies wat ons nodig het! Die groen was nou nie juis ons keuse nie maar beter as geel of pienk.
As hy nie op die dak staan nie dan kan hy diens doen as koffietafeltjie of dergelik.
Johan Maree
Isuzu 300 d-tec
MB Gwagen G350 Bluetec
Nissan NP300 2.4 4x4
Conqueror UEV-25
Ons eerste modifikasie.
Die oulike veerkragtige hakies wat die yskasdeure sluit wanneer hulle toemaak is nogal irriterend gedurende ń kamp. Die magnete is tog sterk genoeg om die deure toe te hou en die hakies net nodig in die ry?
By C Benoni sien ons op ń demo model is een hakie gebreek en op ons eerste kamp breek ek ook een met my lompe vingers. Dalk moet ek eerder uit die kombuis bly.
Trudie kry toe ń goeie plan (sy kry altyd) en koop twee "child safety latches lock" by Baby Warehouse of Baby Boom.
Nou haak ons net vir die ry.![]()
Johan Maree
Isuzu 300 d-tec
MB Gwagen G350 Bluetec
Nissan NP300 2.4 4x4
Conqueror UEV-25
Johan dis nou n goeie plan met die yskas deure. En hoe sleep die karavaan en teen watse spoed sleep jy hom want dit is nogal n swaar karavaan.
Leon.
Ons sleep snelweg teen 110 en ander paaie tot op 100.
Lekker stabiel en net 1L/100km swaarder (duurder) as met die Commander.
Johan Maree
Isuzu 300 d-tec
MB Gwagen G350 Bluetec
Nissan NP300 2.4 4x4
Conqueror UEV-25
Johan dankie vir inligting en ja daai is n goeie spoed om te sleep en dan kan jy nie kla oor die brafstof verbruik nie.
Geniet hom en veilig toer met hom.
Sjoe, had to go look for this thread on page 3, been too busy to camp and to do my mods.
Have now received all but the batteries for my lithium project. The installation will start tomorrow. The solar panels was just dropped of, but now a bit worried that they may be a bit bigger than I thought. These are 330W Renewsys Deserv panels with dimensions of 1980mm x 985mm, but the weight was what attracted me at only 4.2kg per panel and the fact that I can lay them flat on the bed.
Suppose time will tell, no turning back now.
![]()
Ons 9-dae trippie na Mokala (verlede Sondag tuis) was lekker. Sommer twee maal oornag soontoe via Bothaville, Wesselsbron. Bultfontein
en twee dae terug via Kimberly en Bothaville.
Het ook grondpaaie gery en hier was Trudie ontsteld oor van haar glasglase wat gebreek het. Tupperhouers met meel, ens het oopgeskud en die kassie bemors. 'n Tuisgemaakte appelkooskonfyt botteltjie wat nog geseël was het vanself oopgedraai en meer as die helfte konfyt is uit die bottel en die plek bemors, sonder dat die bottel omgeval het. Ons het dit nooit in die Commander beleef nie en het rowwer paaie met hom gery. Dit het alles gebeur in die kassie bo-oor die wiele.
Nou dink ons wat om te doen? Eerste gedagte is om alles met handdoeke bo-op vas te pak wanneer ons grondpaaie ry. Om goeie/mooi glase te kry wat stywerig tussen die rekkies in die gate pas is nogal 'n skaarste. En dan wil mens darem jou rooiwyn uit glas drink!
Ons plan met die groen tafeltjie bo-oor die LV eenheid werk perfek met die sonseil bo-oor. Het hom een middag getoets toe ons by Puruma Pride Leeuplaas oornag het. Daar was elektrisiteit beskikbaar. Mokala kampplek het nie krag nie.
Aan die begin was ek bekommerd of my panele die batterye sal kan volpomp na 'n nag se werk. Dit is 2x120W en 1x80W. Hulle het toe wel die werk mooi gedoen en met 'n sonskyndag was die batterye teen 11vm vol gelaai. Gewoonlik koppel ek die motor se tweede battery ook hier omdat die 50L yskas binne is. Gedurende die dag het ons egter rondgery en hier was dit toe nie nodig nie. Met dat ek by tye verveeld was en daardie beheerpaneel goeie inligting gee sien ek die rye LED-ligte trek tot 4A. Sjoe, dis baie as jy net van batterye werk. Ons het hulle toe gebruik net wanneer werklik nodig en ander ligter eenhede binne gebruik, soos bv 'n herlaaibare magneetliggie.
Die yskassie trek tot 7A wanneer sy kompressor werk. Ons het ook gevind as die koueverstelling op 2 of hoër is dan skakel hy gladnie af op warm dae nie. Self in die nag sal hy vir ure aaneen loop! Ons het afgestel na 1.5 wat beter werking gee. Die koelkas is koud genoeg en die vrieskas soos hy moet. Dit lyk of die hitteverstelling net op die koelkasgedeelte van toepassing is.
Ons babahakies op die yskasdeure het gewerk maar ook nie. Met die hitte het die silikonrekkie effens gerek en het die vrieskasdeurtjie in die ry oopgegaan. Toe doen ons die regte ding en plak die ronde slot op die deure ook. (Yskas Ver 1.2.) Probleem uitgestryk! Sal later 'n foto plaas.
Ek vertrou nie daardie watervlakmeter nie. Sal verseker binnekort 'n inlyn Gardena vloeimeter aan die drukkant van die pomp installeer. Hoe meer ek meet hoe meer weet ek. Al is hy nie 100% akkuraat nie is sy binne 10% goed genoeg. Mens kan nie altyd met vol tenks ry nie en wil ook nie te min water hou nie. Net reg is genoeg.
Johan Maree
Isuzu 300 d-tec
MB Gwagen G350 Bluetec
Nissan NP300 2.4 4x4
Conqueror UEV-25
Bookmarks