Inverter sesteem




Results 1 to 8 of 8
  1. #1
    Join Date
    Aug 2013
    Location
    Helderkruin
    Age
    53
    Posts
    1,696
    Thanked: 302

    Default Inverter sesteem

    Wil net weet of iemand by die mense in Randburg inverter sesteeme gekoop het sien hulle adverteur op gumtree

  2. #2
    Join Date
    Jan 2013
    Location
    Friemersheim, Southern Cape
    Age
    57
    Posts
    3,603
    Thanked: 1946

    Default Re: Inverter sesteem

    Jy nog nie 'n Inverter sisteem gekoop nie?
    1998 Daihatsu Rocky 'The Kitty'
    2002 Daihatsu Rocky 'The Bully'

  3. #3
    Join Date
    Aug 2013
    Location
    Helderkruin
    Age
    53
    Posts
    1,696
    Thanked: 302

    Default Re: Inverter sesteem

    Quote Originally Posted by Prof View Post
    Jy nog nie 'n Inverter sisteem gekoop nie?
    Nee nog nie is nou by die huis en wil nou koop

  4. #4
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Randburg
    Age
    48
    Posts
    170
    Thanked: 26

    Default Re: Inverter sesteem

    Quote Originally Posted by Leon Venter View Post
    Wil net weet of iemand by die mense in Randburg inverter sesteeme gekoop het sien hulle adverteur op gumtree
    By watter mense?

    Jy se nie by wie nie maar ek voermoed dit mag dalk die volgende wees:
    http://www.rsasolarandelec.co.za/

    Indien wel, lees eers hier en besluit self:
    https://www.hellopeter.com/rsa-solar-and-electronics

    Ek sou 'n wye draai om hulle loop. Hul mag dalk produkte he wat soortgelyk aan die van ander verskaffers is maar, as jy eers die geld op die tafel gesit het klink dit nie of jy enige na-verkope diens sal ontvang indien jy 'n dispuut of probleem het nie.
    Last edited by bloudraad; 2019/04/18 at 11:46 AM.

  5. #5
    Join Date
    Aug 2013
    Location
    Helderkruin
    Age
    53
    Posts
    1,696
    Thanked: 302

    Default Re: Inverter sesteem

    Quote Originally Posted by bloudraad View Post
    By watter mense?

    Jy se nie by wie nie maar ek voermoed dit mag dalk die volgende wees:
    http://www.rsasolarandelec.co.za/

    Indien wel, lees eers hier en besluit self:
    https://www.hellopeter.com/rsa-solar-and-electronics

    Ek sou 'n wye draai om hulle loop. Hul mag dalk produkte he wat soortgelyk aan die van ander verskaffers is maar, as jy eers die geld op die tafel gesit het klink dit nie of jy enige na-verkope diens sal ontvang indien jy 'n dispuut of probleem het nie.
    Ja dis plek was daar toe draai ek omen loop.
    Weet jy dalk waar kan mens gaan koop hier op die Wesrand rond

  6. #6
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Randburg
    Age
    48
    Posts
    170
    Thanked: 26

    Default Re: Inverter sesteem

    Quote Originally Posted by Leon Venter View Post
    Ja dis plek was daar toe draai ek omen loop.
    Weet jy dalk waar kan mens gaan koop hier op die Wesrand rond
    Hi Leon.

    EK dink dit hang grootliks af van wat jou verwagde eind resultaat is.

    Will jy ‘n kleinerige sisteem koop en net vir beurtkrag doeleindes gebruik met ‘n minimale hoeveelheid toestelle daaraan koppel, of will jy groot gaan, gekoppel aan solar en die hele huishouding daarmee dryf? Daar is ook soveel opsies tussen-in deesdae.

    Mens kan gewoonlik die eenhede goedkoper kry by verskillende betroubare verspreiders as jy van plan is om die installasie self te doen, of selfs ‘n derde partywil gebruik om die installasie te doen, maar ek het al velemaal gesien dat in so geval elkeen homself onskuldig hou as daar ‘n probleem opduik. (Dis nie industrie gebonde nie)

    As jy groot geld gaan spandeer, waar meer as een party by betrokke is en die kans van oorvleuling met betrekking to hul onderskeie verantwoordelikhede nie duidelik is nie kan elk se “ons verantwoordelikheid eindig hier”! Dan hardloop jy rond na die volgende ou wat weer vir jou se “nee, dis die ander een se fout”.

    Ek sou eerder dan iemand kry wat vir jou ‘n “turnkey solution” bied en jy hulle vreantwoordelik kan hou vir die hele installasie op die basis van ‘n geskrewe ooreenkoms. Kyk goed na die waarborge op individuele eenhede wat hul bied, asook hul waarborg en verpligtinge op die installasie as geheel.

    Ek is te nuut in die besigheid (is slegs daar van ‘n belangstellings oogpunt) om aanbevelings te kan maak oor waar jy moet koop.
    Sal wel waag en die volgende aanbeveel wat al lank in besigheid, met gevestigde reputasies is. Vandaar kan hul dalk vir jou vir ‘n installeerder aanbeveel of dit self doen.

    https://currentautomation.co.za/
    http://www.sinetech.co.za/
    http://www.communica.co.za/

    Daar is waarskynlik vele ander maatskappye wat dalk selfs beter pryse of toestelle kan bied as bogenoemde en sal graag wil hoor daarvan by forum lede. Sal maar sien of hul Afrikaans vestaan.

  7. #7
    Join Date
    Oct 2013
    Location
    Centurion
    Age
    62
    Posts
    617
    Thanked: 241

    Default Re: Inverter sesteem

    Alhoewel die 2e firma genoem seker baie tevrede klante het kan ek net noem dat ek 2 identiese batterye by hulle gekoop het. Toe ek ek na so 2-3 keer se ontlading (4 dae later) agterkom die een battery is amper heel pap en die 2e een is nog op 'n 40% DOD was hulle geensins bereid om enige toets te doen en die swak een te vervang nie. Ook my toets resultate gedeel en al wat hulle gese het die laai proses was verkeerd maar hulle wou dit nie self laai en toets nie.

    Sedertdien het ek ook uitgevgind al is hulle agente vir 'n spesifieke maak van toerusting hulle slegs belangstel om ondersteuning te bied as dit by hulle gekoop is. Dalk is die norm maar ek het gedink agente kan toerusting inneem en dit laat herstel deur die vervaardiger se kanale.

    Eers as mens weet watse tipe stelsel en hoeveel kW en volts kan mens dalk 'n inset lewer op spesifieke produkte.

  8. #8
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Randburg
    Age
    48
    Posts
    170
    Thanked: 26

    Default Re: Inverter sesteem

    Quote Originally Posted by ekkekan View Post
    Alhoewel die 2e firma genoem seker baie tevrede klante het kan ek net noem dat ek 2 identiese batterye by hulle gekoop het. Toe ek ek na so 2-3 keer se ontlading (4 dae later) agterkom die een battery is amper heel pap en die 2e een is nog op 'n 40% DOD was hulle geensins bereid om enige toets te doen en die swak een te vervang nie. Ook my toets resultate gedeel en al wat hulle gese het die laai proses was verkeerd maar hulle wou dit nie self laai en toets nie.

    Sedertdien het ek ook uitgevgind al is hulle agente vir 'n spesifieke maak van toerusting hulle slegs belangstel om ondersteuning te bied as dit by hulle gekoop is. Dalk is die norm maar ek het gedink agente kan toerusting inneem en dit laat herstel deur die vervaardiger se kanale.

    Eers as mens weet watse tipe stelsel en hoeveel kW en volts kan mens dalk 'n inset lewer op spesifieke produkte.
    Dankie, ek dink dit is belangrik dan mense hul ondervinding deel sodat andere ingeligte besluite kan neem. As dit 'n patroon vorm of die norm raak vir 'n vervaardiger of verskaffer om sy kliente se na-diens verantwoordelikhede te omseil dan moet hul dit ook dit maar aan die sak voel.
    Daar is seker uitsonderlikke gevalle ook.

    Ek dink hoe meer ons van Eskom onafhanklik raak hoe meer kansvatters gaan die bedryf betree. Die wat reeds 'n naam het moet nie nou die "ball drop" en dink 'n naam gaan hul vir 'n paar jaar dra nie. Nou is juis wanner hul moet kompeterend wees met pryse en diens.

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •